RSG
RSG Dokumentêr
'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
WAYNE MANSFIELD: VAN VRUGTESMOUS TOT SUURLEMOENBOER deur Haidee Muller 03.01.2019 22:39
Wayne Mansfield van Pniel is verlede jaar aangewys aan die Wes-Kaapse Opkomende Boer van die Jaar. Hy is nege jaar gelede deur die wynlandgoed, Fairview, genader oor 'n geleentheid om 'n suurlemoenboerdery op 'n stukkie grond op die landgoed te begin. In die tyd was hy 'n vrugtesmous wat tweedeklasvrugte gekoop, verpak en aan markte verkoop het. Vandag strek sy Fruitfield Farming se suurlemoenboor...
EEN DAG OP 'N SLAG deur Esté Gross 27.09.2018 25:11
Volgens die 2014-kankerregister word daar elke jaar as 100,000 mense in Suid-Afrika met kanker gediagnoseer. Die kans is dus goed dat jy dalk iemand ken wat kanker het. Waardeur gaan jou geliefde wat die stryd met kanker voer? Hoe kan jy die pad vir iemand ligter maak?
DIE SON STAAN NIE STIL NIE deur Chris Swanepoel 20.09.2018 25:57
Dit is bekend dat die Egiptenare en die Babiloniërs reeds met behulp van sonwysers nie alleen tyd bereken het nie, maar ook die gang van die seisoene kon bepaal. In Suid-Afrika is daar ook verskeie historiese sonwysers, onder andere in die Kasteel, die Slawelosie en die Kompanjiestuin waar daar ongelukkig as gevolg van vandalisme, 'n replika van die oorspronklike opgerig moes word. Chris Swanepoel...
DIE STORIE VAN MARK PURNELLE deur Jacqui January 13.09.2018 22:26
Mark Purnelle is met outisme en disleksie gediagnoseer. Dit het hom ongeletterd gelaat, en die stigma van gestremdhede het baie deure vir hom toegemaak. Hy werk al 30 jaar lank by 'n ingenieurswerkswinkel, en ry elke oggend met sy fiets werk toe. Mark sukkel sy lewe lank met depressie en angsaanvalle. Drie jaar gelede het hy besluit hy wil studeer. In weerwil van al die uitdagings van disleksie, s...
FELICIA LESCH – MEER AS NET MUSIEK deur Johan van Lill 06.09.2018 27:50
Die naam Felicia Lesch is sinoniem met die ontwikkeling van musiek en talent. Leer ken hierdie besondere vrou, wat deur al haar studente as 'n ma-figuur gesien word, van naderby. Vir haar gaan dit oor meer as net musiek – dit gaan oor die mens.
HIER KOMMIE BOKKE... JULIAN THERON SE BOKKE! deur Johan Rademan 30.08.2018 25:50
Julian Theron word beskou as die top Springbokteler in die land en waarskynlik op die planeet. Prof. Piet Eloff van Hoe verklaar jy dit?-faam het as onderwyser by Paul Roos Gimnasium besef dat Julian, wat deur party mense as dom beskou is, eintlik briljant is. Hy is met disleksie gediagnoseer en moes daarom werk om die hoogste prestasies te behaal. In 'n stadium het hy die top 10 posisies op die S...
MAMA SOWETO deur Christelle van Tonder 23.08.2018 28:49
Op 80 jaar is Estelle Bester liewer vir Soweto en sy mense as ooit. Haar verhouding met die township strek ver terug. Sy word deur sommige toergidse beskou as die moeder van soweto wat toerisme betref. Orals waar sy gaan, herken die mense haar en knoop hulle geselsies met haar aan. Maar waar het dit begin? Hoe het 'n middeljarige wit vrou in die middel jare 80 in Soweto beland? Christelle van Tond...
OM ‘N TWEEDE LEWENSKANS TE VIER deur Mariska Spoormaker 16.08.2018 25:25
Talle Suid-Afrikaners lei 'n lewe van dankbaarheid en aktiewe sport nadat hulle jare lank siek was. Hulle benut die tweede lewenskans wat 'n orgaan- of weefselskenking aan hulle gebied het ten volle, en het in die hartjie van die winter aan die Suid-Afrikaanse Oorplantingspele in Port Elizabeth deelgeneem. Mariska Spoormaker was daar en het baie verhale van hoop, toewyding en selflose liefde gehoo...
SIYABONGA SUSTER CHRISNA, SIYABONGA deur Martelize Brink 08.08.2018 25:24
Suster Chrisna du Plessis het 16 jaar gelede iemand buite 'n kliniek gesien op die grond lê, wat besig was om te sterf weens MIV/VIGS-komplikasies. Sy het daar en dan besluit dat daar 'n plek in haar gemeenskap moet wees waar mense in nood kan aanklop om hulp. Sy het toe die Siyabonga Care Village op Vredenburg op die been vebring. Dit is 'n plek van veiligheid vir mishandelde vroue, 'n tuiste vir...
'N GELEEFDE LEWE deur Ina Strydom 02.08.2018 28:16
John Miles word vanjaar 80, maar steur hom nie aan die ouderdom nie. Hy woon en werk in die Noord-Kaap waar hy hom ná sy aftrede as akademikus gaan vestig het. Hy is 'n ywerige leser en skryf omdat hy gedwing word. Ina Strydom kyk na die bekroonde skrywer se lewe en werk.
DIE SHACK-BOUER EN FREEDOM FARM SE MENSE deur Haidee Muller 19.07.2018 25:33
Haidee Muller het die lief en leed van die inwoners van die Freedom Farm-plakkerskamp op die Kaapse Vlakte gaan ervaar. Sy het daar vir Lluwellyn Adams, alombekend as Ten Thousand, en sy twee perde ontmoet, saamgery op sy perdekar om te kyk hoe hy, soos hy sê, 'n living maak. Sy het gehoor van die eina's van die gemeenskap, maar daar is ook 'n storie van hoop en dankbaarheid om te vertel. Toe krui...
DIE WORTEL VAN ALLE KWAAD deur Christelle van Tonder 12.07.2018 30:32
Transitiorooftogte het van 2016 tot 2017 met 43% toegeneem. Meer as 90% van hierdie rooftogte gebeur met die hulp van informante aan die binnekant. Onskuldige mense word in die spervuur vasgevang, en sekuriteitswagte boet met hulle lewens deur net hulle werk te doen. Volgens voormalige transito-veligheidswag Mark Austin, is daar altyd iemand aan die binnekant betrokke. Mark het nege jaar lank op d...
DIE PINK RODS WIELEWAAI IN DIE BAAI deur Marika Spoormaker 05.07.2018 26:37
Noem dit stampkarre, ovaalbaanwedrenmotors, stock cars of net wat jy wil, maar sorg dat jy minstens een keer in jou lewe gaan kyk hoe jaag die mense in hulle omgeboude motors teen mekaar. Presisie en tydsberekening , met die lepel diep ingetrap, is alles. Mariska Spoormaker het die opwindende motorsport in Port Elizabeth gaan kyk, en uitgevind dat die Pink Rods, 'n spesiale kategorie vir vroue, oo...
GEPLAK EN GESTEMPEL deur Chris Swanepoel 29.03.2018 25:03
Seëlversamelaars vertel waar die gogga hulle gebyt het, watter tipe seëls hulle versamel, wat 'n seël waardevol maak, en hoe seëls georden en geberg moet word.
DIE BLOM VAN HANOVER PARK deur Martelize Brink 22.03.2018 25:12
Bendeaktiwiteite het leerders en personeel in die verlede genoop om plat te val sodat hulle nie slagoffers van geweld in die gemeenskap word nie. Blomvlei Laerskool in Hanover Park is 'n bioom van koestering van kinders in die omgewing om hulle beste lewe te lei en die valstrikke in die gemeenskap vry te spring.
DIE VIOOLMAKER: FYN BESNAARD deur Jacqui January 15.03.2018 24:58
Die viool is fyn besnaard, maar tog hardebaard. Die strykinstrument word eeue lank beskou as die maatstaf waarteen alle ander instrumente gemeet word, al is daar geen oortuigende bewyse hiervoor nie. Vioolmakler Evehardus Esterhuizen vertel van die gesofistikeerde kuns van vioolmaak wat reeds eeue gelede deur die ou meesters vervolmaak is.
HANS DU PLESSIS: STORIEVERTELLER VAN DIE MOOIRIVIER deur Ina Strydom 08.03.2018 26:29
Ina Strydom kyk na die taalkundige en skrywer se navorsing oor variasietaalkunde en skryf in 'n ander taalvariëteit, die geskiedenis as storiebron, en Afrikaans.
EDUARD GREYLING: IN BEWEGING deur Johan van Lill 01.03.2018 25:31
Eduard Greyling, die eertydse dansmaat van Phyllis Spira, het op 15 Februarie sy 70ste verjaardag gevier. Hy was in die buiteland op verskeie verhoë te sien. In Suid-Afrika is hy 'n ballet-ikoon, bekend vir sy bydrae as danser en resensent.
SPIRITUALITEIT deur Jacqui January 22.02.2018 27:30
Mense raak al hoe meer bewus van hulle spiritualiteit en ander skram weg daarvan. Vir baie is dit deel van hulle godsdiens en vir ander is dit 'n leefwyse. Wat beteken dit Spiritualiteit? Deelnemers vertel van hulle soeke na daarna in eeu-oue geloofspraktyke en in die Christendom. Kom hoor van die interssantheid van die God-Kol en hoe innerlike stilte in spiritualiteit beoefen word.
ADAM KOK III SE VOETSPORE IN PHILIPPOLIS deur Johan Rademan 15.02.2018 27:30
Adam Kok III se Griekwas het vir bykans vier dekades floreer in die Philippolis-gebied, voordat hulle uiteindelik voor 'n paar magte moes swig - die Engelse en Duitse dendelinge, Britse oorheersing, die Trekboere, die Voortrekkers en ander vigilante-groepe wat amper soos in die Wilde Weste geleef het. Prof. Doreen Atkinson skets die agtergrond waarteen gebeure in die tydperk afgespeel het. Kaptein...
WITBOORDJIEBOKS deur Jody Hendricks 08.02.2018 22:44
Witboortjieboks is 'n nuwe fiksheidsuitdaging wat deur duisende Suid-Afrikaners beoefen word. Dit gee Jan en San Alleman die kans om ná 'n lang dag by die werk, van hulle frustrasies ontslae te raak. Van hulle klim selfs in die kryt en veg teen mekaar. Jody Hendricks het by 'n paar van die boksgimnasiums in Gauteng gaan inloer om meer hieroor uit te vind.
DIANA FERRUS: VROU VAN DIE GROND deur Haidee Muller 01.02.2018 27:51
Haidee Muller bring aan jou die verhaal van Diana Ferrus, digter en kortverhaalskrywer. In 1999 verwerf sy haar B.A. Honneurs-graad in vrouestudies, en skryf dan in vir 'n meestersgraad oor “Swart Afrikaanse vroueskrywers – die vreugde en frustrasies van die skryfproses”. In 2003 is sy 'n finalis vir die toekenning van Suid-Afrika se Vrou van die Jaar. Haar passie vir die ontwikkeling en bemagtigi...
CITY DEEP, JOHANNESBURG deur Fritz Klaaste 25.01.2018 21:05
Die Johannesburg Varsproduktemark in City Deep het nederig in 1893 begin, maar spog vandag met 'n omset van R5-miljard. 'n Miljoen ton se groente en vrugte word jaarliks daar verhandel, en 10 000 mense is elke dag daar om handel te dryf. Jy kan by 20 000 geregistreerde handelaars, wat 5 000 boere verteenwoordig, kies en keur tussen 341 variëteite. Die mark is 'n werkskepper soos min, en sorg dat d...
DIE WATERDRAERS deur Esté Gross 18.01.2018 23:48
Volgens statistiek van die Donkey Sanctuary in die Verenigde Koninkryk is daar wêreldwyd nagenoeg 44-miljoen werkende donkies. Niemand weet werklik hoeveel donkies daar in Suid-Afrika is nie. Die meeste mense is onbewus van die die nood en omstandighede waarin die donkies moet oorleef. Este Gross het in die platteland na 'n verafgeleë township gegaan om uit te vind...
'N FAMILIE-AFFÊRE deur Christelle van Tonder 11.01.2018 31:12
Die Malan gesin van Louis Trichardt is uniek. Felix en sy twee dogters Ziamay (15) en Danieka (17) is aldrie onder die top 200 fikste Crossfit-atlete in die wêreld. Ma, Lee Malan, bestuur die familie se skedules, en sorg dat almal se mae vol is. Christelle van Tonder het by hierdie fikse familie gaan kuier, en gaan uitvind hoe sake verloop in 'n huishouding waar drie kompeterende atlete woon.
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.