RSG

Ons en die Onderwys

Health AF ↓ Επεισόδια: 712

Kenners praat oor opvoedingsontwikkeling en interessante en omstrede sake in die onderwys.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za

Δημιουργός

RSG

Κατηγορία

Health

Ιστοσελίδα του podcast

www.rsg.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

4 Οκτ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Ons en die onderwys 12 Mei 2024 12.05.2024

Johan van Lill praat met prof. Josef de Beer van die Eenheid vir Selfgerigte Leer by die Departement Opvoedkunde aan die Noordwes-Universiteit oor ’n interessante kunskompetisie vir leerders en studente met sterrekunde as tema.

Ons en die onderwys 5 Mei 2024 05.05.2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz oor die impak van huishoudelike geweld op leerders. Wat kan onderwysers doen om hierdie leerders te ondersteun?

Ons en die onderwys 28 April 2024 28.04.2024

Johan van Lill praat met dr. Juane van der Merwe oor die grondwet en opvoedkunde: Wat is ons grondwetlike regte op verskillende vlakke van opvoedkunde en onderwys?

Ons en die onderwys 21 April 2024 21.04.2024

Johan van Lill praat met prof. Ignatius Gous oor oksitosien en sosiale leer. Hierdie hormoon versterk nie net ons emosionele bande nie, maar speel ook 'n kritiese rol in sosiale leerprosesse. Oksitosien kan ook positiewe sosiale gedrag in die klaskamer bevorder.

Ons en die onderwys 14 April 2024 14.04.2024

Johan van Lill praat met dr. Jurie Joubert, 'n onderwyskundige, oor die oorgang tussen Graad 7 en 8, en hoe ouers, leerders en onderwysers die oorgang op die beste moontlike manier kan hanteer.

Ons en die onderwys 7 April 2024 07.04.2024

Johan van Lill praat met prof. Michael le Cordeur oor onderwyssake waarvan ons moet kennis neem, soos die nuutverkose beheerliggame, sport- en kultuuraktiwiteite in die tweede kwartaal, en die Bela-wetgewing.

Ons en die onderwys 31 Maart 2024 31.03.2024

Johan van Lill praat prof Ignatius Gous oor meertaligheid en moedertaalonderwys. Hoe moet ons hieroor dink binne die konteks van Suid-Afrika?

Ons en die onderwys 24 Maart 2024 24.03.2024

Johan van Lill praat met dr. Elzette Fritz, 'n opvoedkundige sielkundige, oor die geestesgesonheidsprobleme wat in skole voorkom, en hoe onderwysers dit kan hanteer. Hoe ondersteun ek die algemene welstand van my leerders?

Ons en die onderwys 17 Maart 2024 17.03.2024

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon, die bestuurshoof van FEDSAS, oor die opleidingsgeleenthede wat beskikbaar is vir die nuutverkose skoolbeheerliggaamslede. Vanjaar is baie van hierdie geleenthede aanlyn beskikbaar, wat dit makliker maak vir lede om hulle opleiding te ontvang.

Ons en die onderwys 10 Maart 2024 10.03.2024

Johan van Lill praat met prof. Dap Louw, 'n kliniese sielkundige met doktorsgrade in sowel sielkunde as kriminologie, oor die belangrikheid van opleiding vir onderwysers in kindersielkunde.

Ons en die onderwys 3 Maart 2024 03.03.2024

Johan van Lill praat met Juane van der Merwe en Constanze van der Walt oor die praktiese aspekte van die beheerliggaamsverkiesings wat tans in skole aan die gang is. Constanze gee praktiese wenke om die verkiesings glad te laat verloop.

Ons en die onderwys 25 Februarie 2024 25.02.2024

Johan van Lill praat met Riaan van den Bergh, adjunk-bestuurshoof van Fedsas, oor kunsmatige intelligensie in die onderwys. Hy het met baie skole, onderwysers en leerders hieroor gepraat. Hy praat ook oor internasionale navosingsresultate wat beskikbaar is ná een jaar van die gebruik daarvan deur skole, ouers en leerders.

Ons en die onderwys 18 Februarie 2024 18.02.2024

Johan van Lill praat met dr. Hendrik Theys, voorsitter van die Afrikaanse Taalraad, en dr. Mvula Yoyo, direksielid van die Stigting vir Bemagtiging deur Afrikaans, oor die belangrikheid van moedertaalonderwys. Wêreld Moedertaaldag word op 21 Februarie gevier.

Ons en die onderwys 11 Februarie 2024 11.02.2024

Johan van Lill praat met Jannie van der Westhuizen, oudskoolhoof en onderwyskonsultant, oor die verhouding tussen die beheerliggaam en die skoolhoof. Hoe kan skole hierdie verhouding ten beste onderhou om die skool en die gemeenskap te dien.

Ons en die onderwys 4 Februarie 2024 04.02.2024

Johan van Lill praat met dr. Jaco Deacon en dr. Juane van der Merwe van FEDSAS oor die beheerliggaamsverkiesing wat in Maart in alle openbare skole moet plaasvind.

Ons en die onderwys 28 Januarie 2024 28.01.2024

Johan van Lill praat met. prof Hercules Nieuwoudt oor bekwame wiskunde-onderrig in die 4de nywerheidsrewolusie.

Ons en die onderwys 21 Januarie 2024 21.01.2024

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met prof Jannie le Roux oor strategieë oor hoe om die onderwysjaar met mening aan te pak en dit ‘n besondere jaar te maak vir jouself en vir jou leerders.

Ons en die onderwys 14 Januarie 2024 14.01.2024

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Jannie van der Westhuizen, oud-skoolhoof en onderwyskonsultant, oor tipiese begin van die jaar dinge wat skoolhoofde moet hanteer en ook hoe om die onderwyspersoneel te motiveer vir die jaar wat voorlê.

Ons en die onderwys 7 Januarie 2024 07.01.2024

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met drie gaste oor wat vir ons voorlê in die 2024 onderwysjaar. Dr Michael le Cordeur, prof Erica Spangenberg en Juane van der Merwe kyk bietjie in hulle kristalballe en deel met ons waarvoor hulle opgewonde is en waaroor hulle bekommerd is oor die jaar wat voorlê.

Ons en die onderwys 31 Desember 2023 31.12.2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met gaste oor die hoogtepunte en laagtepunte in die 2023 onderwysjaar. Dr Michael le Cordeur, prof Erica Spangenberg en Juane van der Merwe gesels oor wat reg en verkeerd geloop het in 2023.

Ons en die onderwys 24 Desember 2023 24.12.2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Riaan van den Bergh, adjunk uitvoerende hoof van FEDSAS, oor die 2024 skoolbeheerliggaamverkiesing. Wie kan daaraan deelneem en hoe werk die proses.

Ons en die onderwys 17 Desember 2023 17.12.2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met dr Jurie Joubert, bekende historikus en onderwyskundige, oor die oorgang tussen Graad 3 en 4 en Graad 7 en 8. Hoekom is dit so kompleks en hoe moet onderwysers dit hanteer?

Ons en die onderwys 10 Desember 2023 10.12.2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met prof Jannie le Roux wat vir ons wenke gee oor hoe om die onderwysjaar op ‘n emosionele en geestelike vlak af te sluit. Hoe reflekteer ek op die onderwysjaar wat verby is.

Ons en die onderwys 3 Desember 2023 03.12.2023

Hierdie week in Ons en die Onderwys gesels Johan van Lill met Jannie van der Westhuizen oor  al die dinge wat aan die einde van die skooljaar afgehandel moet word voordat die skool sluit vir die somervakansie.

Ons en die onderwys 26 November 2023 26.11.2023

Johan van Lill praat met prof. Christo van der Westhuizen, verbonde aan die Departement Opvoedkunde aan die Universiteit van Johannesburg, oor die gebruik van mikrolesse vir die opleiding van STEM-onderwysers in 'n virtuele realiteitsklaskamer.

Άκου το podcast Ons en die Onderwys στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS