RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2962 episodi

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Arts

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

6 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Engelenburg-huis 26.11.2024

Het jy geweet daar is ‘n museum by SA Akademie vir Wetenskap en Kuns? Prof. Alex Duffey vertel van die Engelenburg-huis.

Lesings by SA Akademie vir Wetenskap en Kuns 26.11.2024

Prof. Alex Duffey is verantwoordelik vir ‘n reeks lesings oor veral kuns, onder die vaandel van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns. Hy vertel van die reeks, en die verskeie temas waaroor hy al gepraat het.

Kersfees is hier! 26.11.2024

Dihan Keun vertel van die kinderproduksie, Kersfees is hier! Die storie van die De Lange-gesin se Kersfees word vertel met die hulp van lewensgrote poppe.

ROUND OF APPLAUSE - RELOADED 19.11.2024

Terrance April gesels met die veelsydige Marianne Thamm wie se vertoning, ROUND OF APPLAUSE - RELOADED, tans by die Pieter Toerien Studio in Johannesburg te sien is. Benewens 'n kykie na Marianne se ervaring op verskedie terreine, praat hulle ook oor die kuns van komedie as 'n medium om aktuele sake van die dag aan te raak.

Body Moves-dansfees 19.11.2024

Die dansfees, BODY MOVES, is tans aan die gang in verskillende sentra in Gauteng, en betrek 'n groot verskeidenheid van professionele en gemeenskapsdansers. Terrance April gesels met Gladys Agulhas oor die projek, en ook haar betrokkenheid by veral dans vir persone met gestremdhede.

‘n Versameling afgediende muses 19.11.2024

Christelle Webb-Joubert besoek die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns in Pretoria, waar sy meer uitvind oor die uitstalling, A collection of retired muses / ‘n Versameling afgediende muses deur Ruhan Janse van Vuuren en Bastian van Stenis.

SA Klei-toekennings se uitstalling 19.11.2024

Die kurator van die Rust-en-Vrede galery en Klei Musuem, Hamlin Jansen van Vuuren, vertel van die eerste SA Klei-toekennings se uitstalling.

ELIA van Mendelssohn op Stellenbosch 12.11.2024

Komende naweek word die oratorio, ELIA van Mendelssohn, deur 'n koor van Oud-Libertas en soliste onder die leiding van prof. Johan de Villiers op Stellenbosch uitgevoer. Terrance April het met hom oor die werk gesels.

Vrystaat Simfonieorkes vier 50 jaar 12.11.2024

Die Vrystaat Simfonieorkes word vanjaar 50. Terrance April gesels met prof. Frederick Fourie oor die geskiedenis van die orkes, en hulle planne vir die toekoms.

Figure of 8 Dance Theatre se Constellations op planke 12.11.2024

Marie Vogts, geselskapbestuurder van Figure of 8 Dance Theatre, vertel van hulle produksie, Constellations. Sy vertel ook van hulle ontwikkelingsprogram wat vanjaar vir die eerste keer aangebied is.

Lena Hugo oop ateljee 12.11.2024

Kunstenaar Lena Hugo bied weer ‘n oop ateljee aan. Christelle Webb-Joubert kuier by haar om uit te vind waarna besoekers kan uitsien.

How to date like a F@#$&*! Grownup 05.11.2024

Wessel Odendaal van VR Theatrical vertel van die nuwe musiekspel, How to date like a F@#$&*! Grownup.

Beauty and the Beast-pantomime in Johannesburg 05.11.2024

Dit is weer tyd vir die pantomieme by die Joburg Theatre. Vanjaar is dit BEAUTY AND THE BEAST wat deur Janine Honeymon aangebied word. Terrance April gesels met twee van die akteurs, Jock Kleynhans en Dylan du Plessis.

Huldeblyke aan drie grotes 05.11.2024

Ons neem afskeid en bring hulde aan Christo Compion, prof. Hans du Plessis en Danie Odendaal.

Elwin Buchel - Back Then 05.11.2024

Elwin Buchel is al langer as 50 jaar ‘n geneesheer, maar kuns bly sy passie. Hy vertel van sy uitstalling, Back Then, by die Kunsvereniging van Pretoria.

Marinda du Toit se ateljee 29.10.2024

Christelle Webb-Joubert se laaste ateljeebesoek tydens vanjaar se Woordfees in Stellenbosch was by die kunstenaar Marinda du Toit.

Fanie Marais se kuns 29.10.2024

Fanie Marais het op 50-jarige ouderdom, ná sy beroep as predikant, besluit om die verfkwas op te tel. Hy gesels oor kuns as terapie en sy solo-uitstalling in Bellville.

Splash and Leap by Staatsteater 29.10.2024

Choreograaf en regisseur Janelle Claassen vertel van haar dansproduksie, Splash and Leap, wat te sien is by die Staatsteater in Pretoria. 

Pretoria Simfonieorkes se dirigent speel Franse horing in konsert 29.10.2024

Benewens die groot stadsorkeste, is daar ook 'n hele aantal baie bedrywige amateur of ad hoc orkeste wat gereeld musiek aan gehore bekendstel . Een van dié orkeste is die Pretoria Simfonieorkes. Terrance April gesels met die dirigent, Jaco van Staden. Hy tree op as solis in hulle volgende konsert, waarin hy die Franse horing speel.

Die Afrikaner Maak Só 22.10.2024

Jannes Erasmus, medeskrywer, regisseur en akteur gesels oor die musiekspel, Die Afrikaner Maak Só.

Strijdom van der Merwe se ateljee 22.10.2024

Landskapkunstenaar Strijdom van der Merwe se ateljee is die natuur. As deel van sy ateljeebesoek by vanjaar se Woordfees het hy deur middel van foto’s oor sy werk gesels.

Ingrid Winterbach se ateljee 15.10.2024

By die Woordfees kon feesgangers die ateljees van kunstenaars besoek. Luister na ‘n opname deur Christelle Webb-Joubert tydens haar besoek aan Ingrid Winterbach.

Johanna Roos en Roelof Temmingh in konsert 15.10.2024

Violis Johanna Roos vertel van die konsert waarin sy en pianis Roelof Temmingh te sien is.

Watter instrumente is deel van die vryriet-groep? 15.10.2024

Weet jy watter instrumente deel is van die vryriet-groep? Leon Oosthuizen, president van die Suid-Afrikaanse Vryriet Assosiasie vertel meer. Hy vertel ook van ‘n Duitse akkordeonorkes wat Suid-Afrika besoek.

The Drama Factory 15.10.2024

Sue Diepeveen is die stigter en eienaar van The Drama Factory. Sy vertel vir Christelle Webb-Joubert hoe die teater begin is in 2017.

Ascolta il podcast RSG Kuns su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici