RSG

Driesestig

Society AF ↓ Επεισόδια: 5640

Jou blik op die wêreld om jou - ons praat met mense wat ‘n impak maak, hou jou op hoogte van sake, hoor jou menings en loer in by mense met interessante verhale.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.rsg.co.za

Δημιουργός

RSG

Κατηγορία

Society

Ιστοσελίδα του podcast

www.rsg.co.za

Τελευταίο επεισόδιο

12 Νοε 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,7+ iOS σύντομα

Επεισόδια

Sake-ontwikkeling in die landbou 16.08.2022

Jacqui January hoor van ‘n gefokusde nie-regeringsorganisasie wat daarna streef om ’n positiewe rol te speel in die transformering van landbou. Hulle bied hulp met ontwikkelingstrategieë om doelwitte te bereik.

Hugenote Gedenkskool 16.08.2022

Dr. Carel Stander vertel van die Hugenote Gedenkskool en die Marie Luttig-gedenklesings.

Salon kom na Wagter toe 15.08.2022

Suzaane Burger vertel vir Martelize Brink van haar mobiele hondesalon. Ons hoor wie dit besoek, en die dienste wat daar aangebied word.

Wolduvets uit die Karoo 15.08.2022

Aubrey Williams vertel vir Martelize Brink van wolduvets uit die Karoo.

Kodering- en robotikaklub 15.08.2022

Prof. Josef de Beer en Gasant Gamiet praat oor ‘n kodering- en robotikaklub om onderwysers in minder gegoede gebiede te help om skoliere toegang tot die jongste tegnologie te gee.

Ou Addo-hand se raad vir jong veldwagters 12.08.2022

In die Addo-olifant Nasionale Park is die veldwagter Gibson Thambo ná 39 jaar diens in dié Oos-Kaapse park, geloof vir die wyse waarop hy sy jarelange veld- en dierkennis aan die jonger geslag veldwagters oorgedra het. Gibson, wat nou afgetree het, het tydens sy afskeidsfunksie met Mariska Spoormaker oor sy loopbaan gepraat.

1000 km te perd in agt dae 12.08.2022

Willemien Jooste vertel vir Martelize Brink van die Mongoolse Derby-uithourit wat sy gewen het. Sy het 1000 km met half wilde perde oor agt dae afgelê, en die mans in die stof laat byt.

Aspoestertjie-steaksnitte 11.08.2022

Salvin Hirschfield gesels met Martelize Brink oor die Aspoestertjie-steaksnitte en hoe om dit voor te berei.

Leeus van Romenië in SA vrygelaat 11.08.2022

Elize Parker van Four Paws gee terugvoer oor die vrylating van vyf leeus wat in Europa gered is.

‘n Huis vir Oupa Dries en Ouma Dina 11.08.2022

Die Shackbouer en opvoedkundige sielkundige, Quinton Adams, vertel vir Haidee Muller-Isaacs hoe hy Soebatsfontein ervaar het toe hulle daar vir Oupa Dries en Ouma Dina 'n huisie gaan bou het.

Hoe kan ‘n gemeenskapsondersteunde landbouprogram begin word? 11.08.2022

Hoe kan ‘n gemeenskapsondersteunde landbouprogram begin word? Boere, verbruikers, wetenskaplikes en beleidmakers kan almal saamwerk om nuwe landbougeleenthede en gewasse te help vestig. Jacqui January vertel van landbougrondhervorming en inisiatiewe om vennootskappe te bou.

Leeus van Europa kry nuwe huis in SA 10.08.2022

Elize Parker vertel van vyf leeus wat in Europa gered is en vanmiddag in Suid-Afrika aangekom het.

Ma's en uitbranding 10.08.2022

Lize Maritz praat oor uitbranding by vroue en veral by ma’s.

Randrekkerkos 10.08.2022

Geregistreerde dieetkundige en voedingsterapeut Carien Meyer gee vir Martelize Brink praktiese raad vir werklike randrekkerkos.

Transgender vrou deel haar lewensverhaal 09.08.2022

Die 78-jarige Francette Roux vertel vir Martelize Brink haar lewensverhaal as ‘n transgender vrou, en die besluite wat sy as tiener moes neem.

Boervrou Elmarie Thöle se verhaal 09.08.2022

Boervrou Elmarie Thöle vertel vir Martelize Brink van die uitdagings van boerdery, en die planne en ander besighede wat oor die jare ontwikkel moes word om die pot aan die kook te hou, wanneer droogtes of brande jou van ‘n oes beroof.

Dieuwke-Jean Linee se sketse van sterk vroue 09.08.2022

Dieuwke-Jean Linee vertel vir Martelize Brink van haar kuns en ‘n uitstalling van sketse van sterk vroue saam met gedigte van dr. Diana Ferrus.

Beurtkrag kan dodelik wees vir jou troetelreptiel of -vis 08.08.2022

Beurtkrag kan dodelik wees vir jou troetelreptiele of -visse in ‘n akwarium, het Mariska Spoormaker gehoor toe sy Deon Greyling by die Kraaines Troeteldiersentrum op Despatch raakgeloop het.

Frikkie Vermeulen se lekker kos 08.08.2022

Frikkie Vermeulen vertel vir Haidee Muller-Isaacs van sy ouma se Wat Sal Doen-kos, sy grootworddae as plaaskind en sy dae as polisieman.

'n Sedersaad val in die Sederberge 08.08.2022

Dawie Burger vertel vir Martelize Brink van ‘n projek in die Sederberge, waar sederboomsaad met behulp van hommeltuie versprei word.

Wat is teengif en hoe werk dit? 05.08.2022

Dr. Carine Marks vertel vir Martelize Brink hoe teengifmiddels werk.

Pannekoekdeeg vir 'n operasie 05.08.2022

Sarisha du Plessis vertel vir Martelize Brink hoe sy pannekoekdeeg verkoop het om te betaal vir haar 3-jarige seun se operasie in Amerika. Die mikpunt was R1,5 miljoen.

Familie-navorsing om Covid-breindofheid te troef 05.08.2022

Mariska Spoormaker praat met Melanie Burke, dogter van Johnny Burke, stigterslid van die immergewilde groep The Invaders. Melanie ‘n boorling van Kariega (voorheen Uitenhage) wat deesdae in Spanje woon, het onlangs besef sy het lang-Covid breindofheid toe sy mense en name begin vergeet het. Sy het besluit navorsing oor haar familie-stamboom is die beste medisyne om haar brein reg te ruk.

Vrouemaand by die KunsteKaap 04.08.2022

Dr. Marlene le Roux praat oor die Sirkel van Sorg wat KunsteKaap bied tydens hulle Vrouemaandprogram.

Suster Maggy van Ceres 04.08.2022

Sy is alombekend op Ceres as Suster Maggy. Afgetrede psigiatrie-verpleegsuster Maggy Abrahams vertel vir Haidee Muller-Isaacs van haar liefde vir kinders en ‘n hart vir die afvlerkvoëls. Haidee hoor ook hoe oorlede ma, wat 'n huishulp was, haar geleer het om die heerlikste kos te kook. En natuurlik het Haidee se mond gewater…

Άκου το podcast Driesestig στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS