Life Christian Foundation

LCF Inspirasie Stasie

Religion EN ↓ 174 episodi

Inspiration From Life Christian Foundation

Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: www.lifecf.org

Autore

Life Christian Foundation

Categoria

Religion

Sito del podcast

www.lifecf.org

Ultimo episodio

16 set 2026

Dove ascoltare?

I podcast nell'app Replaio Radio In arrivo

I podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast

Scaricala su Google Play Installala gratis Android quasi 10 mln di download · valutazione 4,8 iOS in arrivo

Episodi

"Conquer" - Die Nuwe LCF Mannebediening Kursus 13.07.2022

Anton, Dannha en Willem gesels saam oor die nuwe "Conquer" kursus wat volgende week by LCF gaan begin. As jy meer wil weet oor die kursus voor jy inskryf, gaan luister gerus na hierdie potgooi. Willem praat van 'n skakel in die potgooi, die skakel is, https://manne.lifecf.org/sast

Wat is nuut by die LCF Tienerbediening? 06.07.2022

Hierdie week gesels ons met Juhan, Nelmari en Kim oor hulle nuwe planne vir die Tienerbediening die res van die jaar. Hulle nooi ouers uit om hulle tieners aan te spoor om deel te wees van die tienerbediening familie.

Salvation Works 29.06.2022

Conroy deel met ons sy reis om Salvation Works op die been te bring, en sodoende baie manne weer die hoof broodwinners van hulle huise te maak. As jy wil betrokke raak by enige van hulle bedieninge kontak Conroy by 0726620202

New Found Generation 22.06.2022

Pierre Ronquest van New Found Generation kom gesels oor hoe sy Nie-Winsgewende Organisasie besig is om tieners en ouers se harte weer by mekaar uit te kry. Hy deel ook met ons wat die slaggate is waarin tieners en ouers trap, wat lei tot verhoudingsbreuk. www.newfoundgeneration.org of skakel Pierre by 0718988851

Beloftes? 15.06.2022

Anton en Anna-lize gesels verder oor die beloftes van God, en die teleurstelling van as mens op 'n belofte gestaan het, en dit lyk of God nie Sy beloftes nakom nie.

Edwin en Hannah se Getuig oor Hulle Pad met Aanneming 08.06.2022

Edwin en Hannah stap al 'n baie lang pad met infertiliteit, en daarna moes hulle 'n kanker pad stap. Deur dit alles sien hulle God se hand, en hoe dit hulle 2 dogtertjies oor hulle pad gebring het. Hannah getuig dat sy dit nie anders sou wou hê nie.

21 Dag Vas en Gebed Ervaring saam met Hanro van Heerden 02.06.2022

Vandag gesels ons saam met Hanro van Heerden oor of hy gevas het, en wat sy persoonlike verwagting is van die komende Pinkster Sondag. Ons moedig die luisteraars aan om met 'n verwagting na Sondagoggend se diens te kom.

Street Salvation Deel Hulle Straatbediening Getuienisse 01.06.2022

Van die lede van die Street Salvation straatbediening, deel van die getuienisse van genesings en bekerings wat gebeur het, wanneer hulle gaan bid het vir mense op straat. Hierdie getuienisse is bewyse dat God enige iemand kan gebruik. Moenie die een misloop nie. Volg die Inspirasie Stasie ook op Instagram; LCF Inspirasie Stasie

21 Dag Vas en Gebed saam met Sharon Grant 31.05.2022

Sharon en Anna-Lize bid saam vir die vaspunte in die laaste week van die 21 Dag Vas en Gebed tydperk. Ons moedig ook almal aan om die Pinksterdiens by te woon, met 'n verwagting.

21 Dag Vas en Gebed Ervaring met Arno Kotze 26.05.2022

Vandag gesels Arno oor sy persoonlike ervaring van die 21 Dag Vas en Gebed. Arno sê dat kos nie sy grootste opoffering vir die Here is nie, luister saam.

Story of Marriage Kursus: Waaroor gaan dit, en hoekom jy in jou huwelik moet belê 25.05.2022

Ons gesels saam met Anton en Natlie oor die Story of Marriage kursus. Anton en Natlie brei bietjie uit oor wat hulle sien paartjies mee sukkel, en wat die kursus behels.

21 Dag Vas Gebed saam met Natlie Coetzee 24.05.2022

Natlie en Anna-Lize bid saam oor die vaspunte, vir 'n groter geestelike honger, vir die verlore siele en vir persoonlike uitdagings, wat almal in hierdie tyd het. Bid saam met ons!

21 Dag Vas Ervaring saam met Anton Coetzee 19.05.2022

Pastoor Anton en Anna-Lize deel bietjie van hulle persoonlike ervaring van die 21 dag vas, en bemoedig almal wat deel is om aan te hou vas!

Verslawing tot Vryheid 18.05.2022

Jenny vertel haar ongelooflike getuienis, van hoe sy in 'n oomblik vrygekom het van 24 jaar se verslawing. As die Here jou vrymaak is jy waarlik vry!

21 Dag Vas Gebed saam met Dannha Coetzee 17.05.2022

Dannha en Anna-Lize bid saam met en vir LCF vir 'n groter honger vir God, en vir 'n dieper werking van die Heilige Gees in ons elkeen se lewe. Bid saam met ons.

Weet Jy Waarna jy Luister? 11.05.2022

Hierdie week gesels Chantelle met ons oor die impak van die musiek op die kinders wat haar dansskool bywoon, en hoe sy tot die besef, van die impak van musiek en die woorde van musiek, in haar eie lewe gekom het. Lewer gerus kommentaar in die kommentaar boks.

Die Storie agter die Leeu Skildery en 'n Klein Stukkie van Zaendre se Getuienis 04.05.2022

Hierdie week vertel Zaendre vir ons bietjie van haarself en haar reis met kuns en deel so paar interessante feite oor die Leeu wat sy geskilder het. Die Leeu is te koop en kan besigtig word by www.zeandre.com

Conroy se Getuienis Deel 1 27.04.2022

Conroy deel sy getuienis met ons, van waar hy kom tot waar hy vandag is in 'n neutedop. Hy het 'n groot getuienis, wat net weereens bewys dat niemand buite God se bereik is nie. Indien jy met Conroy in kontak wil kom kan jy 072 662 0202 skakel.

Waaroor gaan die Fees van Ongesuurde Brode? 20.04.2022

Friedel gesels oor die Fees van Ongesuurde Brood, waaroor dit gaan, en hoekom ons die fees kan onderhou as Christene. Om die fees te onderhou vloei uit 'n persoonlike oortuiging, sê Friedel. Luister gerus verder.

Job Onder 'n Vergrootglass 13.04.2022

Hierdie week kyk ons bietjie dieper na die eerste hoofstukke van Job, en hoe ons dit kan deurtrek na swaarkry in ons eie lewe. Job is deur baie trauma, en het steeds aan sy geloof aan God vasgehou. Wat kan ons leer uit Job se gesindheid?

Kom ons Raak Diensbaar! 06.04.2022

Ons het hierdie week 'n sitkamer gesprek met Ockert van Schalkwyk oor diensbaarheid. Diensbaarheid is 'n weie term wat nie net diens in die kerk insluit nie. Kom raak saam met ons opgewonde oor om God te dien, uit gehoorsaamheid en vir ons Koning alleen.

Hoe om 'n Aktiewe Dissipel van Christus te Wees 30.03.2022

Vandag vertel Mandy Theron vir ons 'n getuienis van hoe sy reageer het op Heilige Gees se stem en gehoorsaam was, en hoe NET EEN gebed 'n huishouding verander het. *Intussen is Mpho uit die hospitaal ontslaan en gesond.

Die Invloed van Kuns op Ouers en Kinders 23.03.2022

Ons gesels vandag met Carine Zietsman wat al baie jare lank kunsles gee. Sy vertel ons hoe kuns verander het, en dat kuns nie net meer is wat op 'n "canvass" aangebring word nie. Ons gesels saam oor hoe ons as ouers meer bewus, en betrokke kan wees.

Gesonde Geestelike Dors 17.03.2022

Pastoor Friedel gesels verder oor Sondag wat verby is se preek tema Hidrasie. In hierdie potgooi raak ons prakties oor hoe ons ons geestelike dors moet les. Die Inspirasie Stasie is 'n "potcast" vir mede gelowiges deur mede gelowiges om mekaar te inspireer, en 'n vars perspektief op die lewe en omstandighede te gee.

Ascolta il podcast LCF Inspirasie Stasie su Replaio

Radio e podcast in un'unica app - gratis e senza registrazione. Installala oggi e non perderti il lancio

Scaricala su Google Play

Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici