fr

RSG

Rand en sent

Die ABC van geldbestuur vir individue en kleinsakeondernemings.

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za

Auteur

RSG

Catégorie

Business

Site du podcast

www.rsg.co.za

Dernier épisode

11 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Rand en sent 10 November 2024 10.11.2024

Tracy Peters van Staatsdienspensioenfonds praat oor die GEPF se begrafnisvoordele.

Rand en sent 3 November 2024 03.11.2024

Tracy Peters van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die aftreevoordele van die fonds.

Rand en sent 27 Oktober 2024 27.10.2024

Tracy Peters van die Staatsdiens-pensioenfonds verduidelik hoe eise by hulle ingedien kan word.

Rand en sent 20 Oktober 2024 20.10.2024

Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die belangrike punte van die afgelope vyf weke se gesprekke oor die tweepot-aftreestelesel, wat op 1 September in werking getree het.

Rand en sent 13 Oktober 2024 13.10.2024

Thelma Bestbier van die Staatsdienspensioenfonds praat oor die fonds se volhoubaarheid.

Rand en sent 6 Oktober 2024 06.10.2024

Thelma Bestbier, direkteur by die Staatsdienspensioenfonds, praat oor aftreehervorming.

Rand en sent 29 September 2024 29.09.2024

Die Staatdiens-pensioenfonds se eisproses is heeltemal elektronies. Thelma Bestbier verduidelik hoe die eisproses vir die nuwe tweepotstelsel werk.

Rand en sent 22 September 2024 22.09.2024

Thelma Bestbier van die Staatsdiens Pensioenfonds praat oor die nuwe tweepot-stelsel.

Rand en sent 15 September 2024 15.09.2024

Jody Hendricks praat met Thelma Bestbier oor die Staatsdiens Pensioenfonds oor die nuwe tweepot-aftreestelsel, soos die voordele wat lede in die verskillende potte ophoop, en hoe dienstydperke bepaal word.

Rand en sent 8 September 2024 08.09.2024

Die besluit om te trou en te skei kan ‘n groot impak op beide partye se finansies hê. Yolande Botha vertel wat om te oorweeg indien jy finansieel onafhanklik van jou gade wil bly.

Rand en sent 1 September 2024 01.09.2024

Meer as 11 miljoen Suid-Afrikaners behoort aan een of ander stokvelorganisasie. Jody Hendricks kyk na die geskiedenis van die stokvelkonsep, en vind uit hoe dit jou kan help om te spaar. 

Rand en sent 25 Augustus 2024 25.08.2024

Almal is geregtig op ʼn gratis kredietverslag, wat wys hoeveel rente jy op verskillende kredietooreenkomste betaal, en wat jou in staat stel om jou krediettelling met die gemiddelde telling van kredietaktiewe Suid-Afrikaners te vergelyk. Jody Hendricks praat met Wikus Olivier, bestuurshoof van Creditsmart, oor die belangrikheid van jou krediettelling.

Rand en sent 18 Augustus 2024 18.08.2024

Niks bevestig die belangrikheid van water en die impak op die ekonomie soos 'n groot droogte nie. Die belangrikheid van water en die prys wat jy daarvoor betaal, word deur verskeie faktore bepaal. Jody Hendricks praat met waterbeleidskenner Caryn Bosman oor die impak wat water op ‘n land se ekonomie het.

Rand en sent 11 Augustus 2024 11.08.2024

Doris Viljoen van die Universiteit Stellenbosch Sakeskool vertel wat dit beteken om 'n vrou in 'n leierskapsrol te wees. Daar word algemeen aanvaar dat leierskap te make het met die invloed wat 'n persoon op 'n groep of individue het om hulle te motiveer en inspireer om ʼn gesamentlike doelwit te bereik. In bestuurswetenskappe word daar ʼn onderskeid gemaak tussen amptelike en nie-amptelike leierska...

Rand en sent 4 Augustus 2024 04.08.2024

Enactus Suid-Afrika is die wêreld se grootste ervaringsleerplatform, wat toegewy is aan die skep van 'n beter, meer volhoubare wêreld terwyl die volgende generasie entrepreneursleiers ontwikkel word. Hulle gebruik die Verenigde Nasies se 17 volhoubare ontwikkelingsdoelwitte as raamwerk vir innovasie, insluitend doelwit 5 om geslagsgelykheid te bereik en alle vroue en meisies te bemagtig. Jody Hend...

Rand en sent 28 Julie 2024 28.07.2024

Almal weet hulle moet spaar, maar soms is dit moeilik om die kopskuif te maak. Elke persoon het sy eie drome of doelwitte wat hulle wil realiseer, en om dit te bewerkstellig, moet daar gespaar word. Julie is spaarmaand, en finansiële adviseur Yolande Botha praat oor die belangrikheid van spaar.

Rand en sent 21 Julie 2024 21.07.2024

Die belastingseisoen het aangebreek. Jy wil nie aan die verkeerde kant van die Suid-Afrikaanse Inkomstediens beland nie, maan belastingkenner Anette Visser.

Rand en sent 14 Julie 2024 14.07.2024

Die onlangse verhoging in kragtariewe word in verskeie blokke verdeel, en dít bepaal wat jy vir elelektrisiteit betaal. Jody Hendricks praat met drie kenners oor hoe die prys van elelektrisiteit bepaal word, en die impak op verbruikers en die ekonomie.

Rand en sent 7 Julie 2024 07.07.2024

Finansiële adviseur JW Jonker praat oor die belangrikheid daarvan om jou finanises te diversifiseer, en die vaardighede en gesindheid wat nodig is om goeie finansiële besluite te neem. Dit sluit in kennis van begrotings, geldbestuur, wanneer om te spaar of te spandeer, en waarop om te spandeer.

Rand en sent 30 Junie 2024 30.06.2024

Ons fokus op die arbeidsregulasies waaraan werknemers en werkgewers moet voldoen.

Rand en sent 23 Junie 2024 23.06.2024

Jody Hendricks gesels met Dean Barnard, vanjaar se Agri Wes-Kaap Jongboer van die Jaar. Dié 40-jarige landbouer boer al 19 jaar saam met sy pa op Waboomskraal in die George-distrik. Hulle verbou hops, pruime, amandels en pekanneute.

Rand en sent 16 Junie 2024 16.06.2024

Daar is verskeie redes waarom dit belangrik is om reeds van ’n jong ouderdom af entrepreneurskapsvaardighede vir die jeug te leer. Een van die redes hiervoor is dat hierdie lewensvaardighede ’n deurslaggewende rol speel in elke ander area van kinders se lewe en hulle toekoms. Net soos enige ander lesse of vaardighede, hoe vroeër dit vasgelê word, hoe beter. Dit slyp kinders se karakter en rat hull...

Rand en sent 9 Junie 2024 09.06.2024

Leon Louw van die Vryemarkstigting praat oor die impak wat ‘n koalisieregering op die ekonomie en burgers se finansies kan en sal hê.

Rand en sent 2 Junie 2024 02.06.2024

Suid-Afrika se jongmense is nie net ʼn groep passievolle individue en baanbrekers nie, hulle het ook finansiële veerkragtigheid en die eienskappe van rentmeesterskap. Dis die mening van Wikus Olivier, besturende direkteur by CreditSmart Finansiële Dienste.

Rand en sent 26 Mei 2024 26.05.2024

Verskeie internasionale besighede het besluit om Suid-Afrika te verlaat. Die maatskapye sal hulle bates verkoop, en werkers kan moontlik afleggings in die gesig staar. Wat is die redes waarom internasionale maatskapye die land verlaat?

Écoute le podcast Rand en sent sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics