RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za
Δημιουργός
RSG
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
12 Νοε 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
orajdnamiliK po tiuretgA 27.02.2024 2:04
‘n Brit het op en af teen Kilimandjaro gestap ten bate van liefdadigheid, maar nie sommer net so nie. Hy het in beide rigtings dit agteruit gestap!
Kakamas se klaslam 26.02.2024 8:54
Joanica Marais vertel van Martie Oosthuizen van Pofadder. Martie is ‘n skaaplam wat van Februarie af klas draf by Hoërskool Martin Oosthuizen op Kakamas.
Afluister lei tot binnehandel-klag 26.02.2024 2:00
‘n Amerikaanse man is in die sop nadat hy tydens grendeltyd sy vrou se werksgesprekke by die huis afgeluister het. Hy het met dié inligting aandele gekoop, waarmee hy ’n wins van $1,76 miljoen gemaak het.
Bekroonde Bouwer en dié boom 25.02.2024 6:55
In sy nagenoeg 50 jaar toewyding om onder meer volhoubare gemeenskapskore te vestig, én om die grootste orrel-studiebeurs tot stand te bring, is die Baaienaar Bouwer van Rooyen deur Nelson Mandela Universiteit met die alumni-prestasietoekenning bekroon. Aan die uitvoerende kant is Bouwer ‘n orrelis, pianis en koordirigent, maar hy is ook ’n wetenskaplike, en ‘n bewys hiervan is ‘n 47-jaar oue witm...
Pieter du Preez weer by Outeniqua Chair Challenge 23.02.2024 11:07
Martelize Brink gesels met sportlegende Pieter du Preez. Hy by die 2020 Paralimpiese Spele in Japan goud verower, en is die eerste kwadrupleeg in die wêreld wat ‘n volle Ysterman voltooi het. Hy gesels oor die naweek se 20ste Outeniqua Chair Challenge waaraan hy deelneem.
360 Speseryroete - Deel 24 23.02.2024 11:17
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche gesels oor Suid-Afrikaanse restaurante van die 18de en 19de eeu. Wat was op die spyskaart? Watter speserye het hulle gebruik?
Die Karoo se konka-kabouters 23.02.2024 6:24
Die storie van die Karoo se konka-kabouters langs die R75 het 50 jaar gelede begin toe ‘n aktrise met ’n Karooboer getrou het. Die aktrise, Rijkie van Nijkerk, ‘n boorling van die Strand, en Ice Lotter, boerseun van Jansenville-omstreke, het ewige liefde in mekaar gevind nadat albei by dieselfde toneelgeselskap beland het. Hulle dogter, Francie Taljaard, ‘n boervrou van Jansenville, het die storie...
Museum soek Taylor Swift-konsultant 23.02.2024 1:51
Die V&A Museum in London soek ‘n Swiftie. Hulle wil ‘n Taylor Swift-superaanhanger hê wat insig kan gee in die aanhangerskultuur en die memorabilia wat Swift se aanhangers versamel en skep.
Jors se wurmbesigheid 22.02.2024 7:21
Haidee Muller-Isaacs loer in by die wurmboerdery van Jors Opperman naby Stellenbosch.
Die Paarl kry 'n ondergrondse laboratorium 22.02.2024 9:08
Dr. JJ van Zyl vertel van Afrika se eerste diep ondergrondse laboratorium, Paarl Africa Underground Laboratory, wat beplan word in die Huguenote-tonnel.
Vlieg is goedkoper as woonstel 22.02.2024 2:34
‘n Kanadese student vlieg twee keer ‘n week tussen Calgary en Vancouver wat sowat 1 000 km van mekaar is, om klas te draf. Die vliegtuigkaartjies kos $1 200 ’n maand, terwyl die huur van ’n eenslaapkamer woonstel in Vancouver $2 100 ‘n maand is.
Sêrie se kort aftrede 21.02.2024 7:19
Suster Sarah Roberts, alombekend as Sêrie Roberts of Robbie, is eintlik afgetree, maar dit het net ’n dag gehou! Haidee Muller-Isaacs het gehoor dat Sêrie nou op die kassie gaan verskyn.
Motorfiets-wêreldrekordpoging 21.02.2024 8:50
Dr. André Hattingh vertel vir Martelize Brink van Pediatric Care Africa se Ride for a child-veldtog, en die komende naweek se wêreldrekordpoging om 4 500 motorfietsryers as ‘n groep saam te laat ry.
Daar's 'n vark in my koffie 21.02.2024 3:15
Starbucks in China verkoop nou varkgeur-koffie. Dit word met gebraaide varkvleis op ‘n stokkie bedien.
Die oprigting van die Hetzogtoring 20.02.2024 11:16
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU verder van die konstruksie van die Hetzogtoring, deesdae bekend as die Sentechtoring in Brixton, Johannesburg.
Van ‘slagoffer’ tot misdaadbestryder 20.02.2024 8:03
Drie jaar gelede het huisrowers Ilke Soine se huis in Nelson Mandelabaai binnegedring. ’n Skoot het haar skrams teen die kop getref. Ilke het besluit sy is nié ’n slagoffer nie. Vandag is sy, op 52 jarige ouderdom, een van die hoogs gekwalifiseerde veiligheidsbeamptes by Tac Net, ‘n private sekuriteitsbedryf in Gqeberha. Abri Pienaar, eienaar van Tac Net, het vir Mariska Spoormaker meer vertel.
Lotery se $340 miljoen fout 20.02.2024 3:16
‘n Man in Amerika gaan hof toe om $340 miljoen met rente te eis, ná ‘n fout op die lotery webblad. Foutiewe wennommers was drie dae lank op die webblad vertoon, en mnr. Cheeks se loterykaartjie het met daardie nommers ooreengestem.
Vang vis met 'n borselwurm 19.02.2024 12:18
Prof. Carol Simon vertel van borselwurms soos wonderwurms, maanskynwurms, poedingwurms en bloedwurms, wat as aas vir visvang gebruik word.
Groenvlagstatus vir staproetes 19.02.2024 8:47
‘n Ekotoerisme spesialis, Gerhardt van Greunen, praat oor oor die gradering van staproetes, bergfietsroetes en perderoetes. Strande kry Blouvlagstatus, en roetes kry Groenvlagstatus.
Pieter se passie vir Afrikakos 19.02.2024 12:19
Sjef Pieter Malan vertel van sy ervaring by die Kulinêre Olimpiese Spele, waar hy onlangs brons gewen het. Hy het as ‘n individu ingeskryf toe Suid-Arika nie ‘n span stuur nie. Pieter is die groep uitvoerende sjef by die vooraanstaande Fiesta Hotels and Residences in Accra, Ghana.
Slim vang sy (hotel)baas 19.02.2024 2:55
‘n Man in New York het ‘n wet benut wat sê as jy in ‘n enkelkamer is, in ‘n gebou wat voor 1969 opgerig is, moet hulle vir jou ‘n ses maande huurkontrak gee. Só bly hy vyf jaar gratis. Toe besluit hy, siende dat hy die kamer gekry het, het hy indirek die hele hotel gekry, siende dat alles een eenheid is. Toe hy die eienaarskap van die New Yorker Hotel na hom toe probeer oordra, toe kom haal die po...
Lee se passie vir musiek 16.02.2024 8:59
Haidee Muller-Isaacs het gaan inloer by 'n teater in die Kaapstadse voorstad, Observatory, waar die blinde klavierspeler en sanger. Lee van Wyk. besig was om te repeteer vir haar nuwe vertoning. Lee vertel vir Haidee van haar intense passie vir musiek, in weerwil van snedige kommentaar van sommiges wat meen dat dit nie juis 'n regte werk is nie...
360 Speseryroete - Deel 23 16.02.2024 11:17
Hetta van Deventer-Terblanche praat oor MSG.
Wêreldradiodag: Koffiehuissanger Len Clark 16.02.2024 3:30
Op Wêreldradiodag het Radio Overberg, ‘n gemeenskapsradio op Bredasdorp, met Len Clark gesels wat vandag 98 jaar oud is. Len was betrokke by die SAUK vanaf 1949 as sanger by die program, Koffiehuis, en agter die skerms. Hier is 'n kort uittreksel uit die onderhoud wat Radio Overberg met ons gedeel het.
Kersbome in die sand begrawe 16.02.2024 0:58
In Lancaster in Engeland begrawe vrywilligers jaarliks duisende ou kersbome tot by hulle onderste takke in die sand op die strand. Dit vang waaisand op, om binne ses maande tot ‘n jaar duine te vorm, wat die natuur honderde jare sou neem.
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS