RSG

Spektrum

News AF ↓ Επεισόδια: 2552

Die Spektrumspan hou jou op hoogte met die jongste plaaslike en internasionale nuusgebeure.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za

Δημιουργός

RSG

Κατηγορία

News

Ιστοσελίδα του podcast

www.rsg.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

29 Οκτ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Spektrum 26 September 2022 26.09.2022

'n 73-jarige Nkosazana Dlamini-Zuma gee haar steun aan jong leiers in die ANC. Bestaansvissers in Saldanha in die Wes-Kaap betoog teen 'n olieboortoring. Die wêreld wag met ingehoue asem om te sien of NASA in staat is om 'n asteroïde se trajek te verander.

Spektrum 23 September 2022 23.09.2022

Bykomende wetstoepassers is in Manenberg op die Kaapse Vlakte ontplooi ná die moord op vier bendelede. Drie nuwe windplase gaan gebou word om groenenergie teen 2024 aan die kragnetwerk te verskaf. Vroue in Iran betoog en verbrand hulle hijabs ná die dood van 'n jong vrou, wat glo die land se hidjab-wette oortree het.

Spektrum 22 September 2022 22.09.2022

Vragmotors is in die visier van kritiek ná verlede week se gru-ongeluk waarby 'n vragmotor en 'n bakkie betrokke was. Vandag is Wêreld-renosterdag en alle pogings om die dier uit die geskiedenisboeke te hou, het min opgelewer. Die Presidentsbeker-gholftoernooi begin in Amerika, maar teen die agtergrond van 'n politieke toutrekkery tussen die PGA en LIV.

Spektrum 21 September 2022 21.09.2022

Die ramp in Jagersfontein kring uit. Beurtkrag kom die sakewêreld duur te staan. Die verbruikersprysindeks daal effens.

Spektrum 20 September 2022 20.09.2022

Rampbestuurspanne in KwaZulu-Natal is gereed vir ontwrigtende reën, hael, stormsterk wind en donderstorms. Rioollekkasies in KwaZulu-Natal hou verreikende gevolge in. Gebiede rondom pikkewynkolonies word gesluit vir kommersiële visvang.

Spektrum 19 September 2022 19.09.2022

Die jongste van die staatsbegrafnisdiens van Koningin Elizabeth II. Beurtkrag het 'n groot impak op besighede - ons praat met 'n ekonoom. Koue en nat weer oor groot dele van die land.

Spektrum 16 September 2022 16.09.2022

Die eienaars van die diamantmyn op Jagersfontein bevestig dat hy alle mediese koste sal dra ná die slikdamtragedie. Vakbonde vergader vandag met sy lede oor die SAUK se jongste salarisaanbod. Gewapende mans ontvoer 50 inwoners van 'n dorp in Nigerië.

Spektrum 15 September 2022 15.09.2022

In 'n verrassende skuif word daar besluit om die wanfunksionele stadsraad van die Lichtenburg-gebaseerde Ditsobotla-munisipaliteit te ontbind. President Cyril Ramaphosa vetrek na Amerika vir sameprekings met president Joe Biden. 'n Beraad oor immigrante en die mites oor hierdie inwoners word in die vooruitsig gestel.

Spektrum 14 September 2022 14.09.2022

President Ramaphosa vlieg binnekort na die Withuis op uitnodiging van president Biden. Verskeie hooggeplaaste gesondheidsrolspelers onttrek aan die SA Tuberkulose-konferensie in Durban. Beter waterinfrastruktuur moet in die Wes-Kaap geskep word omdat dié provinsie 'n warmer, droeër klimaat gaan hê weens klimaatsverandering.

Spektrum 13 September 2022 13.09.2022

Eskom verhoog beurtkrag tot fase vier. 'n Kenner ontleed Eskom se kapasiteit. Gift of the Givers beskryf die trauma wat hulle in Jagersfontein se slikdamramp beleef. Suid-Afrika se bierbedryf het rekordverkope in die post-Covid-19-periode.

Spektrum 12 September 2022 12.09.2022

Die konstruksiesektor wys tekens van herstel in die tweede kwartaal. Ons kry die jongste oor president Ramaphosa se besoek aan Jagersfontein ná die myndam-tragedie. Ons saai uit by die Augrabies-waterval Nasionale Park in die Noord-Kaap as deel van Nasionale Parke Week.

Spektrum 9 September 2022 09.09.2022

Koningin Elizabeth II se dood word wêreldwyd betreur. Ons kry reaksie van Suid-Afrikaners in Engeland, en vind meer uit oor wat nou vir die Britse monargie voorlê. Opposisie-partye spreek hulle misnoë uit nadat die Reserwebank die president nóg tyd gee om te antwoord op bewerings dat hy die wet op buitelandse valuta oortree het.

Spektrum 8 September 2022 08.09.2022

Die verbod op die vervoer van vee opgehef. COVID het wêreldwyd geletterheidvlakke benadeel Eskom sê hy is verjeug oor die betaling van R30 miljoen rand deur die Eskom pensioenfonds as deel van 'n hofuitspraak oor pensioen wat aan Brian Molefe uitbetaal is.

Spektrum 7 September 2022 07.09.2022

Daar is onsekerheid oor hoe bek-en-klou-seer vleispryse en kleinboere sal raak. Parlementslede is die josie in nadat hoofregter Raymond Zondo sê hulle kan nie met die stryd teen staatskaping vertrou word nie. Die Internasionale Atoomenergie-agentskap beveel aan dat alle militêre magte van die Zaporitsia-kernkragsentrale onttrek word.

Spektrum 6 September 2022 06.09.2022

Die DA betoog teen die minister van polisie, Bheki Cele, maar 'n kenner sê Cele is dalk nie so slegte polisieminister nie. Visregte vir kleinskaalvissers word heropen. Die Valke maak gereed vir nog 'n rondte arrestasies in die staatskapingsage.

Spektrum 5 September 2022 05.09.2022

Britte sal vandag weet wie hulle nuwe Eerste Minister is. Ons hoor wat dit vir Suid-Afrika kan beteken. In Suid-Afrika is daar ook strominge dwarsoor die politieke spektrum wat tot nuwe premiers en burgemeesters kan lei. Verskeie regeringsdepartemente en wetstoepassingagentskappe span saam met 'n omstrede projek om mense met "onverklaarbare rykdom" te vervolg.

Spektrum 2 September 2022 02.09.2022

Suid-Afrikaners kry ná 24 jaar nuwe rybewyse. Joe Biden trek sy bokshandskoene aan. Tegnologie word ingespan om wiskunde makliker te maak om te leer.

Spektrum 1 September 2022 01.09.2022

Ons bespreek die hofuitspraak oor eksplorasie langs die Wildekus. Die Speaker van die Johannesburg Metro word uit die kussings gelig. Die Bloutrein gaan weer loop.

Spektrum 31 Augustus 2022 31.08.2022

Misdaadstatistiek is misleidend, sê 'n kenner, maar intussen leer Suid-Afrikaners om hulleself te beskerm. Toonnaels in jou boerewors? Ontspan, dit is net koljandersaadjies... 'n Koffietafelboek oor pleegouers en weeskinders het pas verskyn.

Spektrum 30 Augustus 2022 30.08.2022

Die polisie word beskuldig van die sekondêre teistering van agt bendeverkragtingslagoffers verlede maand by West Village in Krugersdorp. Maatskaplike werkers betoog en eis werk van die regering. Die laaste lid van 'n stam in die Amasone sterf.

Spektrum 29 Augustus 2022 29.08.2022

Het die skeidsregter Saterdag die Springbokke in die stryd teen die Wallabies laat sneuwel? Dis waaroor luisteraars wonder. Transnet hoës in die hof weens die lokomotief-tenderkorrupsie. NASA lanseer vandag 'n reusagtige vuurpyl na die maan.

Spektrum 26 Augustus 2022 26.08.2022

Korrupsie vier hoogty in skole. Die toekoms van miljoene Ethiopiërs is in die weegskaal met rebellegroepe wat glo humanitêre voorrade buit. Ons praat met 'n kenner oor die burgeroorlog in Ethiopië, wat ná 'n brose vrede weer opgevlam het. Die eerste Afrikaanse dramareeks op die stroomkanaal, Netflix, begin vandag.

Spektrum 25 Augustus 2022 25.08.2022

Die "Kill the Boer"-saak teen die EFF is in die Johannesburgse Hooggeregshof met koste van die hand gewys. Die DA en die EFF versoek dat die LUR vir Gesondheid in Limpopo se kop rol. Op Internasionale Tweedehandse Kleredag kyk ons na die stand van dié bedryf.

Spektrum 24 Augustus 2022 24.08.2022

Eskom beplan om die kragtoevoer na die Tshwane Metro af te sny weens wanbetaling. 'n Tuberkulose-spoedtoets sal dalk binnekort in Suid-Afrika beskikbaar wees. Die oorlog tussen Rusland en Oekraïne woed reeds ses maande lank.

Spektrum 23 Augustus 2022 23.08.2022

Die fluitjieblaser oor staatskaping, Vytjie Mentor, sterf. Verskeie strande in die Ethekwini-metrogebied gesluit weens hoë vlakke van E.coli in die water. Die Pan-Afrika parlement versoek politieke partye in Angola om seker te maak dat die verkiesing môre vreedsaam verloop.

Άκου το podcast Spektrum στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS