Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
God se Woord VARS vir jou Vandag
JOU DAAGLIKSE GRATIS OORDENKING Wil jy graag direkte toegang tot VARS hê? Dit is ‘n daaglikse e-oordenking van 3 minute om jou te help om dieper in God se Woord en nader aan Jesus te kom. Elke oordenking bevat ‘n kragtige Bybelvers, met ‘n paar woorde van inspirasie, hoop en aanmoediging wat daagliks per e-pos na jou slimfoon, tablet of rekenaar gestuur word. Jy kan na die klank luister of die teks lees. Dit gaan alles daaroor om jou te help om God se stem te hoor, sodat jy in ‘n ryk, dinamiese en kragtige verhouding met Jesus kan leef. God se Woord in Afrikaans. Vars, vir jou, elke dag.
Visita il sito del podcast e sostieni chi lo crea: christianityworks.co.za
Autore
Jokkie Gauché on behalf of Berni Dymet
Categoria
Sito del podcast
Ultimo episodio
1 ott 2026
Dove ascoltare?
I podcast nell'app Replaio Radio In arrivoI podcast stanno per arrivare nell'app. Installala ora e scopri per primo un modo tutto nuovo di vivere i podcast
Episodi
Wanneer Hy Roep 29.07.2025 3:10
Send us Fan Mail Matteus 4:18-20 Eendag toe Jesus langs die See van Galilea loop, sien Hy twee broers: Simon, wat ook Petrus genoem word, en sy broer Andreas. Hulle was besig om 'n werpnet in die see uit te gooi, want hulle was vissers van beroep. Hy sê toe vir hulle: “Kom hier! Kom saam met My, en Ek sal julle vissers van mense maak.” Hulle het dadelik die nette gelos en Hom gevolg. Het jy...
Teen Die Oormag Stry 28.07.2025 3:07
Send us Fan Mail 1 Samuel 17:47 Die hele wêreld sal weet dat Israel ’n God het. Almal sal weet dat die Here nie swaard en spies nodig het om sy mense te red nie. Die oorlog is die Here s’n, en Hy sal julle in ons mag oorgee!” (NLV) Elke nou en dan word ons gekonfronteer deur oorweldigende situasies. 'n Huwelik wat op die rotse loop; 'n gesondheidsprognose wat ons tot in ons wese ontstel...
Vir Jou Eie Beswil 27.07.2025 2:42
Send us Fan Mail Jesaja 48:17 So sê die Here, jou Verlosser, die Heilige van Israel: Ek is die Here jou God wat jou onderrig tot jou beswil, wat jou lei op die pad waarop jy moet gaan. Nie een van ons hou daarvan om voorgesê te word wat om te doen nie. Ons het nie daarvan gehou toe ons kinders was nie, en ons hou beslis nie daarvan noudat ons almal groot is nie. Ek het onlangs iets op sosiale med...
Hoe om Vrugte te Kweek 26.07.2025 2:58
Send us Fan Mail Matteus 13:23 Die man by wie daar op goeie grond gesaai is, is hy wat die woord hoor en dit verstaan. Hy dra inderdaad vrug en lewer 'n oes: soms honderdvoudig, soms sestigvoudig, soms dertigvoudig.” Ons weet dat byna een derde van die wêreld se bevolking – 2,5 miljard mense – beweer dat hulle Christene is, maar dat baie van hulle nie 'n opregte verhouding met Jesus het...
God se Beloning vir Nederigheid 25.07.2025 2:52
Send us Fan Mail Psalm 149:4 Die Here se kinders gee Hom groot plesier. Mense sonder status of belangrikheid behandel Hy soos konings wanneer Hy hulle help. (DB) Nederigheid is iets wat ons hoog ag, maar tog selde vind. Ek praat nie van die soort valse nederigheid wat net 'n front is vir die trots binne-in nie, maar van 'n opregte nederigheid, waar ons onsself voor God en ander verootmo...
‘n Haastige Hond Verbrand Sy Mond 24.07.2025 2:58
Send us Fan Mail 1 Konings 20:11 Die koning van Israel antwoord hom: “Hulle sê: ’n Soldaat wat nog aantrek vir die geveg moenie spog soos een wat alreeds oorwin het nie.”(NLV) Om in 'n argument betrokke te raak, is een van die beste maniere om jouself in die moeilikheid te laat beland. Ek het gesien hoe mense die geleentheid geniet; hoe hulle vol vertroue instorm met die idee dat hulle die s...
Spring In! 23.07.2025 3:08
Send us Fan Mail Lukas 2:49, 50 “Maar hoekom was dit nodig om te soek?” het Hy gevra. “Julle moes geweet het Ek sou in my Vader se huis wees.” Maar hulle het nie verstaan wat Hy bedoel nie. (NLV) Mag ek jou vandag vra: Wat is jou doel in die lewe? Wat gee betekenis aan jou bestaan? Is dit net om jouself gelukkig te maak? Want, 'n lewe wat daarop gerig is om slegs jou eie begeertes te bevredi...
Hanteer jou Emosies Versigtig 22.07.2025 2:55
Send us Fan Mail Spreuke 25:28 'n Stad sonder 'n muur om hom te beskerm, so weerloos is 'n mens as hy nie selfbeheersing het nie. Het jou emosies al ooit handuit geruk? Jou antwoord is waarskynlik: Maar alte seker ! Jy weet hoe dit werk – iets wat jy voel, hetsy goed of sleg, gelukkig of ongelukkig, oorheers jou gesonde verstand … en net daar neem jy ‘n verkeerde besluit; jy sê, of...
Prokureurs en Regters 21.07.2025 2:55
Send us Fan Mail Matteus 7:1-2 Moenie oordeel nie, sodat oor julle nie geoordeel word nie; met dieselfde oordeel waarmee julle oor ander oordeel, sal oor julle geoordeel word, en met dieselfde maat waarmee julle vir ander meet, sal vir julle gemeet word. Ek hou nie daarvan om foute te maak nie – maar ek moet ruiterlik erken dat ek soms oordeelsfoute maak en dinge instinktief sê of doen waaroor ek...
Christelike Geloof Verloor Aanhang 20.07.2025 3:05
Send us Fan Mail Matteus16:18 En Ek sê vir jou: Jy is Petrus, en op hierdie rots sal Ek my kerk bou, en die magte van die doderyk sal dit nie oorweldig nie. Daar word deesdae dikwels gesê dat die Christendom wêreldwyd besig is om agteruit te gaan. Dit is iets wat die heidene vier, met die hoop dat dit eendag binnekort, vir eens en vir altyd, nie meer sal bestaan nie. Maar is dit regtig waar? Ja,...
Onbeperkte Krag: Hoe om die krag wat reeds joune in Christus is, te bekom. 19.07.2025 0:53
Send us Fan Mail Hallo, ek is Jokkie Gauche vir Berni Dymet en ons vertaal en vervaardig die Afrikaanse VARS boodskappe wat jy gereëld hier hoor. Berni wil jou graag uitnooi om by hom aan te sluit vir 'n heerlike ontbyt met 'n inspirerende tema: Onbeperkte Krag: Hoe om die krag wat reeds joune in Christus is, te bekom. Kom word bemoedig deur opbouende gesprekke, betekenisvolle ver...
Koersvastheid is Noodsaaklik 19.07.2025 2:59
Send us Fan Mail 1 Korintiërs 15:58 Dus, my geliefde broers en susters, staan baie vas, onbeweeglik. Gee altyd julle allerbeste vir die Here se werk, want julle weet voor die Here is alles wat julle doen die moeite werd. (NLV) Koersvastheid kan lei tot sukses. Die persoon wat konsekwent sy doel voor oë hou; wat vas staan ten spyte van die druk, die verwarring, die uitputting, die rondomtalie spel...
Hoe Jy Aanlyn Kommunikeer 18.07.2025 3:01
Send us Fan Mail Efesiërs 4:29 Moenie enige vuil taal gebruik nie. Gebruik eerder die regte, opbouende woorde wat nodig is om dié wat luister, te bevoordeel. (NLV) Die ontwikkeling van kommunikasietegnologie oor die afgelope eeu, elke nuwe uitvindsel, het ons in staat gestel om nog vinniger te kommunikeer, terwyl ons al verder van mekaar is; en deesdae is daar amper nêrens op aarde waar jy nie de...
Selfsug en Trots 17.07.2025 2:52
Send us Fan Mail Filippense 2:3-4 Moet niks uit selfsug doen of om daarmee te spog nie. Wees eerder nederig deur van medegelowiges meer te dink as van jouself. Julle moenie net elkeen na sy eie belange omsien nie, maar ook na mekaar se belange. In die lewe wat net elke dag besiger en besiger word, is dit soms die moeite werd om selfondersoek te doen. Vra jouself af: hoekom het ek daardie ding ged...
Neem Standpunt In! 16.07.2025 3:10
Send us Fan Mail Spreuke 31:8-9 Praat namens hulle wat nie self kan praat nie. Verseker dat daar reg geskied aan hulle wat hulpeloos is. Maak oop jou mond en lewer regverdige uitsprake. Laat reg geskied aan armes en ellendiges. (NLV) Die manier waarop mense hul menings en bekommernisse oor besluite en die besluitnemingsproses uitspreek, word al hoe partydiger, al hoe onredeliker en getuig soms va...
Watter Tipe Mens is Jy? 15.07.2025 2:47
Send us Fan Mail Hebreërs 3:13 Julle moet mekaar van dag tot dag aanspoor, ja, so lank as wat die “vandag” nog bestaan, om te keer dat een van julle deur die verleidelikheid van die sonde verhard word. (NLV) ‘n Mens hou nie daarvan om ander mense te etiketteer nie, maar kom ons wees eerlik, sommige mense is sommer net onaangenaam. Jy ken hulle, ek ken hulle … maar die vraag is, ontmoet jy elke og...
Godsdienstigheid 14.07.2025 2:34
Send us Fan Mail Lukas 13:10-15 Een Sabbatdag, terwyl Jesus in die sinagoge onderrig gegee het, het Hy ’n vrou gesien wat deur ’n bose gees inmekaargetrek is. Sy was vir agtien jaar lank kromgetrek en kon nie regop staan nie. Toe Jesus haar sien, roep Hy haar nader en sê: “Vrou, jy is van jou kwaal genees!” Toe het Hy haar aangeraak en sy kon dadelik regop staan. Hoe het sy God nie geloof en gedan...
Heilige Gees Krag 13.07.2025 2:50
Send us Fan Mail Handelinge 1:6-8 Toe hulle 'n keer weer bymekaar was, het hulle vir Jesus gevra: “Here, is dit nou die tyd dat U die koninkryk vir Israel weer gaan oprig?” Hy het hulle geantwoord: “Dit is nie vir julle om die tyd en omstandigheid te weet wat die Vader in sy eie mag bepaal het nie. Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wee...
Die Asem van die Lewe 12.07.2025 2:49
Send us Fan Mail Esegiël 37:5,6 So sê die Here my God vir hierdie bene: “Ek gaan gees in julle laat kom sodat julle kan lewe: Ek sal vir julle senings en vleis aansit en julle oortrek met vel en dan sal Ek gees in julle gee sodat julle kan lewe. Dan sal julle besef dat Ek die Here is.” Die eenvoudigste dinge in die lewe hou soms die grootste voordele in. En dan kom ons en ons ignoreer hulle tot o...
Asem Diep In 11.07.2025 2:58
Send us Fan Mail Job 33:4 Die Gees van God het my gemaak, die asem van die Almagtige het my die lewe gegee. Daar is soveel gawes in die lewe wat ons as vanselfsprekend aanvaar. Ja, ons dink nie aan die lewegewende vermoë om in te asem, uit te asem, in te asem en uit te asem nie. Ek praat van die asem van die lewe. Elke minuut van elke dag asem elk van die 8,23 miljard mense op hierdie aarde onge...
Gesonde Verstand 10.07.2025 3:10
Send us Fan Mail Psalm 119:66-67 Gee my ’n wakker verstand en ’n kop vol kennis oor U, want ek glo al u voorskrifte. Vroeër het ek op verkeerde paaie geloop, maar daardie dae is vir goed verby; nou doen ek net wat U sê. (DB) Dit is nogal verstommend hoe maklik ons emosies ons goeie gesonde verstand kan uitknikker. Alles ván trots tót vrees, van woede tot eensaamheid, kan veroorsaak dat ons baie...
Die Aarde is Vol van God se Liefde 09.07.2025 3:11
Send us Fan Mail Psalm 119:64 Here, u goedheid is die hele wêreld vol. Leer my om na U te luister. (DB) Het jy al ooit gevoel asof niemand jou liefhet nie? Ja, ek bedoel, asof daar nie 'n enkele persoon op hierdie planeet is wat jou liefhet nie. Ek het dit beslis beleef toe ek destyds in ‘n desperate situasie in my lewe was. Ek is nie seker of alle mense weet waarvan ek praat nie, maar ek ve...
Julie 2025 Nuusbrief 08.07.2025 7:03
Send us Fan Mail Laai die geskrewe nuusbrief hier af. Support the show Enjoying The Content? For the price of a cup of coffee each month, you can enable Christianityworks to reach 10,000+ people with a message about the love of Jesus! DONATE R50 MONTHLY
Wees Vol Selfvertroue in ‘n Donker Tyd 08.07.2025 2:42
Send us Fan Mail Miga 7:8 “Moet jou nie oor my verlekker nie, my vyand, al het ek tot 'n val gekom, ek sal weer opstaan, al sit ek in die donker, die Here is my lig. Onthou jy hoe jy as kind bang was vir die donker? Ja, en wanneer die duisternis oor jou lewe toesak, wil daardie emosie van vrees, wat jy destyds gevoel het, jou totaal ontsenu. Maar ek weet diep in my hart dat God jou wil gerus...
Moenie Berge van Molshope Maak Nie 07.07.2025 2:43
Send us Fan Mail Jesaja 40:25-26 ““Met wie sal julle My vergelyk? Wie is my gelyke?” vra die Heilige Een. Kyk op na die hemel. Wie het die sterre gemaak? Hy laat hulle soos ’n leërmag uitmarsjeer, die een ster na die ander, en roep elkeen by sy naam. Met sy groot krag en mag sorg Hy dat nie een wegraak of verdwaal nie. (NLV) Wanneer jy 'n probleem ervaar, is dit regtig maklik om die omvang d...
Podcast simili
Replaio non è un editore di podcast; i nomi dei programmi, le copertine e l'audio appartengono ai rispettivi autori e vengono distribuiti tramite feed RSS pubblici