RSG

Driesestig

Society AF ↓ Επεισόδια: 5602

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za

Δημιουργός

RSG

Κατηγορία

Society

Ιστοσελίδα του podcast

www.rsg.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

29 Οκτ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Stormsrivier gaan bos met avontuur 16.01.2026

Onder die blaredak van die Tsitsikammabos is daar n toerisme-instansie wat al jare lank prestasietoekennings inpalm. Deel van die wenresep blyk die indiensneming en opleiding van plaaslike mense te wees, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy met Anneline Wyatt, besturende direkteur van Stormsriver Adventures gepraat het.

360 Speseryroete - Deel 113 16.01.2026

Heleen Meyer vertel hoe rooibos vir kleur, geur en vele ander dinge aangewend word. Sy gee ook ‘n resep vir rooibos-geroosterde druiwe op gebakte camembert.

Liefdesversekering betaal uit 16.01.2026

In China kon jy voorheen liefdesversekering uitneem. ‘n Skoolmeisie het in 2016 dit as ‘n geskenk vir haar kêrel teen $28 gekoop. Na hul troue kon hulle kies tussen 10 000 rose of 10 000 juan, of te wel $1 400.

Wat doen Jerome Topley deesdae? 15.01.2026

Haidee Muller-Isaacs gesels met die oud-RSG-omroeper, Jerome Topley, oor hoogte- en laagtepunte, sy toetrede tot die landboubedryf, en selfs Eugene Terre' Blanche. En dan vra Haidee ook 'n vername vraag: sou hy ooit weer heeltyds wou uitsaai?

Jonk 15 Januarie 2026 15.01.2026

Dr. Ria Smit vertel vir Martelize Brink van Zeolite, wat in produkte soos Absorbatox is.

Liewer laat as nooit 15.01.2026

Die sêding is: liewer laat as nooit. Tegnologie is egter erg verouder as selfoonvoorraad vir jou winkel 16 jaar laat afgelewer word. Dit het nou met ‘n man in Tripoli gebeur.

Twee Baaise skole skitter in e-herwinning 14.01.2026

Twee Baaise skole, Laerskool Kabega en Walmer-Wes, is pas aangekondig as die wenners in ‘n landwye kompetisie vir die herwinning van onbruikbare elektroniese toerusting. Herwinning is n groot pluspunt, want dit bied ekstra inkomste vir die skoolkoffers, en verbreed die leerlinge se algemene kennis, het dr. Adele Botha, leerkrag van Kabega, vir Mariska Spoormaker gesê.

Wat kan ons leer by… 14 Januarie 2026 14.01.2026

Dr. Mandie Uys vertel verder wat ons alles by die Sumeriërs kan leer.

Verlore geleentheid in die e-pos 14.01.2026

‘n Man wou baie graag Harvard Universiteit toe gaan. Toe hy nie van hulle hoor nie, word hy ‘n musikant. Ses jaar later ontdek hy ’n e-pos wat hy misgekyk het, wat sê dat hy wel by Harvard aanvaar is...

Êrens oorsee 13 Januarie 2026 13.01.2026

Elizna Greeff Maloney vertel vir Martelize Brink van Hongkong, waar sy rugby speel en skool gee.

Gospel-toekennings in die Noord-Kaap 13.01.2026

Die Diamond Gospel-musiektoekennings is verlede jaar op Kimberley in die Noord-Kaap gestig. Haidee Muller-Isaacs het meer gaan uitvind.

Is jy dood? 13.01.2026

‘n Betaalde toepassing wat die meeste afgelaai is in China, se naam beteken: Is jy dood? As jy nie elke tweede dag aanteken en ‘n knoppie druk nie, laat weet dit ’n persoon, wat jy vooraf genomineer het, dat daar fout is.

Die Kalahari se kameelmelkery 12.01.2026

Ons ons meer uit van ‘n kameelmelkery in die Kalahari saam met Hans Knoesen, en Martelize Brink proe kameelmelksjokolade.

Agterpaddorpies: Rietbron en Willowmore 12.01.2026

Dis die haan wat op die kerktoring staan, maar nie wanneer jy Willowmore toe ry nie. Kom ons hoor by Johan Rademan en Jurgens Schoeman wat staan dan op Rietbron se kerktoring.

Jou naam se komvandaan 12 Januarie 2026 12.01.2026

Dr. Willem Botha praat oor die verskillende kategorieë van naamgewing.

Rotsklim in SA 09.01.2026

In Suid-Afrika is daar maar ‘n skamele 16 binneshuise rotsklim-gimnasiums, hoofsaaklik in die groot sentra. Die klimgim-mark is in 2024 beraam op $24-miljoen, en daar word verwag dat dit teen 2033 sal verdubbel. 'n Span jong Suid-Afrikaners het verlede jaar as Proteas in Europa gaan meeding. Hulle het dalk nie te waffers gevaar wat die medaljes betref nie, maar waardevolle ondervinding opgedoen. J...

360 Speseryroete - Deel 112 09.01.2026

Kosstilis en resepontwikkelaar, Mari-louis Guy, is ná twee jaar terug uit Malta. Sy vertel van haar en haar gesin se ervaring van die land, en deel haar botterversiersel-resep wat ekonomies en maklik is, en moeilike resepte soos Switserse botterroom kan vervang.

Alta du Toit se barmhartige Samaritane 08.01.2026

Lionel Dreyer praat oor die Alta du Toit-huis, en hoe barmhartige Samaritane in die feestyd vrygewig gegee het aan die mense wat geen familie meer oor het nie.

Piem Fourie en paddaspring 08.01.2026

Corné Botha vertel van haar pa, Piem Fourie van Elsburg. Hy was die paddakoning van Suid-Afrika, tog hou haar ma se padda, Santjie, die paddaspring Guiness-wêreldrekord met 10,3 meter.

Jonk 8 Januarie 2026 08.01.2026

Dieetkundige Valpré Huisamen praat oor die voedingswaarde van sardientjies, en hoeveel jy moet eet om die voordele te benut.

Onsigbare hond 08.01.2026

In Duitsland is daar ’n groep mense wat “hobby dogging” doen. Hulle kry opleiding met denkbeeldige honde! Die leiband en harnas is egter werklik.

Regardt Laubscher se kulkuns 07.01.2026

Regardt Laubscher oorbluf Martelize Brink met sy kulkuns. Dié kulkunstenaar en mentalis is vanjaar deel van die OppiWater Kunstefees.

Wat kan ons leer by… 7 Januarie 2026 07.01.2026

Dr. Mandie Uys vertel wat ons alles by die Sumeriërs kan leer.

Ouma wen e-sport-toernooi 07.01.2026

Hisako Sakai, ‘n 92-jarige ouma, het ’n e-sport-toernooi in Japan gewen, waar die speletjie, Tekken 8, gespeel is.

Êrens oorsee 6 Januarie 2026 06.01.2026

Christien Vlok vertel vir Martelize Brink van die lewe in Den Haag, Nederland, en die haring wat jy aan die stert vat en kou.

Άκου το podcast Driesestig στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS