RSG Landbou

RSG

Society AF 3567 episodes

Where to listen?

Listen in your browser Replaio Web Available today
Podcasts in the app Replaio Radio Coming soon

Podcasts are coming to the app soon - install now and be the first to see a whole new take on podcasts

Κατέβασέ το από το Google Play

Install now - 5M+ downloads, 4.8 rating

Episodes

RSG Landbou: SA aan voorpunt van ontwikkeling van alkoholvrye wyn 11.07.2026

11 Julie 2026: Ons klink ‘n glasie op die ontwikkeling van alkoholvrye wyn. Dié wêreldwye tendens word tans nagevors, met Suid-Afrika aan die wetenskaplike voorpunt. Ineke Herholdt is op ouderdom 24 doenig met haar doktorale studies wat te make het met mondgevoel. Wessel du Toit is ‘n vol professor in wynkunde by die departement wingerd en wynkunde aan die Universiteit Stellenbosch. Hy is onlangs...

RSG Landbou: Aanpassing aan uitreik van permitte vir brandbestryding 10.07.2026

10 Julie 2026: Jaco Thuynsma, bestuurder van Brandondersteuningsdienste by die Kaapse Wynland-distriksmunisipaliteit, het onlangs sy 40ste diensjaar in brandbestryding gevier. Hy verduidelik dat daar onlangs ‘n aanpassing gemaak is wat verband hou met die uitreik van permitte. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word van 5 Augustus af aangebied. Ons vind uit waarna produsente en belanghebbers kan...

RSG Landbou: Die belangrikheid van oorplaatjies vir diere 09.07.2026

9 Julie 2026: Waarom is ‘n unieke oorplaatjie vir ‘n dier so belangrik/ Wat maak dit uniek? Wat gebeur daarmee wanneer daardie dier verkoop word? Rachelle Cloete van GMP Basic beantwoord ‘n paar vrae oor dié belangrike onderwerp. Ons gesels ook met Arthur de Villiers van AG Bonsmara in die Vrede-distrik oor hulle praktiese boeredag op 14 Augustus. Chris Derksen is op sy pos met nuus oor die week s...

RSG Landbou: Bek-en-klouseer-situasie in W-Kaap; Voerwenke 08.07.2026

7 Julie 2026: Ons was by Overberg Agri se Bulk en Blêr-boeredag op Moorreesburg, waar die bek-en-klouseer-situasie in die Wes-Kaap ter sprake gekom het, Staatsveearts dr. Leana Janse van Rensburg gee terugvoer. Het jy geweet voedingsprobleme naby lam- of kalftyd kan tot groot produksieverliese lei? Ashley Grimsell van Voermol Voere het by dié boeredag ‘n paar voerwenke gedeel. Wat behels die senso...

RSG Landbou: Sybokhaarbemagtigingstrust; Navorsingsprojek oor intensiewe stelsels 07.07.2026

7 Julie 2026: Die deelnemers aan die Sybokhaarbemagtigingstrust se produksie het die afgelope jaar met meer as 20% gegroei. Die sukses van dié trust is tydens die onlangse Sybokhaar SA-kongres op Graaff-Reinet uitgelig, en ons het daar met van die deelnemers gesels. Verbruikers glo dikwels dat intensiewe stelsels die welstand van ‘n dier beïnvloed. ‘n Navorsingsprojek is deur Stellenbosch Universi...

RSG Landbou: Tegnologie vir die sybokhaarprodusent; Toekoms van plattelandse landbouskoue 06.07.2026

6 Julie 2026: Tegnologie kan groot voordele vir die sybokhaarprodusent inhou, sê die stigter van House of Fibre, Pierre van der Vyver. Hy tree as hoof van dié instansie af, maar sy jarelange kundigheid is nie vir die bedryf verlore nie. Ons het by Sybokhaar SA se kongres op Graaff-Reinet met hom gesels oor sy loopbaan en die pad vorentoe. Agri-Expo het onlangs hulle ledeskoukongres aangebied. Volg...

RSG Landbou: Die Vroue Landbouvereniging 04.07.2026

4 Julie 2026: Ons vier ons die Vroue Landbouvereniging. Het jy geweet dat talle vroue buite die landbousektor by hulle aansluit, deels om eendersdenkende vroue se humanitêre hulpverleningpogings te steun?

RSG Landbou: Geveg teen bek-en-klouseer besig om vrugte af te werp 03.07.2026

3 Julie 2026: Pogings word voortgesit om bek-en-klouseer die nekslag toe te dien. Noue samewerking tussen boere, veeartse en die regering is besig om vrugte af te werp. Die minister van landbou, ekonomiese ontwikkeling en toerisme in die Wes-Kaap, dr. Ivan Meyer, bring ons op hoogte van die stand van sake. Ons hoor wat alles in die jongste uitgawe van die gratis landboutydskrif, Agriprobe, gelees...

RSG Landbou: Netwerkgeleenthede by drie universiteite 02.07.2026

2 Julie 2026: Studente, gegradueerdes en nagraadse studente het die geleentheid om eersdaags by drie Suid-Afrikaanse universiteite met rolspelers van die landbousakewêreld te praat. Marianne van der Laarse van Agrijob gee besonderhede. Ons praat met André van der Heyde oor die Boschoek Bonsmara en Vriende-produksieveiling op 17 Julie by Bela-Bela, en met Don McHardy van Reeba Red Booster Beef oor...

RSG Landbou: Implikasies van bek-en-klouseer-beheermaatreëls 01.07.2026

1 Julie 2026: Die minister van landbou, John Steenhuisen, het op 24 Junie die langverwagte beheermaatreëls vir die bestuur van bek-en-klouseer afgekondig ingevolge Artikel 9 van die Wet op Dieresiektes. Wat is die implikasies daarvan vir die landbousektor, veral vir beesvleisprodusente? Die impak van verhoogde koolstofdioksiedvlakke op weiding is in talle streke van Suid-Afrika duidelik sigbaar. D...

RSG Landbou: Ou en onbruikbare plaagdoders gratis verwyder 30.06.2026

30 Junie 2026: Produsente in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo kan nou ou en onbruikbare plaagdoders gratis laat verwyder. CropLife SA se Program vir Produkverantwoordelikheid bied hierdie diens tot einde Julie vanjaar gratis aan. Dr. Gerhard Verdoorn verskaf meer besonderhede. Hoe herstel ’n sektor soos die wynbedryf van vloedskade, en hoe beplan hulle vir uitdagings soos die laer-alkohol-beweging,...

RSG Landbou: SA produseer meer as 50% van die wêreld se sybokhaar 29.06.2026

29 Junie 2026: Het jy geweet Suid-Afrika produseer meer as vyftig persent van die wêreld se sybokhaar? Sybokhaar SA het onlangs op Graaff-Reinet kongres gehou, en ons hoor waarom Suid-Afrikaners trots kan wees op dié bedryf. Inskrywings vir die jaarlikse Lewendehawe Registrerende Federasie en Santam se Stoetteler van die Jaar-kompetisie sluit op 17 Julie. Die hoofbeoordelaar, prof. Frikkie Neser,...

RSG Landbou: Morgan Steyn van De Grendel 27.06.2026

27 Junie 2026: Morgan Steyn, wynmaker by De Grendel, is ‘n jongman wat hom uitleef met behulp van tydvereerde tegnieke. Op 32 het landbou hom ‘n paspoort na die wêreld gegee. Al die internasionale uitnodigings wat hy kry, is ’n bewys van sy kundigheid.

RSG Landbou: Jack Human Bewaringslandbouweek 26.06.2026

26 Junie 2026: Jack Human word beskou as die pionier van bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy was 65 toe hy in 2015 ná ’n fratsongeluk op sy plaas oorlede is. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word in Augustus aangebied. Professor Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, vertel waarna produsente kan uit...

RSG Landbou: Boranbeeste; landbou-opleiding 25.06.2026

25 Junie 2026: Daar is tans 55 000 aktiewe geregistreerde Boranbeeste in Suid-Afrika. Gerrit Potgieter van die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika gesels oor die prestasie van dié ras, en van hulle nasionale veiling op 10 Julie in Pretoria. Shaun Welmans van Agri Skills Transfer verduidelik waarom praktiese opleiding so belangrik geword het in die moderne landboubedryf. Die plaagbeheer-oper...

RSG Landbou: Merino-boer van Victoria-Wes wen skeersel-kompetisie 24.06.2026

24 Junie 2026: ‘n Merino-boer van Victoria-Wes is as die nasionale wenner aangewys in vanjaar se skeersel-kompetisie. Dié bes-geklasseerde skeersel het ’n gemiddeld van 87,65% behaal. Ons hoor wat mede-eienaar, Hennie van Heerden, oor dié prestasie te sê het, en wat dit vir die wolbedryf beteken. Ons gesels met Gerhard van den Burgh van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid oor die rooivleisbedry...

RSG Landbou: Johan Prins, druiweboer van Goudini 23.06.2026

23 Junie 2026: Het jy al van die groep, Safaripakke, gehoor? Johan Prins is ‘n lid hiervan en ook ‘n druiweboer van Goudini. Hy praat oor sy boerdery en oor die doen en late van dié unieke groep. Tru-Cape vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar. Roelf Pienaar verduidelik hoe dié peer- en appelprodusentebesigheid in 2001 gestalte gekry het. Ons hoor ook wat tydens die 32ste kongres van die Rooivleis-aba...

RSG Landbou: Die gebruik van houtvesel in die tekstielbedryf 22.06.2026

22 Junie 2026: Het jy geweet houtvesel word ook in die tekstielbedryf gebruik? Madelaine Fourie van Sappi Verve verduidelik wat dié proses behels, en watter rol naspeurbaarheid in hierdie bedryf speel. Die Rooivleis-abattoirvereniging het onlangs hulle kongres in Somerset-Wes aangebied. Ons gesels met ‘n Bonsmara-boer van die Vryburg-omgewing oor sy betrokkenheid by jonger kommersiële Bonsmara-boe...

RSG Landbou: Waar staan ons met bek-en-klouseer? 20.06.2026

20 Junie 2026: Jannie Strydom, die hoof van Agri Wes-Kaap doen ‘n bestekopname van die eerste helfte van 2026, en bring ons op hoogte van die huidige stand van sake met bek-en-klouseer.

RSG Landbou: Prinses Anne op pad na SA vir Statebond Landboukongres 19.06.2026

19 Junie 2026: Prinses Anne is eersdaags op pad na Suid-Afrika om die Statebond Landboukongres by te woon. Breyton Milford, die hoof van Agri Expo, verduidelik die waarde van die besoek en geleentheid vir plaaslike boere. Ons praat met dr. Chris de Brouwer’n veekundige, oor vleisbeesproduksiestelsels, aangeplante weidings en kuddegesondheid, veral bek-en-klouseer.

RSG Landbou: SA Jagters vra hof om die woord “dierewelstand” uit die NEMBA-wet te skrap 18.06.2026

18 Junie 2026: Die Suid-Afrikaanse Jagter- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) het die Konstitusionele Hof gevra om ’n omstrede definisie van die woord “dierewelstand” uit die NEMBA-wet te skrap. Wat is die rede hiervoor? Ons vind ook uit waarom dit vir ‘n Bonsmara-stoetboer van die Kalahari nodig is om sy diere te selekteer vir sterk kloue. Ons gesels met Gert Olivier van die Bonka Bonsmara-s...

RSG Landbou: Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery? 17.06.2026

17 Junie 2026: Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery? Dit was een van die onderwerpe wat by die onlangse Bergrivier Besproeiing-boeredag bespreek is. Ons luister ook na Hendri Truter en die suksesverhaal van Deli-Co, ‘n vleis- en graan-familiebesigheid in Riebeeck Kasteel. Die emosionele impak van bek-en-klouseer op produsente en hulle families is enorm. Volgens dr. Shaun Morris van Oc...

RSG Landbou: Beesboer én papegaaiboer? 16.06.2026

16 Junie 2026: Het jy al gehoor van ‘n beesboer wat ook met papegaaie boer? Ellewee van Zyl en sy vrou, Ria, boer naby Upington met Santa Gertrudis-beeste. Hulle het tydens ‘n droogte besluit om ook ’n papegaaiboerdery te begin. Ons praat met Reno van Rooyen oor hulle Beefmaster-stoet, kommersiële kudde en voerkraal in die Kuruman-omgewing. Ons vind meer uit oor die werksaamhede van die Suidelike...

RSG Landbou: Is daar buitelandse burgers op jou plaas, en is hulle wettig? 15.06.2026

15 Junie 2026: Die Departement van Indiensneming en Arbeid beoog om 10 000 arbeidsinspekteurs aan te stel om nakoming van arbeid-en indiensnemingswetgewing te verseker. Is daar enige buitelandse burgers op jou plaas, en is jy seker hulle werkspermitte is wettig? Arbeidspesialis André Bloem verduidelik wat tans geldig is. Agri-Expo is met ’n toptoekenning vereer by die 2026 Wes-Kaapse Ekonomie-inno...

RSG Landbou: Agri-Expo kry toekenning vir bedryfsinnovasie 13.06.2026

13 Junie 2026: Agri-Expo is met ’n toptoekenning vir bedryfsinnovasie vereer by die 2026 Wes-Kaap Ekonomie-innovasietoekennings, aangebied deur die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid. Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, bevestig hierdie erkenning die organisasie se verbintenis om mededingendheid te bevorder deur innovasie, samewerking en volhoubare bedryfsontwikkeling.

About the podcast

'n Program vir boere dwarsoor die land.

Author

RSG

Category

Society

Podcast website

www.rsg.co.za

Language

AF

Episodes

3567

Latest episode

11 Ιουλ 2026

Listen to the RSG Landbou podcast in Replaio

Radio and podcasts in one app - free, with no sign-up

Κατέβασέ το από το Google Play

Replaio is not a podcast publisher; show names, artwork and audio belong to their authors and are distributed through public RSS feeds.