RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Dood én 'n boete 18.08.2026 1:39
‘n Vrou in Auckland in Nieu-Seeland se hart het gaan staan in supermark se parkeerterrein. Sy was tegnies dood, maar het oorleef, en is met ‘n ambulans hospitaal toe. Haar motor het egter vyf en ‘n half ure daar gestaan, en op die ou end het sy ’n boete van $80 dollar gekry.
Jellievisse 17.08.2026 8:02
Marinebioloog Maryke Musson vertel hoe jellievis deesdae gebruik word.
In die wêreld van landbou 17 Augustus 2026 17.08.2026 5:20
In hierdie week se landbounuus: Bek-en-klouseer-entstofbestellings kan nou op RMIS se platform vir veeartse bestel word; Suid-Afrika is weer ’n netto-invoerder van sekere suiwelprodukte; Kleinhandelverkope van trekkers daal; Suid-Afrika se koring-invoertarief is na nul gewysig.
Dexterbees op die spyskaart 17.08.2026 6:06
Prof. Phillip Strydom praat oor Dexterbeeste. Hy vertel hoe hulle in boerdery ingespan word, en die aansprake wat oor hulle vleis gemaak word.
Moenie slapende bere wakker maak nie 17.08.2026 1:16
Iemand in Noorweë is nagenoeg R86 000 beboet omdat hulle ‘n boot se mishoring gebruik het om ‘n ysbeer uit hibernasie wakker te maak.
Groen Piketberg-roete 14.08.2026 7:37
Georgia Abrahams vertel vir Martelize Brink van die Groen Piketberg R366 selfry-toersimeroete. Gaste word genooi om te deel in alles wat die omgewing bied.
360 Speseryroete: Lourierblare 14.08.2026 8:11
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor die gebruik van lourierblare in kookkuns.
2 714 km en R100 000 later... 13.08.2026 8:52
Hulle is almal ouer as sestig, maar oud-skoolhoof Hubert Titus, onderwyser Lukas Minnie en motorwerktuigkundige Leon Hougard het op 28 Junie die pad gevat per fiets vanaf Rundu in Namibië tot in Worcester, hulle tuisdorp. Ons het in Julie met hulle gesels terwyl hulle nog hard besig was om die kronkelpaaie aan te durf. Hulle het intussen veilig op Worcester aangeland. Die span het 2 714 km getrap...
Jonk: Oefening vir 60 plussers 13.08.2026 12:11
Arbeidsterapeut Lize Visser verduidelik hoe persone ouer as 60 fisieke oefening moet benader.
Papawerprobleme 13.08.2026 1:50
Trader Joe’s se gewilde speserymengsel, Everything But The Bagel, word in Singapoer en Suid-Korea verbied omdat dit papawersaad bevat. In Seoel sê hulle dat die mengsel positief toets vir morfien en kodeïen, wat opioïede is wat in die papawerplant se sap voorkom.
Wilma se Amerikaanse landbou-avontuur 12.08.2026 7:33
Wilma Willemse het 'n voorsmakie van die landbouwêreld gekry toe sy by 'n inlegfabriek gewerk het. En toe kies sy ‘n loopbaan in verpleegkunde. Die landboubedryf het egter hard geroep, en op die ou end het Wilma bedank toe sy die geleentheid gekry het om in Amerika op 'n plaas te gaan werk. Sy geniet elke liewe oomblik, vertel sy vir Haidee Muller-Isaacs.
Dorpsgeheime: Upington se kameelstandbeeld 12.08.2026 9:19
Dr. Henry Abbott vertel van Upington se standbeeld van ‘n kameel en ruiter, wat voor die polisiekantoor staan. Dit bring hulde aan die kameel se rol in die beredepolisie.
Woelige kind oorsaak van vlugkansellasie 12.08.2026 1:34
‘n Kind wat geweier het om te sit en die veiligheidsgordel vas te gespe, het veroorsaak dat ‘n vlug in Kanada gekanselleer is.
Êrens oorsee: Mechelen, België 11.08.2026 11:27
Steven Drotské vertel vir Martelize Brink van Mechelen in België. Hy bring die braai na hulle bierkultuur!
Dean en Kayle 11.08.2026 7:53
Kortom is een van RSG se gewildste potgooi-besoekpunte, want ‘n groot verskeidenheid kortverhale word Dindagaande om 22:10 daarin voorgelees. Vannaand stel regisseur Johan Rademan ons voor aan Advokaat Piet van Wyk wat in sy bundel, TUSSEN TWEE VURE, sy verskeurdheid as ‘n jong bruin polisieman in ‘n veranderende Suid-Afrika weergee. Die voorleser en bekroonde akteur, Dean Balie, se ouers was beid...
Fiktiewe karakter stuit nuwe kabel 11.08.2026 1:55
‘n Kragkabel van £430 miljoen het weens klagtes geskuif. Die beplanning was dat dit op ‘n strand deur die simboliese graf van die karakter Dobby uit Harry Potter sou loop.
Wat is fout met my kat/hond? 10.08.2026 8:00
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars se vrae oor katte en honde.
In die wêreld van landbou 10 Augustus 2026 10.08.2026 4:52
In hierdie week se landbounuus: Dr. Theo de Jager van Saai en dr. Danie Odendaal van Veearts Netwerk dien nou ook op die Departement van Landbou se Bedryfskoördineringsraad. Die Nasionale Oesskattingskomitee sê die land se verwagte mielie-oes is die grootste op rekord. Gedeeltes van die suidwestelike streek in die Wes-Kaap beleef die droogste Julie nóg. Beoordeling in Agri-Expo se tweede Suid-Afri...
Wat beteken al die datums op vleisverpakking? 10.08.2026 13:01
Prof. Phillip Strydom vertel vir Martelize Brink hoe om die verskillende datums op vleisverpakking te interpreteer.
Dans vir afslag 10.08.2026 1:08
‘n Petrolstasie in die VSA gee mense die geleentheid om te dans, om tot 20% afslag te kry.
Joanie se agterplaas 07.08.2026 8:55
Joanie Combrink vertel vir Johan Rademan van Agterplaaas, die RSG-middagvervolgverhaal waarvan sy die regisseur was.
360 Speseryroete: Kosmites 07.08.2026 4:25
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor historiese kosmites, soos dat nachos Meksikaans is.
Niel vir rolstoele 07.08.2026 3:37
Niel Germishuys van die Living Large Stigting stap van Swakopmund in Namibië na Mouillepunt in Kaapstad om geld in te samel vir rolstoele.
'n Kort partytjie 07.08.2026 1:50
Op vlerksleeptoepassings kry mense langer as 6 voet by verre die meeste aandag. In Engeland word daar nou partytjies vir enkellopendes gehou, maar jy moet korter as 6 voet wees om in te kom.
Marno Meyer se rugby in Hongkong 06.08.2026 7:14
Op 1 Oktober 2027 is dit die opening van die Rugby Wêreldbeker-eindtoernooi in Perth, Australië. Die gasheerland se openingswedstryd is teen Hongkong – China. Johan Rademan gesels met die Direkteur van Rugby by Sandy Bay RFC in Hongkong, oud-Vrystater Marno Meyer, wat ook in die afrigtingspan van die Wêreldbekergroep ingesluit is. Die kanse dat selfs Paul Roos Gimnasium en Paarl Gimnasium ook op d...
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics