RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 644 episoder

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Health

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

7. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

Gesondheid 22 November 2023 22.11.2023

Retinitis pigmentosum, nierversaking, nieroorplantings, bipolêre gemoedsversteuring, boeliegedrag, die uitwerking van diereslagting op die slagter se gemoed. Kom vind uit hoe al dié aspekte verweef is. Mari Hudson gesels met ’n gesin van Malmesbury.

Gesondheid 15 November 2023 15.11.2023

Wat is bewuste sedasie? Hoe verskil ’n epidurale verdowing van ’n spinale verdowing? Wanneer is ’n pynblok voldoende?

Gesondheid 8 November 2023 08.11.2023

Het jy geweet ’n narkosemiddel is eintlik ’n pakket van middels wat jou aan die slaap maak, jou pyn verlig en jou spiere verslap sodat jy nie kan beweeg tydens ’n delikate operasie nie? Wat monitor die narkotiseur voortdurend by die kop van die pasiënt? Hoe weet die narkotiseur om meer of minder narkosemiddels toe te dien? En kan die pasiënt dalk wakker word op die teatertafel?

Gesondheid 1 November 2023 01.11.2023

Kan ’n middel soos dagga en Tik ’n psigose soos skisofrenie aanskakel? Wat is ’n psigose? Hoekom is ’n jong brein so vatbaar vir die aanskakeling, wat selfs hulle IK kan verlaag? Kan die psigose weer afgeskakel word as die jongmens ophou om die middels te gebruik?

Gesondheid 25 Oktober 2023 25.10.2023

Skielike kardiale dood in jonger mense het meestal niks te doen met ’n hartaanval of bloedvatsiekte nie. Ons vind meer uit oor Skielike Kardiale Dood, en hoekom ’n hart wat hopeloos te vinnig klop, noodlottig kan wees.

Gesondheid 18 Oktober 2023 18.10.2023

Hoe verskil Alzheimer se siekte van ander soorte demensie? Wat loop verkeerd in die brein? Waar staan die wetenskap in die verstaan en behandeling van Alzheimers? Kan Alzheimer se siekte jou dood kos? Kan goeie slaappatrone help teen dié soort demensie?

Gesondheid 11 Oktober 2023 11.10.2023

Jy is oorgewig en wil gewig verloor. Jy verloor 5 kg en dan steek alles vas. Hoekom? Kom vind uit hoe werk die fisiologie van oorgewig en gewigsverlies, want twee nuwe middels sal in die toekoms help om die foutiewe metaboliese bane in jou liggaam te help herstel.

Gesondheid 4 Oktober 2023 04.10.2023

Wat is die jongste benadering tot die behandeling van gewigsverlies vir oorgewig mense? Kan ’n nuwe middel wat binnekort ook in Suid-Afrika beskikbaar sal wees, dalk baie gevalle van bariatriese chirurgie vervang?

Gesondheid 27 September 2023 27.09.2023

’n Rugoperasie om ‘n fusie te doen, of die drukking weens ’n lekkende tussenwerwelskyfie te herstel, kan nou deur twee klein sleutelgat-snytjies gedoen word. Jy gaan enkele ure later huis toe en beweeg asof niks gebeur het nie! En jy kan agt dae later weer begin oefen. Dié soort operasie word nou ook in Suid-Afrika gedoen.

Gesondheid 20 September 2023 20.09.2023

In die tweede program in 'n kort reeks oor sarkoom, kyk ons na geteikende- en immunoterapie en die kans op herstel. Daar is baie vorms van dié sagteweefsel-kanker, wat veral tieners en jong volwassenes se lewe kan ontwrig.

Gesondheid 13 September 2023 13.09.2023

Wat is sarkoom, die kanker wat veral tieners en jong volwassenes se lewe kan ontwrig? Wat is die tekens? Waar kom dit vandaan? Hoe doeltreffend is die behandeling? In die eerste program in ’n kort reeks, verken ons in Kinderkanker-bewustheidsmaand dié kankersoort.

Gesondheid 6 September 2023 06.09.2023

Baie vroue wil nie daaroor praat nie, maar sukkel met blaaslek. Maar soos die uroginekoloë sê: Nappies are for babies, not for ladies. Daar is twee soorte blaaslek, en daar is hulp vir enige van dié twee vorms.

Gesondheid 30 Augustus 2023 30.08.2023

Die diabetesmiddel, Ozempic, kan oorgewig mense help om gewig te verloor. Is daar slaggate, en is dit ooit in die regte dosering vir gewigsverlies? En kan die nuwe middel wat nierversaking so dramaties kan vertraag, vir mense in laatstadium nierversaking of diegene reeds op dialise, voorgeskryf word?

Gesondheid 23 Augustus 2023 23.08.2023

’n Middel wat oorspronklik vir die behandeling van diabetes ontwikkel is, én voordele vir jou hart inhou, kan voorts nierversaking dramaties vertraag én die tyd tot dialise met tot 15 jaar uitstel. Ons praat oor die jongste navorsingsbevindings en wat dit vir pasiënte beteken.

Gesondheid 16 Augustus 2023 16.08.2023

Suid-Afrika se verpleegdienste is op die rand van die afgrond. Teen die huidige tempo en kwaliteit van opleiding, sal pasiënte se veiligheid in ’n swakker kaliber verpleegkundige se hande, in groter gevaar wees as ooit. In ’n spesiale verslag kyk Marí Hudson indringend na die stand van verpleegdienste in ons land.

Gesondheid 9 Augustus 2023 09.08.2023

’n Nuwe middel kan die lewe van mense met sistiese fibrose dramaties verander. Wat is sistiese fibrose? Hoe werk die nuwe middel? Hoe bekom Suid-Afrikaanse pasiënte dié midde,l wat nie in die land beskikbaar is nie?

Gesondheid 2 Augustus 2023 02.08.2023

Heruitsending: Die jongste gesondheidsgier is om ’n vitamienkroeg te besoek om ’n mengsel van vitamiene, anti-oksidante of aminosure binne-aars te ontvang. Hou dit voordele vir jou gesondheid in? Wat moet jy weet voordat jy toelaat dat iemand ’n mengsel regstreeks in jou bloedstroom indrup? Marí Hudson praat hieroor met ’n endokrinoloog van Pretoria.

Gesondheid 26 Julie 2023 26.07.2023

Wat het rook, alkohol, damprook en die herpesvirus in gemeen? Al vier is van die snellers vir kankers in die kop- en nekgebied, wat aan die toeneem is. Daar is goeie nuus: baie van die kankers kan voorkom word, dit kan vroeg en akkuraat gediagnoseer word en goed behandel word sodat baie lewens gered kan word.

Gesondheid 19 Julie 2023 19.07.2023

Wat weet ons nou meer oor Covid? Wat is feit en wat is fiksie? In die eerste episode in ’n kort reeks oor ’n Covid-terugskouing kyk ons na inligting wat dikwels eenkant toe geskuif is of verswyg is in ons poging om by die beste moontlike wetenskaplike inligting uit te kom.

Gesondheid 12 Julie 2023 12.07.2023

Baie hoërskoolleerders, en selfs laerskoolleerders, damprook, of vape soos dit bekend is in Engels. Heerlike geure maak dit aanloklik, en dis sosiaal aanvaarbaar vir tieners en ook vir baie ouers. Is damprook gevaarlik? Is dit verslawend? Hoekom vape so baie kinders?

Gesondheid 5 Julie 2023 05.07.2023

Gloukoom begin sonder enige opvallende simptome. Mense wat nie gereeld die druk in hulle oë laat toets nie, kan blind word indien gloukoom nie betyds opgespoor en behandel word nie. Moenie dat gloukoom jou stilweg bekruip en blind maak nie.

Gesondheid 28 Junie 2023 28.06.2023

Makulêre degenerasie is ’n algemene oogsiekte in veral ouer mense. Ons kyk na die verskil tussen die droë en nat tipe makulêre degenerasie, hoekom mense met dié oogsiekte ’n dowwe kol reg in die middel van hulle gesigsveld sien, en die oorsake en behandeling. Ons gesels ook oor Stargardz se siekte, wat veral jongmense tref.

Gesondheid 21 Junie 2023 21.06.2023

Het jy geweet dat indien retinale loslating nie onmiddellik en as ’n noodgeval behandel word nie, jy alle sig in die aangetaste oog kan verloor. Ook kan diabetiese retinopatie en makulêre degenerasie tot blindheid lei. Dié drie oogprobleme word bespreek.

Gesondheid 14 Junie 2023 14.06.2023

Manlike onvrugbaarheid weens die gebruik van anaboliese steroïede, is een van die moeilikste probleme om te behandel. Hoërskool-rugbyspelers en ander sportmanne wat anaboliese steroïede gebruik, besef dikwels nie dat dié middels hulle planne om eendag pa te word, kan pootjie nie.

Gesondheid 7 Junie 2023 07.06.2023

Berg Everest het hierdie seisoen reeds meer lewens geëis as enige ander jaar. Hoekom is die doodsone so gevaarlik? Hoe werk hoogtesiekte?

Hør på podkasten Gesondheid i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.