RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za
Hol hallgathatod?
Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio HamarosanA podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz
Epizódok
Leefwêreld van die gestremde 3 November 2024 03.11.2024 20:58
Is epilepsie 'n gestremdheid? Wat is die kriteria vir die toestand indien dit wel ‘n gestremdheid is? Wat kan gedoen word om die werksplek meer toeganklikheid te maak vir persone met epilepsie? Ons betree ook die leefwêreld van ‘n groep kwadrupleë in Durbanville. Hulle werk hard om die huis waar hulle woon volhoubaar te bestuur.
Leefwêreld van die gestremde 27 Oktober 2024 27.10.2024 19:04
Oktober is geestesgesondheid-bewusmakingsmaad. Ons vind meer uit van die hantering, bemagtiging en gereedmaak vir die arbeidmark van persone wat leef met geestesgesondheidsuitdagings. Ons het ook wenke oor hoe die gemeenskap betrokke kan raak by instansies wat omsien na mense met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 20 Oktober 2024 20.10.2024 22:49
Ons vind meer uit van die werk van ’n ortotis en prostotis. Die ouers van Suid-Afrika se wêreldberoemde swemkampioen gesels oor haar pad tot dusver. Hulle Downsindroom-dogter, Minka, het reeds ses wêreldrekonds op haar kerfstok!
Leefwêreld van die gestremde 13 Oktober 2024 13.10.2024 22:14
Ons vind meer uit oor rugmurgbeserings, en wat die fisiese rehabilitasie van pasiënte behels. Tyrone Harding gebruik deesdae ‘n rolstoel, maar hy kyk na die positiewe en fokus op wat hy kan doen. Luan Swanepoel leef met Downsindroom, en bly ook soos Tyrone postitief oor die lewe. Hy is een van die bestuurslede van Downsindroom SA. Ons luister na hulle inspirende boodskappe.
Leefwêreld van die gestremde 6 Oktober 2024 06.10.2024 21:48
Ons vind meer uit van Ukhula, ‘n lewensvaardigheidsprogram wat fokus op speel en leer vir kinders met gestremdhede. Oktober is Downsindroom-bewusmakingsmaand.
Leefwêreld van die gestremde 29 September 2024 29.09.2024 20:44
Ons vind meer uit van die Intersektorale Globale Aksieplan vir Neurologiese Toestande van die Wêreld Gesondheidsorganisasie. Dit is 'n inisiatief ter ondersteuning van mense met epilepsie en ander neurologiese toestande. En, ‘n ma deel die lief en leed om ‘n kind met ‘n gestremdheid groot te maak.
Leefwêreld van die gestremde 22 September 2024 22.09.2024 25:10
In die tweede en laaste deel van ons reeks oor toeganklikheid, fokus ons op kantoorspasies en vergaderlokale. Wêreld-Alzheimersdag word op 21 September herdenk. Wat is die tekens en simptone? Wat is die verskil tussen gewone verouderingsvergeetagtigheid en Alzheimers?
Leefwêreld van die gestremde 15 September 2024 15.09.2024 20:49
In die eerste deel van 'n kort reeks oor hoe om omgewings, dienste, programme en produkte toeganklik te maak vir alle persone met gestremdhede, fokus ons op parkeerareas, ingange en ontvangslokale. En ons hoor hoe dowe leerders horende laerskoolleerders help om in gebaretaal te gesels.
Leefwêreld van die gestremde 8 September 2024 08.09.2024 22:01
Daar is belangrike navorsingsnuus gedeel by 'n konferensie aar die fokus op outisme geval het. September is wêreldwyd Alzheimers bewusmakingsmaand. Ons hoor van verskeie projekte in dié verband.
Leefwêreld van die gestremde 1 September 2024 01.09.2024 24:38
Ons kyk na die tekort aan dienste vir persone met gestremdhede in die Bo-Karoo in die Noord-Kaap. ‘n Doktorale student vertel van haar studie wat handel oor ouer word. Die uitdagings is baie dieselfde as om met ‘n gestremdheid te leef.
Leefwêreld van die gestremde 25 Augustus 2024 25.08.2024 24:14
Ons vind meer uit van ‘n inisiatief waar mense hulle stories vir mekaar vertel. Mense ontmoet mekaar wat nie normaalweg nie met mekaar in hierdie soort gesprekke sou tree nie. ‘n Boesmanvrou wat as toergids vir mense van haar kultuur vertel, praat oor hoe sy haar skielik in die wêreld van ‘n persoon met ‘n gestremdheid bevind, in ‘n gemeenskap wat nie juis sensitief of bekend is met mense met gest...
Leefwêreld van die gestremde 18 Augustus 2024 18.08.2024 23:15
Wat is die verskil tussen ortotika en prostetika? Wat is die oorsake van die verskilllende vorme van amputasies? Ons fokus ook op die rol van Downsindroom SA, en van die suksesse en pogings tot ‘n inklusiewe gemeenskap.
Leefwêreld van die gestremde 11 Augustus 2024 11.08.2024 22:38
Hoe kan volwassenes met ‘n intellektuele gestremdheid tot volle potensiaal ontwikkel in beskermde omstandighede? Dr. Magdie van Heerden gee raad aan families wat met die werklikhede en praktiese implikasies van intellektuele gestremdhede gekonfronteer word. Ons fokus ook op bewustheid van die praktiese uitdagings van mense met Downsindroom. Daar is pogings om jong kinders te sensitiseer en ontvank...
Leefwêreld van die gestremde 4 Augustus 2024 04.08.2024 21:41
‘n Voormalige Mej. Doof SA vertel van die voordele om sowel gebaretaal as gesproke taal te praat. Sy het op haar 17de verjaardag haar kogliêre inplanting ontvang, en vertel van die mooiste woord wat sy eerste gehoor het. Ons hoor ook van vyf vriende se eiesoortige pelgrimsreis in die Wes-Kaap. Hulle stap honderde kilometer om geld in te samel vir kwesbare kinders en kinders met gestremdhede.
Leefwêreld van die gestremde 28 Julie 2024 28.07.2024 23:11
‘n Pop is internasionaal bekendgestel met die doel om bewusmaking te skep vir blinde persone, wat wit kieries as hulpmiddel gebruik. Daar is al geruime tyd ‘n pop in ‘n rolstoel en een met prostese op die winkelrakke. Wat staan jou te doen as jou gidshond toegang tot ‘n openbare spasie geweier word. Kom hoor meer van gidshonde en die fasiliteerders wat hulle oplei as dienshonde.
Leefwêreld van die gestremde 21 Julie 2025 21.07.2024 19:33
Louine Griessel en Estrellita Geldenhuys vertel van die Wes-Kaapse Vereniging vir en van Persone met Gestremdhede se ondersteuning aan ondernemeings in Malmesbury in die Swartland. Mariana Kriel van Solidariteit Helpende Hand vertel van die kwesbare groepe na wie hulle omsien.
Leefwêreld van die Gestremde 14 Julie 2024 14.07.2024 21:27
Louine Griessel vertel van die Wes-Kaapse Vereniging van en vir Persone met Gestremdhede se uitreik na landelike gebiede. Hulle ondersteun ondernemings en persone met gestremdhede op verskeie maniere, om beter werksgeleenthede in die landelike gebiede te verseker. Ons hoor van ‘n suksesstorie van ’n hoofstroomskool, waar kinders met leergestremdhede en spesiale behoeftes geïntergreer word en vaard...
Leefwêreld van die gestremde 7 Julie 2024 07.07.2024 22:12
Charlotte Scott-Mentz vertel van die aanpassings wat hulle tydens Covid moes maak om haar intellektueel gestremde suster te kon ondersteun. Sy help om vir ses volwassenes met gestremdhede dagsorg te bied. Marilyn Nicolaison moes op 45 haar lewe dramaties aanpas ná ‘n hartaanval, beroerte en meervoudige sklerose, wat haar as 'n rolstoelafhanklike gelaat het. Wat is van haar moeilikste uitdagings?
Leefwêreld van die gestremde 30 Junie 2024 30.06.2024 21:56
Fanie du Toit praat met dr. Ben Greyling oor ‘n basiese kennis van genetika. Dit kan ouers help en toerus om die oorsaak van hulle kind se gestremdheid beter te verstaan en verwerk. En, op die laaste Sondag van Jeugmaand fokus ons op jongmense met gestremdhede en hulle spesiale leeruitdagings.
Leefwêreld van die gestremde 23 Junie 2024 23.06.2024 22:49
Dr Ben Greyling verduidelik die basiese beginsels van genetika, en gee interessante inligting oor menswees. Dis alles om ouers te help om die oorsaak van hulle kind se gestremdheid beter te verstaan, en die prognose te kan verwerk. Hy verduidelik hoe sterk die invloed van die omgewing is, en hoe dit kan lei tot sindrome en gevolglike gestremdheid. Die 2023 SA Sportvrou van die Jaar vir mense met g...
Leefwêreld van die gestremde 16 Junie 2024 16.06.2024 23:56
Ons vind meer uit van klagtes wat by die Menseregtekommmissie ingedien is oor die ontoeganklikheid van skole vir kinders met gestremdhede in die Noord-Kaap. Die Nasionale Instituut vir Dowes vier vanjaar 143 jaar van dienslewering aan persone wat doof is, sowel as meervoudige gestremde volwassenes en bejaarde dowes. Die idee van so ‘n nie-regeringsorganisasie is meer as ‘n eeu gelede gebore terwyl...
Leefwêreld van die gestremde 9 Junie 2024 09.06.2024 24:01
Kobus Marais se dogter is gebore met intellektuele, serebrale en neurologiese gestremdhede. Sy is doof, het ‘n siggestremdheid en kry epileptiese aanvalle. Hy vertel hoe hulle as gesin dit ervaar en mekaar ondersteun. Lané Croucamp is verantwoordelik vir die tegniese versorging van Leefwêreld van die Gestremde. Sy is siggestremd, en vertel hoe sy haar werk gedoen kry.
Leefwêreld van die gestremde 2 Junie 2024 02.06.2024 22:06
Oudioloog Deon Ceronio beantwoord vrae oor tinnitus. Hy verduidelik watter metodes gebruik kan word om beter met ’n suising in die ore te kan saamleef. Hy gee ook terugvoer oor ‘n internasionale kongres oor tinnitus, wat in Kaapstad plaasgevind het. Suid-Afrikaners het laasweek weer hulle kruisies getrek in ‘n nasionale algemene verkiesing. Ons hoor uit verskeie oorde hoe persone met gestremdhede...
Leefwêreld van die gestremde 26 Mei 2024 26.05.2024 21:15
Wat is die impak van gehoorverlies as dit later in die lewe gebeur? Hoe beïnvloed die ontkenning van gehoorverlies die persoon en ander mense? Wat is die belastingvoordeel wat jy kan eis vir ‘n persoon wat leef met ‘n gestremdheid?
Leefwêreld van die gestremde 19 Mei 2024 19.05.2024 22:33
Wat is universele toeganklikheid? Wat is die doel daarvan? Watter prosesse word gevolg vir toeganklikheidsevaluering van geboue, dienste, produkte en programme? JOB-ABLED is in 2023 as naaswenner aangewys vir organisasies wat sosiale innovering gebruik om die lewe van gestremde Suid-Afrikaner te verbeter. Dié nieregeringsorganisasie glo dat die program ‘n beter toekoms kan skep vir persone met ges...
Hasonló podcastok
A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.