RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
Auragevegte 28.08.2026 2:02
‘n Ander generasie se boerdery! “Aura farming” is ‘n aanlynkonsep wat nou in die regte wêreld vorm aanneem met auragevegte. Mense doen iets indrukwekkend, maar laat dit moeiteloos lyk. Toeskouers se reaksie bepaal wie die wenner is.
Colin Fluxman (Deel 2) 27.08.2026 8:22
Die oudnuusleser, Colin Fluxman, wat al langer as 30 jaar in Amerika woon, vertel van die dag toe hy die nuus moes lees oor sy destydse vrou, 'n bekende TV-joernalis, se affair met 'n ewe bekende kerkman en anti-apartheidsaktivis.
Jonk: Kos wat jy dink gesonder opsies is 27.08.2026 7:46
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor kos, wat jy dink gesonder opsies is, maar nie altyd die geval is nie.
Hof beveel boer om sy boord te vernietig 27.08.2026 1:18
‘n Britse publikasie berig oor ‘n hof wat ‘n Amerikaanse boer aangesê het om sy naktarienboord uit te trek. Dít nadat hy vanjaar die publiek genooi het om hulleself te help. Sesduisend besoekers het sowat 83 000 kilogram se vrugte daar weggedra.
Colin Fluxman (Deel 1) 26.08.2026 8:08
Jy sal hom onthou as destydse SAUK TV-nuusleser en aanbieder van die gewilde misdaadprogram, Police File. Hy was ook omroeper en programbestuurder van die eerstydse Springbok Radio. Colin Fluxman woon al langer as 30 jaar in Amerika, waar hy as steeds sy ding doen as stemkunstenaar. Hy is ‘n pa van vyf en oupa van sewe. Haidee Muller-Isaacs het hom op 'n heel interessante manier opgespoor...
Dorpsgeheime: Calvinia se reuse posbus 26.08.2026 7:41
Dr. Ervin Coetzee vertel vir Martelize Brink van Calvinia se reuse posbus, die grootste in die wêreld.
Verkoelde brakkiepakkies vir Japan se honde 26.08.2026 1:10
In Japan verkoop hulle klere vir honde, wat help teen die hitte. Battery-aangedrewe waaiers blaas lug oor ys in die halsband voor dit oor die hond sirkuleer.
Êrens oorsee: Viëtnam 25.08.2026 14:11
Jurgie Schoeman vertel van die lewe in Viëtnam. Hy sê dit is daardie tyd van die jaar wanneer rys geoes word.
Anthea se storie 25.08.2026 9:06
Haidee Muller-Isaacs gesels met Groeipyne se Anthea Fredericks, wat ook 'n nuusskrywer is by die SAUK. Sy vertel van haar kleurryke joernalistieke loopbaan, en die verlies van die liefde van haar lewe in 2021.
Medalje-moles 25.08.2026 1:21
Daar was ‘n glips met die ontwerp van die Syndey-marathon se medaljes. In plaas van Sydney se Allianz Stadion verskyn München in Duitsland se Allianz Arena saam met ander Sydneybakens op die medalje.
SA se sardyntjies het herpes 24.08.2026 7:31
Mariene bioloog Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van die sardynherpes wat sardyntjies aan die Weskus het, en die impak wat die siekte in Nieu-Seeland en Australië gehad het.
In die wêreld van landbou 24 Augustus 2026 24.08.2026 5:39
In hierdie week se landbounuus: Graan SA en ‘n aantal bedryfsvennote oorhandig ‘n petisie aan die JSE. Kommer oor die verspreiding van bek-en-klouseer in die Oos-Kaap. SA se landboubedryf groei met gemiddeld sowat 3% per jaar. Indië keur nuwe uitvoervoorwaardes vir Suid-Afrikaanse sitrus goed.
Organies, vrylopend, graangevoer en grasgevoer 24.08.2026 8:14
Prof. Phillip Strydom vertel vir Martelize Brink wat die terme, organies, vrylopend, graangevoer en grasgevoer beteken op die etikette op vleis.
'n Prins vir België 24.08.2026 1:34
Motorverkoopsman Clément Vandenkerckhove is verlede week erken as ‘n Belgiese prins, egter sonder koninklike toelae, amptelike pligte en aanspraak op die Belgiese troon. Prins Clément se ma het ‘n verhouding met die koning se broer, prins Laurent, gehad voor sy huwelik met prinses Claire in 2003.
Anna Nel van Vastrap 21.08.2026 4:31
Haidee Muller-Isaacs was onlangs op Ceres waar sy 'n paar plaasvroue toegespreek het op Vrouedag. Daar het haar paaie gekruis met Anna Nel van Vastrap. Dié het daar aangekom met 'n boksie uie as geskenk, want haar wêreld se uie is die beste - vars uit die grond uit.
360 Speseryroete: Die seël van vleis en olie by pastawater 21.08.2026 7:15
Kos en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kosmites soos dat jy ‘n bietjie olie by die water moet sit wanneer jy pasta kook om te keer dat dit aan mekaar vassit.
'n Film só swak, dit maak geld! 21.08.2026 1:43
In China is die film, Niu Lai, ‘n onverwagse lokettreffer. Dit is só swak gemaak dat mense dit gaan kyk om te kan saampraat. In ‘n mate is dit ook ‘n vorm van verset teen kunsmatige intelligensie-skeppings.
Kry die bye terug in die boord 20.08.2026 5:04
Lehanro Maritz vertel vir Martelize Brink van ‘n produk wat bye na die boord lok. Die produk bevat die feromoon wat werkersbye afskei om die res van die korf te laat weet dat daar ‘n gunstige voedingsbron is.
Jonk: Breinfiksheid vir mense ouer as 60 20.08.2026 10:29
Arbeidsterapeut Lize Visser praat oor fiksheid vir jou brein anderkant 60. Sy gee praktiese raad en waarsku om nie te wag tot dinge nie meer so lekker werk nie.
Hond "vang" sy baas 20.08.2026 1:36
‘n Man in Engeland het vir die polisie weggejaag - vir sy hond ook. Die hond het sy pad terug huis toe gekry, en die polisie is saam om hom te arresteer.
Shirley se hart vir haar Volstruisdorp-gemeenskap 19.08.2026 7:13
Op haar tuisdorp, Oudtshoorn, gesels Haidee Muller-Isaacs met Shirley Erasmus. Sy is 'n oudonderwyseres en ook 'n gemeenskapsontwikkelaar. Sy vertel van die afgelope 25 jaar se skoonheidswedstryde waarby sy betrokke was, en hoekom sy dit vanjaar behoorlik vier.
Dorpsgeheime: Boksburg 19.08.2026 6:07
Neels Schoeman, ’n boorling van Boksburg, vertel waar die dorp sy naam gekry het.
Goud in die muur 19.08.2026 1:16
In Vlaandere in België is daar tydens huisverbeteringe €9 miljoen se goud in die muur gekry. Die huis behoort aan ‘n liefdadigheidsorganisasie. Indien die wettige eienaar dit nie binne vyf jaar opeis nie, deel die bouspan en die liefdadigheidsorganisasie dié goue gelukkie.
Êrens oorsee: Katalonië, Spanje 18.08.2026 10:21
Len Gerber vertel vir Martelize Brink van die lewe in Katalonië in Spanje, waar hulle ‘n klipruïne gekoop, en self tot ‘n huis omskep het. Hy sê dis ‘n fietsryparadys waar mens dit rustig vat.
Fanus en Elric se Soetmelksvlei 18.08.2026 8:32
Fanus Fourie sou in die ou dae ‘n houtwerkonderwyser gewees het, maar vandag is hy die aktiwiteitsbestuurder by Soetmelksvlei langs Babylonstoren. Elric Dampies werk met hout in die aktiwiteitssentrum, Johan Rademan het hulle gaan inloer.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics