fr

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.kosmos.com.na

Auteur

Kosmos 94.1

Catégorie

Uncategorized

Site du podcast

www.kosmos.com.na

Dernier épisode

14 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

09:00 Nuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Namfisa betaal N$4,4m aan verbruikers na klagtes teen finansiële diens-verskaffers 14.10.2026

Namfisa het 4,4-miljoen Namibiese dollar aan verbruikers uitbetaal ná klagtes teen finansiële diens-verskaffers in die 2025/26-boekjaar. Namfisa-woordvoerder Victoria Raimond sê die reguleerder het verlede jaar 403 verbruikers-klagtes ontvang en 375 daarvan opgelos, wat neerkom op 'n oplossingskoers van 93-persent. 

DA sê Eskom kan nie aanhou om tariewe te verhoog terwyl hy minder elektrisiteit verkoop nie 14.10.2026

Die DA sê Eskom kan nie voortgaan om elektrisiteitstariewe te verhoog terwyl hy minder krag verkoop nie. Die nutsmaatskappy het vir die boekjaar wat in Maart geëindig het 'n wins van 30,3-miljard-rand aangeteken, maar ook staatshulp vir skuldverligting ten bedrae van 80-miljard-rand ontvang. Elektrisiteitsverkope het met 6,2-persent gedaal, terwyl tariewe met bykans 13-persent gestyg het. Kevin Mi...

Hardap-leerders aangemoedig om gefokus tydens eindeksamen te bly 14.10.2026

Intussen het 'n lid van die Mariental dorps-raad, Iswarin Rooi, leerders in die streek aangemoedig om gedissiplineerd en vol selfvertroue te bly voor hul eind-eksamens. Rooi erken dat sommige leerders hulpbron-beperkings en moeilike huis-omstandighede in die gesig staar... maar beklemtoon dat dié uitdagings nie leerders se toekoms moet affekteer terwyl hulle voorberei vir hoër onderwys en opleidin...

08:00 Nuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

AfriForum behaal talle suksesse met landswye misdaadvoorkomingspatrollies 14.10.2026

AfriForum sê sy jongste landwye patrollies het gelei tot inhegtenisname en die beslaglegging op dwelms, wapens en onwettige alkohol in verskeie gebiede. Die operasie het 178 buurt- en plaaswaggroepe ingesluit wat saam met die polisie gewerk het. Dit het gelei het tot die beslaglegging op wapens en dwelms in Springs, Gauteng, en sewe arrestasies en agt klopjagte op onwettige drankwinkels in Swellen...

Vyf nuwe lede ingesweer op Grondtribunaal-raad 14.10.2026

Vyf nuwe lede is ingesweer op die raad van die Grondtribunaal, vir 'n termyn van drie jaar. Die tribunaal speel 'n sleutelrol in die beslegting van geskille oor grondhervorming en die aanhoor van appèlle wat betrekking het op landbougrond. Die lynministerie se woordvoerder, Romeo Muyunda, het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

07:00 Hoofnuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Drikus Coetzee praat oor Dag 2 van Rhino Run fiets-ren 14.10.2026

Drikus Coetzee van Namibië is steeds voor in die Rhino Run fiets-ren van Windhoek na Graaff Reinet in Suid Afrika. Drikus het vanoggend met Kosmos 94.1 Nuus gepraat om ons te vertel van dag 2 van sy rit:

Amushelelo sê meer as 2800 erwe reeds by sy lughawepad-ontwikkeling bespreek 14.10.2026

Aktivis Michael Amushelelo het sy behuisings-ontwikkeling van 10 528 erwe naby Hosea Kutako Internasionale Lughawe verdedig en die waarskuwings van Stad Windhoek se uitvoerende hoof, Moses Matyayi, af-gemaak as 'n bemarkings-foefie wat slegs belangstelling verhoog het. Amushelelo sê dat meer as 2 800 kopers reeds erwe deur direkte debiet-mandate vir die projek, wat op 'n kollektiewe spaar-model we...

Dinsdag, 14 Oktober 2026 14.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Kraakvars! Nog voor die eerste haan vanoggend gekraai het, het Namibië in Bangkok 'n reuseprestasie op die jongste Absa-indeks vir Afrika se finansiële markte behaal. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die Namibiese Effektebeurs (NSX), Tiaan Bazuin, al die pad uit Thailand. In ander nuus sê Meatco hy gaan nie 'n derde van werknemers se salarisse sny nie. En N...

KykNet se Binnelanders word mondig! 14.10.2026

Binnelanders op KykNet het pas sy 21-ste jaar gevier. Human Stark vervaardiger van Binnelanders het met Kosmos 94.1 nuus gepraat.

Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne 14.10.2026

Die Amerikaanse president Donald Trump sê die VSA deel steeds inligting met Oekraïne te midde van sy voortdurende oorlog met Rusland. Dit volg op berigte dat Amerika die deel van inligting en Europese aankope van Amerikaanse wapens vir Oekraïne kan opskort indien Kiëf nie sy aanvalle diep binne Russiese grondgebied op die energie-infrastruktuur staak nie. Trump, wat die styging in wêreldwye diesel...

06:00 Nuus 14.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Gedagte vir die dag met Johan Els 14 Oktober 2026 14.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

Aanlyndobbelary in SA styg met 390% tussen 2021 en 2025 14.10.2026

Solidariteit se Helpende Hand sê aanlyndobbelary in Suid-Afrika het tussen 2021 en verlede jaar met 390-persent gegroei, wat toenemende finansiële druk op huishoudings plaas. Die organisasie se jongste verslag toon bykans driekwart van die 1,5-duisend-miljard Suid-Afrikaanse rand wat in 2024/2025 in die dobbelbedryf gewed is, het aanlyn plaasgevind, en dobbeloperateurs het ná uitbetalings 75-milja...

Een in aanhouding vir Okahandja meisie-moorde 14.10.2026

NamPol het 'n deurbraak aangekondig in die Okahandja-moordsake van Ingrid Maasdorp en Roswinds Fabiano, asook 'n volwasse vrou. Dit kom nadat 'n 18-jarige verdagte, wat oor die naweek gearresteer is vir die beweerde poging tot ontvoering van 'n 10-jarige meisie, 'n bekentenis tydens polisie-ondervraging gemaak het. Daar was ook positiewe DNS-bevestiging nadat 'n uitmekaar-gekapte liggaam naby Daan...

Op'ie Kantlyn, 13 Oktober 2026 13.10.2026

Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.

Die dag wat was, 13 Oktober 2026 13.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Die 18:00 nuus 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Sun International vra strenger dobbel-maatreëls 13.10.2026

Sun International het 'n handves vir verantwoordelike dobbelary van stapel gestuur en bepleit strenger maatreëls om mense wat dobbel te beskerm. Die handves beperk dobbeladvertensies, bied hulpmiddels om mense te beskerm en maak van volgende jaar voorsiening vir die gebruik van kunsmatige intelligensie om mense te identifiseer wat dobbelprobleme kan ontwikkel. Ulrik Bengtsson van Sun International...

Arbeidsverhoudinge-ministerie in sop by Diensbillikheidskommissie 13.10.2026

Die uitvoerende direkteur van die justisie en arbeidsverhoudinge-ministerie, Audrin Mathe, het voor die Diensbillikheidskommissie se hersieningspaneel verskyn oor nie-ingediende vorderingsverslae. Mathe het die oortreding erken en sê dat die ministerie, as bewaarders van die wet, die voorbeeld moet stel vir statutêre nakoming, en interne gevolgebestuur in die gesig moet staar terwyl hulle op die p...

Die hoofnuus om 17:00 13.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Plant inheemse bome en versorg hulle: kenner 13.10.2026

Terwyl Namibië daarna streef om teen 2030 een miljoen bome te plant, sê die plaaslike ekoloog dr. Peter Cunningham dat sukses van meer as net die plant van bome sal afhang. Hy sê die regering moet eers 'n duidelike doelwit vir die inisiatief vasstel, inheemse boomspesies kies wat by plaaslike toestande pas, en verseker dat die regte bome op die regte plekke geplant word. In 'n gesprek met Kosmos 9...

Parlement vra oor TransNamib-lokomotiefkontrak 13.10.2026

Die parlement soek antwoorde oor TransNamib se kontrak vir die herbou van lokomotiewe. Rodney Cloete, 'n parlementslid van die IPC, wil duidelikheid hê oor berigte dat die werk aan Windhoeker Maschinenfabrik, in vennootskap met Maleisië se SMH Rail, toegeken is. Dit volg op die kansellasie van die beplande aankoop van 23 lokomotiewe in 2025.

Écoute le podcast Kosmos 94.1 sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics