Charl du Toit
Lewende Woord Hartenbos Sondae Dienste
Baie welkom! Hierdie is waar ons as Lewende Woord Hartenbos ons sondae dienste oplaai. As jy wil deel word van die familie, gaan besoek asseblief ons webtuiste
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.lewendewoordhartenbos.co.za
Δημιουργός
Charl du Toit
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
6 Οκτ 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
Sondagoggend 19 Januarie 2024 21.01.2025
Sondagoggend 19 Januarie 2025 Ons is besig om onsself voor te berei vir die jaar wat voorlê en om dit te doen moet ons seker maak van ons identiteit. Charl het ons laat fokus op "Wie is jy? Wie is God?" en hoe leef ons die kennis uit. Die fokus was om die kennis te kry vanuit die storie van Dawid en Goliat.
Sondagoggend 5 Januarie 2025 14.01.2025
Sondagoggend 5 Januarie 2025: Voorspoed vir die jaar Voorspoed vir die jaar 2025! Mag God aan al jou behoeftrd vol doen! Die boodskap van Charl handel oor wat voorspoed is volgens die Bybel, asook hoe ons dit kan verkry.
Sondagoggend 29 Desember 2024 14.01.2025
Sondagoggend 29 Desember 2024:God met die Kerk Charl het gedeel oor wat moed die Kerk doen na Kersfees. Ons het nou die koms van Jesus gevier, maar wat beteken dit vir die res van die jaar?
Sondagoggend 22 Desember 2024 14.01.2025
Sondagoggend 22 Desember 2024: God met ons Keuses Ons kyk verder na hoe God Homself aan ons openbaar in die Kerfees verhaal. Hierdie week het ons gekyk na wat dit is wat ons kies as ons besluit om Jesus te kies. Ons het Maria as voorbeeld gebruik en uit dit gesien dat dit nie altyd maklik gaan wees om die Here te dien nie.
Sondagoggend 15 Desember 2024 14.01.2025
Sondagoggend 15 Desember 2024: God met Ma's en Pa's Charl het verder met ons gesels oor hoe die Kersfees boodskap hoop bring in alle omstandighede asook dat daar hoop is vir almal.
Sondagoggend 8 Desember 2024 14.01.2025
Sondagoggend 8 Desember 2024 Ons vra omverskoning vir die gehalte van hierdie potgooi. Ons het 'n krag onderbreking gehad, dus is die potgooi korter as gewoonlik. Charl het met ons saam gesels oor die Wysemanne en Skaapherders wat by die geboorte van Jesus was. Wat beteken dit vandag vir ons as die groepe mense by die geboorte van Jesus was?
Sondagoggend 12 Januarie 2025 14.01.2025
Sondagoggend 12 Januarie 2025: Visie Sondag Ons het saam gesels oor die visie van ons kerk en hoe dit ons lewens affekteer. Ons het ook gesien dat om 'n verskil te maak in ons gemeenskap moet ons betrokke wees by 'n kerk. Kerk beteken 'n samekoms van christene, of dit in 'n huis of gebou is maak niue eintlik saak nie. Charl het dit duidelik gemaak dat kerk 'n voorreg is en nie 'n klug nie!
Sondagoggend 1 Desember 2024 02.12.2024
Sondagoggend 1 Desember 2024 In Johannes lees ons dat God deur Jesus geskep het en dat Jesus werklik God. Jesus was ook nog altyd by God. Maar daar het 'n oomblik gekom wat Jesus mens geword het en onder ons kom woon het.
Sondagoggend 24 November 2024 26.11.2024
Sondagoggend 24 November 2024: Krag en Liefde Watter krag het ons nodig om selfbeheersing te handhaaf? Het ons genoeg krag in onsself om selfbeheersing te kan handhaaf? Hierdie vrae en nog meer beantwoord Charl in die bookskap
Sondagoggend 17 November 2024 18.11.2024
Sondagoggend 17 November 2024: Ja-Nee Ons stap nogsteeds saam deur die vrug van die Gees en het verder saamgekyk na "Selfbeersing". Charl het temas aangeraak wat handel oor het die konsep selfbeheersing al verander oor tyd? En hoe leef ons beheersd?
Aandklas 10 November 2024 11.11.2024
Aandklas 10 November 2024 Ons gesprek vir die week se Aandklas het gehandel oor Bybelvertalings. Ons het gekyk na die vertalings metodes asook na watse grondtekste gebruik is vir die vertalings.
Sondagoggend 10 November 2024 11.11.2024
Sondagoggend 10 November 2024: Selfbeheersing Ons gasspreker Wouter van der Merwe het met ons kom deel oor die belangrikheid van selfbeheersing en dat selfbeheersing een van die beste vorme van liefde is.
Sondagoggend 27 Oktober 2024 29.10.2024
Sondag Oggend 27 Oktober 2024 Charl het die reeks oor die "Nederigheid" afgesluit met die tema "Sê net ja". Ons het gekyk na die besoek van Petrus aan Kornelius en hoe die Heilige Gees vir die eerste keer oor Nie-Jode uitgestort is.
Sondag Oggend 20 Oktober 2024 21.10.2024
Sondag 20 Oktober 2024 Ons is besig met die tema van "Nederigheid" en het gekyk na die lewe van Simson. Charl het vir ons geleer dat nie alles in die Bybel goeie voorbeelde is nie, maar wel kan dien as 'n voorbeeld. Simson was nie altyd 'n gehoorsame jood of Godsman nie, maar tog het God hom gebruik. Ons verhouding met God determineer of God ons gaan gebruik of nie, nie ons moraliteit nie.
Aandklas 13 Oktober 2024 14.10.2024
Aandklas 13 Oktober 2024 Wat is die Hemel? Waar is die Hemel? Wie gaan Hemel toe? Charl het hierdie vrae en nog bespreek uit Openbaring asook uit Jesaja
Sondagoggend 13 Oktober 2024 14.10.2024
Sondag Oggend 13 Oktober: Leer ons om te bid Ons het saam gekyk na die gedeelte in 2 Kronieke 7 om uit te vind hoe ons moet bid. Hoe bid ons as ons nederig bid? Hoe moet ons bid?
Sondagoggend 6 Oktober 2024 07.10.2024
Sondagoggend 6 Oktober: So nederig ek is trost daarop Charl het met ons gesels oor die gelykenis van die Fariseërs en die Tollenaar uit Lukas 18 oor wat dit behels om nederig te wees. Ons sukkel soms met die konsep van nederigheid want ons dink dit is 'n lae selfbeeld, maar nederigheid kom te vore juis eers wanneer ons presies weet wie ons is.
Sondagoggend 29 September 2024 30.09.2024
Sondagoggend 29 September 2024: Liefde wat Gee Charl het gesels oor die wonder van die Liefde van God wat nie net vergewe nie, maar ons ook deel van Sy gesin maak. Ons het ook saam gekyk na die Boekrol van die Lewe.
Sondagoggend 22 September 2024.mp3 30.09.2024
Sondag 22 September 2024: Die Volgorde van Liefde Charl het bedien uit 1 Konings 19 oor hoe God ons bedien, asook dat God eers na ons behoeftes kyk en dan ons gees aanspreek.
Aandklas 15 September 2024 30.09.2024
Aandklas 15 September 2024: Die Millenium Vanaand in Aandklas het Charl met ons gesels oor die Millenium in Openbaring. Vrae soos wanneer gaan dit gebeur, wie gaan deur dit leef ensovoort word deur Charl beantwoord.
Sondagoggend 8 September 2024 09.09.2024
Sondag 8 September: Hoor jy God se stem? Ons gassprekers hierdie week was Geo en Chiemene Hauptfleisch wat met ons bedien oor die noodsaaklikheid om God te stem in ons eie lewens te hoor. Soms praat God met ons deur ander mense, maar dit moet eintlik slegs dien as bevestiging van iets wat God reeds met ons gedeel het
Aandklas 1 September 2024 02.09.2024
Aandklas 1 September 2024: Die Satan, die antichris en die valse profeet Hoe moet ons in ons era Openbaring 12 en 13 verstaan? Kan ons dit ooit verstaan en hoe moet ons dit prakties in ons lewe maak? Charl poog om hierdie vrae te beantwoord in hierdie episode van Aandklas
Sondag Oggend 1 September 2024 02.09.2024
Sondag 1 September: Jou storm, jou vis en jou God Ons het nie 'n vis nodig nie, ons het Jesus. Jesus het in die oog van die storm ingegaan toe Hy die kruis kies sodat ons kan lewe. Jona 1:4-17 In Jona gryp God in 4 hoofstukke 8 keer in. 1) God stuur 'n storm: Probeer My ontken, probeer van My vlug, maar Ek sal jou nooit los nie. 2) God stuur 'n vis: Ek sien jou waarde en Ek soek verhouding met jou...
Sondag Oggend 25 Augustus 2024 26.08.2024
Sondag Oggend 25 Augustus: 'n Rede vir Vreugde Maak ons as Christene nuwe wette vir ons? Voel ons of ons God faal wanneer ons nie Sy vrug dra nie? Miskien het jy nodig om te onthou dat jy nie eintlik God gekies het nie, Hy het jou gekies!
Sondag Oggend 18 Augustus 2024 19.08.2024
Sondag Oggend 18 Augustus: Vreugde in die Storm Hoe lyk vreugde in jou storm? Gaan jy tans deur 'n storm? Waar is God wanneer jy deur jou storm gaan? Zuleika het gesels oor hoe dit lyk wanneer ons God aanhou vetrou reg deur die storm
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS