RSG

Gesondheid

Health AF ↓ 644 episoder

'n Paneel medici bespreek gesondheidsake.

Husk å besøke podkastens nettsted og støtte skaperen: www.rsg.co.za

Forfatter

RSG

Kategori

Health

Podkastens nettsted

www.rsg.co.za

Siste episode

7. okt 2026

Hvor kan du lytte?

Podkaster i appen Replaio Radio Kommer snart

Podkaster kommer snart til appen. Installer nå, og bli den første som ser en helt ny tilnærming til podkaster

Last ned på Google Play Installer gratis Android nesten 10 mill. nedlastinger · 4,8 i vurdering iOS snart

Episoder

Gesondheid 15 Mei 2024 15.05.2024

As ’n beseerde persoon onder die puin van ’n ineengestorte gebou uitgehaal word, is die stryd om sy lewe nog nie afgehandel nie. Dokters moet dan veg teen ‘crush’-sindroom. Hoe kan ‘n vasgepende arm of been tot skielike nierversaking lei, of tot ‘n hartstilstand en die dood? Verskeie ingewikkelde metaboliese prosesse word aangeskakel as spiere deur ‘stomp’-beserings beskadig word. Mari Hudson gese...

Gesondheid 8 Mei 2024 08.05.2024

Met kanker in die gesig wat toeneem, moet al meer rekonstruksie-chirurgie gedoen word om die kake, tong, lippe, neus en ander dele van die gesig waar die kanker weggesny moes word, weer op te bou. Mari Hudson gesels met ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg wat baie betrokke is by dié opbou-chirurgie.

Gesondheid 1 Mei 2024 01.05.2024

Wat is die oorsake van die toename in kanker in die gesig, mond en keel wat al hoe meer rekonstruksie-chirurgie noodsaak? Wat is die alarmsimptome, en hoe kan jy verseker dat dit vroeg opgespoor word? Mari Hudson gesels met ’n oor-, neus- en keelkankerspesialis voordat sy volgende keer verder met ’n plastiese en rekonstruktiewe chirurg gesels oor die opbou-chirurgie.

Gesondheid 24 April 2024 24.04.2024

Met kanker in die gesig wat toeneem, moet al meer rekonstruksie-chirurgie gedoen word om die kake, tong, lippe, neus en ander dele van die gesig, waar die kanker weggesny moes word, weer op te bou. Het jy geweet dat kakebene opgebou word uit een van die onderbene? Of dat elke deel wat oorgeplant word, se bloedvate met mikrochirurgie aan oorblywende bloedvate in die kop en nek geheg word? Mari Huds...

Gesondheid 17 April 2024 17.04.2024

Ons ken die advertensie waar FAF de Klerk in ’n klein ysbad sit. En om soggens vroeg in yskoue seewater te swem, is gewild. Watter uitwerking het ysbaddens of swem in koue water op jou liggaam? Kan dit spiere help om te herstel? ’n Ysbad of swem in koue water het onverwagte voordele. Mari Hudson praat met ’n sportwetenskaplike.

Gesondheid 10 April 2024 10.04.2024

Prinses Catherine van Brittanje se kankerdiagnose plaas die siekte weer in die kollig, veral omdat studies wys dat kanker onder jongmense besig is om toe te neem. Hoekom neem dit toe? Word genoeg gedoen om kanker onder jonger mense vroeg op te spoor? Help vroeë opsporing jou kans op oorlewing? Laat alle chemoterapie jou hare uitval? Wat is voorkomende chemoterapie? Mari Hudson praat met ’n onkoloo...

Gesondheid 3 April 2024 03.04.2024

Het jy geweet dat as die pasiënt tot 18 grade Celsius afgekoel word, die hartlongmasjien vir tot 45 minute afgeskakel kan word sodat die hartchirurg ’n aneurisme kan herstel? Hoe koel jy ’n pasiënt af tydens ’n hartoperasie? Hoe lank kan die brein sonder suurstof wees sonder afkoeling? Hoekom word die pasiënt so stadig van die hartlongmasjien gespeen ná ’n hartoperasie? Mari Hudson praat met ’n pe...

Gesondheid 27 Maart 2024 27.03.2024

Het jy geweet jy het meer as 100 triljoen bakterieë in jou ingewande? As dié bakterieë nie reg werk en in die perfekte balans is nie, kan jy allerlei siekteprobleme ontwikkel. Moet jy aanhoudend probiotika drink, of hoe gemaak? ‘n Gastro-enteroloog vertel meer aan Mari Hudson.

Gesondheid 20 Maart 2024 20.03.2024

Wat is aflatoksien, en hoekom word so baie produkte wat verwerkte grondboontjies bevat van die winkelrakke onttrek? Hoe kan ‘n middel wat een maal ‘n jaar toegedien word, jou ‘n jaar lank teen osteoporose beskerm? Hoekom behoort ortopede alle pasiënte wat ‘n heup- of rugfraktuur opdoen sonder dat hulle in ‘n groot ongeluk was, te verwys vir osteoporose behandeling? Marí Hudson het die antwoorde ga...

Gesondheid 13 Maart 2024 13.03.2024

Kan ‘n mens van ‘n Sagmoedige Sandra in ‘n Moordenaar Esther verander? Is daar iets soos alters in die regte lewe, of net in sepies en flieks? Is daar iets soos Dissosiatiewe Identiteitsteurnis, en hoe werk dit? Mari Hudson praat met ‘n psigiater om uit te vind.

Gesondheid 6 Maart 2024 06.03.2024

Met ‘n instrument wat baie presies op die regte plek in jou hart se linker ontvangkamer geplaas word, word elektriese pulse blitsig, maar akkuraat, gevuur teen ‘n elektriese lading só spesifiek vir hartspierselle dat slegs dié selle sterf en geen ander selle nie. Mari Hudson gesels met ‘n hartritme-spesialis oor die jongste tegnologie om Atriale Fibrillasie, die algemeenste hartritme-defek in mens...

Gesondheid 28 Februarie 2024 28.02.2024

Ná ‘n harde hou teen die kop, soos ‘n klap in ‘n kragklap-kompetisie, bons en stamp die grys- en witstof in jou brein rond in jou skedel soos rooi en geel jellie in ‘n harde bak. Neurone kan skeur as jou kop tol ná ‘n kragklap, en boonop kan elektrolietveranderings elke senuvesel nog meer breekbaar maak vir groter skade met die tweede klap in kragklapkompetisies. Die risiko vir harsingskudding en...

Gesondheid 21 Februarie 2024 21.02.2024

Kragklap-kompetisies is baie gewild in Amerika. In Suid-Afrika het dit ook posgevat, met mans en vroue wat deelneem. Die deelnemers staan doodstil sodat die teenstander hom of haar op die wang kan moker met ‘n kragtige plathand-klap. Wat gebeur met die brein as die kragklap die kop tref? Rugby probeer harsingskudding voorkom, en kragklap-kompetisies probeer harsingskudding veroorsaak. Mari Hudson...

Gesondheid 14 Februarie 2024 14.02.2024

In ‘n nuwe wending met ingewikkelde rugoperasies, het twee Suid-Afrikaanse ortopede ‘n rugoperasie wat van die voorkant én agterkant gedoen word, anders aangepak om dit veiliger en beter vir die pasiënt te maak. Mari Hudson het meer inligting.

Gesondheid 7 Februarie 2024 07.02.2024

Mari Hudson kyk na die nuutste behandeling van ‘n goedaardige vergrote prostaat, na aanleiding van Koning Charles III se prostaatkankerdiagnose. Ons vind meer uit oor ‘n nuwe wending in ingewikkelde rugoperasies nadat twee Suid-Afrikaanse ortopede die eerstes in die wêreld geword het wat ‘n rugoperasie wat van die voor- én agterkant gedoen word, anders aangepak het om dit veiliger en beter vir die...

Gesondheid 31 Januarie 2024 31.01.2024

Turkye is deesdae ‘n gewilde toevlugsoord vir mediese toeriste, veral vir plastiese en bariatriese chirurgie. Die aanbiedings is ook vir Suid-Afrikaners aanloklik. Watter vrae moet jy vra voordat jy hierdie chirurgie in die buiteland, en selfs in Suid-Afrika, oorweeg? Is daar goeie lande en slegte lande betreffende hierdie soorte chirurgie? Mari Hudson vind uit.

Gesondheid 24 Januarie 2024 24.01.2024

Die opstellers van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet maak beloftes wat nie eens oor 30 jaar kan realiseer nie. Hulle maak ‘n groot denkfout as hulle dink dat private pasiënte se mediese fondspremies bloot in die NGV-fonds inbetaal kan word, of dat belasting verhoog kan word om dit te finansier, of dat huidige private pasiënte die reg tot private gesondheidsorg en private finansiering deur m...

Gesondheid 17 Januarie 2024 17.01.2024

Die opstellers van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet het geen finansiële kosteberekenings gedoen nie, want dan sou hulle self die publiek moes meedeel dat die plan onbekostigbaar is. Die NGV-fonds word bloot geskep vir plundering. Voorts is die wet op verskeie maniere ongrondwetlik. Hofsake sal volg die oomblik nadat Pres Ramaphosa die wet onderteken. In die derde episode in ‘n reeks oor di...

Gesondheid 10 Januarie 2024 10.01.2024

Hoekom is dokters en ekonome so bekommerd oor die implikasies van die Nasionale Gesondheidsversekeringswet? In die tweede episode in ‘n reeks oor die implikasies van die wetgewing gesels Mari Hudson met ‘n verteenwoordiger van 25000 dokters en ander gesondheidslui en ‘n gesondheidsekonoom. 

Gesondheid 3 Januarie 2024 03.01.2024

Wat behels die Nasionale Gesondheidsversekeringswet wat bloot op die handtekening van Cyril Ramaphosa wag? Hoekom is dokters en ekonome so bekommerd oor die implikasies van die wet? Gaan dit dan nie maklike toegang tot baie goeie gesondheidsdienste lewer nie? In die eerste in ‘n reeks oor die implikasies van die wetgewing gesels Mari Hudson met ‘n dokter wat namens sowat 25000 dokters en ander ges...

Gesondheid 27 Desember 2023 27.12.2023

Dokters moet aan besliste en spesiefieke etiese optrede voldoen. Maar wat van die pasiënt? Wat mag die dokter van die pasiënt verwag? Is jy ‘n ideale pasiënt, ‘n loskop-pasiënt, 'n volstruis-pasiënt of  ‘n buffel-pasiënt? Kom toets jouself. Wat sal jou reaksies op sekere situasies die beste beskryf? vra Marí Hudson.

Gesondheid 20 Desember 2023 20.12.2023

Navorsing is aan die gang om op ’n nuwe manier antwoorde te vind om antibiotika-weerstandinge bakteriële infeksies te behandel. Tuberkulose is een van die belangrikstes in Suid-Afrika. Die oplossing lê moontlik in bakteriofaag-behandeling. Wat is bakteriofage en hoe kan dit ingespan word teen bakterieë? Marí Hudson het gaan uitvind.

Gesondheid 13 Desember 2023 13.12.2023

Wat is epilepsie? Kan ’n mens dit ontgroei? Kan jy jou tong insluk tydens ’n aanval? Hoe gevaarlik is ’n epileptiese aanval? ’n Neuroloog gesels meer oor die elektriese storms in jou brein.

Gesondheid 6 Desember 2023 06.12.2023

Kan ’n bystaander ’n lewe red op ’n ongelukstoneel? Wat is die belangrikste: dat die beseerde kan asemhaal of dat sy hart klop? Hoe besluit ’n dokter watter traumabeseerde om eerste te behandel?  Wat beteken dit as iemand ‘uitbloei’? En watter skade rig ’n koeël aan?

Gesondheid 29 November 2023 29.11.2023

Hoe het die nieroorplanting waaroor ons verlede week gewag het, afgeloop? Mari Hudson gesels met die nier ontvanger Elna Durr en haar nierskenker Allison Griffiths, en ook met die ontvanger Pieter-Jans Durr en sy skenker.

Hør på podkasten Gesondheid i Replaio

Radio og podkaster i én app - gratis og uten registrering. Installer i dag, og ikke gå glipp av lanseringen

Last ned på Google Play

Replaio er ikke podkastutgiver; programnavn, omslag og lyd tilhører opphavspersonene og distribueres via offentlige RSS-feeder.