RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Sanna se bronsbeelde 20.12.2022 37:37
Christelle Webb-Joubert was in 2012 by die beeldhouer, Sanna Swart, se gietery. In 'n argiefonderhoud verduidelik Sanna hoe ‘n bronsbeeld gegiet word.
Joburg Theatre vier 60 jaar 13.12.2022 6:52
Terrance April gesels met Johan Myburgh, kunskenner en joernalis, oor van die hoogtepunte van die Joburg Theatre se 60 jarige bestaan.
Sleeping Beauty in Muizenberg 13.12.2022 4:56
Die prins en prinses, oftewel, Shaun Klaasen en Karla Britz, vertel van die produksie, Sleeping Beauty, wat te sien in Muizenberg.
Dr. John Kani se KUNENE AND THE KING by Joburg Theatre 13.12.2022 13:57
Die Joburg Theatre is vanjaar 60 jaar oud. Hulle het ‘n paar produksies gekies om dié mylpaal te vier. Een van die produksies is KUNENE AND THE KING, ‘n drama deur dr. John Kani. Terrance April gesels met hom oor die drama, sy sienings van die teater en die rol wat dit kan speel in veral die lewe van die jonger generasies.
Kahlo, Sher-Gil, Stern 13.12.2022 20:25
Die kunskenner en joernalis, Johan Myburgh, vertel van die uitstalling Kahlo, Sher-Gil, Stern, wat te sien is in Johannesburg.
Leer kinders van kleins af van opera 06.12.2022 8:20
Kaapstad Opera bied ‘n reeks Opera Blocks aan, waarin hulle vir babas en peuters leer van opera.
Sinbad The Sailor in Johannesburg op die planke 06.12.2022 8:45
Sinbad The Sailor is nog ‘n pantomieme wat te sien in Johannesburg. Terrance April gesels met die akteur, Schoeman Smit.
InsideOut - Kobus Walker 06.12.2022 9:55
Christelle Webb-Joubert loop saam met kunstenaar Kobus Walker deur sy uitstalling, InsideOut.
Die Neutekraker-ballet in Kaapstad 06.12.2022 14:01
Cape Town City Ballet bied die gewilde ballet, Die Neutekraker, aan. Christelle Webb-joubert kuier saam met die danser Jan Kotze.
Star+Crossed 06.12.2022 10:26
Die komponis, Wessel Odendaal, vertel vir Terrance April van die musiekspel, Star+Crossed.
Werner Nel (1941 tot 2022) 29.11.2022 24:37
Die bariton, prof. Werner Nel, is op 22 November oorlede. Hy was 81 jaar oud. Luister na ‘n argiefonderhoud uit 1983 waarin André Liebenberg met hom oor sy loopbaan gesels.
The Last Five Years 29.11.2022 8:04
Terrance April gesels met musiekregisseur Jaco Griesel oor THE LASY FIVE YEARS, ‘n intieme kamermusiekblyspel.
Orrelis Ockie nou ook 'n mediese dokter 29.11.2022 22:06
Die orrelis, dr. Ockie Vermeulen, gesels oor die volgende Aardklop Aubade in Pretoria, en die mediese studies wat hy pas voltooi het.
Johannesburg Bach-koor 22.11.2022 7:58
Terrance April kuier by die Bach-koor van Johannesburg, waar hy gesels met voorsitter Leona Malan en begeleier Ruth Coggen.
Deo Gloria se kerskonsert op Vredefort 22.11.2022 15:23
Die Deo Gloria-koor bied ‘n kerskonsert aan in Vredefort. Christelle Webb-Joubert gesels met die twee dirigente van die koor, Erna Rademan en Marli Kruger.
Willem Vogel gesels met Emma Renzi 22.11.2022 19:35
Willem Vogel kuier by die 96-jarige sopraan, Emma Renzi.
Nuwe uitstallings by MOK-galery 22.11.2022 8:24
Cecile Blevi van die MOK-galery buite Stellenbosch vertel van twee nuwe uitstallings.
Gauteng Studente Orkes 15.11.2022 7:11
Die 19-jarige musikant en dirigent, Marilize Diedericks, vertel waarom sy haar eie orkes, die Gauteng Studente Orkes, begin het.
Adventures in Pantoland! 15.11.2022 7:44
Dis weer panto-tyd in Johannesburg! Ilse Klink vertel vir Terrance April waarna gehore kan uitsien in vanjaar se, Adventures in Pantoland!
Albertyn-galery by Root 44 15.11.2022 11:24
Root 44 is net buite Stellenbosch, waar daar meer as 23 galerye onder een dak is. Die kunstenaar Michael Jnr. Albertyn vertel van hulle galery, Albertyn-galery.
Scattered - Sanna Swart 15.11.2022 9:28
Beeldhouer Sanna Swart vertel van haar solo-uitstalling, Scattered, te sien by die Kunsvereniging van Pretoria.
Verdi vs. Wagner 15.11.2022 8:18
Verdi vs. Wagner is ‘n konsert wat op 26 November aangebied word by ‘n nuwe opvoerruimte in Pretoria. Die basbariton en kunstenaar Christiaan Snyman vertel meer.
The little mermaid Jr. 15.11.2022 7:21
The little mermaid Jr. is te sien by The Peoples Theatre in Johannesburg. Raymond Skinner vertolk die rol van Sebastian, en vertel meer.
Alcina se dekor, beligting en kostuums 08.11.2022 11:26
Kaapstad Opera en die Universiteit van Kaapstad se operaskool bied die opera, Alcina, aan. Christelle Webb-Joubert gesels met die dekor- en beligtingsontwerper, Wilhelm Disbergen, en kostuumontwerper Maritha Visagie.
Sybrand Wiechers 1970 - 2022 08.11.2022 15:37
Beeldhouer Sybrand Wiechers is op 23 September 2022 oorlede. As huldeblyk luister ons na ‘n onderhoud uit 2019, waarin hy gesels het oor sy solo-uitstalling.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici