RSG
Spektrum
Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
Spektrum: Parlement stel komitee bekend, wat ondersoek moet doen of president in staat van beskuldiging geplaas moet word 26.05.2026 52:23
26 Mei 2026: Die parlement maak sy afsettingskomitee bekend, wat ondersoek sal instel of die president moontlik in 'n staat van beskuldiging geplaas moet word. Ons vind uit by 'n ekonoom wat motoriste by die brandstofpomp kan verwag in Junie. Die beheerraad vir gesondheidsprodukte, Saphra, verskerp sy pogings om die produksie en verspreiding van ongeregistreerde GLP 1-middels, te stuit.
Spektrum: Dringende imbizo oor toenemende betogings teen onwettige buitelanders 25.05.2026 48:00
25 Mei 2026: Die Menseregtekommissie hou 'n dringende aanlyn-imbizo ná toenemende betogings teen onwettige buitelanders. Sewe provinsiale onderwysdepartemente het nog nie hulpbrontoewysings aan openbare skole oorbetaal nie. Die gemeenskap van Rawsonville in die Wes-Kaap is bekommerd oor die sluiting van die Smalblaarbrug vir herstelwerk ná die verwoestende oorstromings.
Spektrum: Menseregtekommissie sê watertenkwaens in Gauteng is skaamtelose vorm van finansiële wanbestuur 22.05.2026 49:28
22 Mei 2026: Die DA eis akkurate misdaadstatistiek oor kinder- en geslagsgeweld. Die Menseregtekommissie sê die gebruik van watertenkwaens deur Gautengse munisipaliteite het 'n skaamtelose vorm van finansiële wanbestuur geword. Die ontwrigting van 'n gesamentlike sitting van die parlement, kos belastingbetalers bykans 'n miljoen rand.
Spektrum: SA tot einde 2026 steeds deel van AGOA 21.05.2026 51:45
21 Mei 2026: Suid-Afrika is tot minstens 31 Desember nog deel van AGOA. Die omstrede Ekapa-myn is te koop. Ons bespreek die Tshwane-metro se begrotingsrede.
Spektrum: Die sluiting van die Straat van Hormoes kring wyer uit 20.05.2026 53:42
20 Mei 2026: Wes-Kaapse leiers vergader om die provinsie as 'n rampgebied te verklaar. Die EFF bring 'n hofaansoek om die Minister van Finansies se mag oor die brandstofheffing te verwyder. Die sluiting van die Straat van Hormoes kring wyer uit.
Spektrum: Nasionale Ordes aan 38 Suid-Afrikaners toegeken 19.05.2026 51:24
19 Mei 2026: Nasionale Ordes word aan 38 Suid-Afrikaners toegeken. Die Wes-Kaapse regering vergader om te oorweeg of die onlangse swaar storms as 'n provinsiale ramp geklassifiseer moet word. Die antiapartheidsaktivis, eerwaarde Frank Chikane, getuig voor die WVK Kommissie van Ondersoek.
Spektrum: Hof sê dokters kan werk waar hulle wil 18.05.2026 54:12
18 Mei 2026: Die Konstitusionele Hof beslis dat die regering nie vir dokters mag voorskryf waar hulle moet gaan werk nie. Die Menseregtekommissie vra voorleggings oor die waterkrisis in Gauteng. Die selfverklaarde polisie-informant, Brown Mogotsi, bly agter tralies nadat hy vandag vlugtig in die hof verskyn.
Spektrum 15 Mei 2026 15.05.2026 51:53
Parlementslede besoek verskeie polisiestasies op die Kaapse Vlakte, en vind oral leemtes en tekorte. Die voormalige hoof van strategie by die Nasionale Vervolgingsgesag, advokaat Lungisa Dyosi, verskyn voor die WVK-kommissie. Suid-Afrika is nou die voorste sitrusuitvoerder in die wêreld.
Spektrum 14 Mei 2026 14.05.2026 53:28
Honderde mense in Rawsonville en Worcester in die Wes-Kaap is steeds ontheem weens die oorstromings, terwyl drie sterftes aangemeld is. Die uitkoms van die ANC se spesiale NUK-vergadering oor die Phala Phala-aangeleentheid sal eers môre bekendgemaak word. Transnet stel sy spoornetwerk vir private treinoperateurs oop.
Spektrum 13 Mei 2026 13.05.2026 52:04
Opruimingswerk begin ná swaar reën en verwoestende oorstromings in die Wes-Kaap. 'n Barmhartige samaritaan in die Baviaanskloof in die Oos-Kaap se hart is oop om gestrande inwoners te hulp te snel. Die staatshoofde van Amerika en China vergader in die hoop om handelsbande te versterk.
Spektrum 12 Mei 2026 12.05.2026 54:10
Honderde mense in die Wes- en Oos-Kaap van die buitewêreld afgesny weens stormweer. Die werkloosheidskoers styg. Die ANC se NUK gaan dringend vergader oor die toekoms van sy partypresident, Cyril Ramaphosa.
Spektrum 11 Mei 2026 11.05.2026 53:42
'n Lid van die Valke se Narkotika-eenheid is voor die Madlanga-kommissie oor die omvang van dwelmhandel in Suid-Afrika. Ons bring jou die jongste oor die stormweer en skade in die Wes-Kaap, en Toyota mik na 'n Hilux-wêreldrekord by Nampo.
Spektrum 8 Mei 2026 08.05.2026 49:57
Reaksie op die Konstitusionele Hof se uitspraak oor die Phala Phala-verslag. Vasgekeerde inwoners in die Gamtoos-vallei gered. Suid-Afrika se Grondwet vandag presies dertig jaar gelede aanvaar.
Spektrum 7 Mei 2026 07.05.2026 49:26
'n Dringende ontruimingsbevel vir gebiede in die Gamtoosvallei. Wat is die jongste oor die stormweersituasie in die Wes- en Oos-Kaap. Die parlementslid Fadiel Adams verskyn in die hof.
Spektrum 6 Mei 2026 06.05.2026 54:12
Die diesel-prysskok is effens versag nadat 'n berekeningsfout deur die departement van petroleum en minerale hulpbronne reggestel is. Die parlement gaan ondersoek instel na bendegeweld en georganiseerde misdaad. Reaksie op die regering se Artikel 10-skema, wat boere sal toelaat om hulle kuddes teen bek-en-klouseer in te ent.
Spektrum 5 Mei 2026 05.05.2026 50:37
Die regering versoek Suid-Afrikaners om ag te slaan op weerwaarskuwings wat deur die Weerdiens uitgereik word. Kritiek teen die besluit om NSFAS onder administrasie te plaas. Die Konstitusionele Hof hoor betoë aan oor die geldigheid van die parlement se openbare deelnameproses oor die Wet op Nasionale Gesondheidsversekering.
Spektrum 4 Mei 2026 04.05.2026 51:27
'n Skerp styging in die brandstofprys in Mei. ‘n Kenner verduidelik wat die Hantavirus is, wat aan boord 'n passasierskip in die Atlantiese Oseaan uitgebreek het. Ons praat met die polisieduiker wat sosiale media aan die gons het oor sy krokodilvangs.
Spektrum 1 Mei 2026 01.05.2026 54:42
Werkersdag landwyd gevier. Reaksie op die hofbeslissing dat Kaapstad se tariewe, gegrond op die waarde van eiendom, onwettig en ongeldig is. Alles wat jy moet weet oor die plaaslike regeringsverkiesing op 4 November.
Spektrum 30 April 2026 30.04.2026 53:49
Kommer oor die prys van Brent ru-olie, wat oornag tot meer as $120 dollar 'n vat geklim het. Duurder brandstof het reeds 'n impak op die prys van 'n basiese kosmandjie. Politieke partye eis antwoorde nadat wapens by 'n weermagbasis in Pretoria gesteel is.
Spektrum 29 April 2026 29.04.2026 53:18
Die parlementêre ad hoc-komitee wat bewerings van korrupsie in die polisiediens ondersoek, versoek weer uitstel om sy werk te voltooi. Dis 'n driemanstryd vir die DA se volgende parlementêre leier. Die minister van landbou kry 'n nuwe sperdatum om sy Artikel 10-inentingskema voor te lê.
Spektrum 28 April 2026 28.04.2026 51:03
Die bekende operasanger, Mimi Coertse, sterf. Tugstappe is teen 120 Wes-Kaapse onderwysers in die afgelope boekjaar gedoen vir die beweerde aanranding van leerlinge. Kenners meen die lae opkoms by die regering se Vryheidsdagvieringe in Bloemfontein is 'n duidelike teken dat die ANC steun verloor.
Spektrum 27 April 2026 27.04.2026 54:56
Op Vryheidsdag bepleit 'n ontleder dat opvoeding groter prioriteit geniet. Die Konstitusionele Hof maak riglyne bekend oor belastingontwyking. Nóg ’n brandstof-prysskok lê voor, maar onsekerheid oor die R3-heffing.
Spektrum 24 April 2026 24.04.2026 45:39
Die geskorste hoof van Tshwane-metropolisie, Umashi Dlamini, is terug voor die Madlanga-kommissie vir kruisondervraging. Twee senior amptenare van die Ekhuruleni-metro is in die Boksburg-landroshof vir uitspraak in hulle borgaansoek. Die tweede fase van die Lesotho Hoogland-waterprojek bereik 'n mylpaal.
Spektrum 23 April 2026 23.04.2026 49:09
Nóg 'n politieke party dien strafregtelike klagte in teen die minister van maatskaplike ontwikkeling, Sisi Tolashe. Die Madlanga-kommissie sit sy ondersoek voort met verdere getuienis oor beweerde tenderknoeiery in die Tshwane-metropolisie. Die landroshof in Boksburg hoor die borgaansoeke aan vir twee senior amptenare van die Ekhuruleni-metro, wat teregstaan op aanklagte van bedrog en dwarsboming...
Spektrum 22 April 2026 22.04.2026 48:45
Die voormalige distrikskommissaris van die Polisie in Sedibeng in Gauteng maak sy eerste verskyning voor die Madlanga-kommissie. Die geskorste polisiesersant, Fannie Nkosi, is borgtog geweier. Ons hoor hoe gereed Eskom vir die komende winterseisoen is.
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS