Podmedia

Podlitiek

News AF ↓ Επεισόδια: 336

Podlitiek is 'n weeklikse podsending wat nuusgebeure en aktuele kwessies vanuit 'n kritiese, oop en eerlike invalshoek benader, bedink en bespreek in Afrikaans. Podlitiek is beskikbaar op alle goeie potgooi toeps asook Spreaker & YouTube. Met trots aan u gebring deur Podmedia.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.spreaker.com

Δημιουργός

Podmedia

Κατηγορία

News

Ιστοσελίδα του podcast

www.spreaker.com

Τελευταίο επεισόδιο

16 Σεπ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Ep. 64 - Lesufi berou, DA wat nou, & die Greta Thunberg-skou 25.09.2019

Podlitiek is terug met 'n lekker vol episode. Ons bespreek Lesufi, 'n moontlike DA herlewing, die Grondwetlikehof se uitspraak oor lyfstraf en Greta Thunberg. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox ► https://castbox.fm/...

Ep. 63 - Lesufi teen Afrikaans, Malema laat Twitter dans & Misdadigers vat steeds kans 18.09.2019

In hierdie week se episode kyk Paul Maritz, Ernst van Zyl en Daniël Eloff na Mnr Panyaza Lesufi standpunt oor privaat onderwys instansies, Julius Malema se nuutste sosiale media oproer asook die nuutste misdaadsyfers in Suid-Afrika. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify...

Ep. 62 - Mugabe skop die blik, Ace is ongeskik & Deur onluste geruk 11.09.2019

Hierdie week se nuus is gedomineer deur een sentrale tema: Afrika. Hetsy dit gegaan het oor sy ekonomie, sy mense, of sy stabiliteit, hierdie landkolossus wat ons ons tuiste noem, gaan gebuk onder groot vraagstukke. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyur...

Ep. 61 - Tito wil vure blus & Stede se onlus 05.09.2019

Met die hutsteken #SouthAfricaShutDown wat die rondte op sosiale media doen, het Podlitiek dit goed gedink om nie, soos ons moederland, hals oor kop by nog ‘n week se bespreking van nuus en gebeur in te boender. Hierdie week is Paul Maritz en Hermann Pretorius aan die woord met ‘n vars insig op die nuutste plaaslike en internasionale opspraakwekkendhede. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierd...

Ep. 60 - Cyril vraagsessie omstrede, IVP los sosialisme in die verlede & Stryd om vryhede 28.08.2019

Die volle Podlitiekspan is terug met 'n lekker groot episode. Ons bespreek sosialisme wat al nader kruip, die IVP se verwerping daarvan asook die stryd vir vryhede in Suid-Afrika. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Podlitiek op Spotify ► https://tinyurl.com/y6mfuc5f Podlitiek op Castbox...

Ep. 59 - Vroue in die ANC-amp, probleme vir Cyril-kamp, IMF of beursie-kramp 21.08.2019

Soos Sylvester Stallone in elke Rocky-film, is Podlitiek hierdie week terug vir nog ‘n rondte in die ring. Hierdie week is Paul Maritz, Hermann Pretorius, en Ernst van Zyl agter die mikrofone, met die nuutste plaaslike en internasionale nuus en kommentaar. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekap...

Ep. 58 - NGV kort salf, Cyril help homself & Ramaphosa se jaar en 'n half 13.08.2019

Hierdie week is dit agttien maande sedert Cyril Ramaphosa ingehuldig is as president. Tydens hierdie episode word daar gekyk na Ramaphosa se presidensie en waar hy misluk het en twee spesifieke gevalle waar hy goeie aanstellings gemaak het. Daar word ook gefokus op die betogings in Hong Kong en wat dit in die breër geo-politieke vir die wêreld beteken. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie...

Ep. 57 - Openbare beskermer pleit, Grondverslag bring verwyt, nog VSA skietterye 07.08.2019

Die Amerikaanse outeur Simon Sinek het eenkeer gesê dat meer inligting onder alle omstandighede beter is as minder inligting - juis om die rede van meer inligting, en beter begrip van die beskikbare inligting, is Podlitiek ‘n bietjie meer as ‘n jaar gelede op die been gebring. Hier word braaivleisgesprekke oor die land, sy nuus, en sy politiek maklik en lekker gemaak, met vier jong stemme wat saam...

Ep. 56 - Grondwetverslag sonder raad, ANC deur binnestryd geskaad & Zille kry ‘n IRV mandaat 30.07.2019

In hierdie week se episode kyk Ernst van Zyl, Hermann Pretorius en Paul Maritz na die nuuste nuusgebeure van die afgelope week. Die kollig word geplaas op die nuwe verslag deur die raadgewende kommittee op grondhervorming, die ANC se interne stryde wat al duideliker word asook Helen Zille wat by die IRV aangesluit het. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode mi...

Ep. 55 - Openbare Beskermer geboek, Floyd se besoek & Johnny Clegg groet 24.07.2019

Vandag in die ateljee is Hermann Pretorius, Paul Maritz en Daniël Eloff, en die span bespreek die afgelope week se grootste nuusgebeure. In hierdie episode word daar gekyk na die omstredenheid rakende die magdom gebeure waar die Openbare Beskermer betrokke is, Floyd Shivambu se beweerde ontmoeting met Johan Rupert asook Johnny Clegg se afsterwe. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal...

Ep. 54 - Weermag ontplooi, Zuma gelooi & Is Mandela nog rooi 17.07.2019

In die gees van Nelson Mandela dag het die Podlitiek-span 25 minute van hul 67 minute van gemeenskapsdiens toegewy om vir jou die afgelope week se nuutste nuus te bring. In hierdie episode kyk Paul, Ernst en Daniël na die ontplooiing van die weermag in die Kaapsevlakte, oud-president Zuma se getuienis by die Zondo-kommissie en laastens word die nalatenskap van Nelson Mandela onder die vergrootglas...

Ep. 53 - EFF rommel, ANC se Twitter geskommel & Grondonteiening oorrompel 10.07.2019

Soos wat skole en universiteite heropen, blyk dit vir die Podlitiek-span asof die Suid-Afrikaanse nuussiklus ook uit sy effense hibernasie ontwaak het, en soos ‘n honger beer die strate van Suid-Afrika op en af loop op soek na iets om te verorber. Gelukkig was daar hierdie afgelope week ‘n paar werklik sappige stories, wat vertel en gesels nodig gehad het. Vrees nie, Podlitiek-luisteraar - alle sa...

Ep. 52 - Ace se stryd, weermag se uniformbeleid & G20 verwyt 03.07.2019

In ‘n nuusweek wat oorheers is deur internasionale stories soos die G20 en President Dondald Trump van die VSA se besoek aan Noord Korea, gaan vind die Podlitiek-span die stories wat in die krake weggesteek word, en van die voorblaaie weggehou word. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.com/podlitiekapple Pod...

Agter die Skerms - #2 Afrikaans, alternatiewe media & die toekoms van die jeug 01.07.2019

In hierdie episode gaan ons bietjie agter die skerms by Podlitiek en voer 'n lekker informele gesprek oor Afrikaans en die onderwys, die rol van alternatiewe media asook die toekoms van ons jeug in Suid-Afrika. Skakel in om na hierdie lekker sitkamergesprek te luister. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op iTunes ► https://tinyurl.co...

Ep. 51 - SONA rigtingloos, Phumzile boos & Mkwebane sonder troos 26.06.2019

Daar is, na oorlewering, ‘n Chinese groet wat lui: “mag jy in interessante tye leef” - of dit ‘n seëngroet of ‘n vloekgroet is, sal die ontvanger maar self moet bepaal. Dit kom hierdie week weer duidelik na vore dat Suid-Afrikaners tans in interessante tye leef. In hierdie episode kyk die span na die onlangse staatsrede, Phumzile van Damme se Twitter uitbarsting asook die Openbare Beskermer se voo...

Ep. 50 - Zindzi Twitter Tirade, Privaatsekuriteitsdade & Magashule Se Skade 19.06.2019

Soos wat faksionalisme binne in die ANC woed en elke groepie sy plekkie na afloop van die nasionale verkiesing probeer vind, bring Podlitiek ‘n vars perspektief op die nuutste plaaslike en internasionale politieke sake. Hierdie week kyk Daniël, Ernst en Paul oudergewoonte na die stories wat hulle oog gevang het, en pak dit vir die luisteraar uit. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaa...

Onderhoudreeks Ep. 14 - Steve Hofmeyr 14.06.2019

In die ateljee het Podlitiek in hierdie onderhoudepisode vir Steve Hofmeyr. Tydens die gesprek gesels die span met Steve oor sensuur op sosiale- en hoofstroom media, sy persoonlike politieke ontwikkeling asook emigrasie. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https:...

Ep. 49 - Geloof en die staat, ekonomie geskaad & Selfe verlaat 12.06.2019

In hierdie vol episode van Podlitiek pak die span die afgelope week se groot nuusgebeure aan. Ernst, Paul en Daniël bespreek die skeiding tussen die kerk en staat, Suid-Afrika se rampspoedige ekonomiese beleide asook James Selfde wat as Federalehoof van die Demokratiese Alliansie bedank het. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Face...

Ep. 48 - Lesufi se fopnuus, almal vir Patricia vies & EFF sê vir Manuel skuus 05.06.2019

In ‘n week waartydens ‘n nuwe kabinet aangekondig is, Gauteng LUR’e soos stoele rondgeskuif het, en groot hofuitsprake gemaak is bring Podlitiek oudergewoonte aan die luisteraar ‘n opsomming van ‘n paar groot nuusgebeure, met relevante kommentaar daarby aangehaak. Hierdie week ondersoek die Podlitiek-span van Ernst, Paul en Daniël die kabinet, die EFF se verlies in die hof, en die rondskuiwery van...

Ep. 47 - Die inhuldiging is lank, Zuma en die regsbank & Moakes bedank 29.05.2019

Na afloop van die inhuldiging van President Cyril Ramaphosa keer die Suid- Afrikaanse politieke siklus weer terug na sy ou normaal. Hierdie week ondersoek die Podlitiek-span van Ernst, Paul en Daniël juis hierdie inhuldiging, en ‘n paar ander gebeure wat die afgelope week se nuus gedomineer het. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op...

Ep. 46 - Zille laat twitter ruk, en Lesufi laat Gauteng verstik. 22.05.2019

In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz na die nuutste nuusgebeure in die Suid-Afrikaanse politieke sfeer en fokus op Helen Zille se Twitter kaskenades, Panyaza Lesufi se stryd teen Afrikaans en die kritiek teen die Openbare Beskermer. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://...

Ep. 45 - Noah in die sop, die verkiesingsflop & sal dit ooit stop 15.05.2019

In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz na afloop van die Nasionale Verkiesing van 8 Mei onder ‘n mikroskoop na wat presies gebeur het, watter tendense opgetel kon word, en wat hierdie stemgeleentheid verklap oor die stand van sake. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www...

Ep. 44 - Wat jy van die verkiesing moet weet & die SA regering laat AirBNB sweet 10.05.2019

In vandag se episode van Podlitiek kyk Daniël Eloff, Ernst van Zyl en Paul Maritz oudergewoonte onder die vergrootglas na Suid-Afrikaanse nuus en politiek, midde in die stemdag en -tellery wat tans ons nuussiklus oorheers. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► http...

Ep. 43 - Nuutste peilings bekyk, Mrwebi & Jiba verstryk & Klein Party gekyk 02.05.2019

Podlitiek kyk hierdie week na die nuutste IRR en Ipsos verkiesingspeilings, Jiba en Mrwebi se moeilikheid by die Nasionale Vervolgingsgesag asook as deel van ons politieke ekstrale reeks na die VF+, ZACP en COPE. Vir meer Podlitiek inhoud teken in op hierdie kanaal sodat jy nie 'n episode misloop nie! Podlitiek op Facebook ► https://www.facebook.com/podlitiek/ Podlitiek op Castbox ► https://castbo...

Ep. 42 - 25 jaar na apartheid, wat nou? Plaasmoorde se grou. EFF van nader beskou. 24.04.2019

Met die nasionale verkiesing 'n katspoegie weg, oorweeg die Podlitiek-span ten eerste wat ons as land alles bereik het sedert 1994 - en hoe die ANC sy beloftes van 25 jaar terug gehou het, al dan nie. Die nuus van 'n drastiese toename in plaasmoorde en -aanvalle oor die paasnaweek, en die regering se apatie daar teenoor word bespreek, en die EFF word ondersoek in hierdie week se poltieke X-strale...

Άκου το podcast Podlitiek στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS