RSG
Driesestig
Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za
Δημιουργός
RSG
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
12 Νοε 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
Meeste steun verbod op enkelgebruik-plastiek 17.04.2024 9:07
Lorren de Kock vertel vir Martelize Brink van ‘n wêreldwye peiling wat wys dat 85% van mense ‘n verbod op enkelgebruik-plastiek steun.
'n Bollywood-superster, bokke en 'n bende 17.04.2024 1:37
‘n Bende wat aan ‘n godsdienstige sekte behoort, het op ’n Bollywood-superster geskiet. Salman Khan het glo in 1998 twee bedreigde bokke geskiet, en die sekte beskou dié bokke as heilig.
Damme en oorloopkragte 16.04.2024 7:39
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van damme en hoe die oorloopkrag van water oor die wal verminder word.
Bakkery help jongmense met intellektuele gestremdhede 16.04.2024 7:50
Haidee Muller-Isaacs loer in by die Down with Dough-bakkery in Kaapstad. Dis begin deur Lynne Rutherfoord om jongmense met intellektuele gestremdhede se vaardighede op te skerp. Lynne se seun, Joshua, het Downsindroom. Sy wou graag hê dat hy en ander soos hy ook hulle plek kan volstaan as jong werkendes.
Hoe werk litium-ioon-batterye? 16.04.2024 14:28
Dr. Johann Strauss vertel hoe litium-ioon-batterye werk, en hoe veilig dit is.
Eksotiese motorhuise vir eksotiese motors 16.04.2024 1:47
Soms word motorhuise gebou om by die eksotiese motors daarin te pas. Hulle noem dit ‘n kunsgalery vir die rygoed.
KI en kuns 15.04.2024 10:39
Wie word die hardste geslaan deur Kunsmatige Intelligensie in die kunswêreld. Johan Rademan het met argitek en kunstenaar Evert Esterhuizen hieroor gepraat.
Groot jag op 'n klein diertjie 15.04.2024 1:16
Nieu-Seeland het helikopters, bote, honde, kameras en lokvalkundiges ingespan om ‘n wesel agt maande lank te jag. En 300 000 Amerikaanse dollar later is die wesel wel van kant gemaak.
Doen dit self aan die toeneem 12.04.2024 12:50
Terena le Roux vertel dat mense weer al hoe meer self dinge bou, maak en regmaak. Aanlynvideos wat stap-vir-stap verduidelik, maak dinge minder skrikwekkend vir beginners.
360 Speseryroete - Deel 30 12.04.2024 13:19
Koshistorikus Hetta van Deventer-Terblanche praat verder oor sout.
Britte sukkel met vervalsings 12.04.2024 1:40
Die Vernigde Koninkryk se Royal Mail het ‘n uitdaging met vervalste seëls. As jy ‘n brief met ‘n vervalste seël daarop ontvang, is daar ‘n £5 boete!
Klub vir edelstene en minerale 11.04.2024 7:08
Haidee Muller-Isaacs vind meer uit van edelstene en minerale by 'n klub vir dié stokperdjie waar belangstellendes selfs klippies uitruil. Die klub is al in 1962 gestig.
Swem só vir jou siel 11.04.2024 5:45
Hoe kouer die water, hoe beter. Dít, in kort, is waarop die Baai se maandelikse geestesgesondheidswem tot anderkant die branders neerkom. Mariska Spoormaker het gaan kyk hoe doen hulle dit.
Pyn en pynstillers 11.04.2024 11:58
Prof. Helmuth Reuter vertel vir Johan Rademan van pyn, en die middels wat daarvoor gebruik word.
'n Kunswerk kos 'n werk 11.04.2024 1:56
‘n Werker in ‘n Duitse kunsmuseum is sy werk kwyt nadat hy een van sy eie kunswerke in die museum gehang het.
Wayne Mckay se komedie 10.04.2024 11:20
Komediant Wayne Mckay vertel van Afrisnaaks, en sy ervaring met die taal op internasionale verhoë.
Van Adam Tas tot museumhoof 10.04.2024 7:38
Toe sy as kind op Kraaifontein grootgeword het, was dit haar droom om eggenote en moeder te wees. ‘n Laerskooluitstappie na die Kasteel in Kaapstad het egter haar kop na die geskiedenis geswaai, en het sy na matriek in dié rigting aan die Universiteit Stellenbosch gaan studeer. Vandag is sy doktor Anziske Kayster, bestuurshoof van Graaff-Reinet Museums. Mariska Spoormaker wou by haar weet wat in d...
Die Groter Kabeljous-vennootskap vir bewaring 10.04.2024 8:47
Dr. Wentzel Coetzer praat oor die behoefte aan bewaring van die Kabeljous- en Papiesfonteingebiede se biodiversiteit en kulturele erfenis vir Khoisangroepe.
Hofmakery gaan hof toe 10.04.2024 2:37
‘n Amerikaanse man het 50 vroue hof toe gesleep nadat hulle op ‘n Facebookblad sy gedrag op romantiese afsprake veroordeel het.
Boogdamme 09.04.2024 5:45
Dawie Botha vertel in SO IS DIE LAND GEBOU van die Gariepdam se geboë vorm en die kinetiese kragte.
Brug tussen horende en dowe mense 09.04.2024 9:36
Melinda Botha vertel hoe Deafways die gaping tussen horende en dowe mense oorbrug - van gebaretaaltolke tot werksgeleenthede vir dowes.
'Enigiemand kan aanlyn geld maak' 09.04.2024 9:55
Baie mense glo dat entrepreneurskap slegs vir diegene in hulle twintigs of dertigs is. As jy ouers as veertig is, is dit maklik om te glo dat jy te oud is. Magriet Groenewald, ’n sosialemedia-bemarkingspesialis, sê niks is verder van die waarheid af nie. Sy verklap aan Haidee Muller-Isaacs hoe jy op enige ouderdom aanlyn ’n ekstra inkomste kan verdien.
Hofsake oor handsakke 09.04.2024 2:14
Twee Amerikaners het ‘n klasaksie begin teen die Franse vervaardiger van luukse goedere, Hermès. Hulle klagte is teen die manier hoe kliënte toegang kry tot hulle eksklusiewe Birkin-handsakke.
Die insekte wat die Knysnabos se bome bestuif 08.04.2024 8:53
Dr. Rudi Swart vertel van sy navorsing oor die insekte wat die Knysnabos se bome bestuif. Hy moes leer om professioneel boom te klim met ingevoerde toerusting, om bo by die bome se blomme uit te kom.
Sonsverduistering ervaring in Texas 08.04.2024 7:17
Annemarie Smith, ‘n Suid-Afrikaner wat in Houston in Texas woon, vertel vir Martelize Brink van die opwinding daar oor die sonsverduistering, en hoe Amerikaners die geleentheid vier.
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS