RSG

Wie is ek?

Health AF ↓ 656 epizód

Die program fokus daarop om die man op straat kennis en insig te gee in belangrike sake rakende menslike gedrag. Kwelvrae oor dié kwessies word op ‘n eenvoudige en toeganklike manier verduidelik.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Health

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 9.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Wie is ek? 5 Februarie 2021 05.02.2021

Ons almal gaan êrens in ons leeftyd jaloesie ervaar. Wanneer is dit ‘n gesonde emosie, en wanneer is dit ‘n ongesonde emosie? Lise Swart kyk na hierdie emosie wat maklik mense se lewe kan oorneem.

Wie is ek? 29 Januarie 2021 29.01.2021

Boeliegedrag is nie net iets wat onder kinders voorkom nie, maar ongelukkig ook onder volwassenes. So ‘n situasie kan geweldig angswekkend en stresvol vir die slagoffer wees, en kan lewensveranderende gevolge teweeg bring. Die span gee raad vir mense wat hulleself in hierdie omstandighede bevind.

Wie is ek? 22 Januarie 2021 22.01.2021

Histrioniese persoonlikheidsversteuring is ‘n familielid van narsisme, antisosiale- en grenslyn-persoonlikheidsversteruing. Kan hierdie versteuring net so destruktief wees as die ander? Vir watter tekens moet mens op die uitkyk wees?

Wie is ek? 15 Januarie 2021 15.01.2021

Die lewe is nie altyd maklik nie, en hoe meer vaardighede ons het om struikelblokke aan te pak, of om die stressors van die lewe te bestuur, hoe beter. ‘n Ervare opvoedkundige sielkundige laat ouers ‘n oefening aanleer wat toegepas kan word om hulle kinders te bemagtig met die nodige vaardighede.

Wie is ek? 8 Januarie 2021 08.01.2021

Dobbelverslawing: Waarvoor moet op die uitkyk wees? Watter hulp is beskikbaar? Hoekom is dit nie so maklik om hierdie verslawing vanself te stop nie?

Wie is ek? 1 Januarie 2020 01.01.2021

Ontkenning kan die beste van ons fnuik, so hoe kan mense hulle verhoudings “toets” om te sien of dit goed of sleg is vir hulle?

Wie is ek? 18 Desember 2020 18.12.2020

Ons hoor gedurig ons moet lief wees vir onsself, maar wat presies beteken dit? Wat moet ‘n mens doen om lief te wees vir jouself?

Wie is ek? 11 Desember 2020 11.12.2020

Kersgeskenke – ouers ervaar emosionele en finansiële druk, die kinders ervaar soiale druk, almal verwag iets, maar wat? Kan hierdie druk vermy word? Lise Swart kyk na hoe belangrik kersgeskenke is.

Wie is ek? 4 Desember 2020 04.12.2020

Wat is vertroue? Hoe belangrik is dit om dié konsep te verstaan? Hoe kan ‘n persoon vertroue opbou nadat dit verbreek is.

Wie is ek? 27 November 2020 27.11.2020

Pyn (emosionele en fisiek) kan ‘n person se lewenskwaliteit ernstig affekteer. Watter vaardighede kan jy aanleer om met die pyn saam te leef?

Wie is ek? 20 November 2020 20.11.2020

Wanneer jy vra, wie is ek?, moet jy kyk na jou verhouding met jou ouers (jou primêre verhoudingsfigure). Hoekom? Watter verskil maak dit aan jou saligheid of geluk, of hoe suksesvol jy jou verhoudings bestuur?

Wie is ek? 13 November 2020 13.11.2020

Angstigheid word beskou as die siekte van ons tyd. Ons kyk na die verskil tussen angs en stres, watter tekens om voor uit te kyk, en hoekom dit belangrik is om die verskil te verstaan.

Wie is ek? 6 November 2020 06.11.2020

Daar is niks verkeerd met alkoholgebruik nie, maar wanneer alkohol gebruik word om probleme op te los of die lewe te verdoof, dan raak dit ‘n probleem. Die gereelde gebruik van alkohol word sosiaal aanvaar, so hoe weet jy jy het ‘n afhanklikheid of verslawing? Wat is die implikasies van alkoholmisbruik op ‘n psigiese vlak?

Wie is ek? 30 Oktober 2020 30.10.2020

Wanneer daar oor emigrasie gepraat word, val die fokus meestal op die individue wat land uit gaan. Maar watter uitwerking het dit op die ouers van die mense wat vertrek? Ons hoor hoe ouers die verlies kan verwerk en daarmee kan saamleef.

Wie is ek? 23 Oktober 2020 23.10.2020

Die samelewing beskou nikotien as een van die “makliker” verslawings om te stop. Is dit waar? Hoe kan ‘n roker hom geestelik voorberei om met sukses die verslawing aan te pak?

Wie is ek? 16 Oktober 2020 16.10.2020

Geen kind hou noodwendig van skool toe gaan nie, maar in baie gevalle weier ‘n kind volstrek om te gaan. Hoe kan ouers dit aanspreek om so min moontlik konflik of angstigheid te veroorsaak?

Wie is ek? 9 Oktober 2020 09.10.2020

Voel jy gereeld jy is nie goed genoeg nie, en dat ander mense nie van jou hou nie? Lise Swart kyk na selfbeeld en watter verskil dit kan maak om meer van jouself te hou.

Wie is ek? 2 Oktober 2020 02.10.2020

Watter rol speel ons ouers in hoe ons as volwassenes voel, emosies ervaar en ons algehele geluk?

Wie is ek? 25 September 2020 25.09.2020

September is internasionale bewustheidsmaand vir Alzheimer se siekte en demensie-diagnoses. Daar word vanjaar gefokus op die stigma en wanpersepsies.

Wie is ek? 18 September 2020 18.09.2020

Hoekom is sekere kinders meer kwaad in die algemeen as ander? Hoe kan ouers help, en wat moet hulle beslis nie doen nie?

Wie is ek? 11 September 2020 11.09.2020

Almal van ons maak daagliks bewustelik en onbewustelik belangrike en minder belangrike besluite. Hoe kan ons seker wees ons maak die “regte” besluit? Vind uit wat die mees effektiewe stappe is om by die beste keuse uit te kom.

Wie is ek? 4 September 2020 04.09.2020

Wanneer goeie mense slegte goed doen: Hoe gebeur dit? Is almal in staat daartoe om slegte goed te doen? Onder watter omstandighede? Vind meer uit oor hierdie menslike gedrag, en hoe ons eie blindekol ons gedrag kan aanspoor.

Wie is ek? 28 Augustus 2020 28.08.2020

Tieners het twee identiteite - 'n realistiese identiteit en 'n aanlynidentiteit. Albei is baie belangrik vir hierdie unieke ouderdomsgroep. Maar dit veroorsaak ook baie plekke waar tieners geboelie kan word. Weens adolessente se natuur, is hulle nie geneig om te sê wanneer hulle ongelukkig is, of geboelie word nie, so waarvoor moet ouers op die uitkyk wees?

Wie is ek? 21 Augustus 2020 21.08.2020

Wat beteken dit om 'n betekenisvolle lewe te hê? Hoekom is dit belangrik? Hoe kan ek betekenis vind?

Wie is ek? 14 Augustus 2020 14.08.2020

Wat beteken dit om waarlik gelukkig te wees? Hoekom streef die meeste mense daarna, en wat doen hulle verkeerd? Kom vind uit hoe om gelukkig te wees.

Hallgasd a(z) Wie is ek? podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.