Netwerk24 Klankgolwe

Rapport Praat Sport

Sports AF ↓ 118 epizód

Rapport se sportredaksie ontleed alles in die sportwêreld.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rapport.co.za

Szerző

Netwerk24 Klankgolwe

Kategória

Sports

A podcast weboldala

www.rapport.co.za

Legutóbbi epizód

2026. szept. 16.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Marais Erasmus: ‘Die dag toe ek in Sydney verskree is’ 25.03.2026

Marais Erasmus het verlede week in sy laaste krieketwedstryd as skeidsregter gestaan. Hy tree uit ná 26 jaar as witjas, waarin hy 82 toetse, 124 internasionale eendagwedstryde en 61 internasionale T20-wedstryde (mans en vroue) behartig het. Sport | Rapport

JJ en Carlü: Reuse... maar is hul enjins groot genoeg? 18.03.2026

Dié week op Rapport Praat Sport gesels ons oor die verrassende uitnodigings wat Carlü Sadie en JJ van der Mescht gekry het om Rassie Erasmus se virtuele Springbok-belyningskamp by te woon. Hulle is groot, sterk en swaar... maar is hul enjins groot genoeg vir Rassie-rugby? Ons gesels ook oor die opwindende laaste wedstryd in die Sesnasies-reeks, en die Blitsbokke se sukses in New York.  • Ons wil b...

Wat ’n Sesnasies! Moet Rassie stres? 11.03.2026

Die vuurwerke het behoorlik gespat in die afgelope naweek se Sesnasies-wedstryde, en met net een ronde wedstryde oor is daar steeds drie spanne wat met die trofee kan wegstap. So, watter spanne se aandele het gestyg in vanjaar se kompetisie, wie loop lang-lip. . . en wat kan die Springbokke daaruit neem met die oog op die komende Nasiesbeker-toernooi? Rapport se rugbyskrywers Hendrik Cronjé en Alb...

Griekwas-afrigter: Ons wil beste SA span buite VRK wees 04.03.2026

Pieter Bergh, Griekwas se hoofafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan voor die SA Beker die naweek begin. Sport | Rapport

Proteas gaan nie ‘choke’ nie 25.02.2026

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vanuit Ahmedabad by die T20-Wêreldbeker by Rapport Praat Sport aan. Hy praat oor Suid-Afrika se suikersoet-sege oor Indië en vertel waarom hy dink die Proteas nié by die toernooi gaan 'choke' nie. Sport | Rapport

Sesnasies-sukses: Italië het geen prima donnas in span, sê Goosen 18.02.2026

Marius Goosen, wat jare lank ’n hulpafrigter van Italië se nasionale rugbyspan was, sluit hom vandeesweek uit Japan by Rapport Praat Sport aan. Hy vertel waarom die Azzurri se Sesnasies-sukses nie vir hom so ’n groot verrassing is nie. Sport | Rapport

Protea-drama: Skare in stadion spring op en af oor foutbal 11.02.2026

Tinus van Staden, Rapport se sportredakteur, sluit hom vandeesweek uit Indië by Rapport Praat Sport aan waar hy Suid-Afrika se senutergende T20-Wêreldbeker-sege oor Afganistan regstreeks beleef het. Sport | Rapport

Skolerugby: Breiers verdien soms meer as skoolhoofde 04.02.2026

Die skolerugbykenner Hannes Nienaber sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan. Hy sê watter skole en spelers vanjaar dopgehou moet word en vertel hoeveel van die land se skole hul breiers betaal. Sport | Rapport

Neil de Bruin: ‘Pollard ís ’n aanvallende 10’ 28.01.2026

Neil de Bruin, die Bulle se nuwe aanvalsafrigter, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy skuif na Loftus Versfeld. Hy verduidelik hoe die Bulle besig is om hul seisoen om te draai, wat van Sebastian de Klerk en Jeandré Rudolph sulke goeie spelers maak en waarom Handré Pollard nie nét ’n skopmasjien is nie. De Bruin gesels ook oor alles wat hy by sy pa, Swys, geleer he...

Saru-baas: ‘Ons sal klou aan Tony – dalk selfs ná 2027’ 21.01.2026

In 2026 se eerste episode van Rapport Praat Sport gesels ons met die grootbaas van die Suid-Afrikaanse Rugbyunie, Rian Oberholzer, oor alles wat dié jaar vir die beheerliggaam voorlê. Ons pols hom ook oor die toekoms van Tony Brown, die Springbok-hulpafrigter wat glo hoog op Nieu-Seeland se wenslys is vir ’n toekomstige All Black-rol. Oberholzer gesels ook oor die Greatest Rivalry-reeks wat voorlê...

2025: Die jaar toe Rassie die wêreld uitoorlê 10.12.2025

In ons laaste episode van vanjaar kyk ons terug op ’n jaar waarin die Springbokke na ’n nuwe rat oorgeskakel het en besef Rassie Erasmus het nie sy gelyke as rugbyafrigter nie. Ons kies ons topdrie-Bokke van die jaar, die topdrie-spelers wie se aandele gestyg én gedaal het, en bespreek sekere fokusareas wat uitstaan. Sport | Rapport

Nagmerrie-loting: All Blacks, Hane wag nog vóór eindstryd 03.12.2025

Slegte nuus: Die All Blacks wag waarskynlik vir Suid-Afrika in die kwarteindronde van 2027 se Wêreldbeker-toernooi. Slegter nuus: Daarna wag Frankryk in die halfeindronde . . . Suid-Afrika is in ’n redelik maklike groep geloot saam met Italië, Georgië en Roemenië, en behoort ook nie ’n taai stryd in die ronde van 16 te hê nie. Daarna raak dinge egter rof . . . Dié week in Rapport Praat Sport speel...

Oud-Bok: ‘Engeland die beste? Wag tot hulle teen SA skrum!’ 26.11.2025

Die Bokke het Ierland vermorsel, die Proteas het Indië verneder en Shukri Conrad het krieket se ou berugte G-woord opgediep . . . dit was gewis ’n besige week in die sportwêreld. Vandeesweek op Rapport Praat Sport praat ons oor dit alles en Thinus Delport sluit hom ook by ons aan om te gesels oor die Springbokke se oorheersing in die rugbywêreld. Delport, voormalige Bok-vleuel en -heelagter, praat...

Freek: ‘Staak dié blasersberade op veld!’ 19.11.2025

Freek Burger, oudtoetsblaser, is keelvol vir die groot rol wat televisieskeidsregters deesdae in rugby speel. “Die skeidsregter is nog altyd die persoon wat die finale sê het,” sê Burger, wat hom dié week by Rapport Praat Sport aansluit. Burger gesels oor die rooi kaarte van Franco Mostert en Lood de Jager, oor Jan-Hendrik Wessels se skorsing en oor die algehele stand van sake in die blaserswêreld...

Franco: ‘Dis nie meer ’n skande om teen Italië te verloor’ 12.11.2025

Dit is nie meer ’n skande om teen Italië te verloor nie, sê Franco Smith. Smith, voormalige hoofafrigter van die Azzurri, sluit hom dié week by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die Springbokke se klinkende sege oor Frankryk, en die toets teen Italië wat Saterdag voorlê. Smith gee baie insigte oor hoe Italië se rugby die laaste paar jaar stoom opgetel het. Hy vertel ook vir lesers van ’n pa...

Heyneke: ‘Sommige skole het groter begrotings as SWD’ 05.11.2025

Dié week sluit die voormalige Springbok-afrigter Heyneke Meyer hom op Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy nuwe pos as die SWD-Arende se nuwe hoofafrigter.  Meyer sê hy het langtermynplanne by dié unie, en dat daar baie uitdagings is wat oorbrug moet word. Die grootste daarvan is ’n tekort aan finansiële hulpbronne.  “Daar is skole met groter (rugby)begrotings as die SWD,” sê Meyer.  Hy is...

Willem Alberts: ‘Bok-fêns het ons ma’s gevloek ná Japan-skok’ 29.10.2025

Die groot Springbok-nederlaag teen Japan in 2015 was ’n “hoogte-laagtepunt” in sy loopbaan, sê Willem Alberts skertsend.  Dié oudlosvoorspeler was aanvanklik in die beginspan vir dié kragmeting, maar moes op die nippertjie onttrek weens ’n besering. Hy onthou wel hoe Bok-ondersteuners ná die nederlaag die spanbus met bottels bestook en die spelers se ma’s gevloek het. Die Bokke pak Saterdag weer J...

Willie honger vir nóg Bok-rugby...  22.10.2025

Al is hy in die winter van sy loopbaan, het die Springbok-heelagter Willie le Roux steeds ’n groot honger om vir sy land uit te draf. Sport | Rapport

Bullet 2.0: ‘Dit vat ’n ware man of vrou om te sê jy’s nie oukei nie’ 15.10.2025

Die voormalige Springbok-haker James Dalton praat oor sy boksgeveg teen Ollie le Roux in Bloemfontein, sy nuwe lewe ná drank en waarom hy die bynaam Bullet het.  Sport | Rapport

Rapport se beste Bok van die Rugbykampioenskap is. . . 08.10.2025

Vandeesweek week op Rapport Praat Sport doen Tinus van Staden, Hendrik Cronjé en Jóhann Thormählen bestekopname van die Springbokke ná die verowering van die Rugbykampioenskap. Ons elkeen kies ons topdrie-Bokke van die reeks, ons topdrie-spelers wie se aandele gestyg het, die drie wie se aandele dalk gedaal het en ons identifiseer drie kerngesprekspunte wat vir ons uitgestaan het. Een speler het e...

Naas: ‘Bokke kook met 3 van wêreld se beste losskakels’ 01.10.2025

Naas Botha is liries oor Suid-Afrika se drietal generaals van Handré Pollard, Manie Libbok en Sacha Feinberg-Mngomezulu. Botha, eertydse skopkoning van Suid-Afrikaanse rugby, sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor Feinberg-Mngomezulu se spogvertoning teen die Poemas. “Ek dink nie een van ons drie losskakels het werklik swak punte nie. Ons het op die oomblik drie van die...

Swys: Van uitgebrand tot aan die brand by Bok-vroue 24.09.2025

Swys de Bruin sluit hom dié week aan by Rapport Praat Sport om te gesels oor die Springbok-vroue se spogvertonings by die Wêreldbeker-toernooi in Engeland. “Toe Dave Wessels my vra of ek nie die Bok-vroue wil afrig nie, het hy my middelpen geboul. Maar dit was die beste rugby-besluit wat ek nog geneem het,” sê De Bruin. As oudafrigter van Griekwas en die Leeus, is hy ook die ideale mens om te gese...

Paul Willemse: ‘Ons bly in Frankryk, maar die kinders praat Afrikaans’ 17.09.2025

Paul Willemse (32) het vandeesweek sy uittrede uit rugby aangekondig nadat hy erg met harsingskudding gesukkel het. Hy sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om oor sy loopbaan te gesels. “Toe ek aanvanklik in die Franse groep ingetrek is, was ek teleurgesteld met die span. Daar was nie respek nie, die ouens was nie lus nie,” sê dié oudslot. Dit het egter alles verander toe Fabien Galthi...

Freek Burger: ‘Wie gaan reguit-ingooie blaas? Donald Trump?’ 10.09.2025

Die oudblaser Freek Burger sluit hom vandeesweek by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor die vertoning van die skeidsregter Karl Dickson in die afgelope Saterdag se Springbok-nederlaag teen Nieu-Seeland in Auckland. “Waar was die konsekwentheid?” wil Burger weet.  Hy gesels ook oor die algemene probleme wat hy in die skeidsregterswêreld bespeur en gee sy mening oor waarom so min Suid-Afrikaans...

Flip ná Ysterman: ‘Ek het nog nooit so heel gevoel nie’ 03.09.2025

Die oud-Bok-slot Flip van der Merwe sluit hom by Rapport Praat Sport aan om te gesels oor sy reis om weer fiks te word. Hy het twee weke gelede die Ysterman-70.3-kompetisie in Vichy, Frankryk, voltooi. In die proses het hy sowat 30 kg afgeskud “Mense dink dis baie veeleisend op jou bene en jou knieë, maar ek het nog nooit so heel gevoel soos nou nie,” sê Van der Merwe. Hy gesels ook oor die Spring...

Hallgasd a(z) Rapport Praat Sport podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.