RSG

Middagvervolgverhaal

Arts AF ↓ 3039 episodi

'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za

Autore

RSG

Categoria

Arts

Sito del podcast

www.rsg.co.za

Ultimo episodio

13 ott 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 31 23.01.2024

Die verdwene rewolwer is meer as ‘n kopseer. Wie handig ‘n “slim” verklaring by die polisie in? Wat maak dit so “slim”? Genadenburg se diamantmyn is skerp onder bespreking. Jy kan ‘n plan kam en skeer, maar soms val dit net in die water.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 30 22.01.2024

Lappies se geskiedenis is die middelpunt van bespreking. Twee brandkluissleutels veroorsaak erge ongemak. Wie word onverwags by ‘n aandpatrollie betrek? Waarheen ry die patrollie? Wat is die hoogtepunte van die patrollie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 29 19.01.2024

Wie raak opgewonde oor kruie? Neville se gereelde oorsese besoeke is die middelpunt van bespreking. Wie verras Johnny met ‘n dokument en nuus waarvan hy niks weet nie? Daar is interessante inligting uit Zanzibar.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 28 18.01.2024

Gertrude is op ‘n missie. Wie kry die skok van sy lewe? ‘n Verdwaalde flitslig in ‘n donker huis trek aandag. ‘n Vreemde ontmoeting vind in ‘n begraafplaas plaas. Wie is almal daar?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 27 17.01.2024

Johnny bly nou maar eenmaal aan Gertrude se verkeerde kant. Wie eis sy skenking van die trust terug? Hoekom? Waaroor is Gertrude so moeilik? Wie ry Dolfynbaai toe, en om wat daar te maak? Hoe eindig die uitstappie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 26 16.01.2024

Neville is op die oorlogspad. Wie is in sy visier? Die alarmstelsel by die woonstel langs die Jancel Laboratorium is die middelpunt van bespreking. Daar word ‘n nuwe vennootsap op Seebult gesluit.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 25 15.01.2024

Dis Gertrude se verjaarsdag, maar sy weet gou dis ‘n dag wat sy eerder wil vergeet. Louis kry die boodskap dat sy verblyf in die woonstel langs die Jancel Laboratorium net tydelik is. Hy voel die druk om spoedig ander verblyf te bekom, maar dis nie die einde van sy stres nie.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 24 12.01.2024

Daar is nuwe “speurders” aan die werk in Seebult. Wie is dit en waarmee hou hulle hulle besig? Met wie praat Johnny oor die ontstaan van Seebult en Dolfynbaai? Waarop fokus hy? Watter geheime hoop hy om te ontrafel?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 23 11.01.2024

Louis word ontnugter. Hoekom? Hy is nie die enigste een nie. Wie ontvang nog skokkende nuus? Wie lig Lappies volledig in? Waaroor? Word daar ‘n nuwe vriendskapsband op Seebult gesmee?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 22 10.01.2024

Neville Nomis is vol verrassings. Wie kry blomme, en wie raak siek? Daar is ‘n nuwe vennootskap op Seebult wat oornag gevorm het en die volgende dag afskop. Wie koop Angel de Villiers se woonstel?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 21 09.01.2024

Louis en Lappies sit koppe bymekaar, ontleed wat besig is om te gebeur en hoe dit hulle raak. Gertrude skop af om die trust te bemark, en sy is aangenaam verras wie eerste opdaag om ‘n skenking te maak. Wie kom sit ‘n hand by? Die verlede bly knaag aan Johanna. Wie word verras met ‘n ete-uitnodiging en ‘n baie interessante voorstel?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 20 08.01.2024

Alle paaie lei skielik na Visbaai. Wie slaan almal daar uit, en hoekom? Louis word onverwags genooi, en ontvang ‘n vreemde versoek. Wie was almal saam met Celeste in Pretoria? SeebultNuus se tweede aflewering oor die onstaan en groei van die dorp laat inwoners vroegdag koerante koop.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 19 05.01.2024

Johanna se hart is vol vrae. Gertrude se nuwe kompleks vorder fluks. Alles is gereed vir die bekendstelling van die trust ten bate van mediese navorsing. Dokter Janice beleef ‘n middag vol verrassende besoeke. En ‘n vreemde versoek.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 18 04.01.2024

Sake oor Avril en Keith Crossley word al hoe duideliker. Louis doen ‘n belydenis. Twee huismaats praat hulle harte leeg. Dokter Janice gryp in. Waar en met wie? Johanna neem ‘n belangrike besluit.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 17 03.01.2024

Celeste neem inisiatief om die beplande trust van die grond te kry. Louis word uit die hospitaal ontslaan, maar kom nie in Hibiscus uit nie. Johnny ontdek ‘n interessante foto in sy ouma se trommeltjie. Met wie stamp Lappies kop?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 16 02.01.2024

Die ongeluk in die bergpas veroorsaak ‘n geskarrel op Seebult. Dis of die dorp rondom een verklaring vir die ongeluk verenig. Daarvoor sorg Johnny en sy voorbladberig. Wie is Servaas Serfontein? Wie raak soek?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 15 01.01.2024

Louis en sy skoonma is soos olie en water - hulle meng nie. Dis of hulle die skerpkant uit mekaar na vore bring. Gertrude kan haar skoonseun nie genoeg die leviete voorlees nie. Louis neem ‘n besluit. Chanel kry ‘n aanbod wat die wind uit haar seile neem. Celeste se groot naweek breek aan, en sy is erg opgewonde.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 14 29.12.2023

Dit gons oor Sarel van Wyk. Daar is soveel vrae en so min antwoorde. Dis duidelik Sarel se optrede het ‘n handvol mense ten diepste geraak. Chanel neem ‘n besluit. Neville nooi iemand vir koffie... en dis nie om dowe neute nie.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 13 28.12.2023

‘n Besonderse eer val Celeste te beurt. Johanna dra skielik swaar aan die nuus oor haar pa se begrafnis wat sy nie bygewoon het nie. Die myner, Keith Crossley, is besonder bedrywig op Seebult, en dis duidelik hy het in die dorp vasgehaak om probleme te veroorsaak.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 12 27.12.2023

Na wie word so naarstigtelik gesoek? Waar daag ‘n nagtelike besoeker onverwags op? Wie kritiseer Lappies se kruietuin? Johanna kry ‘n onverwagse uitnodiging. Van wie?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 11 26.12.2023

Chanel se kinderdae is skielik die middelpunt van bespreking.  Met wie gesels sy daaroor? Wie oornag in ‘n hotel in Dolfynbaai? Hoekom? Schalk Niemand bly sentraal in ‘n paar gesprekke, en veroorsaak heelwat ongemak.

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 10 22.12.2023

Johnny het nie brieke nie. Dis of daar ‘n duiwel op elke skouer sit en hom jaag. Louis het in sy wildste drome nie gedink sy besoek aan die hospitaal sal soveel drama oplewer nie. Dis of die moeilikheid kleintjies kry. Wie snel hom te hulp?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 9 21.12.2023

Dokters Janice en Celeste kruis swaarde. Waaroor? By wie soek Celeste hulp? Die bloedhond, Johnny, is op ‘n missie. Dis of hy moedswillig onder inwoners se velle probeer inkom. Met wie stamp hy almal kop? Wie skok Celeste?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 8 20.12.2023

Soms gaan dit doller as kopaf. Die lyk in die bad sorg daarvoor. Louis beland in die hospitaal. Sy besoeker veroorsaak meer pyn as die nagevolge van sy operasie. Skielik duik ‘n bebaarde myner uit Mooinooi oral in Seebult op, en sorg vir groot konsternasie. Wie is hy?

KOM TYD, KOM MOEILIKHEID deur Joe Kleinhans - Episode 7 19.12.2023

Daar is ‘n geskarrel in Kruie-oase. Johnny gee Chanel ‘n harde tyd, tot die polisie opdaag. Dis nie die enigste persoon wat Johnny ‘n harde tyd gee nie. Wie nog? Schalk Niemand is skielik die middelpunt van bespreking.

Ascolta il podcast Middagvervolgverhaal su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici