Maroela Media

Maroela Media

Maroela Media is 'n gratis Afrikaanse nuus en leefstyl-webwerf. Ons radiodramas word onderleiding van Bettie Kemp opgeneem en ons verskaf ook radioprograminhoud aan gemeenskapsradiostasies regoor Suid-Afrika. Alle inhoud is in Afrikaans en ons bereik mense van alle ouderdomme regoor die wêreld.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: maroelamedia.co.za

Szerző

Maroela Media

Kategória

Uncategorized

A podcast weboldala

maroelamedia.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 14.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

ToekomsVenster | ’n Erfenis om te ontvang en om na te laat 28.09.2026

Wat gaan ek nalaat? Watter geloof? Watter waardes? Watter liefde vir God? Watter liefde vir mense?

Modder, berge en motorfietse deur Afrika 26.09.2026

“Daar is die mooi oomblikke wat ’n mens se asem wegslaan, soos om die Kongorivier die eerste keer te sien en die Kongowoud, wat oor duisende kilometers strek, te beleef.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Wiele2Wiele: Mazda se nuwe CX-5 bekendgestel 25.09.2026

Hierdie week begin Wiele2Wiele op ‘n hartseer noot, met die vrouemoorde in Ekurhuleni en die tragiese sterftes van renjaers Robert Wolk en Marcel Angel. In reaksie op die vrouemoorde gesels hulle met die AA se uitvoerende hoof, Bobby Ramagwede, oor ’n spesiale 30-dae gratis gewapende reaksiediens vir vroue. Hulle vertel jou van Nampo Kaap saam met Jaguar Land Rover en hulle Defender-reeks op uitst...

Geliefde oud-Springbok Kitsie skryf sy pad na vrede 25.09.2026

Die “Bomb Squad”, twee Wêreldbeker-toernooie, moeilike tye en ’n loopbaan wat onverwags tot ’n einde gekom het. Steven Kitshoff kyk terug op die pad wat hom gevorm het en deel die lesse wat hy nou wil aangee. Maroela Media

[Slot-episode] Die Sonskynpad – Episode 60 25.09.2026

Met die pad agter hulle en nuwe moontlikhede voor, begin alles stadig op sy plek val – familie, liefde en drome wat weer vorm aanneem. Maar soos die son sak, voel dit minder soos ʼn einde en meer soos ʼn nuwe begin. Soms vat die pad jou huis toe en soms wys dit jou waarheen jy volgende moet gaan.

Isabella Niehaus wys die wêreld wie Bella is 24.09.2026

“Kleintyd het ek altyd gedink ons is skatryk. Ons was ryk aan liefde en kultuur, nie soseer aan geld nie.” Facebook · Toetentaal op Maroela Media

Die Sonskynpad – Episode 59 24.09.2026

By Sonskynoord begin dinge weer asemhaal deur nuwe planne, tweede kanse en paaie wat stadig herbou word. Maar onder die rus bly daar vrae wat nog nie heeltemal stil is nie. Sommige eindes voel soos vrede en ander is bloot die begin van iets nuuts.

Die Sonskynpad – Episode 58 23.09.2026

Wanneer die ligte aangaan, skuif alles – en dit wat weggesteek was, kom eindelik aan die lig. Maar in ʼn vertrek vol mense is dit skielik nie meer duidelik wie kyk en wie al die tyd gekyk het nie. Die waarheid wag nie vir toestemming nie, net vir die regte lig.

Die Sonskynpad – Episode 57 22.09.2026

Terwyl die vertoning voortgaan, gebruik Mila en Kobus die verhoog om tyd te wen en die gehoor veilig te hou. Maar in die donker wag almal vir dieselfde oomblik, wanneer die deur oopgaan. Terwyl een storie die gehoor besig hou, begin ʼn ander een in die skaduwees ontvou.

ToekomsVenster | Hou aan bid, God het gehoor 21.09.2026

God hoor reeds wanneer ons begin bid, selfs wanneer ons nog nie kan sien hoe Hy antwoord nie.

ToekomsVenster | Ter wille van U Naam 21.09.2026

Daniël herinner ons dat God steeds hoor, steeds weet en steeds op die troon is.

ToekomsVenster | Daniël wys hoe gebed uit die hart klink 21.09.2026

Daniël se gebed herinner ons dat God nie afgeronde sinne soek nie, maar ’n hart wat opreg na Hom toe kom.

ToekomsVenster | Groot genoeg om te oorweldig, naby genoeg om te versterk 21.09.2026

Dit herinner ons dat die God voor wie ons met ontsag staan, ook die Een is wat nader kom en nuwe krag gee.

ToekomsVenster | Hy wat ewig lewe, het die laaste woord 21.09.2026

Ons hoef ook nie moedeloos te word wanneer dit lyk asof die wêreld se magte buite beheer is nie.

‘Skoon bladsy’ vir nuwe Afrikaanse skool in Hartenbos 21.09.2026

Vir Hennie Louw is die geleentheid om ʼn splinternuwe skool te help bou meer as bloot die volgende stap in sy loopbaan. Dit raak ook aan ʼn baie persoonlike droom: om vir sy eie kinders die soort onderwyservaring te help skep wat hom tydens sy jare oorsee laat besef het wat alles in ʼn klaskamer moontlik is. Louw is onlangs aangestel as hoof van Hartland Akademie, wat in Januarie 2027 op die Hartland...

Die Sonskynpad – Episode 56 21.09.2026

Wanneer beheer begin glip, verander die spel en nie almal speel met oop kaarte nie. Terwyl Hunter en Chester die lyne al fyner trek, raak dit al hoe moeiliker om te sien wie lei en wie volg. Nie elke speletjie is wat dit lyk nie.

Die Sonskynpad – Episode 55 18.09.2026

Wanneer die restaurant in vlamme opgaan, maak skok vinnig plek vir aksie. Met ʼn span studente en ʼn plan wat uit chaos gebore word, pak Tant Ella die vuur aan, terwyl Hunter besef dis tyd om Keith self te gaan soek. Party vure vernietig, maar ander maak vegters wakker.

Wiele2Wiele: Monster Jeep onder loep 17.09.2026

Hierdie week vir Wiele2Wiele stel JMC sy Grand Avenue-bakkie bekend, terwyl Hyundai se Creta en Staria opgeknikker is. Hulle vertel jou van ’n monster – die Jeep Gladiator Maximus 6x6, wat behoorlik die koppe laat draai! Hulle deel ook die nuus dat Brad Binder vanaf 2027 in die Wêreld Supermotorfiets-kampioenskap (WorldsSBK) vir die ROKiT BMW Motorrad-span gaan deelneem. Wiele2Wiele op Facebook &m...

Die Sonskynpad – Episode 54 17.09.2026

Terwyl Mila en Kobus die gehoor met humor en improvisasie probeer kalm hou, breek die gevaar deur. Ontploffings skeur deur die aand en tyd raak min. Wat soos ʼn vertoning lyk, word ʼn desperate poging om almal veilig te hou. Soms hou die vertoning die skare besig, terwyl die werklike gevaar nader kruip.

Die Sonskynpad – Episode 53 16.09.2026

Vasgebind in die teater besef Jano en Annabel hoe naby die gevaar werklik is en wat Keith beplan. Maar wanneer Chester voor ʼn keuse te staan kom, begin alles skuif. Dis soms een besluit wat nie net jou lewe red nie, maar ook bepaal wie jy is.

Die Sonskynpad – Episode 52 15.09.2026

Wanneer Mila, Petronel en Hunter die waarheid oor Keith se plan ontrafel, besef hulle die gevaar is reeds aan die ontvou en die teater is die teiken. Met tyd wat min word, moet hulle vinnig optree om almal te waarsku. Nie elke plan kan gekeer word nie, maar soms kan jy dit betyds ontwrig.

Wiele2Wiele: Tata stel sy Osprey bekend 14.09.2026

In hierdie week se episode van Wiele2Wiele stel Tata sy nuwe Osprey bekend, hulle bring tyd met Toyota se RAV4 GR-Sport model deur en die #SaferCarsforAfrica Global NCAP-botstoetsresultate word bekendgemaak. Hulle gesels ook oor die internasionale EICMA-motorfietsskou wat in November plaasvind. Wiele2Wiele op Facebook · Wiele2Wiele op Maroela Media

ToekomsVenster | Op die windstrome van die Gees 14.09.2026

Miskien voel jy vandag moeg. Miskien het jy al lank probeer om alles self te dra. Miskien het die lewe jou vlerke swaar gemaak.

ToekomsVenster | Die slang se gif en die Kruis se genesing 14.09.2026

Wanneer die gif van sonde, skuld of versoeking jou raak, onthou: moenie net na die wond kyk nie. Kyk na die Kruis. Daar is genesing in Christus.

ToekomsVenster | As twee leeus brul 14.09.2026

Die brul van die vyand mag hard wees, maar die laaste woord behoort aan die Leeu uit die stam van Juda.

Hallgasd a(z) Maroela Media podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.