RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za
Hvor kan du lytte?
Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snartPodkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster
Episoder
Leefwêreld van die gestremde 03.02.2018 23:56
Jacqui January hoor van samewerking tussen hengelaars en gestremde hengelaars by die jaarlikse visvangtoernooi vir gestremdes by die Vaaldam. En Fanie du Toit het gaan uitvind oor riglyne om stereotipering en stigmas t.o.v. geestesgesondheid in die werkplek te kortwiek.
Leefwêreld van die gestremde 27.01.2018 17:12
Jacqui January doen verslag oor aktiwiteite en byeenkomste vir gestremdes. En Fanie du Toit het 'n interessante gesprek oor belastinguitdagings en -voordele vir gestremdes.
Leefwêreld van die gestremde 20.01.2018 23:33
Fanie du Toit praat met 'n hoërskoolleerder wat n.a.v 'n navorsingsopdrag, die konsep van 'n 'roltrol' geskep het. Hoor hoe sy 'n rolstoel met 'n inkopietrollie wil versoen om inkopies vir gestremdes te vergemaklik. En Jacqui January gesels met 'n egpaar wat in hulle laat veertigerjare met gestremdheid gekonfronteer word. Hulle vertel van die emosionele en kommunikasie-uitdagings ná gehoorverlies.
Leefwêreld van die gestremde 13.01.2018 23:58
Jacqui January gesels met 'n blinde rekenmeester oor sy inisiatief om werklose gestremdes op 'n databasis te fasiliteer. En Fanie du Toit kyk na klimaatsverandering en migrasie, en hoe dit gestremdes beïnvloed. Wat is die verband tussen gestremdheid en klimaatskwesbaarheid?
Leefwêreld van die gestremde 06.01.2018 24:01
Fanie du Toit gesels met twee lede van die SA Vereniging vir Fotograwe met Gestremdhede. En Jacqui January kyk na 'n internasionale byeenkoms oor geestesgesondheid, wat in Februarie in Johannesburg plaasvind.
Leefwêreld van die gestremde 30.12.2017 18:58
Fanie Du Toit kyk na die rol van musiek en dans in vroeë ontwikkeling op gestremde kinder. En Jacqui January kyk na organisasies wat hulp aan gestremdes en hulle versorgers bied.
Leefwêreld van die gestremde 23.12.2017 24:00
Duisende mense besoek Muizenburg elke jaar vir die Vlieërfees, wat gehou word om mense bewus te maak van geestesgesondheidsprobleme. En Johan Ras deel sy Kerswens. Hy het 'n paar jaar gelede doof geword. Hy vertel vir Jacqui January van die aanpassings en uitdagings om die oorgang te maak van 'n horende wêreld af na 'n dowe wêreld.
Leefwêreld van die gestremde 16.12.2017 20:43
Fanie du Toit volg luisteraarsvrae op oor die proses en aanpassings van bestuurderslisensies vir gestremdes. En Jacqui January woon 'n kerkdiens vir Dowes by, en vind meer uit oor die voorbereiding daarvoor en die uitdagings van gebaretaal vir veeltalige Dowes.
Leefwêreld van die gestremde 09.12.2017 23:27
Op Internasionale Mensregtedag fokus Jacqui January op die African Disability Protocol en sy gee terugvoer oor die SAUK Stigting se Disability 360-inisiatief. Fanie du Toit hoor van nie-regeringsorganisasies se dienste aan gestremdes, die strukture en vennootskappe wat in plek is, en gemeenskapsbetrokkenheid.
Leefwêreld van die gestremde 02.12.2017 24:50
Fanie du Toit kyk na die algehele toegangklikheid, dienslewering en toelaes vir gestremdes. En Jacqui January kyk na die ingesteldheid en houding teenoor veral verstandelik gestremdes.
Leefwêreld van die gestremde 25.11.2017 25:10
Fanie du Toit vertel van die Lighthouse Vereniging, wat 80 jaar later steeds blindes help om sosiaal te verkeer van fietsry tot veerpyltjies speel. En Jacqui January vertel van 'n interessante kunsuitstalling, Blinde Alfabet, waar blindes die kunswerke kan “sien” en ervaar.
Leefwêreld van die gestremde 18.11.2017 25:36
Fanie du Toit het raad gaan soek by kundiges oor die toegang tot onderrig vir kinders met gestremdhede in hoofstroomskole. En Jacqui January besoek 'n goed toegeruste tehuis vir meervoudig gestremde volwasse dowes, en vertel hoe die versorgers lewenslesse by die gestremdes leer.
Leefwêreld van die gestremde 11.11.2017 23:23
Fanie du Toit kyk na skokkende statistiek oor geweld, en hoe dit mense gestremd laat. En Jacqui January hoor van die werksaamhede van 'n tehuis vir volwasse intellektueel-gestremdes.
Leefwêreld van die gestremde 04.11.2017 22:07
Fanie du Toit praat met Yolande van der Westhuizen, 'n oudioloog. Yolande is van die Suid-Afrikaanse Vereniging van Oudioloë, en waarsku die publiek om lig te loop vir gehoorapparate wat “oor die toonbank” gekoop word sonder evaluasie deur 'n oudioloog. Sy vertel ook meer oor die rol van die oudioloog by jou gehoor. En, Uit die derduisende matrieks wat nou eksamen skryf, is daar een wat elke vraes...
Leefwêreld van die gestremde 28.10.2017 20:52
Studente aan die Universiteit van Johannesburg het 'n groep gestig wat bewusmaking oor gestremdheid wil doen op kampus ten bate van studente met gestremdhede. En Vanessa Japtha van die nie-winsgewende organisasie, Inclusive Education South Africa, praat oor inklusiewe onderrig vir kinders met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 21.10.2017 23:00
Fanie du Toit fokus op Wêreld Beroertedag van die simptome en die impak van die siekte op 'n mens. Fanie het ook nuus oor 'n internasionale byeenkoms om geld vir verstandelik gestremdes in te samel. En Jacqui January hoor van die uitdagings wat blindes het met die openbare vervoerstelsel.
Leefwêreld van die gestremde 14.10.2017 23:41
Jacqui January gesels met 'n ma van 'n seun met Downsindroom oor praktiese hulp en bystand vir mense met geestesongesteldhede. En Fanie du Toit voer die tema van geestesgesondheidsmaand verder, en vind meer uit oor paraatheid en bemagtiging teen depressie en selfdood.
Leefwêreld van die gestremde 07.10.2017 24:55
Fanie du Toit vind meer uit oor die proses wat gestremdes kan volg om 'n bestuurderslisensie te kry. En Jacqui January kyk na Nasionale Geestesgesondsheidsmaand se tema van geestesgesondheid in die werkplek.
Leefwêreld van die gestremde 30.09.2017 21:29
Fanie du Toit vind meer uit van die jaarlikse Nappy Run-projek, wat 'n groot impak het en verligting bring in die versorging van gestremde babas. En Jacqui January vertel van 'n unieke sentrum wat lewensruimte bied vir meervoudig gestremde volwassenes en bejaardes.
Leefwêreld van die gestremde 23.09.2017 25:25
Fanie du Toit gesels met bekende kunstenaars, wat help met konserte in die platteland vir gestremdes met gestremdes. En Jacqui January het gaan uitvind van gebaretaal, en die proses om dit as 'n amptelike taal in die kurrikulum vir gestremde leerders te kry.
Leefwêreld van die gestremde 16.09.2017 23:21
Fanie du Toit vind meer uit van 'n organisasie wat ongeregistreerde versorgingsentrums vir gestremdes help met opleiding en ondersteuning. Hy vertel ook van Epilepsie SA se 50e bestaansjaarvieringe. En Jacqui January fokus op die sukses wat herwinde broodknippies vir rolstoelgebruikers opgelewer het.
Leefwêreld van die gestremde 09.09.2017 22:09
Fanie du Toit hoor van Suid-Afrika se rol by 'n onlangse konferensie oor gestremdes wat in New Yorkby die VN gehous is. En Jacqui January gesels met 'n onderwyseres oor die opvoeding, uitdagings en humor van dowe kleuters.
Leefwêreld van die gestremde 02.09.2017 25:10
Die Nasionale Instituut vir Dowes op Worcester het 'n leefruimte vir dowes geskep. Jacqui January was daar, en het met die bestuur en inwoners gesels. Fanie du Toit het terugvoer oor die jaarlikse byeenkoms van intellektueelgestremdes. Hy hoor ook van 'n bewusmakingsveldtog van die Nasionale Raad vir Gestremdes in die Wes-Kaap.
Leefwêreld van die gestremde 26.08.2017 23:28
Jacqui January kyk na tegnologiese hulpmiddels vir blindes, soos 'n rekenaar waar spraak die skerm vervang. En Fanie Du Toit hoor van WALKING ON WAVES, 'n branderplankryprojek vir gestremdes.
20 Aug 19.08.2017 26:27
Fanie duToit gesels met 'n vrou wat sonder arms en bene gebore is, en nou ook gehoorprobleme het. Sy is 'n inspirasie, en vertel van gestremde vroue se uitdagings. En Jacqui January vertel van die Nasionale Instituut vir Dowes, wat meer as 'n 100 jaar diens aan dowes bied, en RSG se betrokkenheid by hulle fietsry-teleton.
Lignende podkaster
Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.