RSG
RSG Kuns
Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
-loos by Aardklop 27.08.2024 8:01
Laurinda Hofmeyr vertel van -loos, ‘n produksie by Aardklop. Sy het van die gedigte getoonset.
Rust-en-Vrede se uitstallings 27.08.2024 11:08
Die kurator van die Rust-en-Vrede Galery, Hamlin Jansen van Vuuren, vertel van al die uitstallings wat daar te sien is.
Visuele kuns by Aardklop 2024 27.08.2024 11:06
Aardklop se kunskurator, MC Roodt, vertel watter uitstallings en werkswinkels alles by die fees aangebied word.
Stinkhout deur Philip Rademeyer 27.08.2024 7:38
Philip Rademeyer is die skrywer, regisseur en stelontwerper van Stinkhout, wat debuteer by vanjaar se Aardklop Kunstefees, en daarna te sien is by die Woordfees.
Hugo Lambrechts Musiekskool se jaarlikse Concertofees 20.08.2024 11:03
Die Hugo Lambrechts Musiekskool in Parow bied hulle jaarlikse Concertofees aan, waar 14 jong musikante die geleentheid kry om saam met ‘n orkes op te tree. Die hoof, dr. Arisa Voges, vertel wat gehore vanjaar kan verwag.
Die Van Vuurens Vat Vlam 20.08.2024 19:45
Aktrise Lizz Meiring vertel van die stuk wat sy geskryf het, Die Van Vuurens Vat Vlam. Dis te sien by vanjaar se Aardklop Kunstefees in Potchefstroom.
Hessequa Harmonie 2024 20.08.2024 4:48
Dis weer tyd vir die jaarlikse Hessequa Harmonie op Heidelberg in die Wes-Kaap. Die feesbestuurder, Niël Rademan, gesels oor vanjaar se hoogtepunte.
Amalia Uys in Wolf, Wolf Hoe Laat Is Dit? 20.08.2024 9:31
Die aktrise, Amalia Uys, is te sien in die produksie, Wolf, Wolf Hoe Laat Is Dit? Sy vertel waaroor dit gaan.
Theatrix Singers se Much Ado About Swing 13.08.2024 5:13
Rika Vermeulen van Theatrix Singers vertel van hulle volgende produksie, Much Ado About Swing.
1789 by Joburg Theatre op die planke 13.08.2024 8:14
Die stel-, kostuum- en beligtingsontwerper, Wilhelm Disbergen, vertel vir Terrance April van die toneelstuk, 1789, te sien by Joburg Theatre.
Marion Holm is Marion Munroe 13.08.2024 14:22
Marion Holm gesels oor haar nuwe eenvrouvertoning, Marion Monroe, te sien by vanjaar se Aardklop.
Namibië se simfonieorkes 13.08.2024 7:58
Het jy geweet dat Namibië ook 'n nasionale simfonieorkes het? Gasdirigent Xavier Cloete vertel wat hulle eersdaags uitvoer.
Ilne Fourie is Verkleurvroutjie 13.08.2024 12:36
Verkleurvroutjie is Ilne Fourie se eenvrouvertoning, wat debuteer by Aardklop. Sy vertel waaroor dit gaan, en hoe die gehoor bepaal wat gebeur.
Johannesburg Filharmonies se vroeëlenteseisoen 06.08.2024 9:32
Die Johannesburg Filharmoniese Orkes bied in Augustus hulle vroeëlenteseisoen aan. Terrance April hoor by Magdalena de Vries wat alles op die program is.
Twee van Joburg Ballet se dansers teer af 06.08.2024 17:25
Dans is ‘n kunsvorm waar die kunstenaars ‘n rakleeftyd het. Twee van Joburg Ballet se dansers, Nicole Ferreira-Dill en Shannon Glover, het onlangs vir die laaste keer op die verhoog gedans. Hulle vertel vir Sue Pyler-Slabbert van hulle aftrede, loopbaanhoogtepunte en die pad vorentoe.
Wat kan ons verwag by Woordfees 2024? 06.08.2024 21:34
Saartjie Botha vertel van die hoogtepunte by vanjaar se Woordfees, wat plaasvind van 28 September tot 6 Oktober in Stellenbosch.
Plettenberg Landkuns-fees 30.07.2024 12:22
Kunstenaar Janet Botes vertel van die Plettenberg Landkuns-fees. Sy verduidelik wat landkuns is, en hoe kunstenaars en die natuur saam skep.
Ben Schoeman en Johannesburg Filharmonies 30.07.2024 15:35
Terrance April gesels met pianis Ben Schoeman na afloop van ‘n repetisie saam met die Johannesburg Filharmoniese Orkes.
Huldeblyk aan Jan Groenewald 30.07.2024 11:57
Die dramaturg, akteur en regisseur, Jan Groenewald, is op 20 Julie 2024 oorlede. Sy lewensmaat, Pieter de Vos, bring hulde aan hom.
Johann Slabbert terug as dramaturg 30.07.2024 10:52
Johann Slabbert was vir baie jare in die bedryf. Hy verlaat toe die bedryf vir ‘n korporatiewe werk, maar keer na tien jaar terug as dramaturg. Hy is die skrywer van Routrip en Vier Panados en ‘n Chardonnay waarin Elzabé Zietsman te sien is.
Vlooi en die Olimpiese vlam by Kunstekaap 23.07.2024 11:40
Vlooi en die Olimpiese vlam is te sien by Kunstekaap. Akteur Eldon van der Merwe vertel waaroor dit gaan. Christelle Webb-Joubert gesels ook met hom oor sy loopbaan as akteur.
Richard Cock oor Klein Karoo Klassique Galakonsert 23.07.2024 6:49
Terrance April gesels met dirigent Richard Cock oor die galakonsert by vanjaar se Klein Karoo Klassique.
Nuwe kamermusiekfees op Prins Albert 23.07.2024 8:08
Pianis Elna van der Merwe vertel van ‘n nuwe kamermusiekfees, Swartberg Musiek Salon, wat van 2 tot 4 Augustus op Prins Albert aangebied word.
Ver in die wêreld Kittie weer op die planke 23.07.2024 8:38
David Kramer se musiekspel, Ver in die wêreld Kittie, is weer te sien in die Kaap. David vertel waaroor dit gaan, en van die nuwe teater, Die Blik, waar dit te sien sal wees.
Koorprojek in Bloemfontein 23.07.2024 5:28
Dirigent Werner Stander is die organiseerder van ‘n projekkoor, waar die publiek genooi word om deel te word van die koor wat in November in Bloemfontein sal optree.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici