RSG
Leefwêreld van die Gestremde
Deur middel van hierdie radioprogram poog RSG om nie-gestremdes 'n beter begrip te gee van die probleme en suksesse van persone met gestremdhede.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
29 Jan 28.01.2017 24:34
Fanie du Toit kyk na watter terapie en hulpmiddele in landelike gebiede beskikbaar is vir serebraalgestremdes. En Jacqui January vind uit hoe Braille blindes bemagtiging.
22 Jan 21.01.2017 21:57
Jacqui January gesels met 'n jong gestremde vrou wat haar moue oprol en betrokke raak by werkplasings vir gestremdes. En Fanie du Toit hoor by 'n baie inspirerende gestremde wat positiwiteit behels.
15 Jan 14.01.2017 23:42
'n Suid-Afrikaanse nie-regeringsorganisasie reik uit na gestremdes oor die landsgrense heen Jacqui January gesels met die besturende direkteur van DeafNET wat in 50 Afrikalande bedrywig is. En Fanie du Toit hoor van 'n groep wat padveiligheid help bevorder nadat hulle gestremd gelaat is in motorongelukke is.
8 Jan 07.01.2017 20:15
Jacqui January gesels met 'n jong man wat ná 10 jaar in in rolstoel weens 'n duikongeluk, voluit lewe te midde van al die uitdagings. En Fanie du Toit vertel van die werk van Senecio, 'n nie-regeringsorganisasie wat hulp gee aan liggaamlik gestremde kinders in die Wes-Kaap.
1 Jan 31.12.2016 16:00
Fanie du Toit kyk na die werk van die Instituut vir Blindes wat na meer as 100 jaar hulle naam verander het. Gestremdes deel ook hulle nuwejaarswense.
18 Dec 17.12.2016 20:40
Jacqui January vind meer uit oor die Varswater Oewerhengel Federasie se pogings om die sport onder gestremde persone te bevorder. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van twee gestremde kinders oor hoe hulle Kersfees vier.
11 Dec 10.12.2016 21:45
Jacqui January kuier by 'n skool vir verstandelik gestremde kinders, en hoor van hulle suksesse en uitdagings na 50 jaar se bestaan. En Fanie du Toit gesels met 'n arbeidsterapeut wat raad gee aan ouers en versorgers van gestremde kinders.
4 Dec 03.12.2016 25:13
Jacqui January gesels met Jonathan Groenewald, ook bekend as 2J-Harmonix, wat die SABC-inisiatief #Disablity360 bygewoon het. Hy vertel van sy werk as gestremde vir gestremdes in Eersterust. En Fanie du Toit gesels met 'n kenner wat luisteraars vrae oor sigverlies beantwoord.
27 Nov 26.11.2016 21:40
Jacqui January vertel van jong volwassenes met outisme se uitdagings in die arbeidsmark. En Fanie du Toit hoor van 'n ouer se uitdagings met gestremde kinders.
20 Nov 19.11.2016 24:57
Minder as 1% van Suid-Afrikaners in die formele arbeidsektor is gestremd. Fanie du Toit kyk hierna, en veral hoe blindes hierdeur geraak word. En Jacqui January vind meer uit oor skubaduik vir gestremdes.
6 Nov 05.11.2016 22:50
Jacqui January het inligting vir gestremdes wat elektroniese toestelle gebruik, oor hoe om te werk te gaan om 'n belastingvoordeel daaruit te trek. En Fanie du Toit vind meer uit van die Wes-Kaapse ondersteuningsnetwerk vir ouers met Downsindroomkinders.
30 Oct 29.10.2016 22:15
Fanie du Toit wyk uit na die platteland om te hoor watter uitdagings gestremdes in Namakwaland het. En Jacqui January vertel die storie van 'n vrou wat op 17 blind geword het. Sy het haarself toegerus en bemagtig en het pas haar derde boek geskryf.
23 Oct 23.10.2016 11:49
Fanie du Toit gesels met Ryk Neethling se suster oor haar uitdagings nadat sy kanker gekry het, en hoe dit haar liggaamlik en geestelik beïnvloed.
16 Oct 15.10.2016 24:42
Fanie du Toit vind uit watter woorde, uitdrukkings en aanspreekvorms aanstootlik vir gestremdes kan wees. En Jacqui January gesels met 'n jong fiksheidsafrigter wat met gestremdes in die buiteland werk.
9 Oct 08.10.2016 23:15
Jacqui January gesels met 'n pa van 'n seun met Downsindroom oor die impak wat sport op sy lewe het. En Fanie du Toit vind uit hoe algemeen elpilepsie is, en watter hulp verleen moet word wanneer iemand 'n aanval kry.
9 Oct 08.10.2016 23:15
Jacqui January gesels met 'n pa van 'n seun met Downsindroom oor die impak wat sport op sy lewe het. En Fanie du Toit vind uit hoe algemeen elpilepsie is, en watter hulp verleen moet word wanneer iemand 'n aanval kry.
2 Oct 01.10.2016 21:00
Jacqui January gesels met 'n vrou met makulêre degenerasie wat besig is om blind te word, en steeds 'n vol lewe lei. En Fanie du Toit hoor van 'n heerlike buitelugervaring vir mense in rolstoele.
25 Sep 25.09.2016 24:34
Fanie du Toit vertel van die belangrikheid van musiek in die lewe van 'n dowe. En met die paralimpiesespan terug op eie bodem, gesels Jacqui January met RSG se kommentators oor hulle ervarings van die Spele en die lesse wat hulle by gestremde atlete geleer het.
18 Sep 2016 17.09.2016 24:28
September is oogsorgmaand. Jacqui January het gaan uitvind oor die gevorderde navorsing om die agteruitgang van sig te teen te werk. En Fanie du Toit gesels met 'n ma van 'n dowe kind oor haar geloofspad en die onderrig van haar kind.
11 Sep 2016 10.09.2016 21:24
Jacqui January gesels met die afrigter van een van die blinde atlete by die Rio Paralimpiese Spele oor die afrigting van gestremde atlete. En Fanie du Toit vind meet uit oor die toeganglikheid van geloofsgemeenskappe en hulle fasiliteite.
4 Sep 2016 03.09.2016 23:20
Jacqui January kyk na die voorreg om aan die Paralimpiese Spele deel te neem, wat nie vir Downsindroom-atlete beskore is nie. En Fanie du Toit gesels met 'n atleet in 'n rolstoel wat die Kaap aan die brand ry met haar Blitsige Bitsie.
28 Aug 2016 27.08.2016 22:33
Jacqui January hoor van 'n skool vir verstandelik gestremde kinders waar Loslitdag se fondsinsameling groot verligting bring. En Fanie du Toit het inligting oor lewensonderrig en hoe dit die gestremde se denkpatroon, houding en lewe kan verander.
21 Aug 2016 20.08.2016 23:03
Jacqui January gesels met 'n ma oor haar serebraalgestremde dogtertjie. Die vierjarige het 'n beroerte gehad toe sy in haar ma se baarmoeder was. En Fanie du Toit het nuus oor polio wat slegs in twee lande ter wêreld voorkom, en Suid-Afrika wat verandering aangebring het met die toediening van inenting teen die siekte.
14 Aug 2016 13.08.2016 22:13
Met die Paralimpiese Spele in Rio om die draai, fokus Jacqui January op die internasionale deelname van gestremde atlete, en hoor van die leemtes in die akkommodasie. En Fanie du Toit vind meer uit van die algemene oogsiektes by volwassenes.
7 Aug 2016 07.08.2016 20:37
Dis Vrouemaand en Jacqui January het gaan hoor van die suksesse, die leemtes en die mishandeling van gestremde vroue. En Fanie du Toit het inligting oor oogsiektes by kinders, van skeelheid en katerakke tot die afwesige roollig-refleks.
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS