RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
N'hésitez pas à visiter le site du podcast et à soutenir son créateur : www.rsg.co.za
Où écouter ?
Les podcasts dans l'appli Replaio Radio Bientôt disponibleLes podcasts arrivent très bientôt dans l'appli. Installe-la dès maintenant et découvre en avant-première une toute nouvelle façon de vivre les podcasts
Épisodes
360 Speseryroete - Deel 127 01.05.2026 8:58
Herman Lensing vertel hoe hy droëvrugte in die kombuis inspan.
Hoendermoord met musiek 01.05.2026 1:36
‘n Hoenderboer in Indië is polisie toe nadat 140 hoenders gevrek het. Na bewering is die rede harde musiek wat ‘n platejoggie vir ‘n trougeselskap gemaak het.
Retief Scholtz se skryfwerk 30.04.2026 7:26
Retief Scholtz gesels met Martelize Brink oor sy skyfwerk. Hy is hoofskrywer van die sepie, Suidooster. Sy komedie, KRY VIR JOU ’N TUX, THOMAS, is tans op die planke.
Marika se modes 30.04.2026 5:27
Marika Opperman vertel vir Martelize Brink wat dit verg om ‘n model te wees anderkant 45, groter modelle op die loopplanke, en die modes wat by SA Modeweek te sien was.
Jonk 30 April 2026 30.04.2026 11:47
Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor pasta wat van verskeie soorte meel gemaak word.
Boer val met bye aan 30.04.2026 1:07
‘n Vrou in Amerika het ses maande tronkstraf gekry nadat sy ‘n vriend wou bystaan. Sy is ’n byeboer, en het ‘n vrag byekorwe geneem om die balju te verhoed om op sy huis beslag te lê.
JBay se spekboom-labirint 29.04.2026 7:29
Zuanda Badenhorst vertel vir Martelize Brink van Jeffreysbaai se spekboom-labirint, en vanjaar se viering van Wêreld Labirintdag wat tydens die dorp se Kunskoors plaasvind.
Derrick Grootboom se kronkelpad 29.04.2026 9:04
Haidee Muller-Isaacs gesels met die menseregte-aktivis, Derrick Grootboom, wat ná meer as 24 jaar in die Nasionale Vervolgingsgesag uittree uit sy amp as staatsaanklaer. Nou keer hy terug na sy ander passie om stories te vertel op Robbeneiland. Sy pad het hele paar kronkels geloop voordat hy hier uitgekom het, sê hy.
Politikus ploeg 'n kolfblad 29.04.2026 1:29
‘n Plaaslike politikus in Indië was ongelukkig omdat hy nie genooi is na die eindstryd van ‘n krieketkompetisie nie. Toe saboteer hy die geleentheid deur met ‘n trekker op die veld te ry en die kolfblad om te ploeg.
Êrens oorsee 28 April 2026 28.04.2026 10:22
Rikus Grobler vertel vir Martelize Brink van die Ubuntu-bergfietsryroete wat hy in Payson, Arizona, VSA, aangelê het.
Die boubedryf se koolstofvoetspoor 28.04.2026 8:39
Sy bynaam is Johan Beton, en vir Johan Coetzee, ‘n gekwalifiseerde ingenieur, is ‘n droom bewaarheid toe hy met herwinde plastiekbottels, afvallap en oorskiet T-hemde sy koolstofvoetspoor dramaties kon laat daal. Sy Zerocrete het by die Wes-Kaap se Ekonomiese Nywerheidstoekennings die Innovasie-toekenning losgeslaan. Johan Rademan het met die deur in die huis geval toe hy hom besoek het.
'n Platter Lamborghini 28.04.2026 1:26
‘n Lamborghini van $250 000 is in ‘n parkeerterrein platter gery deur ‘n ekstra groot bakkie. Moontlik was dit die hoogte verskil, maar die bakkiebestuurder was onbewus van die sportmotor waarop die bakkie tot stilstand gekom het.
Veearts antwoord vrae oor katte en honde 27.04.2026 8:27
Veearts dr. Ingrid de Wet beantwoord luisteraars vrae oor honde en katte. Van honde wat met klippe speel tot ‘n kat wat die bure se huis verkies bo dié van die kat se eienaar.
In die wêreld van landbou 27 April 2026 27.04.2026 5:28
In hierdie week se landbounuus kyk ons na die jongste oor bek-en-klouseer, en Tongaat Hulett se hofgeding, wintergewasaanplantings in die Wes-Kaap, en Suid-Afrikaanse olyfolie wat in Spanje gewen het.
Jou naam se komvandaan 27 April 2026 27.04.2026 8:57
Dr. Willem Botha praat oor Griekse name in Afrikaans, soos Katharina, Sophia, Andreas, Andries en André.
Spaanse rower afgelag 27.04.2026 1:27
In Malaga in Spanje, was die werknemers van ‘n kroeg en gereelde klante onder die indruk dat ‘n rower gewapen met ‘n machete en ‘n vuurwapen ‘n gereelde klant was wat ‘n poets bak. Hulle het hom afgelag. Almal het rustig voortgekuier en hy is toe maar fort. Eers toe hy in hegtenis geneem is, nadat hy verskeie ander kroeë beroof het, besef hulle toe hulle fout.
Laaiplek se basaar 24.04.2026 6:29
Dirk van Eeden vertel van Laaiplek se supergewilde kerkbasaar. Daar daag elke jaar tussen 3 000 en 5 000 mense op om dié uitbundige affêre by te woon. Ons hoor van die liplekker pannekoeke en kerrieafval en nog baie meer. Dis ook nie net 'n basaar nie, dis 'n danksegingsfees.
360 Speseryroete - Deel 126 24.04.2026 9:30
Kos- en kultuurhistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat oor museums van smaak. Daar is die lekker goed, maar ook ‘n museum van kos wat mense as walglik beskou.
Vlieg, viool, vlieg! 24.04.2026 1:40
Tydens ‘n konsert in Finland, het ‘n dirigent per ongeluk ‘n solis se viool getref dat dit trek. Die skrik was groot toe die 18 de eeuse Guadagnini-viool, wat tussen £1,3 miljoen en £2,6 miljoen werd is, die vloer tref.
Boeke in die hand 23.04.2026 6:54
Sylvia Kleynhans vertel vir Martelize Brink van die Wêreld Boekedag vieringe by Laerskool Generaal Nicholaas Smit in Pretoria. Die Afrikaanse Taalraad is saam met die Vriende van Afrikaans ook daar betrokke.
Jonk 23 April 2026 23.04.2026 9:34
Dr. Barbara van der Westhuizen vertel vir Martelize Brink hoe dermatoloë lasers inspan in behandelings soos haarverwydering, pigmentverwydering en teenveroudering.
Verwarring tussen natuur en nudis 23.04.2026 1:35
In Engeland bied die organiseerders van die Cumbria-natuurfees aan om kaartjiegeld terug te gee vir mense wat onder die indruk was dat dit ‘n fees vir naturiste is. ‘n Naturis verkies ‘n leefstyl van naaktheid.
Jacki se roei-avontuur 22.04.2026 8:30
Die lewenslustige 63-jarige ouma en juffrou, Jackie Loubser, het die avontuur van 'n leeftyd aangepak, en op die Oranjerivier gaan roei. Sy het min ingepak, maar daar was oorgenoeg aksie, adrenalien en opwinding. En nou nooi sy almal uit om volgende keer saam te gaan. Haidee Muller-Isaacs het in haar klaskamer gaan kuier.
Wat kan ons leer by... 22 April 2026 22.04.2026 13:19
Dr. Mandie Uys praat oor die Heilige Romeinse Ryk en Charlemagne, die eerste keiser ooit wat regeer het met die goedkeuring van die kerk.
Wat sien ek daar op die radar? 22.04.2026 1:17
Kadette in Finland se lugmag is in die warmwater nadat hulle tydens ‘n opleidingsessie só gevlieg het dat hulle vlugte die vorm van manlike geslagsorgane op die vlugradar aangeneem het.
Podcasts similaires
Replaio n'est pas éditeur de podcasts ; les noms des émissions, les visuels et l'audio appartiennent à leurs auteurs et sont diffusés via des flux RSS publics