RSG
Spitstyd
'n Huistoeryprogram met nuus, verkeersverslae, markverslae, sport, groensake, tegnologie en die lekkerste musiek, wat jou in 'n japtrap by die huis kry!
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
RSG Help: Daughters of Glory & Hosanna 18.08.2026 10:31
Lynette Theron gesels oor die Daughters of Glory & Hosanna. ’n gemeenskapsinisiatief vir vroue deur vroue, wat vanjaar ’n spesiale Vrouedag van lofprysing en aanbidding in Pretoria-Noord aanbied op 5 September. Die dag het ook ’n sterk gemeenskapsfokus.
Almal en nog wat: 17 Jarige se video kry internasionale erkenning 13.08.2026 10:24
Bruwer Bornman is ’n jong Suid-Afrikaanse filmmaker wat fokus op kreatiewe video- en sportinhoud. Hy het onlangs internasionale erkenning gekry nadat een van sy video’s as een van vyf finaliste wêreldwyd in die World Athletics Media Challenge gekies is. Kyk die video by https://www.instagram.com/reel/Db3Ztbgsq2F/?igsh=bDZrOXQwbGNuZDV2
Kuns met kontant: Fanie Cronjé (Deel 2) 12.08.2026 8:18
Wat maak dat jy by 'n huis instap en dadelik tuis voel? Waarom trek een restaurant, hotel of koffiewinkel jou onmiddellik aan, terwyl 'n ander jou koud laat? Is dit bloot mooi meubels en duur dekor, of lê die geheim veel dieper? Henco Kruger gesels met een van Suid-Afrika se bekendste stylkenners, Fanie Cronjé. Vir dekades lank het hy agter die skerms van ikoniese SARIE-voorblaaie gewerk, bekende...
RSG Help: Joburg To Jabulani By Any Means ten bate van HERD 11.08.2026 8:23
Op Wêreld-olifantdag (Woensdag 12 Augustus 2026) vertrek Kyle Malyon en Lauren Lewis op ’n reis van Johannesburg na Jabulani in Kapama, die tuiste van HERD (Hoedspruit Elephant Rehabilitation and Development). Die doel van die reis is om bewusmaking en fondse vir HERD te genereer en aandag te vestig op die belangrike werk wat die organisasie doen om weesolifante te versorg. HERD is Sui...
Almal en nog wat: The Waterhole Rugby Museum (Hanover) 06.08.2026 14:29
Willem Pelser gesels met Barry Naude oor sy private rugbyversameling. Hy versamel rugbymemorabilia sedert hy 10 jaar oud is. Sy fokus op is die geskiedenis en ontwikkeling van rugby in Suid-Afrika. The Waterhole Rugby Museum is op sy plaas Driekoppen in ‘n ou dam, wat toegebou is. Daar is is items soos die oorspronklike tokse wat leerspeke het, en die ou provinsies se truie langs die nuwe unies s’...
Kuns met kontant: Fanie Cronjé (Deel 1) 05.08.2026 8:32
Wat maak dat jy by 'n huis instap en dadelik tuis voel? Waarom trek een restaurant, hotel of koffiewinkel jou onmiddellik aan, terwyl 'n ander jou koud laat? Is dit bloot mooi meubels en duur dekor, of lê die geheim veel dieper? Henco Kruger gesels met een van Suid-Afrika se bekendste stylkenners, Fanie Cronjé. Vir dekades lank het hy agter die skerms van ikoniese SARIE-voorblaaie gewerk, bekende...
RSG Help: Beyond Borders Animal Sanctuary 04.08.2026 10:37
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Beyond Borders Animal Sanctuary in Tzaneen, is 'n geregistreerde nie-wisngewende organisasie wat wildlewe en troeteldiere red, rehabiliteer en 'n permanente veilige hawe bied. Hulle fokus spesifiek op die rehabilitasie van eksotiese diere, herpette en papegaaie wat uit verwaarlosing of onwettige hand...
Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 6) 04.08.2026 7:42
JD McNally van Momentum Corporate praat oor Werknemersvoordele wat dikwels beskou word as ‘n uitgawe vir die maatskappy, maar dit kan 'n strategiese voordeel vir elke organisasie wees.
Vakansie in Zimbabwe? 31.07.2026 12:59
Vir baie lank is Zimbabwe as ‘n vakansiebestemming vermy. Dis veral sedert die vroeë 2000’s met die plaasonteienings en hiper-inflasie wat die land – eens bekend as Afrika se broodmandjie – ontaard het in ‘n plek om liefs te vermy. Wêreldreisiger, TV-aanbieder en toerleier, Gerrie Pretorius, het onlangs in ons noordelike buurland gaan besoek aflê...
Almal en nog wat: Jakarandabome 30.07.2026 12:13
Thomas Honiball, ‘n argitek by Honiball Architecture, gesels oor die wetgewing en interessante feite oor jakarandabome in Suid-Afrika, spesifiek in Pretoria.
Kuns met kontant: Amanda Strydom (Deel 2) 29.07.2026 8:54
Ons kuier saam met een van die grootste name van Afrikaanse kuns. Vir meer as vier dekades betower sy gehore met haar unieke stem, diep lirieke en besonderse vermoë om stories deur musiek te vertel. Sy is sangeres, liedjieskrywer, aktrise en kabaretkunstenaar, maar bowenal is sy een van die belangrikste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het. Haar ikoniese lied, Ek Loop Die Pad, het reeds geslagte...
RSG Help: Solly's Beacon of Hope Stigting (Upington) 28.07.2026 11:34
RSG plaas die kollig op die werk wat welsynsorganisasies en sorgsentrums doen, en hulle behoeftes. Solly's Beacon of Hope Stigting is 'n geregistreerde organisasie sonder winsbejag, wat as 'n liefdadigheidsorganisasie vir gemeenskapsontwikkeling en 'n sopkombuis op Upington in die Noord-Kaap funksioneer. Die organisasie, wat deur Solomon "Solly" van der Berg gestig is, is afhanklik van openbare sk...
Almal en nog wat: Bibliotekaresse vind pad na Abu Dhabi 23.07.2026 14:27
Francis Fourie, ‘n bibliotekaresse by die New York Universiteit in Abu Dhabi, gesels oor haar werk in Amerika en Abu Dhabi. Sy vertel dat Suid-Afrika altyd haar en haar man se tuiste sal wees.
Kuns met kontant: Amanda Strydom (Deel 1) 22.07.2026 8:32
Ons kuier saam met een van die grootste name van Afrikaanse kuns. Vir meer as vier dekades betower sy gehore met haar unieke stem, diep lirieke en besonderse vermoë om stories deur musiek te vertel. Sy is sangeres, liedjieskrywer, aktrise en kabaretkunstenaar, maar bowenal is sy een van die belangrikste stemme wat Afrikaans nog opgelewer het. Haar ikoniese lied, Ek Loop Die Pad, het reeds geslagte...
RSG Help: Emrike Leersentrum (Lichtenburg) 21.07.2026 11:04
Emrike Leersentrum is 'n spesiale behoeftes-skool en hulpsentrum in Lichtenburg, Noordwes. Die sentrum fokus op die opvoeding en ondersteuning van leerders met leergestremdhede en unieke opvoedkundige behoeftes. https://www.facebook.com/p/Emrike-Leersentrum-100063645184633/
Advies binne jou konteks: Jou reis na sukses met Momentum (Deel 5) 21.07.2026 8:59
Rudolf Britz, die hoof-aktuaris by Momentum Insure, praat oor hoe ondernemings hulle teen risiko’s kan beskerm.
RSG Help Plus: Joe Dryer van Mosselbaai 17.07.2026 2:02
Joe Dryer is 'n 63-jarige getroude man van Mosselbaai. Hy is reeds vir etlike maande werkloos, en leef tans in baie moeilike omstandighede. Joe en sy vrou sukkel om genoeg kos op die tafel te sit, en daar is ongelukkig baie beperkte voedselhulp in Mosselbaai beskikbaar. Joe verkeer ook in 'n ernstige behuisingskrisis. Binne enkele dae moet die kamer waarin hulle woon, ontruim word nadat 'n prokure...
RSG Help Plus: Bystand aan mishandele kinders in gesinshowe (Wes-Kaap) 16.07.2026 1:53
Linda Louw is deel van 'n besonderse projek, wat mishandelde kinders ondersteun wanneer hulle die gesinshof moet bywoon. Saam met 'n span vrywilligers voorsien hulle warm etes, klere, komberse, sagte speelgoed en ander noodsaaklike items om die kinders in 'n baie moeilike tyd te vertroos. Die projek help kinders in 18 gesinshofgebiede in die Wes-Kaap, en is afhanklik van donasies uit die gemeenska...
Almal en nog wat: Ian Morris 16.07.2026 11:44
Derrich Gardner praat met sokkerkenner, Ian Morris.
RSG Help Plus: Florauna NG Kerk gemeenskapsprojekte (Pretoria) 15.07.2026 2:23
Dr. Jan Botha van die Florauna NG Kerk is ook ondervoorsitter van die Afrikanerbond en betrokke by die Alfa Pastorale Bedieningsentrum. Hulle het verskeie gemeenskapsuitreikprojekte soos ’n vakansieprogram vir kinders. janbotha1102@gmail.com
Kuns met kontant: Riaan Cruywagen (Deel 2) 15.07.2026 9:15
Hy het geen bekendstelling nodig nie. Vir miljoene Suid-Afrikaners was hy vir dekades die mees betroubare gesig en stem op televisie. Maar voordat hy die legendariese nuusleser geword het wat ons almal leer ken het, was daar 'n jong radio-omroeper wat sy eerste treë in die uitsaaiwese gegee het, lank voordat televisie amptelik in Suid-Afrika begin het. In hierdie onderhoud fokus ons nie op die bek...
RSG Help Plus: Stellenbosch Hospies 14.07.2026 2:17
Jennilee Geduld, algemene bestuurder van die Stellenbosch Hospies, vertel wat hulle doen en watter hulp benodig. 021-886-5994 www.stellenboschhospice.org.za https://www.facebook.com/stellenbosch.hospice https://www.facebook.com/StelHospiceShop
RSG Help: Alumni van Athlone Skool vir Blindes (Bellville-Suid) 14.07.2026 10:45
Die Athlone Skool vir Blindes in Bellville-Suid vier in 2027 hulle 100ste bestaansjaar. Dit bedien leerders met visuele gestremdhede en meervoudige gestremdhede. Hulle bied grade 1 tot 12 aan, en 'n program vir vroeëkinderontwikkeling. Hulle het ‘n matriekslaagsyfer van 92,2%. Terwyl die skool op onderwys fokus, is daar toegewyde kanale vir oudleerlinge en ondersteuners om in kontak te...
RSG Help Plus: Mdzananda Dierekliniek (Khayelitsha) 13.07.2026 1:46
Die Mdzananda Dierekliniek en -Skuiling in Khayelitsha loods 'n grootskaalse sterilisasie-inisiatief wat daarop gemik is om die aantal ongewenste hondjies en katjies in die gemeenskap te verminder. Deur middel van hierdie veldtog sal nog 1 000 honde en katte gesteriliseer word, wat bykomend is tot die ongeveer 3 000 prosedures wat die organisasie jaarliks in Khayelitsha en die omliggende gebiede u...
RSG Help Plus: Kos Kombuis (Riebeek-Kasteel) 10.07.2026 2:11
Ds. Kobus Frantz, predikant van die VG Kerk op Riebeek-Kasteel vertel van hulle Kos Kombuis. Hulle het dit begin tydens die Covid-inperking.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics