RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
360 Speseryroete - Deel 118 20.02.2026 11:50
Kos- en klutuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche vertel van moskonfyt en mosstroop in Suid-Afrikaanse kookkuns.
Voedsame kos vir voedingskemas 20.02.2026 8:12
Org van der Watt praat oor dwerggroei, wat sowat 2 miljoen Suid-Afrikaanse kinders onder vyf raak. Die StartWell-stigting is ‘n nie-regergeringsorganisasie wat die uitdaging aanpak met ‘n voedsame gereg wat kinders in verskeie voedingskemas ondersteun. Jy maak dit aan soos pap.
Filterfout 20.02.2026 1:20
‘n Smaakmaker in China is 140 000 sosiale media-volgelinge kwyt ná ’n filter, wat haar voorkoms soos dié van ‘n porseleinpop maak, ophou werk het tydens ’n regstreekse uitsending. Toe sien die mense hoe sy eintlik lyk...
Riaan Grobler se nuwe boek 19.02.2026 8:08
Riaan Grobler vertel vir Martelize Brink van sy jongste roman, Die Avonture van Helga Roets, en hoe hy by skryf uitgekom het nadat hy drama studeer het.
Marius ry fiets vir kinderhuis 19.02.2026 8:37
’n Vreeslose en dapper Marius du Preez maak flink planne om op sy toerfiets klim en ’n buitengewone reis te begin. Nie net vir persoonlike glorie of avontuur nie, maar vir iets veel dieper en betekenisvol. Vir hom gaan dit oor kinders, en om hulle weer te laat glimlag. Hulle noem hom The Unhurried Bike Packer.
Jonk 19 Februarie 2026 19.02.2026 7:16
Valpré Huisamen praat oor die interaksie tussen kos en medisyne, en wat en wat nie saam werk nie.
Tweeduisend jaar oue skinderstories 19.02.2026 0:57
‘n Boek wat 2 000 jaar gelede in Latyns verskyn het, se Engelse vertaling is tans bo aan die Sunday Times Hardeband Nie-fiksie Topverkoperlys.
Wêreld se beste Chenin Blanc-wynmaker 18.02.2026 9:12
Johan Jordaan is vir die tweede agtereenvolgende jaar as die wêreld se beste Chenin Blanc-wynmaker aangewys. Martelize Brink praat met hom oor sy sukses.
Wat kan ons leer by... 18 Februarie 2026 18.02.2026 14:52
Dr. Mandie Uys vertel van China en hoekom die Chinese met al die kennis tot hulle beskikking en uitvindsels soos die kompas en buskruit, nie die wêreld oorheers het nie.
Klere groei saam met die kind 18.02.2026 1:26
‘n Lugvaartingenieur van Engeland is deesdae ook ‘n kleremaker. Omdat kinders so gou uit hulle klere uit groei, het dit hom laat besluit om kinderklere te maak wat kan rek soos die kind groei. Die ontwerp is geinspireer deur hoe satelliete gebou word.
Êrens oorsee 17 Februarie 2026 17.02.2026 11:26
Roux Gerber vertel vir Martelize Brink van die agt jaar wat hy en sy vrou, Christine, op ‘n seiljag in die Karibiese See woon.
Esta en die sekswerkers 17.02.2026 7:33
Esta Thompson lei Seeds of Hope, ’n interkerklike groep vrywilligers. Vir die afgelope 17 jaar is sy en haar span alombekend aan die sekswerkers langs of naby Voortrekkerweg, in 'n gebied wat bekend staan as Downtown Parow. Sy ontferm haar oor hulle almal, maak nie saak wie of wat hulle is nie. Haidee Muller-Isaacs het met haar gesels.
Die knielende koerier 17.02.2026 1:20
In China kan jy ‘n koerierdiens betaal om namens jou die familie vir nuwejaar te besoek, en selfs te kotou. Dis kniel met die voorkop teen die grond, as teken van respek.
Visse wat van geslag kan verander 16.02.2026 5:52
Maryke Musson vertel vir Martelize Brink van visse wat van geslag kan verander. Anemoonvisse soos Nemo, broei almal as manlik uit.
Jou naam se komvandaan 16 Februarie 2026 16.02.2026 8:32
Dr. Willem Botha praat oor Germaanse name wat met diere verband hou, soos Linda, Arend, Wolf, Adolf, Rudolf, Roelof en Arnold.
Duur herdenkingsgeskenk 16.02.2026 1:33
‘n Herdenkingsgeskenk het deur die vingers geglip. $2 000 aan ‘n lint is met ‘n heliumballon per ongeluk die hemele in!
Willem se Argentynse avontuur 13.02.2026 9:22
Hoe het dit gebeur dat Willem Viljoen, aanbieder van Vastrap op RSG, vir ‘n jaar en ‘n half in Argentinië beland het? Daar het hy in die spelonke van die Andesgebergtes hamme gemaak saam met ‘n Italianer. En wat het Ollie Viljoen se seun uit die ooreenkoms tussen Argentynse en Suid-Afrikaanse Boeremusiek geleer, en huis toe gebring? Johan Rademan het gaan uitvind.
360 Speseryroete - Deel 117 13.02.2026 7:57
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor kruie en speserye wat as insekweermiddel ingespan word. Ons hoor onder andere van resepte teen muskiete, muggies en muise.
Troeteldiere nou by hulle mense begrawe 13.02.2026 1:10
Sao Paulo in Brasilië het ‘n nuwe wet. Die Bob Coveiro-wet is vernoem na ‘n hond wat 10 jaar lank in die begrafplaas by sy baas se graf gebly het. Honde en katte kan in daardie staat nou by hulle mense begrawe word.
Kaap tot Kaïro in 301 dae! 12.02.2026 16:20
Keith Boyd vertel van die Guinness Wêreldrekord wat hy opgestel het deur 11 000 km van die Kaap tot in Kaïro te hardloop in 301 dae.
Athina leer almal om te sweis 12.02.2026 7:21
Sy deel nie visse uit nie, maar as baanbrekeropvoeder en sweis-spesialis op die Kaapse Vlakte, leer Athina Dennis voornemende ambagsmanne in die meganiese bedryf al langer as 13 jaar lank hoe om self die vis in te katrol. Sedert 2017 is Athina ‘n onderwyser by die tegniese hoërskool, Oval North High, in Beacon Valley, Mitchells Plain, waar sy spesialiseer in meganiese tegnologie, metaalwerk en ing...
Jonk 12 Februarie 2026 12.02.2026 6:27
Dieetkundige Valpré Huisamen vertel waarom spiermassa so belangrik is namate ons ouer word.
Rooi straatligte in Denemarke 12.02.2026 1:12
Gladsaxe in Denemarke het nou rooi LED-straatligte om te help met ligbesoedeling. Veral vlermuise baat hierby. Dit dien ook as baken van waar kwesbare spesies, herriner mense aan diere se lot.
Hewitt, die kritiek-bedreigde spookpadda 11.02.2026 7:57
In die bergstroompies naby Loerie in die Oos-Kaap het Mariska Spoormaker saam met Hennie de Beer, afgetrede natuurbewaringsbeampte, gaan soek na die kritiek-bedreigde Hewitt-spookpadda.
Wat kan ons leer by... 11 Februarie 2026 11.02.2026 17:08
Dr. Mandie Uys vertel wat ons kan leer by die antieke Chinese. Sy fokus op tandsorg en medisyne.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics