RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 745 epizód

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Health

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 4.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Leefwêreld van die gestremde 19 Januarie 2020 19.01.2020

Fanie du Toit gesels oor ‘n baie belangrike aspek: Die regte van kinders met gestremdhede en hoe die wette in skole toegepas of nie toegepas word nie. Die toepassing van die regte het blywende nagevolge positief en soms negatief vir die ontwikkeling van kinders met gestremdhede en Jacqui January gesels met ‘n jong gestremde man wat vertel van ondersteuning en goeie nuwejaarswense gee aan persone m...

Leefwêreld van die gestremde 12 Januarie 2020 11.01.2020

Fanie du Toit hoor van 'n ma wat haar moue oprol en haar gestremde seun ondersteun. Sy deel die uitdagings en vertel van die proses waarmee sy hom help om sy bestuurslisensie te kry. En Jacqui January gesels met Christo de Klerk van Blind SA oor mobiliteit- en lewensvaardighede vir mense wat op 'n latere tyd in hulle lewe blind word. Blind SA help met die vaardighede d.m.v. opleiding.

Leefwêreld van die gestremde 5 Januarie 2020 04.01.2020

Jacqui January praat met 'n arbeidsterapeut oor arbeidsterapie vir kinders met Downsindroom. En Fanie du Toit gesels met 'n jong man wat sy nek in 'n duikongeluk gebreek het. Hy het sewe jaar gelede 'n baanbrekersoperasie ondergaan, en werk en woon deesdae saam met ander rolstoelgebruikers in 'n groephuis in Kaapstad.

Leefwêreld van die gestremde 29 Desember 2019 28.12.2019

Jacqui January gesels met Deon Pienaar van Ampucare oor hoe hy sy voete verloor het, en hoe hy ander nou daarmee help. En Fanie du Toit gesels met Sharon Goosen van Innovation for the Blind oor die proses wanneer 'n persoon op 'n latere ouderdom blind word.

Leefwêreld van die gestremde 22 Desember 2019 21.12.2019

Fanie du Toit vind meer uit van 'n gevestigde vaardigheidopleidingsentrum en beskermde werksplek vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. En Jacqui January gesels met 'n ouers wat kinders met spesiale behoeftes het. Sy wou by hulle weet wat hulle wense vir die feesseisoen is, en wat die waardevolle “geskenke” is wat hulle van hulle kinders ontvang.

Leefwêreld van die gestremde 15 Desember 2019 14.12.2019

Jacqui January gesels met 'n ma van 'n dogtertjie met 'n seldsame siekte, Rett-sindroom. Sy vertel van haar kind se ontwikkeling tot 18 maande en die algehele agteruitgang daarna. En Fanie du Toit hoor watter rol 'n teater speel in ondersteuningsgroepe vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 07.12.2019

Fanie du Toit praat met dr. Reinette Weyers, 'n ouer van 'n kind wat met outisme gediagnoseer is. Sy deel die pad wat sy en haar gesin gestap het. Sy gee ook raad aan ander wat hulleself in soortgelyke omstandighede bevind.

Leefwêreld van die gestremde 30.11.2019

Fanie du Toit praat met Richard Bremner van Graaff-Reinet oor die werksaamhede van Boundless, 'n werksfasiliteit vir persone met gestremdhede. Die projek vervaardig 'n verskeidenheid handgemaakte produkte, wat mense met gestremdhede in die landelike gebiede van die Oos-Kaap bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 23.11.2019

Jacqui January gesels met Hannes Viljoen, 'n aktivis wat hom beywer vir hulp aan ouers en versorgers van kinders met spesiale behoeftes. Hy stel binnekort 'n virtuele vergadersentrum bekend vir ouers waar hulle hulle probleme en uitdagings met mekaar kan deel. En Fanie du Toit hoor van maatskaplike dienste en werkskepping vir mense met gestremdhede in die Oos-Kaap.

Leefwêreld van die gestremde 16.11.2019

Jacqui January en Fanie du Toit gesels met die Nasionale Direkteur van die Raad vir en van Gestremdes, oor die program Leefwêreld van die Gestremde wat 17 jaar gelede op RSG begin het, en baanbrekerswerk tot gevolg gehad het. En Fanie du Toit hoor van gemeenskapsondersteuning vir rolstoelgebruikers. Mense bring vier ure in rolstoele deur, en moet take verrig soos om 'n badkamer te besoek en 'n kla...

Leefwêreld van die gestremde 09.11.2019

In die duisendste episode hoor Jacqui January van 'n seldsame siekte wat onverklaard veral by jong dogtertjies voorkom, en alle liggaamlike ontwikkeling en spraak kortwiek. Die kinders word normaal gebore en die ontwikkelingsproses gaan voort tot op die ouerdom van 10 tot 18 maande, waarna die ontwikkeling stop. En Fanie du Toit het meer gaan uitvind van die struktuur en ondersteuningsnetwerk vir...

Leefwêreld van die gestremde 02.11.2019

Jacqui January gesels met 'n diabeet wat onbewustelik sy voet verbrand het en nou 'n geamputeerde is. Hy werk nou saam saam met mense wat ook ledemate verloor het, om ander mense met dieselfde soort uitdagings te help. En Fanie du Toit vind meer uit van 'n netwerk vir ouer wordende persone, en die rol wat tegnologie speel om gehoor- en visuele gestremdhede vinniger op te spoor en te kortwiek.

Leefwêreld van die gestremde 26.10.2019

Fanie du Toit hoor van 'n innoverende digitale gehoorapparaat wat in Suid-Afrika vervaardig word. En Jacqui January gesels met Martyn le Roux oor die radiodrama wat hy geskryf het om bewusmaking en bedagsaamheid teenoor mense met gestremdhede te kweek.

Leefwêreld van die gestremde 19.10.2019

Fanie du Toit gesels met 'n persoon wat aan depressie ly. Sy vertel van die stigma daaraan verbonde, en antwoord vra oor die geestesongesteldheid. Jacqui January fokus op Internasionale Wit/Langkierie-dag. Sy hoor wat die doel van die dag is, en hoe hierdie hulpmiddel deur persone met siggestremdhede gebruik word.

Leefwêreld van die gestremde 12.10.2019

Fanie du Toit gesels met 'n persoon wat op tweejarige ouderdom met Aspergers se siekte gediagnoseer is. Hy vertel van die uitdagings van Aspergers en van die waardevolle lesse wat hy geleer het. En Jacqui January fokus op Geestesgesondheidsmaand. Sy hoor van die hoë getal selfdoodgevalle wêreldwyd n.a.v. geestesongesteldhede.

Leefwêreld van die gestremde 05.10.2019

Fanie du Toit gesels met Andrie Burger, 'n Menslike Boek. Hy is 'n deelnemer aan die die Menslike Biblioteek-projek. Persone met gestremdhede deel hulle stories, en laat ander toe om hulle die moeilike en ongemaklike vrae oor hulle uitdagings te vra. Jacqui January gesels met Brunhild Straus van Namakwaland oor die bystand wat hy bied aan persone met gestremdhede, as 'n persoon in 'n rolstoel. Hy...

Leefwêreld van die gestremde 28.09.2019

Fanie du Toit vertel van 'n unieke storie-vertel-konsep wat genesing kan bring. Human Library SA is 'n projek waar “menslike boeke” hulle stories vertel. 'n Veilige platform word geskep vir mense om hulle traumatiese ervarings te deel, en so ander te ondersteun. Jacqui January gesels met Veronica Vosloo, wat op tweejarige ouderdom blind geword het. Sy is getroud met 'n doof-blinde man. Veronica ve...

Leefwêreld van die gestremde 21.09.2019

Jacqui January kyk na Gebaretaal. Die VN het 23 September tot Wêreld Gebaretaaldag verklaar. Fanie du Toit gesels met Goodwin Thomas wat sy werk verloor het toe hy 'n rolstoel-gebruiker geword het. Hy werk deesdae in die nooddienste-afdeling van 'n hospitaal in Kimberley.

Leefwêreld van die gestremde 14.09.2019

Pasha Alden is blind gebore. Sy vertel van haar gidshond, Vanilla, en oe sy haar ander sintuie inspan om haar lewe te vervolmaak. Fanie du Toit sit sy gesprek met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede voort, en fokus op die hantering van kinders met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 07.09.2019

Fanie du Toit gesels met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor toegangklikheid en akkommodasie vir verskillende soorte gestremdhede in die toerismesektor. Jacqui January gesels met Douw Steyn van Plastiek SA oor 'n suksesvolle projek wat d.m.v. publieke deelname rolstoele voorsien aan behoeftiges. Lorna Norris gee ook terugvoer oor die verskil wat die proje...

Leefwêreld van die gestremde 31.08.2019

Jacqui January fokus op die grootste fondsinsamelingsinisiatief wat deur die publiek ondersteun word vir mense wat leef met gestremdhede. 'n Paar organisasies vir gestremdes wat baatvind by Loslitdag vertel van die hulp. En Fanie du Toit kyk na die praktiese implikasies van wette oor toegangklikheid in openbare plekke vir mense met gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 24.08.2019

Jacqui January gesels met Andrew Brooks. Hy werk al 36 jaar lank by die Nasionale Biblioteek vir Blindes in Makhanda. Andrew vertel van die proses om oudioboeke te maak, en hoe hy d.m.v. sy werk bemagtig word. En Fanie du Toit gesels met Danie Marais van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor universele toegangklikheid, en die toepassing daarvan.

Leefwêreld van die gestremde 17.08.2019

Jacqui January gesels met Victorious David, 'n jongman wat verlam gelaat is ná 'n gewapende roof. David reik nou uit na kinders in nood. Hy spandeer ook baie tyd daaraan om volwassenes wat deur verlies en trauma geraak is, weer hoop te gee vir die lewe. En Fanie du Toit vertel van 'n Afrikaanse fliek, gebaseer op ware gebeure, met 'n tema van hoe om verlies en persepsies te bowe te kom. Dit het oo...

Leefwêreld van die gestremde 10.08.2019

Jacqui January vind meer uit van die hulporganisasie, Tutela, wat 'omgee vir weeskinders' beteken. En Fanie du Toit het gaan uitvind hoe om mense met uitdagings volwaardig te laat deelneem in die beroepswêreld.

Leefwêreld van die gestremde 03.08.2019

Fanie du Toit vertel van die e-Braille-projek vir blinde en siggestremde leerders. Die rekenaar is 'n waardevolle bron en help leerders om inligting in Braille te lees. Jacqui January gesels met 'n akedemikus wat doof gebore is oor haar baanbrekerswerk vir dowes. Sy is die eerste dowe persoon wat intensief navorsing oor doofheid doen.

Hallgasd a(z) Leefwêreld van die Gestremde podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.