AGS Dinamika
AGS Dinamika Preke
Preke van AGS Dinamika
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: www.agsdinamika.co.za
Δημιουργός
AGS Dinamika
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
4 Οκτ 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
'n God wat DOEN 08.12.2024 22:58
Reg van die begin af bewys God dat Hy nie net praat nie, maar dat God DOEN wat Hy gesê het. Ons dien n God van Integriteit.
Wat is jou boodskap? 01.12.2024 26:35
Moet nooit jou toekoms noem wat jy op die oomblik in jou lewe beleef nie. Mag ons altyd weet dat God met ons is. Immanuel - God met jou.
KERSSANGDIENS 24.11.2024 53:33
Kerssangdiens saam met Chris Coetzer
Die Vrou By Die Put 17.11.2024 26:53
‘n Bekende Storie... Maar hoekom Moes Jesus deur Samaria gaan? Wat was so spesiaal oor die Vrou by die put? Dis nie ons werk om te oortuig nie, maar om te gaan getuig van Jesus se goedheid.
Checkered Flag 10.11.2024 26:39
Wanneer die "checkered flag" waai dui dit die einde van die wedren aan. Paulus skryf in 2 Tim. 4:7 dat hy die wenstreep bereik het. Een of ander tyd gaan die checkered vlag waai vir ons elkeen se lewe, is jy gereed?
Verjaarsdagdiens 03.11.2024 22:18
Dinamika vier 7 geseënde jare in ons gebou. Sewe simboliseer volmaaktheid en volheid. In Jesus het ons volheid genade vir gister, krag vir vandag en hoop vir môre. Ons eer die Here vir Sy volmaakte plan vir Dinamika en vir 'n kosbare geestelike familie. SDG.
Wat is God se wil vir my? 27.10.2024 34:40
Sal ek as gewone mens ooit kan weet wat is die Here se wil vir my lewe? Dit is nie so ingewikkeld nie. Kom en leer saam dan gaan DOEN ons dit.
Is dit REAL? 20.10.2024 27:22
Jesus vertel ‘n storie in Lukas 18 wat ons as mens en ons harte kom challenge. God soek opregte harte, nie harte wat voorgee nie, harte wat in nederigheid voor Hom kan staan.
Hoekom? 13.10.2024 28:38
Hoekom verwag die Here ons moet die regte gesindheid hê? Wat is die regte gesindheid? Ons doel en die antwoord op ons hoekoms is om Jesus te eer met ons lewens en om soos Jesus te wees. Jesus se voorbeeld was 'n gesindheid van nederigheid en gehoorsaamheid. As ons genade verstaan leef ons met dankbare gehoorsaamheid. SDG.
Jy en jou 'Jas' 06.10.2024 28:33
Jy moet nooit dink jy is alleen nie, die Here sien jou en weet van jou. Die Here wil nie hê ons moet dinge rond dra wat vir jou sê wie jy is nie. Hy bepaal jou identiteit. Hy sal sorg.
Dawid 29.09.2024 29:33
Ons kan baie by Dawid leer... Hy het baie keer eers by God gaan hoor wat om te doen... Maar soms leer ons ook by Dawid hoe om dinge NIE te doen nie. Die groot vraag is: Hoe bly jy EG aan wie God gesê het jy is?
Friends 22.09.2024 29:18
Moses en God was vriende... Maar dit was die uitsondering! Die goeie nuus is dat ons het ‘n beter, meer intieme verhouding met God as wat Moses ooit gehad het. Ons het altyd vrye TOEGANG tot God!
Hoe DOEN jy sover? 15.09.2024 27:13
Ons het soms ? idee dat ons hele bestaan is die wêreld waarin ons leef. Ons neem besluite wat vir hierdie lewe alleen is sonder om te dink dat daar ? ewigheid is wat kom. Ons lewe is baie meer en strek verder as planeet aarde.
Die Here DOEN! 08.09.2024 30:31
Die volk van God was in ballingskap toe Esegiël die boodskap van HOOP bring dat die Here DOEN wat Hy beloof het. Ons ballingskap is soms finansies, gesondheid, verhoudings, werksituasies of innerlike stryd. Die belofte van Eseg. 36:36-37 is JOUNE. Die Here is gereed om te DOEN en jou gebede te antwoord!
LENTE 01.09.2024 19:56
Dis heerlike Lente! Die natuur getuig van God se orde en dissipline. Ons is gemaak na God se beeld en wanneer ons in Sy wil leef is daar orde en vrede in ons lewens. Jesus is ons voorbeeld van dissipline, Hy was gehoorsaam aan God se wil tot aan die kruis.
1...2...3... 25.08.2024 26:35
As jy 3 dinge kon neerskryf waarvoor jy dankbaar is: Wat sal dit wees? Ons kan so maklik dinge en mense in ons lewens vanselfsprekend aanvaar. Mag ons mense wees wat altyd teruggaan en dankie sê.
Die GROOT storie van die Bybel... 18.08.2024 32:17
Elke mens het ? behoefte om raakgesien te word, om te voel ek word ook gekies. Die GROOT storie van die Bybel leer ons dat die Here jou en my meer liefhet as wat ons ooit sal besef. Hy kies jou!
GOD PRAAT... 11.08.2024 26:57
God Praat op baie maniere met ons... Selfs deur 'n donkie. Maar God kies om met ons te praat deur Sy Seun! Ons is geseën deur Jesus en die geskrewe woord wat ons harte nader aan God trek.
Natuurlik Bonatuurlik 04.08.2024 27:16
Die bonatuurlike is veronderstel om vir kinders van God natuurlik te wees. Ons mis ontmoetings met die Here omdat ons wag vir groot, snaakse en emosionele dinge terwyl die Here in die aandwindjie met ons wil gesels. Die Here wil elke dag deur die bonatuurlike Heilige Gees wat in jou woon en Sy Woord met jou praat.
Hoe lief is ons vir die Here? 28.07.2024 27:34
Die Bybel is baie meer as net 'n groot, swaar swart boek wat ons van kleins af ken. Die Bybel is belangriker vir ons lewens as wat ons ooit sal verstaan. Jesus meet ons liefde vir Hom op 'n ander manier as wat ons dink. Hoe lief is jy vir Jesus?
Skoon & Sterk 21.07.2024 28:54
In die Bybel is daar 22 verwysings na die kerk as Bruid van Christus. Ons is in 'n liefdesverhouding met Jesus en die Woord hou ons verhouding SKOON en STERK! Die Bybel is ons geestelike wasmasjien.
Wat is in 'n Naam? 14.07.2024 29:37
Wat is so wonderlik en so belangrik in die Naam van die Here dat jy dit nie mag misbruik nie? Hoekom is Sy Naam so groot? Wat maak dit so spesiaal?
Love Like That 07.07.2024 27:30
Die voorbeeld wat ons stel word direk bepaal deur die voorbeeld wat ons volg, kom ons as God se kinders maak seker ons volg Jesus se Perfekte voorbeeld. Kom ons wees lief soos Jesus ons gewys het!
Verteenwoordigers van God 30.06.2024 20:13
Ons is God se kinders, daarom is ons Sy VERTEENWOORDIGER's. Kom ons verteenwoordig God orals waar ons teenwoordig is en deel Sy WOORD met ander.
Learning the Ropes 23.06.2024 23:28
Waar kry jy jou antwoorde? Soms het die lewe meer vrae as antwoorde. Hoe leef ons met wysheid as daar soveel onsekerheid is? Wat is wysheid? Jesus het ons God se wysheid kom wys. "Learning the ropes of life" vir 'n kind van God beteken dat ons met die wysheid van oorgawe leef. Ons vertrou die Here al verstaan ons nie alles nie!
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS