Kosmos 94.1
Kosmos 94.1
Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.kosmos.com.na
Auteur
Kosmos 94.1
Catégorie
Site du podcast
Dernier épisode
17 oct. 2026
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Wetenskaplikes wat molekulêre raaisel oplos kry Nobelprys vir Chemie 07.10.2026 0:16
2026 se Nobelprys vir Chemie is toegeken aan Henri Kagan van Frankryk en Kenso Soai van Japan vir hul baanbrekerswerk oor ingewikkelde chemiese reaksies en selfversterkende chemiese prosesse in asimmetriese organiese sintese. Dit help verduidelik waarom chemiese reaksies soms een vorm van 'n molekule bo 'n ander bevoordeel. Hiener Linke van die Nobelkomitee sê hul werk was ook belangrik in die ont...
GIPF moet meer binne die land belê: Venaani 07.10.2026 0:35
PDM-leier McHenry Venaani sê 'n parlementêre hersiening moet gedoen word om meer van die Regeringsinstellings Pensioenfonds se 221,1 miljard Namibiese dollar-batebasis na binnelandse infrastruktuur, industrialisering en werkskepping te rig. Net 26,4 miljard dollar van die totaal is tans plaaslik belê. Venaani het belanghebbendes aangespoor om plaaslike beleggingshindernisse aan te spreek, en sê da...
Zaamwani sê daar word ... 07.10.2026 0:37
Kry die nuus soos dit breek.
Inenting nou al opsie om BKS te keer: Zaamwani 07.10.2026 0:40
Landbouminister Inge Zaamwani het aangekondig dat inenting nou die mees lewensvatbare opsie is om die bek-en-klouseer-uitbreking in die Karasburg-distrik, waar 127 aktiewe gevalle op 15 kommersiële plase bevestig is, te bekamp. Die besmette gebied sal ook afgekordon word. Zaamwani het vanmiddag in die parlement gesê dat die Kabinet twee opsies oorweeg het: óf uitdunning van die besmette en blootge...
Die 16:00 nuus 07.10.2026 4:00
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Ondersoekeenheid kla oor terugvoer oor vervolgings 07.10.2026 0:18
Die Spesiale Ondersoekeenheid het 'n eenheid gestig om te monitor hoeveel van sy verwysings na die Nasionale Vervolgingsgesag op suksesvolle vervolgings uitloop. Die hoof, Leonard Lekgetho, het aan die Parlement se portefeuljekomitee oor Justisie gesê hulle het vanjaar reeds meer as 700 verwysings gedoen. Die komitee se voorsitter, Xola Nqola, sê die eenheid se werk is tevergeefs indien daar nie o...
Is digitale stelsel in plek vir nuwe nommerplate? 07.10.2026 0:33
PDM-parlementslid Winnie Moongo sê skandeerbare strepieskode-nommerplate alleen sal nie voertuigmisdaad beëindig sonder volle digitale afdwinging nie. Dit kom nadat die vervoerministerie nuwe skandeerbare nommerplate, duidelike blou nommerplate vir openbare vervoer en verpligte registrasie vir vervaardigers aangekondig het. Moongo het die stap verwelkom, maar sê dat sukses afhang van streng end-to...
Die 15:00 nuus 07.10.2026 4:00
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Vervoerkoste in SA 'gaan beslis styg' 07.10.2026 0:21
Die Padvragvereniging sê die jongste brandstofprys-styging gaan verdere druk op vervoerkoste en voorsieningskettings plaas wat ʼn uitwerking op produkpryse sal hê. Brandstof maak tussen 35- en 55-persent van bedryfskoste uit, afhangende van die operasie, tipe voertuig en roetes. Petrolpryse het met tussen drie-rand-12-sent en drie-rand-33-sent per liter gestyg, en dieselpryse met tussen twee-rand-8...
Staatskuld bly styg, kan goed wees, maar... 07.10.2026 0:36
Reaksie word ontvang op Namibië se toenemende binnelandse staatskuld, wat in September 168 miljard Namibiese dollar bereik het, 'n styging van 19 persent vergeleke met 'n jaar gelede. Die toename is aangedryf deur meer binnelandse geregistreerde effekte en tesourie-wissels. Die beleggingsontleder Kara van den Heever van Momentum sê dat staatslenings ekonomiese groei kan ondersteun, mits die geld a...
Die 14:00 nuus 07.10.2026 4:15
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
13:00 Hoofnuus 07.10.2026 3:58
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
FNB Kudus reg om titel teen FNB Wanderers Saterdag te verdedig 07.10.2026 0:34
Die FNB Kudus sien daarna uit om hul titel hierdie Saterdag teen FNB Wanderers te verdedig in 'n hoogs verwagte eindstryd van die Namibië-rugbyunie se Premierliga op die Hage Geingob-stadion. Kosmos 94.1 Nuus het met die Kudus se hoofafrigter, Cameron Langenhoven, gesels wat sê die span is in uitstekende vorm en vasbeslote om die wedstryd 'n mededingende een te maak.
WGO: Rusland moet deursigtig wees oor laboratorium-sterfte 07.10.2026 0:13
Die Wêreldgesondheidsorganisasie het Rusland gemaan om volledige en deursigtige inligting te verskaf na die dood van ʼn laboratoriumtegnikus by die Irkoetsk-navorsingsinstituut vir Plaagbestryding van Siberië in die suidooste van Moskou. Volgens onbevestigde berigte het die 28-jarige Darya Shipilova siek geword nadat ʼn proefbuis met builepes gebreek het, of ná ʼn besoek aan ʼn streek waar dit natuurl...
Namibië en Duitsland verdiep ontwikkelingssamewerking 07.10.2026 0:37
Namibië en Duitsland het ooreengekom om hul jarelange ontwikkelingssamewerking verder te verdiep na 'n onlangse inter-regeringsdialoog. Die twee regerings het hul gedeelde verbintenis herbevestig om volhoubare en inklusiewe ontwikkeling te bevorder deur voortgesette bilaterale samewerking, wat voortbou op pogings in die afgelope 36 jaar. Florian Seitz, adjunkhoof van die missie by die Duitse ambas...
Access Bank sal oorgrenshandel en innovasie hupstoot gee 07.10.2026 0:25
Die Bank van Namibië het 'n kommersiële banklisensie aan Access Bank Namibia toegestaan, wat die Nigeriese groep in die land se 200 miljard Namibiese dollar-sektor bring. Ekonoom Omu Kakujaha-Matundu sê Access Bank se teenwoordigheid in 24 lande sal plaaslike innovering bevorder en oorgrens-handel onder die AfCFTA versterk. Hy het met Kosmos 94.1 gepraat:
Windhoek aangewys as agtste-gegradeerde stad in Afrika 07.10.2026 0:40
Windhoek is aangewys as die agtste-gegradeerde stad in Afrika en 411ste wêreldwyd, in die 2026 Oxford Economics Global Cities Index. Die munisipaliteit het in die omgewingkategorie 'n telling van 84 gekry, en 'n bestuursgradering van 63.4, wat sy verbintenis tot omgewingsvolhoubaarheid en verantwoordelike stedelike ontwikkeling weerspieël. Die punte vir ekonomie, menslike kapitaal en lewenskwalite...
12:00 Nuus 07.10.2026 3:37
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
LPM vra dat RCC se Nelumbo gearresteer moet word 07.10.2026 0:32
LPM-LP Utaara Mootu doen 'n beroep op die onmiddellike inhegtenisneming van die waarnemende uitvoerende hoof van die Roads Contractor Company, Dasius Nelumbu, oor 17 miljoen Namibiese dollar in onafgelewerde brandstof. Mootu het gevra waarom interne oudits nie daarin geslaag het om die transaksie van 30 miljoen Namibiese dollar te stop nie. Sy het ook volle aanspreeklikheid geëis vir die vermiste...
Multi-miljoen-rand Mandrax-laboratorium in Noordwes ontdek 07.10.2026 0:19
Die polisie in Noordwes het drie Suid-Afrikaners en ʼn Zimbabwiër in hegtenis geneem na die ontdekking van ʼn multimiljoen-rand Mandrax-vervaardigingslaboratorium op ʼn kleinhoewe by Hartbeespoort-dam. Die polisie het inligting ontvang oor moontlik onwettige aktiwiteite op die perseel. Die provinsiale polisiekommissaris, Arthur Adams, sê toe hulle op die perseel aankom, het Brits se misdaadintelligen...
Binnelandse-ministerie: e-ID-sisteem het streng sekuriteits-kenmerke 07.10.2026 0:30
Die binnelandse sake-ministerie sê streng wetlike protokolle en ouditeerbare toegangslogboeke is ingebou in die nuwe elektroniese identiteitstelsel om wydverspreide identiteitsdiefstal te bekamp en dataprivaatheid te verseker. Hoofregistrateur Jackson Wandjiva sê gemagtigde liggame soos wetstoepassing, intelligensie en die Ombudsman kan slegs toegang tot identiteitsdata verkry deur aangewese wetli...
11:00 Nuus 07.10.2026 4:15
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Section27 verwelkom hofuitspraak wat 50 matriekleerders van groepafskryf vryspreek 07.10.2026 0:21
Die menseregte-voorstandersgroep Section27 het 'n uitspraak van die Hooggeregshof in Polokwane verwelkom wat 50 voormalige matriekleerders van die Baphutheng Senior Secondary School in Limpopo vrygespreek het van bewerings van eksamen-onreëlmatighede. Die leerders is van groepafskryf beskuldig nadat ooreenkomste gevind is in hul antwoorde vir die 2024-eksamens in Besigheidstudies en Ekonomie. That...
10:00 Nuus 07.10.2026 3:36
'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.
Spoed en oorlaaide voertuie bly kopseer op Windhoek-paaie 07.10.2026 0:56
Die oorlaai van voertuie en motoriste wat veels te vinnig bestuur bly van die kopsere op Windhoek se paaie. Kosmos 94.1 se Francois Lottering vertel ons meer van wat tydens vanoggend se skof van Roadwatch gebeur het:
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics