fr

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1

Kosmos 94.1 is an Afrikaans Commercial Station in Namibia. The audience profile of Kosmos 94.1: Namibian between 25-59 years old. The whole nation, and those in the higher LSM groups with disposable income listen to Kosmos 94.1. We are a news leader, disseminating news on an objective unbiased basis. We engage with high-level government in order to monitor the state of the nation, and to bring the news of the day to our listeners. Hence it is not uncommon to hear the voices of government ministers on our station - clarifying or explaining important matters, or reacting to matters of the day. T...

N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.kosmos.com.na

Auteur

Kosmos 94.1

Catégorie

Uncategorized

Site du podcast

www.kosmos.com.na

Dernier épisode

17 oct. 2026

Où écouter ?

Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponible

Les podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts

Télécharger sur Google Play Installe-la gratuitement Android près de 10 M de téléchargements · note de 4,8 iOS bientôt

Épisodes

08:00 Nuus 08.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Ramaphosa: Covid-19 beklemtoon behoefte aan plaaslike gesondheidsektor-vervaardiging 08.10.2026

Die Suid Afrikaanse president, Cyril Ramaphosa, sê die Covid-19-pandemie het die behoefte uitgelig om Suid-Afrika se plaaslike wetenskaplike, tegnologiese en farmaseutiese vervaardigingsvermoë te versterk. Ramaphosa het op die bekendstelling van die Wetenskaplike en Nywerheidsnavorsingsraad se FuturePharma-fasiliteit in Tshwane gepraat. Hy sê groter plaaslike produksievermoë is noodsaaklik om geso...

Donderdag, 8 Oktober 2026 08.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Voornemende transaksies van miljarde Namibiese dollar het Woensdag opslae gemaak. Plaaslik-genoteerde Capricorn Group beplan 'n reuse-verkryging in Suid-Afrika. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma. En: 'n Nederlandse belegger nuwe lewe in die ou Elizabethbaai-diamantmyn wil blaas.

Donderdag, 8 Oktober 2026 08.10.2026

In jou finansiële nuus vanoggend: Voornemende transaksies van miljarde Namibiese dollar het Woensdag opslae gemaak. Plaaslik-genoteerde Capricorn Group beplan 'n reuse-verkryging in Suid-Afrika. Ons gesels met die uitvoerende hoof van die groep, David Nuyoma. En: 'n Nederlandse belegger nuwe lewe in die ou Elizabethbaai-diamantmyn wil blaas.

Nandi-Ndaitwah ontvang geloofsbriewe nuwe ambassadeurs en hoë kommissarisse 08.10.2026

President Netumbo Nandi-Ndaitwah het Woensdag die geloofsbriewe van nege nuut aangewese ambassadeurs en hoë kommissarisse in Namibië ontvang. Die diplomate verteenwoordig Nigerië, Duitsland, Turkye, Soedan, die Filippyne, Panama, Mali, Griekeland en Pakistan. Mirco se adjunkdirekteur vir Europese sake, Valombola Kalomoh, het die diplomatieke mylpaal uitgelig en sê dit sal Namibië se internasionale...

DA: Landelike gemeenskappe het vinniger optrede en beter hulpbronne nodig 08.10.2026

Die DA sê landelike gemeenskappe het vinniger polisie-optrede en beter hulpbronne nodig om misdaad in boerderygebiede te bekamp. Dit volg na die moord op Hannetjie van Zyl naby Ottosdal in Noordwes. Die party voer aan dit het die polisie ongeveer 'n uur geneem het om die toneel te bereik na Van Zyl by die ingang na haar plaas aangeval is. Carin Visser van die DA doen 'n beroep op beter polisiehulp...

Amupanda vra vir regterlike hervormings 08.10.2026

Die AR-leier, Job Amupanda, het in die parlement 'n beroep gedoen op regterlike hervormings, insluitend die instelling van 'n konstitusionele hof, 'n suidelike afdeling van die hoërhof in Oranjemund, en termynbeperkings vir die regstelsel oorweeg.

07:00 Hoofnuus 08.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Aksie-belaaide Saterdag beloof by Itumba Enduro 08.10.2026

Die Itumba Enduro bring Saterdag aksie vol adrenalien na die suidelike buitewyke van Windhoek. Pieter van Helsdingen, ondervoorsitter van die Enduro-klub, het met Motor Media Namibia oor die naweek se geleentheid gesels. Hy het ook belangstellendes uitgenooi om die dag te kom geniet, die Enduro-ryers persoonlik te ontmoet en meer oor die sport te wete te kom.

984 studente vang graad by vandag se Unam lente-gradeplegtigheid 08.10.2026

Unam hou vandag sy lente-gradeplegtigheid, waartydens 984 studente hul kwalifikasies sal ontvang. Unam-woordvoerder Simon Namesho het aan Kosmos 94.1 Nuus gesê dat die plegtigheid deel vorm van 'n rekordgetal van 5 326 gegradueerdes vir 2026, die hoogste syfer in die universiteit se geskiedenis. Dit verteenwoordig 'n toename van 23 persent sedert 2022 en 'n styging van 11 persent vergeleke met ver...

Voormalige Eskom-woordvoerder, Khulu Phasiwe op 52 oorlede 08.10.2026

Eskom bring hulde aan sy voormalige nasionale woordvoerder, Khulu Phasiwe, wat in die ouderdom van 52 gesterf het. Hy was ten tye van sy dood die hoof van Korporatiewe Sake en Kommunikasie by Lugverkeer- en Navigasie-dienste. Hy het voorheen as senior kommunikasie-raadgewer en later as nasionale woordvoerder van Eskom gedien. Die woordvoerder, Daphne Mokwena, het haar medelye aan Phasiwe se gesin,...

Zaamwani: Diere in BKS-gebiede se toegang tot water verbeter 08.10.2026

Landbouminister Inge Zaamwani sê maatreëls word ingestel om te verseker dat vee, in gebiede wat deur bek-en-klouseer geraak word, toegang tot water het. Sy sê die regering probeer met dié stap die beweging van diere tussen waterpunte beperk en om kontak tussen verskeie kuddes te vermy. Zaamwani het in die parlement gepraat: Inge Zaamwani Donderdag

06:00 Nuus 08.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Gedagte vir die dag met Johan Els 8 Oktober 2026 08.10.2026

Luister na vandag se boodskap met Ds. Johan Els

WGO vra Rusland vir meer inligting oor laboratorium-sterfte 08.10.2026

Die Wêreldgesondheidsorganisasie het die Russiese regering gevra vir meer inligting oor die dood van 'n werknemer by 'n Siberiese pesnavorsingseenheid. Dit sluit in besonderhede oor die laboratoriumtoetse wat op haar gedoen is, het die WGO se direkteur-generaal Tedros Ghebreyesus in 'n media-inligtingsessie gesê. Die organisasie het Rusland ook gevra vir meer besonderhede oor die openbare gesondhe...

Zimbabwe wil handelsbande met Namibië uitbrei 08.10.2026

Zimbabwe se uitvoere na Namibië het verlede jaar op ongeveer 5 miljard Namibiese dollar te staan gekom, vergeleke met Namibiese uitvoere na Zimbabwe van sowat 46 miljard dollar. Die handelsurplus is grootliks deur die visserye- en brandstofsektore aangedryf. Jacqueline Nyathi, ZimTrade se bestuurder vir die suidelike streek, wat vir driedaagse handelsamesprekings in Namibië is, sê haar land wil be...

Op'ie Kantlyn, 7 Oktober 2026 07.10.2026

Gedruk vir tyd? Rond en bont die hele dag? Kosmos 94.1 Nuus bring vir jou die dag se sportnuus. Plaaslik. In die streek. Internasionaal. Gratis en in Afrikaans. ‘n Samevatting, in minute. Jy kan nie sê jy het nie geweet nie. Elke weeksaand om sewe.

Die dag wat was, 7 Oktober 2026 07.10.2026

Kry die nuus soos dit breek.

Die 18:00 nuus 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

Cameron Green uit eerste toets teen Proteas 07.10.2026

Krieket: Australië se hoofafrigter, Andrew McDonald, het bevestig die veelsydige Cameron Green sal nie speel in die eerste toets teen Suid-Afrika wat Vrydag in Durban begin nie. Hy het verlede week 'n buikbesering opgedoen tydens die derde eendagwedstryd teen die Proteas in Potchefstroom. Australië sal nou waarskynlik tussen Cooper Connolly en Nic Maddinson moet kies as nommer vyf-kolwer. McDonald...

Agri SA waarsku oor finansiële druk op boere, BKS 07.10.2026

Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil ook hê die regering en die landbousektor...

Agri SA waarsku oor finansiële druk op boere, BKS 07.10.2026

Agri SA se uitvoerende hoof, Johan Kotzé, sê Suid-Afrikaanse boere verkeer onder toenemende finansiële druk weens bek-en-klouseer, stygende insetkoste, laer winsvlakke en die gevaar van El Niño-toestande. Hy het in 'n onderhoud met Farmers Weekly sterker ontwikkelings-befondsing gevra vir boere wat nie toegang het tot tradisionele befondsing nie. Kotzé wil ook hê die regering en die landbousektor...

Die hoofnuus om 17:00 07.10.2026

'n Belangrike bulletin misgeloop? Geen probleem, luister na elke bullie net hier. Al die hoof nuus op een plek.

BKS het 'proaktiewe voorkoming nodig, nie reaktiewe bestuur' 07.10.2026

Die regering het 'n massa-ringinenting oor 11 plase in die Karasburg-distrik van stapel gestuur na die bek-en-klouseer uitbreking. Landbou-ontleder Wallie Roux sê die herwinning van Namibië se bek-en-klouseer-vrye status vereis proaktiewe voorkoming eerder as reaktiewe bestuur, en dring aan op deursigtigheid oor hoe die virus die bek-en-klouseer-vrye sone binnegekom het. Hy het met Kosmos 94.1 Nuu...

Plaaslike ster Melissa Muller blink uit by SA Uitvoerende Kunste-kampioenskappe 07.10.2026

Die Namibiese kunstenaar Melissa Muller het twee algehele trofeë en verskeie medaljes in sang, toneelspel en dans by die 2026 Suid-Afrikaanse Uitvoerende Kunste-kampioenskappe gewen. Muller het goud in kletsrym en R&B verwerf, asook 'n eerste algehele oorwinning in die kitaarkategorie. Sy het haar dankbaarheid uitgespreek, haar ondersteuners bedank en haar mede-Namibiese deelnemers geprys vir hul...

Écoute le podcast Kosmos 94.1 sur Replaio

La radio et les podcasts dans une seule appli - gratuite, sans inscription. Installe-la dès aujourd'hui et ne rate pas le lancement

Télécharger sur Google Play

Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics