RSG
Middagvervolgverhaal
'n Radiovervolgverhaal wat jou verbeelding vrye teuels gee.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.rsg.co.za
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 15 16.07.2024 14:48
Daar is skielik ‘n blokkasie by die skool se hek tydens ‘n taxi-staking, en Nardus moet gaan help.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 14 15.07.2024 14:54
Shane is in die moeilikheid by Corlia omdat hy Rocco aangerand het. Sy bel sy pa.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 13 12.07.2024 14:54
Nadat Emma en Shane so lekker klere gekoop het, is hy na haar huis genooi vir middagete, wat ’n konfrontasie met Rocco veroorsaak.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 12 11.07.2024 14:36
Sweis, Didi se pa, maak ‘n geyser reg, en kom in Katryn se goeie boekies.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 11 10.07.2024 14:54
Didi is verbaas as sy pa, Sweis Roets, by die skool opdaag.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 10 09.07.2024 14:55
Nicole is erg teleurgesteld nadat sy haar televisie-oudisie gedop het. Nardus vertroos haar.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 9 08.07.2024 14:55
Corlia probeer vrede maak met haar dogter, Emma, maar dis nie so maklik nie.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 8 05.07.2024 14:55
Emma, Corlia se dogter, veroorsaak ‘n klein sensasie onder die seuns in die skool vir blindes.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 7 04.07.2024 14:55
Didi en Rocco is albei ewe erg oor Emma, maar Shane staan in die pad.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 6 03.07.2024 14:55
Doktor Kallie gee vir Shane terapie nadat sy pa, Lothar, ‘n insident by die skool vir blindes veroorsaak het.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 5 02.07.2024 14:54
Shane se pa besluit om die blinde ete by te woon, waar ouers in die stikdonkerte deur hulle kinders in die skool bedien word.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 4 01.07.2024 14:54
Die blinde Shane staan in die middel van ‘n besige pad, en kan enge oomblik raakgery word.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 3 28.06.2024 14:07
Klein Didi, wat in ‘n tent in sy kamer by die skool woon, erken dat hy ‘n Braille-briefie vir ‘n meisie skryf.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 2 27.06.2024 14:54
By die skool vir blindes ontmoet Corlia die moeilikheidmaker, Shane Smit, wat bipolêr is.
OP DIE OOG AF deur Leon van Nierop - Episode 1 26.06.2024 14:53
Corlia Mouton daag by die skool vir blindes op wat sy van bankrotskap moet red, en tref ‘n hele hoop probleme aan.
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 20 (slot) 25.06.2024 17:24
Lambertus Bredenhand word weer eens deur die ongenaakbare realiteit van sy sukkelbestaan gekonfronteer. Maar dié keer is daar miskien tog ook ’n sprankie hoop...
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 19 24.06.2024 13:16
Gert Bouer en Lammie staan sy aan sy in hulle stryd teen die reuse swerm voetgangersprinkane wat op Wegdraai verskyn het. Dirkie ontvang Lammie op Mooiplaas se voorstoep met skokkende nuus. Ousus vertel vir Lammie van die raaiselagtige gebeure op Bredenhoek sedert daardie middag voor sy tuiskoms.
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 18 21.06.2024 13:36
Lammie probeer vergeefs om Dirkie te oortuig om met ander oë na hom te kyk. Op pad terug huis toe neem Lammie ’n skokkende besluit. Gert Bouer word deur ’n skokkende gesig op sy geploegde land begroet, waar hy daardieselfde oggend mielies gesaai het.
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 17 20.06.2024 15:19
Ousus bak vir die eerste keer in maande weer brood in die bakoond, omdat daar weer meel in die huis is. Koos kla oor sy seer voet, en gaan sit buite op die bakoond, gevul met morbiede gedagtes.
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 16 19.06.2024 12:42
Lammie oornag by die Coetsees, met die uitsluitlike doel om ’n gesprek met Dirkie aan te knoop. Karel Coetsee gee sy toestemming dat Lammie met sy dogter mag gesels, en Lammie loop sy rieme styf...
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 15 18.06.2024 14:23
Lammie vertrek op ’n inligtingsveldtog om boere van die distrik in te lig oor sy aanstelling as sprinkaanbeampte, en oor die prosedures wat gevolg moet word indien daar ’n uitbreking van voetgangersprinkane sou wees. ’n Paar boere maak Lammie se besoek moeilik.
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 14 17.06.2024 13:49
Lammie verras sy kinders met die vosperd wat hy gekoop het, maar Ousus is bekommerd oor die skuld wat haar pa gemaak het. Nadat Lammie die lemoendoring uit Koos se voet gehaal het, vertel hy hulle die goeie nuus van sy aanstelling as die sprinkaanbeampte van Sluis. Mordecai Fischer maak ’n verrassende bekentenis aan Simon.
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 13 14.06.2024 13:00
Ousus is bekommerd dat haar pa dalk na ’n tweede vrou soek, en wat van haar sibbe sou word as Lammie ’n stiefma vir hulle sou huis toe bring. Simon daag met ’n groot verrassing by Lammie se huis op.
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 12 13.06.2024 14:39
Lammie stap vasberade na Fischer se winkel om broodnodige kruideniersware te koop. Sy dae van sukkel en praatjies van verwaarlosing is met sy aanstelling as sprinkaanbeampte iets van die verlede! Koos sien Bekkie aankom na hulle huis toe, en sy opmerking maak Ousus ietwat bekommerd.
DIE SPRINKAANBEAMPTE VAN SLUIS deur Jochem van Bruggen - Episode 11 12.06.2024 12:49
Lewies oortuig Lammie om sy siening oor die bestryding van sprinkaanplae te wysig. Krissie het ’n voorstel wat Lammie hewig ontstel. Die besoek neem egter ’n verrassende wending, wat Lammie se toekomstige lewensuitkyk ingrypend sal verander.
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici