RSG

RSG Dokumentêr

'n Reeks dokumentêre programme deur 'n span gesoute RSG en SABC omroepers en joernaliste

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Society

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. szept. 24.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

GEMEENSKAPSBOU OP ‘N HOË NOOT deur Mariska Spoormaker 04.01.2018

Port Elizabeth se noordelike voorstede is bekend vir bendegeweld. Min mense is egter bewus van die groot rol wat kore as gemeenskapsbouer in die gebied speel. Mariska Spoormaker het meer hieroor gaan uitvind, en koorlede oor drie generasies heen gevind wat al singende brûe van hoop, liefde en heling bou.

80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 4 deur Johann Russouw 28.09.2017

1990 – 2017: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die SAUK se Afrikaanse radiostasie, RSG, uitgesaai en in die program ingesluit is, is Suid-Afrika se terugkeer na die Olimpiese Spele in 1992, Suid-Afrika se Rugby Wêreldbeker oorwinnings in 1995 en 2007, Suid-Afrika se sukses in die Afrika Nasies Sokkerkampioenskap van 1996, Hansie Cronje se Protea-krieketspan se oorwinnings oor Pak...

80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 3 deur Johann Russouw 21.09.2017

1975 – 1989: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK uitgesaai en in die program ingesluit is, is die Springbokke van Wynand Claassen se rugbytoer na Nieu-Seeland in 1980, die heel eerste Miljoen-Dollar Gholftoernooi op Sun City in 1981, die rebelle toere van die Engelse-, Wes-Indiese en Australiese krieketspanne na Suid-Afrika tussen 1983 en 1986...

80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 2 deur Johann Russouw 14.09.2017

1962 – 1974: Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat deur die Afrikaanse Radiodiens van die SAUK uitgesaai en in die program ingesluit is, is die Springbokke se dramatiese kriekettoetsreeks van 1964 in Australië, die eerste droommyl wat in Suid-Afrika gehardloop is, Karen Muir se wêreldswemrekord in 1967, Paul Nash se atletiekwêreldrekord in die 100-meter, en die Springbokke se rugby-toetsr...

80 JAAR SE SPORT OP RADIO - DEEL 1 deur Johann Russouw 07.09.2017

1937 – 1961: Luister na die heel eerste regstreekse sportkommentaar wat deur die destydse Kanaal 2 van die SAUK uitgesaai is. Onder die Suid-Afrikaanse sporthoogtepunte wat in die program ingesluit is, is die Olimpiese Spele van 1948, die All Blacks se rugbytoer na Suid-Afrika in 1949, die Engelse krieketspan se reeks teen Clive van Ryneveld se Springbokke in 1958 en Sandra Reynolds se wedstryd te...

WAAR KOM EK VANDAAN? deur Chris Swanepoel 31.08.2017

Gedurende die twintigste eeu het die belangstelling in familiegeskiedenis met rasse skrede toegeneem. Vandag is dit een van die gewildste tydverdrywe in die westerse wêreld. Een van die redes hiervoor is waarskynlik omdat daar al hoe meer klem geplaas word op die individu se plek, betekenis en regte in die samelewing. Sedert die Tweede Wêreldoorlog het die gewildheid van genealogiese navorsing elk...

RASTA - AGTER DIE ROOKSKERM deur Johan Rademan 24.08.2017

Judah Square is die grootste Rastafari-gemeenskap in Suid- Afrika. Johan Rademan het die nedersetting met 27 gesinne in Khayalethu buite Knysna besoek, waar hy die waardes, lewensbeskouing, simboliek en menswees van die Rastafari ondersoek het. Nadat die munisipaliteit in 1993 grond aan die gemeenskap toegeken het, het dit 'n produktiewe en in 'n groot mate selfvoorsienende gemeenskap geword. Skoo...

EBENHAESER SE MENSE deur Haidee Muller 17.08.2017

Ebenhaeser is 'n klein sendingdorpie anderkant Vredendal in die Wes-Kaap. Haidee Muller het daar gaan kuier. Sy vertel die stories van die mense wat daar woon, en hoekom hulle hulle hartsplek koester.

UIT DIE BOKS GELEEF deur Fritz Klaaste 10.08.2017

Gemeenskapsport is een van die maniere om waarde toe te voeg tot die gemeenskapslewe, maar 'n boksklub in Lenasia, suid van Johannesburg, het alle verwagtinge oortref. Aman Khan het die klub op 1 Junie 1961 gestig, en vandag, ná drie generasies, is die klub steeds bedrywig. Fritz Klaaste kyk na die klub se aktiwiteite en die dryfkrag daaragter, Imran Khan, wat vroeër vanjaar gesterf het.

AL DANSENDE VAN MACCASSAR TOT ROTTERDAM deur Johan van Lill 03.08.2017

Kirvan Fortuin is jong danser en choreograaf, wat in Macassar op die Kaapse Vlakte grootgeword het en wat sy passie as 'n beroep gekies het. Hierdie passie het hom gelei na verhoë, oorsee en plaaslik.

SEUNSKOOR deur Christelle van Tonder 27.07.2017

Die wêreldbekende Drakensberg Seunskoor vier vanjaar sy 50e bestaansjaar. Die skool het in 1967 begin met 20 seuns, en 50 jaar later spog hulle met 120 seuns van graad 4 tot graad 9. Die woord broederskap word graag deur die onderwysers en die seuns gebruik om hulle verhoudings te beskryf. Christelle van Tonder het twee dae saam met die seuns spandeer, en uitgevind wat dit beteken om 'n Drakie te...

DIE LIPIZZANERS deur Esté Gross 20.07.2017

Die Lipizzaners, ook bekend as die dansende witperde, is 'n ras met 'n unieke geskiedenis wat oor eeue heen strek. Die pronkperde is reeds sedert 1948 in Suid-Afrika en het deur die jare 'n integrale deel van die land se erfenis geword. Este Gross het gaan uitvind hoe die pronkperde opgelei word.

IN DIE BOL GETIK deur Jacqui January 13.07.2017

Die ewig groeiende, bose kringloop van dwelms verwoes die lewens van die afhanklikes, hul geliefdes en kring boonop uit na die res van die gemeenskap. Eersterust in Pretoria is geen uitsondering nie, maar die gemeenskap rol hul moue op, staan saam en soms ook nie. Híer is oorlog teenoor dwelms verklaar! Die dokumentêr, In die Bol geTik deur Jacqui January, handel oor die mense van Eersterust en di...

'N ONDERSTEBO WÊRELD deur Christelle van Tonder 06.07.2017

Op 17 November 2011 het Lerika en Deon du Plessis die nuus ontvang dat hulle vierjarige seun Gian outisties is. Die is hulle verhaal van 'n onderstebo wêreld - Christelle van Tonder se dokumentêr oor outisme.

ONS DIEN DIE MENSDOM deur Christelle van Tonder 23.03.2017

Dr. Imtiaz Sooliman het 25 jaar gelede 'n organisasie gestig, wat tot op hede meer as R2 miljard se noodlenigingshulp aan 42 lande gegee het. Gift of the Givers is 'n nie-regeringsorganisasie wat 21 projekte bestuur, van gesondheid, opvoeding en lewensvaardighede tot voedingsprogramme en werkskepping.

DIE HART VAN MY HUIS deur Jacqui January 16.03.2017

Jozi, Egoli, Goudstad... Na al die jare is Johannesburg steeds 'n plek waar duisende mense hulle rykdom kom soek. Jacqui January fokus op 'n groepie jongmense by 'n organisasie in die middestad. Die jongmense se hoofdoel is om met 'n positiewe houding, uitreikwerk in die middestad te doen.

TWEE PASIËNTE deur Marí Hudson 09.03.2017

Elke dag word daar in staat- en private hospitale honderde operasies gedoen. Pasiënte word hospitaalnommers, maar Marí Hudson neem jou op 'n kort reis van drie dae saam met twee pasiënte – van opname tot die dag ná die operasie. Die twee pasiënte is nie familie van mekaar nie, maar het tog iets gemeen.

JAN POHL: 'N 100-JAAR GOUD deur Johan Rademan 02.03.2017

“Daar onder in die vlei stap 'n mannetjie, hy is so klein en so skraal. Hy dra 'n ou klein koffiekannetjie en stap na die werk vir die hondertste maal.” Jan Pohl sou vanjaar 100 jaar oud gewees het. Hy is op 80-jarige ouderdom oorlede in Phillipolis waar hy en sy vrou gaan aftree het. Sy is nou 88 en woon steeds daar.

DIE VRYSTELLING VAN DIE SLAWE deur Chris Swanepoel 23.02.2017

Volgens Britse wetgewing is alle slawe aan die Kaap op 1 Desember 1834 vrygestel, maar hulle moes vir vier jaar as inboekelinge by hulle voormalige eienaars aanbly om hulle op vryheid voor te berei. Die datum is met groot opgewondenheid deur die vrygestelde slawe afgewag. Daarenteen het dit groot onsekerheid by die koloniste gewek – amper soos wat baie Suid-Afrikaners in 1994 ervaar het. En toe di...

SHAYGAM VAN HANGBERG: DIEREREDDER deur Martelize Brink 16.02.2017

Teen die hange van Hangberg in Houtbaai het die 23-jarige diereredder, Shaygam Newman, 'n plek van veiligheid geskep vir diere, wat soos hy, eens op 'n tyd in die lewe tweede gekom het.

CONRAD THEYS: LAASTE KAAPSE IMPRESSIONIS deur Johan van Lill 02.02.2017

Conrad Theys staan bekend as een van die laaste Kaapse impressioniste. Johan van Lill het by hom in sy huis in Bellville-Suid gaan kuier. Hierdie geliefde Suid-Afrikaanse kunstenaar is al met vele pryse vir sy skilderwerk vereer, onder meer 'n eredoktorsgraad, 'n medalje van die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns, en onlangs die Suidoosterfees en die ATKV se toekenning vir 'n lewensbyd...

DIE LUXORAMA deur Johan van Lill 26.01.2017

Johan van Lill bring hulde aan die gewilde en omstrede Luxurama-teater in Wynberg in die Kaap. Soveel Kaapse kunstenaars wat later groot internasionale name sou word, se loopbane het in hierdie teater begin. Giempie Vardien, Terry Fortune en Terry Hector Smith het almal van jongs af in die Luxurama opgetree en deel hulle herrinneringe van hierdie teater.

CALITZDORP SE MENSE deur Haidee Muller 19.01.2017

Haide ry altyd deur Calitzdorp om by haar tuisdorp, Oudtshoorn, uit te kom. Sy het altyd gewonder oor die mense hier - wat hulle doen en wie hulle is? Sy maak toe 'n draai op die dorpie, wat onder inwoners as die Port-hoofstad bekendstaan. Ander verwys ook na die dorp as Kallieklip. Haidee het 'n hele paar mense se stories gehoor, en vertel vir ons meer van plaasboer Klokkie, die taxi-man met die...

THANDI KLAASEN 1931 - 2017 deur Johan Rademan 19.01.2017

Johan Rademan was in 2006 bevoorreg om 'n spesiale aand tydens die Kanasiefees in Canmore, Kanada, in die geselskap van Thandi Klaasen en haar dogter Lorrainne deur te bring. Sy het juis die “The Woman of Distinction Award” sewe jaar tevore in Kananda ontvang vir 50 jaar se werk in die bedryf. Haar dogter Lorrainne het uit Montreal, waar sy meer as 35 jaar lank al bly, kom kuier. Lorrainne is self...

AGTER DIE GORDYN deur Martin Headger 12.01.2017

Ballet dateer so ver terug as die 15de eeu toe die Italiaanse adelstand mekaar wou beïndruk met uitspattige en oordadige partytjies. 'n Nuwe vorm van vermaak het begin toe 'n groep passies uitgevoer het, wat 'n swaardgeveg naboots. Dit het in die eeue daarna ontwikkel tot 'n klassieke kuns. Hierdie dansvorm is deesdae nie net klassiek nie - baie balletgeselskappe het moderne produksies in hulle re...

Hallgasd a(z) RSG Dokumentêr podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.