RSG

Regsake

Society AF ↓ Επεισόδια: 650

'n Span regskenners bespreek regskwessies en -probleme.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za

Δημιουργός

RSG

Κατηγορία

Society

Ιστοσελίδα του podcast

www.rsg.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

12 Οκτ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Regsake 20 Mei 2024 20.05.2024

Igna Klynsmith bespreek wat met ‘n insolvente of bankrotboedel gebeur. Spesialisgas Est-Marié MCallahan bespreek die jongste verwikkelinge m.b.t. die Nasionale Gesondheidversekeringswet.

Regsake 13 Mei 2024 13.05.2024

Igna Klynsmith bepreek Igna luisteraarsbriewe oor serwitute en provikasie. Spesialisgas Peto Milton praat oor mondelinge ooreenkomste.

Regsake 6 Mei 2024 06.05.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae wat onder meer handel oor ‘n salarisverhoging, maar geen oortydbetaling, en ‘n saak oor ‘n TV-advertensie wat as godslasterend beskou is en die reëls daaraan verbonde. Spesialisgas Janus Olivier praat oor trusts.

Regsake 29 April 2024 29.04.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n brief van ‘n luisteraar wat handel oor sy ontevredenheid met ‘n winkel wat daarop aangedring het dat hy sy ID-nommer in hulle stelsel moes intik om sy geskenkbewys te kon gebruik. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor belangrike aspekte m.b.t. die verkoop van onroerende eiendom.

Regsake 21 April 2024 22.04.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief oor geld wat hy van sy buurman wil eis ná ‘n windstorm skade aan sy eiendom aangerig het. Hy praat ook oor mediese vrywaringsvorms. Spesialisgas dr. Llewellyn Curlewis bespreek Artikel 174 van die Strafproseswet 51 van 1977.

Regsake 15 April 2024 15.04.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor ‘n oorledene se motor wat op iemand se erf staan, en hulle weet nie hoe om van die motor ontslae te raak nie. Familieregkenner Riëtte Oosthuizen bespreek lewende annuïteite, en die waarde daarvan vir doeleindes van egskeiding.

Regsake 8 April 2024 08.04.2024

Igna Klynsmith bespreek verskeie luisteraarsvrae oor boedels. Spesialisgas Johan Botes sluit praat verder oor diskriminasie deur werkgewers teenoor werknemers op grond van ouderdom.

Regsake 1 April 2024 01.04.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsbriewe oor bateverdeling in ‘n tweede huwelik. Arbeidsregkenner Johan Botes praat oor wat ‘n persoon te doen staan indien hulle werkgewer sê hulle is te oud om aan te hou werk.

Regsake 25 Maart 2024 25.03.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse hofsaak oor ‘n koper wat ‘n koopooreenkoms onderteken, maar intussen van plan verander het. Daar word ook gekyk na eindomsagente se kommissie. Spesialisgas Volker Kruger beantwoord vrae oor ‘n kontanttekort in ‘n bestorwe boedel.

Regsake 18 Maart 2024 18.03.2024

Igna Klynsmith bespreek wat van troeteldiere word indien hulle eienaars sterf. Spesialisgas Est-marié McCallahan praat oor eienaars se opsies vir uitsettingsbevele teen onwettige okkupeerders. Sy praat ook oor munisipaliteite se plig om behuising aan hawelose mense te voorsien.

Regsake 11 Maart 2024 11.03.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n onlangse uitspraak in die Kaapstad Hooggeregshof oor die stryd teen die skending van outeursreg. Speslialisgas Est-Marié McCallahan praat oor die regulering van kriptogeld in Suid-Afrika.

Regsake 4 Maart 2024 04.03.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n vraag oor eksekuteursfooie, en ‘n geval waar kinders inmeng in hulle bejaarde ouers se geldsake. Spesialisgas Peto Milton praat oor verskeie metodes vir besighede om kontraktuele geskille op te los.

Regsake 26 Februarie 2024 26.02.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor ‘n buurman wat gifstowwe aan sy kant van die muur spuit, maar die buurman se plante in die proses ook vergiftig. Spesialisgas Volker Kruger verduidelik watter opsies erfgename het om ‘n herverdelingsoorenkoms te sluit.

Regsake 19 Februarie 2024 19.02.2024

Igna Klynsmith bespreek luisteraarsvrae oor lewensreg in ‘n aftree-oord, wat beëindig wil word. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse verduidelik wat gebeur wanneer iemand sterf sonder ‘n testament.

Regsake 12 Februarie 2024 12.02.2024

Igna Klynsmith bespreek ‘n luisteraarsbrief wat handel oor ‘n derdeparty-eis. Hy praat ook oor ‘n eienaar van ‘n deeltiteleenheid wat wil weet wat sy regte is m.b.t. ander inwoners wat kla dat sy honde aanhoudend blaf. Spesialisgas dr. Llewelyn Curlewis verduidelik wat bekentenisse in die Suid-Afrikaanse reg behels.

Regsake 5 Februarie 2024 05.02.2024

Igna Klynsmith bespreek nuwe regulasies vir die indiensneming van buitelanders. Hy praat ook oor die Wet op Handelsmerke. Wat staan jou te doen indien jou nuwe, tweedehandse voertuig breek kort nadat jy dit gekoop het. Familregkenner Riëtte Oosthuisen bespreek bestrede egskeidings, meer spesifiek die dagvaarding.

Regsake 29 Januarie 2024 29.01.2024

Igna Klynsmith praat oor die huweliksreg. Hy bespreek ook twee vrae wat handel oor immigrasie en toestemming wat deur een ouer geweier word om kinders saam oorsee te neem. Spesialisgas Johan Botes bespreek ‘n luisteraarsbrief oor ‘n werksaanbod wat ontvang is, maar toe teruggetrek is, en wat haar nou te doen staan.

Regsake 22 Januarie 2024 22.01.2024

Igna Klynsmith bespreek die betroubaarheid van blaasapparate wat gebruik word vir die meet van die alkoholkonsentrasie in ‘n person se bloed. Spesialisgas Est-Marie McCallahan verduidelik wat die nuwe wysigings aan die skoolwet behels.

Regsake 15 Januarie 2024 15.01.2024

Die week in Regsake saam met Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith, bespreek hy onder meer vrae oor boedels en 3de party-versekering. Spesialisgas Volker Kruger praat oor geskille wat verband hou met mede-eienaarskap van eiendom – En, Est-Marie McCallahan praat oor ‘n bekende winkelgroep wat voortaan nie meer kontant as betaling gaan aanvaar nie.

Regsake 8 Januarie 2024 08.01.2024

Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek ‘n saak wat handel oor ‘n beeseerde persoon wat skade vergoeding eis van die eienaar van ‘n huisdier. Dan praat hy ook oor testamente en die belangrikheid daarvan om dit op datum te hou. Spesialisgas, Riëtte Oosthuizen praat oor onbestrede egskeidings.

Regsake 1 Januarie 2024 01.01.2024

Veronique van Heyningen en Igna Klynsmith bespreek onder meer Suid-Afrikaanse regte ten opsigte van stemreg, asook die reg van openbare deelname. Spesialisgas, Susan de Wet praat oor die regte van buitelandse burgers t.o.v eise teen die Padongelukke fonds, sou hul beserings op Suid-Afrikaanse paaie opdoen.

Regsake 18 Desember 2023 18.12.2023

In Regsake bespreek Igna Klynsmith ‘n hofsaak wat hy betempel as die belangrikste hofsaak in die geskiedenis van die mensdom. Dit is die saak van die hoë prietser Kayafas en Jesus van Nasareth…Hy praat ook oor padveiligfheid in SA. Spesialisgas Est-Marie Mccallan sluit dié week die gesprek oor ouerskapverlof af.

Regsake 11 Desember 2023 11.12.2023

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n onlangse saak wat handel oor ‘n getroude paartjie wat drie dogters het, geskei is en eers na die egskeiding aan die lig gekom het dat die jongste dogter nie biologies aan die man verbind is nie. Hy bespreek ook ‘n luisteraars brief wat handel oor of opsetlike verbreking van reëls in rugby, nie kan lei tot finansiële eise nie.

Regsake 4 Desember 2023 04.12.2023

Igna Klynsmith bespreek onder meer ‘n luisteraarsbrief wat handel oor eksekuteuersfooie, en ‘n onlangse saak wat handel oor arbeidswetgeweing wat diskrimineer teen ouers wat betref ouerskapverlof. Spesialisgas Elsa Kruger-Willemse praat oor vruggebruik – is dit seën of is dit ‘n straf?

Regsake 27 November 2023 27.11.2023

Igna Klynsmith bespreek hy ‘n saak wat handel oor ‘n kind wat ‘n rugbybesering opgedoen het, wat vererger is deur die nalatigheid van die noodhulppersoneel. Hy bespreek ook die vereistes vir nalatigheid. Spesialisgas Volker Kruger praat oor ‘n groep boere wat ‘n grondeienaarsvereniging op die been wil bring. Hy verduidelik hoe so iets sal werk vanuit ‘n regsoogpunt, en of dit ‘n goeie idee sou wee...

Άκου το podcast Regsake στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS