RSG

Leefwêreld van die Gestremde

Health AF ↓ 745 epizód

Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.

Mindenképp látogasd meg a podcast oldalát, és támogasd a készítőjét: www.rsg.co.za

Szerző

RSG

Kategória

Health

A podcast weboldala

www.rsg.co.za

Legutóbbi epizód

2026. okt. 4.

Hol hallgathatod?

Podcastok az alkalmazásban Replaio Radio Hamarosan

A podcastok hamarosan megérkeznek az alkalmazásba. Telepítsd most, és láss elsőként egy teljesen új megközelítést a podcastokhoz

Letöltés a Google Play-ről Telepítsd ingyen Android közel 10 M letöltés · 4,8-as értékelés iOS hamarosan

Epizódok

Leefwêreld van die gestremde 3 Januarie 2020 03.01.2021

Fanie du Toit vertel van ‘n organisasie wat wêreldwyd mense se regte beskerm n.a.v. siektetoestande wat kan lei tot gestremdhede. Jacqui January vind meer uit van die vader van Afrikaanse Braille, dr. Victor Hugo Vaughan.

Leefwêreld van die gestremde 27 Desember 2020 27.12.2020

Fanie du Toit hoor van nuwe geleenthede wat die inperking vir mense met gestremdhede geskep het. Jacqui January gesels met ‘n blinde musiekonderwyseres. Sy vertel van die integrasie van Braillemusiek met bladmusiek.

Leefwêreld van die gestremde 20 Desember 2020 20.12.2020

Fanie du Toit gesels met Lizelle de Wet oor die Laevisie-kliniek wat belangrike hulp en voordele vir mense met visuele gestremdhede bied. Jacqui January hoor van hengelaars wat met gestremdhede leef hoe hulle die afgelope jaar beleef het.

Leefwêreld van die gestremde 13 Desember 2020 13.12.2020

Fanie du Toit hoor hoe 'n student by die Kaapstad Vereniging vir Blindes uitdagings te bowe kom met 'n plaaslike en internasionale projek. Jacqui January vertel van ‘n pretwedloop vir liefdadigheid wat fokus om almal van oud en jonk, kwesbares, mense met gestremdhede tot superfikses om deel te neem en ‘n held/heldin te wees.

Leefwêreld van die gestremde 6 Desember 2020 06.12.2020

Fanie du Toit hoor van struikelblokke in die omgewing waar mense met gestremdhede hulle bevind, en hoe dit hulle sosiaal beperk. Jacqui January gesels met ‘n arbeidsterapeut oor hoe sy houtapparate gebruik in die behandeling van kinders met serebrale gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 29 November 2020 29.11.2020

Fanie du Toit vind meer uit oor die wêreldwye inisiatief, 50 miljoen tree vir epilepsie. Jacqui January gesels met ‘n vrou wat met haar drie kinders se hulp, vier kinders met gestremdhede aangeneem het.

Leefwêreld van die gestremde 22 November 2020 22.11.2020

Fanie du Toit kyk na die werksaamhede van die SA Gidshondvereniging. En Jacqui January vind meer uit van skisofrenie. ‘n Vrou op behandeling vertel van haar ervaring, die stigma van die siekte, en hoe dit behandel word.

Leefwêreld van die gestremde 15 November 2020 15.11.2020

Fanie du Toit hoor wat by simposium oor outismeversteuring gebeur het. Jacqui January hoor by Chris Eksteen van die Cape Leopar van ‘n  storievertelling wat aangepas is vir kinders met leer- en ander gestremdhede.

Leefwêreld van die gestremde 8 November 2020 08.11.2020

Fanie du Toit hoor van die ontwikkelingsuitdagings van pasgebore babas met gestremdhede, en die uitreiksentrums waar terapie beskikbaar is. Jacqui January vind meer uit van ‘n deurbraak vir persone met visuele gestremdhede om die leesstofhongersnood te bekamp.

Leefwêreld van die gestremde 1 November 2020 01.11.2020

Fanie du Toit kyk na die implimentering van die Witskrif vir die Regte van Mense met Gestremdhede, en Suid-Afrika en die internasionale gemeenskap se bydrae en samewerking hiermee. Jacqui January hoor van ‘n gesin waar een van die seuns Downsindroom het. Pietie Bell se ma Elisma praat oor aanvaarding en riglyne oor hoe om haar seun te ondersteun en bemagtig.

Leefwêreld van die gestremde 25 Oktober 2020 25.10.2020

Fanie du Toit hoor van die vordering en veranderings wat sedert 1994 gewettig en geïmplimenteer is vir mense wat leef met gestremdhede. Jacqui January fokus op Nasionale Downdindroomdag wat op 20 Oktober was. Sy gesels met ‘n ma oor sesjarige dogter  wat met Downsindroom gebore is.

Leefwêreld van die gestremde 18 Oktober 2020 18.10.2020

Dylon Oktober van Wes-Kaap Geestegesondheid vertel watter impak die inperking op mense se geestesgesondheid het. Jacqui January vertel van ‘n unieke resepteboek wat in Braille en gewone skrif verskyn het. Sy hoor ook by ‘n blinde persoon hoe sy die boek Resepte Sonder Grense gebruik.

Leefwêreld van die gestremde 11 Oktober 2020 11.10.2020

Fanie du Toit vertel 'n projek wat terapiedienste bied en bewustheid kweek t.o.v. die ontwikkeling van pasgebore babas met gestremdhede in die eerste duisend dae. En Jacqui January vertel van 'n opleidingsentrum vir volwassenes met intellektuele gestremdhede. Covid-19 het hulle swaar getref, maar mooi en innoverende idees het ook hierdeur gestalte gekry.

Leefwêreld van die gestremde 4 Oktober 2020 04.10.2020

Fanie du Toit gesels met 'n vrou wat sedert kindsbeen, met die hulp van haar familie, haar plek volstaan in die gemeenskap, haar werkplek en die lewe van mense met gestremdhede. En Jacqui January hoor hoe persone met gestremdhede as gevolg van Covid-19 kreatief moes raak om die pot aan die kook te hou.

Leefwêreld van die gestremde 27 September 2020 27.09.2020

Fanie du Toit hoor van gemeenskapswerk om mense met gestremdhede beter te verstaan, met die fokus op kinders met gehoorverlies. Jacqui January het inligting oor 'n organisasie wat opleiding en ondersteuning bied aan kinders met gestremdhede en hulle ouers. Hulle doen Facebookgesprekke om uitdagings aan te hoor en op te los.

Leefwêreld van die gestremde 20 September 2020 20.09.2020

Fanie du Toit kyk na statistiek van beroertes. Een uit elke vier mense kry iewers in hulle lewe 'n beroerte. Daar is ook toenemend gevalle van jongmense wat 'n beroerte kry. Jacqui January gesels met 'n ma van twee kinders, wat albei met Tipe 1 Diabetes en outisme gediagnoseer is. Sy vertel van die skok en stres wat dit meebring, en die uiteindelike aanvaarding.

Leefwêreld van die gestremde 13 September 2020 13.09.2020

Fanie du Toit vind meer uit van die werksaamhede van die SA Federasie vir Gestremdheid. En Jacqui January het gaan uitvind van die werk wat die Breede Rivier Vereniging vir Mense met Gestremdhede doen. Dis 'n wye gebied met 'n paar maatskaplike werkers en toegewyde vrywilligers wat wonderlike werk doen vir mense met gestremdhede in hierdie deel van die Boland.

Leefwêreld van die gestremde 6 September 2020 06.09.2020

Fanie du Toit vertel van 'n netwerk om inklusiwiteit, bewustheid en begrip vir gestremdhede te skep. En Jacqui January vind meer uit van die gedrag en unieke eienskappe van persone op die outismespektrum.

Leefwêreld van die gestremde 30 Augustus 2020 30.08.2020

Fanie du Toit hoor hoe 'n veilige tuiste en werkplek vir volwassenes met intellektuele gestremdhede uit die boks dink, en versorgers en inwoners tydens die inperking stimuleer en gelukkig hou. Jacqui January gesels met Vanessa Viviers wat met Spina Bifida gebore is.  Sy is ‘n suksesvolle menslike hulpbronwerker by ‘n ingenieursmaatskappy. Haar passie is om ‘n netwerk te vestig vir algemene tot ong...

Leefwêreld van die gestremde 23 Augustus 2020 23.08.2020

Fanie du Toit praat met Therina Wentzel van die Nasionale Raad van en vir Persone met Gestremdhede oor hulle werk, en die grootste fondsinsamelingsinisiatief, Losli dag, wat deur Covid-19 beïnvloed is. Jacqui January vind meer uit van die plasing van jongmense met intellektuele- en leergestremdhede in die arbeidsmark, en die ondersteuning wat lewenslank aan hulle gebied word.

Leefwêreld van die gestremde 16 Augustus 2020 16.08.2020

Fanie du Toit gesels met 'n blinde man wat ondersteuning bied aan ander persone met gestremdhede in die Overstrandgebied. Hy vertel hoe gestremdes sukkel om stigmatisering af te skud, en met Covid-19 het dit net moeiliker geword. Jacqui January gesels met 'n kampvegter vir die regte van mense met gestremdhede. Dorithy-Anne Howitson is gestremd en moet nou die tuig as kampvegter neerlê a.g.v van ge...

Leefwêreld van die gestremde 9 Augustus 2020 09.08.2020

Fanie du Toit gesels met 'n mobiliteitspraktisyn oor daaglikse vaardighede vir persone met gehoorverlies en mense wat skielik hulle visie verloor. Jacqui January kyk na wetgewing oor kopiereg wat toegang tot leesstof vir persone met leesgestremdhede verseker. Dit is reeds in baie lande in plek, maar in Suid-Afrika sloer dit.

Leefwêreld van die gestremde 2 Augustus 2020 02.08.2020

Fanie du Toit hoor hoe kwesbare persone en mense met kroniese siektetoestande, substansie-afhanklikheid tydens die Covid-pandemie kan hanteer. Ashley Theron is die bestuurshoof van die AGS Welsyn. Hy vertel van hulle gesin- en kinderversorgingsprojek. Ashley het 24-jarige seun met Downsindroom, en vertel hoe graag hy na Josh Groban en Afrikaanse musikante luister.

Leefwêreld van die gestremde 26 Julie 2020 25.07.2020

Fanie du Toit hoor hoe kwesbare persone en mense met kroniese siekte toestande, vrese en angs tydens die Covid-pandemie kan hanteer. En Jacqui January vind meer uit oor die versorging en bemagtiging van die versorgers van persone met demensie.

Leefwêreld van die gestremde 19 Julie 2020 19.07.2020

Fanie du Toit praat met 'n tolk oor hoe hy persone wat doofblind is by vergaderings insluit, en hoe daar met hulle gekommunikeer word. Jacqui January gesels met die vrou van 'n visueel gestremde man. Sy vertel van hulle ontmoeting, hulle werk onder blindes en wat sy by haar man leer.

Hallgasd a(z) Leefwêreld van die Gestremde podcastot a Replaióban

Rádió és podcastok egy alkalmazásban - ingyen és regisztráció nélkül. Telepítsd még ma, és ne maradj le a premierről

Letöltés a Google Play-ről

A Replaio nem podcastkiadó; a műsorok nevei, borítóképei és hanganyagai a szerzőiket illetik, és nyilvános RSS-csatornákon keresztül terjednek.