RSG
Ons en die Onderwys
Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
Ons en die onderwys 3 November 2024 03.11.2024 18:40
Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die uiters sensitiewe kwessie van hoe skole die ervaring van dood en verlies in die skoolgemeenskap moet hanteer.
Ons en die onderwys 27 Oktober 2024 27.10.2024 20:22
Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n historikus en onderwyskundige, oor die belangrikheid van leesvaardighede en die uitdagings wat daarmee gepaard gaan. Hoekom is daar soveel leerders wat in die hoërskool kom en nie met begrip kan lees nie? Wat kan ons daaraan doen?
Ons en die onderwys 20 Oktober 2024 20.10.2024 21:22
Johan van Lill praat met onderwyskenner Alta Greeff oor wat innovasie in die onderwysomgewing beteken. Wat is die kernuitdagings wat onderwys in Suid-Afrika en internasionaal so duur maak?
Ons en die onderwys 13 Oktober 2024 13.10.2024 22:21
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oud-skoolhoof en onderwyskonsultant, oor hoe om ‘n skool waarin alles vlot verloop en wat goed presteer, na die volgende vlak van uitnemendheid te neem.
Ons en die onderwys 6 Oktober 2024 06.10.2024 21:01
Johan van Lill praat met Daan Potgieter oor Wêreld-Onderwysersdag, en die rol wat onderwysers in die samelewing speel.
Ons en die onderwys 29 September 2024 29.09.2024 19:48
Johan van Lill praat verder met onderwyskundige Wilna van Rooyen oor onlangse verslae oor Graad R onderwys waarvan ons moet kennis neem. BELA het ‘n groot impak op Graad R onderwys, en daarom is dit nodig om die regte fokus te plaas op wat in daardie graad moet gebeur.
Ons en die onderwys 22 September 2024 22.09.2024 20:29
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch oor wat tans in die nuus is oor onderwys en opleiding, waarvan ons moet kennis neem.
Ons en die onderwys 15 September 2024 15.09.2024 20:46
Johan van Lill praat verder met dr. Jurie Joubert, 'n historikus en opvoedkundige, oor hoe om die verband tussen kennis en die waarheid aan leerders te verduidelik. Kennis is nie net iets wat aangeleer word nie, maar ook verstaan en toegepas moet word.
Ons en die onderwys 8 September 2024 08.09.2024 18:28
Johan van Lill hoor by dr. Jurie Joubert, historikus en opvoedkundige, of algemene kennis nog belangrik is vir kinders in ‘n wêreld waar hulle alles kan opsoek op hulle telefoon wat hulle die hele tyd by hulle het.
Ons en die onderwys 1 September 2024 01.09.2024 20:05
Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe, adjunkhoof van Fedsas, en Miranda Cussons, 'n forensiese maatskaplike werker, oor watter inligting ouers oor hulle kind se geskiedenis (en soms reputasie) vir ‘n skool moet gee. Hoeveel van jou kind moet jy aan ‘n skool onthul?
Ons en die onderwys 25 Augustus 2024 25.08.2024 20:16
Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor harde dinkwerk in die klaskamer. Almal weet dat jy jou soms moeg kan dink. Hoe kan mens met denke dinkwerk makliker maak?
Ons en die onderwys 18 Augustus 2024 18.08.2024 23:05
Johan van Lill praat met dr. Louis Swanepoel, president van die SAOU, oor hoe om ‘n skool vir jou kind te kies. Wat is die belangrikste aspekte wanneer jy hierdie keuse maak vir jou kind se toekoms?
Ons en die onderwys 11 Augustus 2024 11.08.2024 19:32
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, dr. Juane van die Merwe en Reggie Govender oor rassisme in skole. Hulle praat oor wat skoolhoofde, onderwysers en ouers moet doen wanneer sulke voorvalle gerapporteer word sodat korrek hanteer word.
Ons en die onderwys 4 Augustus 2024 04.08.2024 21:14
Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die uitdagings wat die Departement van Basiese Onderwys en die nuwe Minister van Onderwys tans in die gesig staar.
Ons en die onderwys 28 Julie 2024 28.07.2024 20:31
Johan van Lill praat met Nelmari Kemp, projekbestuurder by die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, oor hulle Zoë-voorleesprojek. In hierdie projek stel die SBA lesers by skole aan om vir leerders voor te lees om sodoende lees- en taalvaardighede te ontwikkel.
Ons en onderwys 21 Julie 2024 21.07.2024 20:41
Johan van Lill praat met Riaan van den Bergh, adjunk-bestuurshoof van Fedsas en hoof van die Fedsas Sentrum vir Tegnologie, oor robotika en kodering, en wat skole alles nodig het om dit te implementeer.
Ons en die onderwys 14 Julie 2024 14.07.2024 19:12
Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon en professor Mariette Reyneke oor die nuwe Minister van Onderwys. Hulle verduidelik wat die pligte van ‘n nasionale minister van onderwys is, en watter magte sy het om ‘n verskil te maak.
Ons en die onderwys 7 Julie 2024 07.07.2024 19:37
Johan van Lill praat met Maryke Bellingan en dr. Hanrie Bezuidenhout oor die Singapoer-benadering tot Wiskunde-onderrig. Wat hierdie benadering uniek maak, is die manier waarop konsepte stap-vir-stap op mekaar bou, van konkreet tot simbolies. Dit bevorder diepgaande begrip by leerders. Hulle praat ook oor die faktore wat 'n groot rol speel in Wiskunde-prestasie en -begrip.
Ons en die onderwys 30 Junie 2024 30.06.2024 20:38
Johan van Lill praat met dr. Rinda Blom, 'n speelterapeut, oor die rol wat speelterapie in onderwys speel. Wat is speelterapie? Wanneer kan onderwysers dit aanbeveel om kinders te ondersteun?
Ons en die onderwys 23 Junie 2024 23.06.2024 21:30
Johan van Lill praat met prof. Jannie le Roux, 'n skrywer en motiveringspreker, oor hoekom vakansies belangrik is vir onderwysers en leerders. Hoe laai ek my battery?
Ons en die onderwys 16 Junie 2024 16.06.2024 21:25
Johan van Lill praat met prof Michael le Cordeur van die Universiteit Stellenbosch se Departement Opvoedkunde en dr. Jaco Deacon van Fedsas oor Jeugdag. Wat beteken dit vir onderwys in die tyd waarin ons nou is? Hoe moet onderwysers oor Jeugdag dink?
Ons en die onderwys 9 Junie 2024 09.06.2024 19:46
Johan van Lill fokus op selfgerigte leer. Sy gaste is almal van die Eenheid vir Selfgerigte Leer aan die Noordwes-Universiteit se Departement Opvoedkunde. Hulle vertel ook meer van ‘n kongres wat in November plaasvind wat op selfgerigte leer fokus.
Ons en die onderwys 2 Junie 2024 02.06.2024 18:42
Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, 'n onderwyskonsultant en oud-skoolhoof, oor die skoolhoof as ‘n rolmodel. Daar is 'n algemene verwagting by mense dat skoolhoofde rolmodelle behoort te wees, maar wat behels dit in praktiese terme?
Ons en die onderwys 26 Mei 2024 26.05.2024 20:20
Johan van Lill praat met dr. Hendrik Theys, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, oor die verskillende variante van Afrikaans, en hoe onderwysers dit in die klaskamer kan hanteer. Hoe skep ek ‘n inklusiewe omgewing waar almal die vrymoedigheid het om hulle eie vorm van Afrikaans te praat?
Ons en die onderwys 19 Mei 2024 19.05.2024 18:47
Johan van Lill praat met Wilna van Rooyen, 'n onderwyskundige, oor hoe om kinders leesgereed te kry, en watter vaardighede nodig is vir aanvanglees.
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.