GROOTfm 90.5

Mirrag met Annelie

Mirrag – jou middag boost vol musiek, lag, en die tipe geselskap wat jou laat voel of jy saam met ’n vriendin om die kombuis tafel sit en kuier. Annelie Bouwer is die vurige aanbieder wat vasbeslote is om aan die wêreld te bewys dat rooikoppe inderdaad meer pret het! Annelie is lief vir die lewe en alles daarin – die goeie, die slegte, en natuurlik die snaakse. Sy is oortuig daarvan dat lag werklik die beste medisyne vir enigiets is en kies om die positiewe en ligter kant van die lewe te sien. Sy is passievol in die krag van radio en weet dat alhoewel dit pret kan wees, dit met groot verantwoo...

Auteur

GROOTfm 90.5

Catégorie

Music

Site du podcast

www.grootfm.co.za

Dernier épisode

3 juil. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android 5 M+ de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

Groot Biddag - Verwerping 23.04.2026

Annelie gesels met Ds. Wynand Strydom van en Ds Jaco Strydom van Echo Jeug oor verwerping - Die verwerping van kinders, bejaardes en die swakstes in ons samelewing en wat ons veranwoordelikheid is maar ook wat om te doen wanneer dit voel asof God my verwerp het

Groot Biddag - Verslawing 23.04.2026

Annelie gesels met Tracey, Gary en Tumi van Yahweh Rafa Recovery Centre oor verslawing

Barto onderhoud 14.04.2026

Barto kuier in die ateljee saam met Annelie - Hulle gesels oor sy nuwe enkelsnit Swaartekrag en Annelie sit hom in die "hotseat" met 'n paar eerlike vrae

Grootkraal 13 April 2026 13.04.2026

Annelie loer in by die Pretoria Boeremark

Adam onderhoud 10.04.2026

Adam het 'n nuwe liedjie! Hulle kuier by Annelie en sing selfs vir haar, haar gunsteling liedjie oor 'n rooikop met haar naam in

Oppinuus - Meta saak 02.04.2026

Annelie gesels met advokaat Tanya de Villiers oor die META (Facebook, Instagram, whatsapp en Threads) en Youtube hofsaak wat bevind het die platforms het weggesteek hoe verslawend hul platforms is en dit selfs aangemoedig het.

Annelie gesels met Dr. Michael Mol - Sitting is the new Smoking - 31 Maart 31.03.2026

Dr. Michael Mol gesels met Annelie op Mirrag oor hoe sleg lang ure se sit vir jou gesondheid is en dat jy moet probeer om tenminste elke halfuur op te staan en beweeg

Grootkraal 30 Maart 2026 30.03.2026

Annelie loer in by die Pretoria Boeremark

Kerkstraat band 24.03.2026

Die band Kerkstraat kuier op Mirrag by Annelie om te gesels oor hulle nuwe enkelsnit "MK dae"

Lifesaving SA oor waterveiligheid 20.03.2026

Winston A Meyer die President van Lifesaving SA gesels met Annelie so voor wêreld water dag oor Lifesaving SA se werk rondom water veiligheid

Oppinuus - Mel en Peet Viljoen 19.03.2026

Annelie gesels met die prokureur Llewellyn Curlewis oor Mel en Peet Viljoen se arrestasie in Amerika en hoe die wetgewing werk rondom Suid-Afrikaners wat in ander lande gearresteer word

Grootkraal 16 Maart 2026 16.03.2026

Ons loer in by die Pretoria Boeremark

Oppinuus: Prof John Stremlau - Amerika en Iran oorlog 12.03.2026

Annelie gesels met Prof Stremlau (Department of International Relations, School of Social Sciences Areas of interest and research: US-Africa relations; China; International politics and relations Wits universiteit) oor die oorlog in Iran en hoe dit SA kan beinvloed

KleinSaterdag Sport - Natascha Louw 11.03.2026

Annelie gesels met Natascha Louw (Sport koördineerder vir kompeterende sport by Univen) oor haarPHD by Universiteit Stellenbosch. Tema van studie: Van die kantlyn na die middelpunt: prestasie, mag en ‘Herstory’ in Suid-Afrikaanse vrouerugby

Grootkraal 9 Maart 2026 09.03.2026

Michael kuier by Annelie in die ateljee en gesels Boeremark, bestaansboere en die gemeenskap

Jennifer Myburgh gesels met Prof Andre Roux 26.02.2026

Jennifer het op Mirrag met Prof Andre Roux - Ekonoom by Stellenbosch Besigheidskool, gepraat oor die begrotingsrede 2026

Jennifer Myburgh gesels met Prof. Basie von Solms 26.02.2026

Jennifer het met Prof. Basie von Solms, Navorsingsprofessor in Kubersekerheid aan die Univeriteit van Johannesburg se sentrum vir kuberveiligheid, met ons gepraat oor hoe om jouself veilig te hou

Jennifer Myburg gesels met Marius Botha 25.02.2026

“Jennifer het op Mirrag met bekende konsultant aan skole, Marius Botha, gesels oor die stand van ons skole"

Jennifer Myburgh gesels met Jana Marx 24.02.2026

“N maand nadat die Madlanga kommissie hervat het, het die journalis Jana Marx op Mirrag kom kuier om n oorsig te gee van die onthullings” 

Jennifer Myburgh gesels met die regisseur, Janni Younge 23.02.2026

Jennifer Myburgh het op Mirrag met die regisseur, Janni Younge gesels oor poppespel op Pinocchio dag.

Jennifer Myburgh gesels met Dr Philip Calcott 19.02.2026

Jennifer Myburgh het in Oppinuus gesels oor KI en Dr Philip Calcott het by haar aangesluit om duidelijkheid te gee oor die voordele en nadele van KI

Jennifer Myburgh het op Mirrag met voormalige krieketspeler Johann Myburgh gesels 18.02.2026

Jennifer Myburgh het op Mirrag met voormalige krieketspeler Johann Myburgh gepraat oor sy rol as afrigter en die aanpassing van speler tot afrigter

Jennifer Myburgh het op Mirrag met Danel Louw gesels 18 Februarie 18.02.2026

Jennifer Myburgh het op Mirrag met Danel Louw gesels, sy en haar spanmaat Vicky McIntosh het onlangs 3de geeindig die Elite 15 Hyrox dubbel kategorie in Phoenix

Jennifer Myburgh gesels met Aldrin Sampear skakelbeampte in die kantoor van die minister van toerisme 17.02.2026

Jennifer Myburgh het op Mirrag met die skakelbeampte in die kantoor van die minister van toerisme - Aldrin Sampear gesels oor Wêreldtoerismeveerkragtigheidsdag

Jennifer Myburgh gesels met Frankie Opperman, seun van bekende akteur Frank Opperman 16.02.2026

Jennifer Myburgh het op Mirrag met Frankie Opperman, seun van bekende akteur Frank Opperman, gesels oor die nuwe dokumenter Frank waarvan Frankie die regisseur is

Écoute le podcast Mirrag met Annelie sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics