RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ 712 epizód

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Health

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 4.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Ons en die onderwys 19 Oktober 2025 19.10.2025

Johan van Lill praat verder met onderwyskonsultant en oudskoolhoof Jannie van der Westhuizen oor die lesse wat hy geleer het in sy lang onderwysloopbaan. Hy vertel van die meer opvoedkundige of selfs filosofiese deel van opvoeders of onderwysers.

Ons en die onderwys 12 Oktober 2025 12.10.2025

Johan van Lill praat met onderwyskonsultant en oud-skoolhoof Jannie van der Westhuizen oor die algemene lesse wat hy tydens sy loopbaan as skoolhoof geleer het, asook oor die belangrike aspekte in die daaglikse funksionering van skole, wat skoolleiers kan benut om meer doelgerig en betekenisvol leiding te gee.

Ons en die onderwys 5 Oktober 2025 05.10.2025

Ons vier Wêreld Onderwysersdag. Johan van Lill praat met RSG-kollegas wat hulle dank uitspreek teenoor die onderwysers wat hulle lewe gevorm het.

Ons en die onderwys 28 September 2025 28.09.2025

Johan van Lill praat met Tommie Doubell, hoof van Laerskool Naudeville, oor die pad van assistent tot onderwyser. Hoe kan ’n jong matrikulant sy of haar eerste tree in die onderwys gee? Watter studie-opsies is beskikbaar? Wat is die verskil tussen voltydse studie en werk as onderwysassistent? Hulle praat ook oor mentorskap, die rolle en verwagtinge van ’n assistent, en hoe dit voorberei op ’n loop...

Ons en die onderwys 21 September 2025 21.09.2025

Johan van Lill praat met Hanneke van der Merwe, vakhoof vir Wiskunde by Hoër Meisieskool Bloemhof, oor die skool se uitsonderlike prestasie en benadering tot wiskunde. Hoe kry ‘n mens die balans tussen akademiese uitslae en die kweek van ’n liefde vir wiskunde? Watter rol speel spanwerk by uitnemendheid in ’n skool?

Ons en die onderwys 14 September 2025 14.09.2025

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, bestuurshoof van Fedsas, oor waar ons staan met die BELA-wetgewing en die regulasies waarop tans kommentaar gelewer kan word. Hy beklemtoon dat dit vir ouers, skole en skoolgemeenskappe uiters belangrik is om die komende maand produktief te gebruik om hulle stem te laat hoor. Dit gaan nie net oor die kwessie van kapasiteit nie, maar ook oor die bepalings r...

Ons en die onderwys 7 September 2025 07.09.2025

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor die regulasies van die Bela-wet, die finansiële probleme van provinsies en die herstelplanne, die rol van die nuwe Onderwysraad, en die G20-beraad wat onlangs in Kaapstad gehou is.

Ons en die onderwys 31 Augustus 2025 31.08.2025

Johan van Lill praat met Jenny Bridgeman oor haar merkwaardige bydrae tot die onderwys. Jenny, ’n voormalige hoof van kurrikulumondersteuning in die Overberg-distrik, vertel wie almal ‘n groot impak op haar as onderwysmens gehad het, en die verskil wat sy veral in landelike skole gemaak het.

Ons en die onderwys 24 Augustus 2025 24.08.2025

Johan van Lill praat met Gertie Smit oor haar besondere bydrae tot die onderwys. Gertie, ’n gerespekteerde oud-dosent en vandag skrywer en samesteller, het aan die Wellington Onderwyskollege gedoseer, leermateriaal vir Lewensvaardighede en voorskoolse onderwys ontwikkel, en ná haar aftrede rympieboeke saamgestel en ’n sleutelrol gespeel in die stigting van Kinderland Kleuterskool.

Ons en die onderwys 17 Augustus 2025 17.08.2025

Johan van Lill praat met dr. Juané van der Merwe-Mocke en prof. Mariette Reynecke oor die rol van die reg in die onderwysstelsel. Hulle het onlangs deelgeneem aan die jaarlikse SAELA-konferensie, ’n sleutelbyeenkoms vir gesprekke oor onderwys en reg in Suid-Afrika.

Ons en die onderwys 10 Augustus 2025 10.08.2025

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert oor die uitdagings en moontlikhede van multigraadonderrig. Jurie, ‘n bekende onderwyskundige en historikus, bring ook vir Aby Ockhuis, hoof en onderwyser van Berghof Primêr bo-op die berg in Porterville, saam. Ockhuis deel sy praktiese ervaring van 32 jaar met multigraadklasse. Wat is die waarde van hierdie skole in afgeleë gemeenskappe, watter bydraes le...

Ons en die onderwys 3 Augustus 2025 03.08.2025

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert oor die uitdagings en moontlikhede van multigraadonderrig. Daar is skole waar leerders van verskillende grade in een klas saam leer. Wat is die impak van hierdie werklikheid op onderrig én leer, en hoe kan skole hul pedagogie aanpas om elke leerder se potensiaal te ontsluit?

Ons en die onderwys 27 Julie 2025 27.07.2025

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die werklikheid van enkelouerskap. In ’n tyd waar baie ouers alleen verantwoordelik is vir hulle kinders se fisieke, emosionele en akademiese versorging, vra ons: Wat is die impak van hierdie werklikheid op ouers én kinders, en hoe kan skole sensitief en ondersteunend wees?

Ons en die onderwys 20 Julie 2025 20.07.2025

Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, 'n onderwyskundige en onderwyskonsultant, oor die belangrikheid van opvoeder- en personeelwelstand. In ’n tyd waar onderwysers toenemend gebuk gaan onder druk, uitbranding en emosionele uitputting, vra ons: Hoe gaan dit werklik met ons onderwysers?

Ons en die onderwys 13 Julie 2025 13.07.2025

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n akademikus en onderrigkenner, oor wat sal gebeur wanneer elke onderwyser weet hóé om lees te verbeter. “Wanneer lees plaasvind, word daardie individu se brein vir altyd verander,” sê hy. As 75% van Graad 4’s nie met begrip kan lees nie, is dit nie net ’n statistiek nie – dis ’n krisis wat elke vak, fase en kind raak.

Ons en die onderwys 6 Julie 2025 06.07.2025

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige, skrywer en historikus, oor hoekom leesvermoë die sleutel tot leer is. As jy nie kan lees nie, kan jy nie leer nie, sê hy. Om beter te verstaan, móét jy beter lees – en daarom moet elke leerder se leesvermoë doelbewus ontwikkel word.

Ons en die onderwys 29 Junie 2025 29.06.2025

Johan van Lill praat met Riaan van den Bergh, adjunk-bestuurshoof van FEDSAS en 'n tegnologiekenner, oor selfone in skole, en die internasionale dryfkrag om kinders se toegang tot sosiale media te beperk. Hoe kan skole en ouers die gebruik van selfone reguleer tot voordeel van leerders?

Ons en die onderwys 22 Junie 2025 22.06.2025

Johan van Lill praat met dr. Pieter Snyman van die VCSV oor jeugleierskap buite die klaskamer. Hulle praat oor die krag van ervaringsleer – hoe jongmense groei wanneer hulle self begin lei, dikwels in ongemaklike of uitdagende omgewings. Wat gebeur wanneer leerders nie net oor leierskap leer nie, maar dit aktief moet leef? Hoe help struikel, spanwerk en stilte om karakter, selfbewustheid en roepin...

Ons en die onderwys 15 Junie 2025 15.06.2025

Johan van Lill praat met Josephine Jordaan van FEDSAS oor jeugleierskap in skole, en hoekom leierskap nie net ’n titel moet wees nie, maar ’n werklike geleentheid vir karaktervorming en diens. Wat gebeur wanneer leerders die kans kry om as leiers te ontwikkel? Hoe beïnvloed dit hulle selfvertroue, hulle plek in die skoolgemeenskap, en hulle toekoms as verantwoordelike volwassenes?

Ons en die onderwys 8 Junie 2025 08.06.2025

Johan van Lill praat met professor Johan Fourie oor die toekoms van leer aan universiteite en skole. Hulle praat oor hoe kunsmatige intelligensie besig is om die manier waarop ons leer en onderrig fundamenteel te verander. Wat beteken dit vir eksamens, opstelle en klasgee? Hoe leer ons kritiese denke en nuuskierigheid in ’n wêreld waar KI kitsantwoorde gee? En hoe verseker ons dat menslike kontak...

Ons en die onderwys 1 Junie 2025 01.06.2025

Johan van Lill praat met dr. Michael le Cordeur en dr. Zelda Barends oor leesbegrip. Hulle bespreek hoekom dit vir soveel leerders moeilik is om te verstaan wat hulle lees, en wat skole en ouers kan doen om kinders van vroeg af beter hiermee te help. Hoe maak ons seker dat kinders werklik sin maak uit wat hulle lees?

Ons en die onderwys 25 Mei 2025 25.05.2025

Johan van Lill praat met Celeste Labuschagne oor die tema, Wen tyd met kunsmatige intelligensie. KI verander hoe onderwysers beplan, assesserings skep en leerders ondersteun. Watter waarde bied hierdie tegnologie vir onderrig en leer, en hoe kan dit gebruik word sonder om kritiese denke of menslike betrokkenheid prys te gee?

Ons en die onderwys 18 Mei 2025 18.05.2025

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, uitvoerende hoof van FEDSAS, oor die krisis met SACE-registrasie en -sertifikate. SACE is die Suid-Afrikaanse Raad vir Opvoeders. Watter rol speel hierdie liggaam in onderwys en opvoeding, en hoekom is dit belangrik dat onderwysers by SACE geregistreer moet wees?

Ons en die onderwys 11 Mei 2025 11.05.2025

Johan van Lill poraat met onderwyskundige en historikus dr. Jurie Joubert oor multigraadonderrig. Dis ’n tema wat dikwels aan die kantlyn van onderwysdebatte staan, maar van kritieke belang is vir skole in kleiner en landelike gemeenskappe. Hulle bespreek waarom multigraadklasse nie bloot as ’n tydelike of goedkoop oplossing beskou moet word nie, maar as ’n volwaardige pedagogiese benadering met u...

Ons en die onderwys 4 Mei 2025 04.05.2025

Johan van Lill praat met onderwyskundige Alta Greeff oor die rol van onderwys in die ontwikkeling van mense wat kan werk. Hulle ondersoek watter vaardighede vandag in die werksplek vereis word, en vra of skole en instellings leerders voldoende daarop voorberei.

Hallgasd a(z) Ons en die Onderwys podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.