RSG

RSG Kuns

Arts AF ↓ 2962 episodi

Onderhoude met uitvoerende en beeldende kunstenaars oor die teater- en die kunswêreld.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Arts

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

6 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

Die Doodskis by Vrystaat Kunstefees 08.07.2025

Die akteurs, Wentzel Lombard en Tanja Franzen, gesels oor die toneelstuk, Die Doodskis, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees.

The Tramp-musiekspel oor Charlie Chaplin 08.07.2025

The Tramp, is ‘n nuwe mini-musiekspel wat gaan oor die lewe van Charlie Chaplin. Die regisseur, Amanda Bothma, en pianis Paul Ferreira vertel meer.

Mel Botes - Die Riviersimfonie 08.07.2025

Sanger en liedjieskrywer Mel Botes vertel van 'n simfoniese werk wat hy gekomponeer het, Die Riviersimfonie.

Die koning en sy bruid 01.07.2025

Skrywer en regisseur Nicola Viviers vertel van Die koning en sy bruid, wat te sien is by die Vrystaat Kunstefees.

Bertha le Roux-Wahl in Vlerksleep 01.07.2025

Vlerksleep is ‘n komedie met Elma Potgieter, David James, Richard van der Westhuizen en Bertha le Roux-Wahl in die rolverdeling. Bertha se stem word gereeld gehoor op RSG, en sy het vir baie jare die rol van Emma vertolk in 7de-Laan. Christelle Webb-Joubert het besluit om haar van nader te leer ken, synde sy in Vlerksleep te sien is by Innibos 2025.

Magda Louw en haar Erhard – How Louw can you go 01.07.2025

Desire Gardner en Hannes van Wyk gesels oor hulle toneelstuk, Magda Louw en haar Erhard – How Louw can you go, wat te sien by die Vrystaat Kunstefees 2025.

Joburg Ballet en Cape Town City Ballet se SWANEMEER 01.07.2025

Balletliefhebbers in Johannesburg en Kaapstad kan hulle regmaak vir een van die hoogtepunte op die kunskalender wanneer Joburg Ballet en Cape Town City Ballet kragte saamspan om SWANEMEER aan te bied. Terrance April gesels met Elroy Fillis-Bell, bestuurshoof, Dane Hurst, artistieke direkteur en Revol Yon, hoofdanser, van Joburg Ballet oor die samewerkingsprojek.

Linde van Coppenhagen in SA 24.06.2025

Sopraan Linde van Coppenhagen is in 2011 Duitsland toe om haar professionele sangloopbaan te begin. Sedertdien het sy talle groot rolle vertolk soos die Konging van die Nag in Mozart se DIE TOWERFLUIT, Zerlina in DON GIOVANNI ook van Mozart, en Gretel in Hansie en Grietjie van Humperdink. Sy is tans op besoek aan Suid-Afrika, en Terrance April het met haar gesels oor 'n konsert waarin sy binnekort...

Marion Holm by Innibos en Vrystaat Kunstefees 24.06.2025

Marion Holm vertel van die produksies waarby sy betrokke is by Innibos en die Vrystaat Kunstefees.

Huldeblyk aan André Walters 24.06.2025

Elma Potgieter, Anton Dekker en Krisjan Fourie bring hulde aan André Walters.

Opera Tango 24.06.2025

Sopraan Zanne Stapelberg vertel van die produksie, Opera Tango.

LA RONDE by die Baxter 24.06.2025

Arthur Schnitzler se toneelstuk, LA RONDE, is te sien by die Baxterteater in Kaapstad. Terrance April gesels met Carlo Daniels oor die werk, wat in hulle weergawe 'n redelike gedaanteverwisseling ondergaan.

Dana Snyman se SEUN op die planke 17.06.2025

Wilhelm van der Walt gesels oor die toneelstuk, Seun. Dis ‘n verwerking van Dana Snyman se memoire.

CAROUSEL in Bloemfontein te sien 17.06.2025

Die musiekspel, Carousel, is op 21 en 22 Junie te sien by die Wynand Moutonteater in Bloemfontein. Dit is moontlik gemaak deur prof. Barbara Hill-Moore. Sy is verbonde aan die Southern Methodist University in Texas. Sy wou van kleins af ‘n verskil maak, veral in Afrika.

Amore Bekker in Bacchus tot Bekker 17.06.2025

Amore Bekker vertel haar van haar verhoogproduksie, Bacchus tot Bekker.

Mzansi Ballet se Fusion of Favourites 17.06.2025

Mzansi Ballet se produksie, FUSION OF FAVOURITES, open op 19 Junie by die Pieter Toerienteater in Johannesburg. Dit is 'n paar uittreksels uit werk wat hulle voorheen gedoen het, asook die première van Vincent Mantsoe se ballet wat hy spesiaal vir Mzansi Ballet gechoreofgrafeer het: SONG OF KHUDOGO.

I Can Buy Myself Flowers 10.06.2025

Erika Breytenbach gesels oor haar eenvroustuk, I Can Buy Myself Flowers.

Die EOAN-groep in 2025 10.06.2025

Christelle Webb-Joubert gaan uitvind of die EOAN-groep steeds aktief is. Sy gesels met die direkteur, Shafiek Rajap.

Master Harold and the Boys in Sandton 10.06.2025

Die dramaturg, Athol Fugard, se treffer toneelstuk, MASTER HAROLD AND THE BOYS, open binnekort by Theatre on the Square in Sandton in Johannesburg. Terrance April gesels met Sello Maake KaNcube, wat die rol  van Sam vertolk.

Vrystaat Kunstefees se 25ste keer 10.06.2025

Die feesdirekteur van die Vrystaat Kunstefees, Michael Garbett, gesels oor vanjaar se fees, wat vir die 25ste keer aangebied word.

Innibos 2025 03.06.2025

Sandra Jacobs, die media- en bemarkingsbestuurder van die Innibos Kunstefees, vertel waarna feesgangers kan uitsien in 2025.

Johannesburg Filharmonies 2025-Winterseisoen 03.06.2025

Die Johannesburg Filharmoniese Orkes se Winterseisoen begin op Donderdag 5 Junie 2025. Magda de Vries, 'n perkussiespeler, vertel vir Terrance April wat op die program is.

Hermanus FynArts 2025 03.06.2025

Die Hermanus FynArts-fees vind vanjaar vir die 13e keer plaas. Die feesdirekteur, Mary Faure, vertel meer.

Die EOAN-groep 03.06.2025

In 2006 het Margot Luyt ‘n hoorbeeld saamgestel oor die EOAN-groep wat in 1933 gestig is. Luister na ‘n uittreksel uit dié hoorbeeld.

May Abrahamse (1930 - 2025) 27.05.2025

Die sopraan, May Abrahamse, is op 5 Mei 2025 oorlede, ‘n dag voor haar 95ste verjaarsdag. Die musieknavorser, dr. Hilde Roos, bring hulde aan haar.

Ascolta il podcast RSG Kuns su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici