RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 4 05.03.2026 17:44
Jaffie moet erken dat hy die storie van Weltevrede en die nimmereindigende botterblomvelde nie kan glo nie, wat Vaaltyn ontstel. Vaaltyn wens hy kon na Weltevrede gaan waar Mamra op hom sou wag. Jaffie wil weet waar die Bokveld is, en hy hoor vir die eerste keer van die binneste en die buitenste esel. Hy maak ook vir die eerste keer kennis met die wysheid van Oeroom Gerson.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 3 04.03.2026 17:27
Vaaltyn en Jaffie onthou ’n dag wat hulle nooit sal kan vergeet nie. ’n Dag wat vir die res van sy lewe by Vaaltyn sal spook. Vaaltyn onthou ’n gesprek met Ribbok en sy vaalhaar-eselbloed raak sommer weer opnuut aan die kook! Jaffie ontvang ontstellende nuus van Vaaltyn waarmee hy nog lank sal worstel.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 2 03.03.2026 17:11
Vaaltyn skraap moed bymekaar om met Jaffie te praat oor sy oorlee Mama Mamra. Hy onthou ’n gesprek met Mamra waartydens sy haar spyt uitgespreek het oor ’n vreeslike ervaring wat sy moes deurmaak. Tóg het sy daardie dag ’n belangrike vraag aan Vaaltyn gestel, wat sy hart baie bly gemaak het.
JAFFIE, ’N ESELROMANNETJIE deur Eitemal – Episode 1 02.03.2026 16:22
Vir die radio verwerk deur Eben Cruywagen. Oom Vaaltyn is omgekrap omdat Jaffie by hom melk soek. Sy gedagtes dwaal na gelukkiger dae toe hy met sy geliefde Mamra kon praat oor Jaffie wat gespeen moet raak...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 40 (slot) 27.02.2026 16:48
Cor konfronteer sy pa, en verwyte en beskuldigings word afgevuur. Dan gee Cor die doodskoot – hy het Piet se ou selfoon in die hande gekry. Piet het geen ander keuse as om in te gee aan Cor se vereiste nie. Cor skakel ‘n ou vriend, en Maureen gee aan Cor die kinderboekie met sy gunsteling storie wat sy vir hom as klein seuntjie gelees het. Dan val daar ‘n foto agter uit die boekie... Wie is Cornel...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 39 26.02.2026 14:22
Cor en Anika geniet ‘n romantiese ete by ‘n eksklusiewe restaurant. Cor druk vir Anika in ’n hoek, en haar en Piet se skelm verhouding word ontbloot. Cor vind uit dat hierdie nie die eerste keer is nie en dat sy pa bekend daarvoor is om skelm verhoudings te hê. Janine is opgewonde oor Stefan se besluit om hulp te kry. Dan is daar ‘n klop aan die deur... Stefan het nooit by die sentrum aangemeld ni...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 38 25.02.2026 14:32
Cor besluit om vir ‘n laaste keer sy pa te oorreed om die aanstelling van die nuwe bestuurshoof te heroorweeg. Cor vind ‘n ou foto van hom in Maureen se handsak. Maureen gee aan Cor ‘n peperduur hotelrekening wat hy aan Piet moet oorhandig. Cor pols vir Piet oor die rekening. Dan is daar ook sy pa se skielike reisplanne na Parys, en die bekende parfuumreuk in sy kantoor...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 37 24.02.2026 13:50
Groot is Cor se verbasing as hy die skielike ommeswaai in sy broer sien. Stefan besluit om homself by ‘n rehabilitasiesentrum in te boek. Cor vertel aan Stefan dat hulle pa besluit het om ‘n nuwe bestuurshoof van buite af aan te stel. Die gesin klink oudergewoonte ‘n glasie op veiligheid en voorspoed. Soms besef ‘n mens nie jy deel ‘n laaste oomblik saam met jou geliefdes nie, maar Stefan weet wel...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 36 23.02.2026 14:24
Daar heers ‘n somber gevoel in die kantore van Fortuna Trans. Rian is pas gearresteer vir die moord op Shorty Swanepoel. Anika is bekommerd oor die toekoms van Fortuna Trans. Piet en Cor het ‘n hewige woordewisseling. Piet is teleurgesteld in Cor, en beskou hom as ‘n verraaier. ‘n Nuwe aanstelling moet gemaak word - Fortuna Trans sal nie verder deur ‘n Du Preez bestuur word nie.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 35 20.02.2026 16:00
Rian blaas in Cor se nek oor hulle volgende aflewering in Mosambiek. Cor sit met sy hande in sy hare, want hulle het nie meer ‘n drywer nie. Norman kuier by Laurinda. Vir die eerste keer voel hy veilig, en in sy ouma se teenwoordigheid deel hy ‘n bietjie van sy seer. Rian word ingeroep deur sersant Fortuin vir ‘n laaste ondervragingsessie. Dan is daar ‘n klop aan die deur. Rian was reg – “familie”...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 34 19.02.2026 13:45
Piet beveel Anika en Cor om hom dadelik te kom sien. Piet is woedend omdat die verdwyning van sy kleinkind van hom weggesteek is. In ‘n oomblik van woede raak hy persoonlike inligting kwyt wanneer hy vir Anika uittrap. Cor is agterdogtig. Waarom praat sy pa met Anika asof hy haar veel beter ken as wat hy voorgee? Sy is tog net die assistentsekretaresse, dan nie?
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 33 18.02.2026 14:58
Sandra Jacobs word deur speursersant Fortuin ondervra. Arend Fillis onderbreek hulle ondervragingsessie met ontstellende nuus oor Stefan. Piet is woedend, en wil dadelik vir Stefan afdank, maar Sandra en Janine kom tot sy redding. Dan deel Sandra ‘n geheim wat die twee Du Preez-broers al vir so lank wegsteek. Miskien is hierdie die antwoord tot Norman se skielike omwenteling en vreemde gedrag?
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 32 17.02.2026 15:00
Rian het pas terug gekeer van die Kaap, en stel voor hulle moet begin beplan vir hulle volgende onwettige aflewering, maar Cor weier. Laurinda kuier by Janine, en saam deel hulle gelukkige herinneringe wanneer hulle deur ou familiealbums blaai. Stefan kom besope by die huis aan. Dit ontlok ‘n woordewisseling tussen hom en Janine. Dan sien hy ‘n bekende gesig in een van Janine se familiealbums...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 31 16.02.2026 14:56
Maureen en Anika probeer hulle bes om Fortuna normaal te laat funksioneer ná die dood van hulle kollega, Shorty de Lange. Cor vind ‘n besope en onsamehangende Stefan in sy kantoor. Stefan smeek huilend om vergifnis, maar wie is die meisie waarvan Stefan praat, en wat weet speursersant Fortuin alles? Cor se agterdog en vrese word al hoe groter. Wat steek sy broer vir hom weg?
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 30 13.02.2026 14:39
Piet en Anika geniet ‘n romantiese aandjie uit. Piet het vir hulle ‘n duur hotelkamer met Franse sjampanje bespreek. Anika speel steeds die slagoffer, en probeer op Piet se gevoel speel. Piet en Cor geniet ‘n rustige potjie gholf om te ontspan. Cor wil weet watter parfuum hang in sy pa se motor, en Piet dink vinnig ‘n verskoning uit. Cor kry iets interessant in die motor se paneelkissie, wat Lauri...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 29 12.02.2026 15:00
Almal is nog ontsteld ná Shorty se dood, en speursersant Fortuin wat gedurig oor hulle skouer loer maak dinge net erger. Anika praat per ongeluk haar mond verby, en lap belangrike inligting uit wat speursersant Fortuin oor die foon bespreek het. Sandra vind uit van Norman se verdwyning in Mosambiek. Sy het skielik ‘n belangrike oproep wat sy moet maak.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 28 11.02.2026 15:37
Fortuin beskou Shorty se misdrywe as swak bestuur, en ‘n roekelose fout van Stefan se kant af. Stefan pleit onskuldig, en verdedig Rian se skielike verdwyning Kaap toe asook die saak van aanranding teen hom. Fortuin krap verder in Stefan se verlede. Rian het vir speursersant ‘n interessante brokkie inligting meegedeel. Wie is Andriëtte Grobbelaar?
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 27 10.02.2026 15:00
Rian word voor stok gekry deur sy pa en sy oudste broer. Rian hou vol dat hy homself teen Shorty moes beskerm. Noudat Shorty uit die prentjie is, kan hulle gerus wees dat die dissiplinêre verhoor geskrap sal word, want die aanklaer is oorlede. Norman word steeds geteister deur nagmerries. Janine bring vertroosting en veiligheid, maar wanneer Norman in sy slaap begin praat, hoor sy ontstellende inl...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 26 09.02.2026 15:05
Rian is terug van ‘n belangrike vergadering in die Kaap, en Cor is briesend. Rian erken dat hy wraak wou neem op Shorty. Die twee broers beraam planne, en stem ooreen om Shorty as die sondebok uit te maak en alles te ontken. Maurene en Anika probeer nog die skielike dood van Shorty verwerk. Sommer gou deel hulle skindernuus, en vind uit dat hulle dalk meer weet as wat die skuldiges besef.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 25 06.02.2026 15:49
Speursersant Allister Fortuin is die ondersoekbeampte na die onnatuurlike dood van Shorty Swanepoel. Arend Fillis is eerste in die spervuur. Janine is bekommerd oor Norman, en vind vertroosting by haar skoonma. Dan onthul sy ‘n skokkende skets wat Norman by die spelterapeut geteken het. Hoekom staan Shorty se naam op die skets?
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 24 05.02.2026 14:10
‘n Dringende vergadering word belê ná die skokbevinding in die werkswinkel. Sandra Jacobs is aan die woord en verduidelik aan Piet en Stefan du Preez watter gevolge hulle, as maatskappy, in die oë sal moet staar. Cor is geskok oor die nuus, maar moet katvoet dans rondom Stefan se vrae. Vervalste nommerplate en verdunde diesel kom aan die lig. Wat het werklik in Mosambiek gebeur?
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 23 04.02.2026 13:47
Stefan en Janine het ‘n onrustige nag. Norman is veilig en ongedeerd terug by die huis, maar duidelik is alles nie pluis nie. Arend is agterdogtig oor Shorty se motor wat reeds by die werkswinkel staan, maar nêrens te vinde is nie. Geheime en bespiegelinge word vertroulik onder mekaar gedeel. Miskien is alles net Arend se verbeelding? Tot hy afkom op ‘n grutoneel...
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 22 03.02.2026 15:00
Cor vind vir Norman in ‘n verlate pakskuur tussen Ponta do Ouro en Ponta Milimangala. Cor bel vir Stefan om hom in te lig dat hulle op pad is, maar dat daar ‘n klein ongelukkie met een van die Mosambiekse drywers was. Rian vind vir Shorty waar hy besig is om aan ‘n trok te werk. Hy het slegs een doel voor oë – die waarheid en wraak.
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 21 02.02.2026 15:00
Rian word uit ‘n belangrike vergadering geroep om dadelik vir Sandra van HR te sien. Shorty versoek ‘n dissiplinêre verhoor en steun vanaf die KBVA. Cor bel vir Rian met die nuus dat Norman steeds skoonveld is. Rian begin besef Shorty se stories klop nie, en hy weet dalk meer as wat hy voorgee. Met die gebruik van ‘n toep vind hulle gou Norman se laaste selfoonkoördinate. Sal Cor betyds wees?
FAKSIE deur Ilne Fourie – Episode 20 30.01.2026 14:20
Janine en Stefan ontspan heerlik in ‘n afgesonderde ruskamp naby Johannesburg. Janine is bekommerd as sy steeds nie vir Norman in die hande kry nie. Rian stel Stefan gerus dat alles goed afgeloop het, en hy jok flink deur te sê dat Cor en Norman besluit het om nog ‘n paar dae langer in Mosambiek te bly. Shorty het pas teruggekeer van Mosambiek. Rian konfronteer hom, en gou klap die vuiste, maar hi...
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici