Newskoop

Agriskoops (Afrikaans)

News AF ↓ Επεισόδια: 217

Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.

Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: rss.iono.fm

Δημιουργός

Newskoop

Κατηγορία

News

Ιστοσελίδα του podcast

rss.iono.fm

Τελευταίο επεισόδιο

13 Οκτ 2026

Πού να ακούσεις;

Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομα

Τα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast

Κατέβασέ το από το Google Play Δωρεάν εγκατάσταση Android σχεδόν 10 εκατ. λήψεις · βαθμολογία 4,8 iOS σύντομα

Επεισόδια

Agriskoops - 22 Desember 2025 22.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Chantelle Kansley van Giraf Macadamia Milk. Hierdie melk word uit makadamianeute vervaardig en spog nie net met ʼn heerlike smaak nie, maar ook voedingswaarde. Sy gesels ook oor die boere wat die neute produseer en hoe hulle veral volhoubaar boer.

Agriskoops - 19 Desember 2025 19.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy verduidelik hoe die produk boere met die verslagdoening en bestuur van hul spuitprosesse kan hel

Agriskoops - 18 Desember 2025 18.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Wandile Sihlobo van die landbou-organisasie Agbiz oor voorspellings dat die land steeds meer as gewoonlik reën vir die res van die somer kan verwag en wat dit vir boere beteken.

Agriskoops - 17 Desember 2025 17.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy vertel meer oor die bekostigbaarheid van sonkrag vir landbou.

Agriskoops - 15 Desember 2025 15.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder van die maatskappy Rovensa Next. Sy verduidelik meer oor die pes-aartappelblaarmyner en Rovenza Next se biologiese insekdoder Bio-Neem. Hoe dit nie die omgewing besoedel nie en ook dat dit intensief getoets is voor dit aan die mark beskikbaar gestel is.

Agriskoops - 12 Desember 2025 12.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy verduidelik hoe boere met hul spuitwerk kan baat by die gebruik van die produk, opleiding wat beskikbaar is en hoe dit op alle spuitmasjiene geïnstalleer kan word.

Agriskoops - 11 Desember 2025 11.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Wandile Sihlobo van die landbou-organisasie Agbiz oor hulle besigheidsentiment-indeks. Boere is oor die algemeen meer positief oor die huidige stand van landbou. Goeie nuus aan die einde van ʼn uitdagende landbou-jaar.

Agriskoops - 10 Desember 2025 10.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Jaco Weideman van Rentech. Hy vertel ons meer oor die gebruik van sonpanele in landbou. Sonpanele word nie net gebruik vir elektrisiteit nie, maar ook om plaaslike mikroklimate te beïnvloed – soos skaduwee, reflektiewe oppervlaktes of gedeeltelike sonplase om gewasgroei en waterdoeltreffendheid te verbeter.

Agriskoops - 9 Desember 2025 09.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met JK Basson van JK Basson Familie Trust van Darling in die Wes-Kaap oor melkboerdery. JK Basson boerdery is aangewys as die beste grootskaalse melkboerdery by die 2025 LNR Nasionale Meester-suiwelboertoekennings. Ons hoor by hom wat is hulle geheim om ʼn groot kudde doeltreffend te bestuur.

Agriskoops - 8 Desember 2025 08.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder van die maatskappy Rovensa Next. Sy verduidelik meer oor die pes aartappelblaarmyner en ʼn produk wat hulle beskikbaar het wat spesifiek teen dit werk.

Agriskoops - 5 Desember 2025 05.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman van Baytrac oor hulle produk Spraytrac. Sy verduidelik hoe boere met hul spuitwerk kan baat by die gebruik van die produk en hoe dit in die praktyk werk.

Agriskoops - 4 Desember 2025 04.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Wimpie van Niekerk. Hy is ʼn suiwelboer van Caledon in die Wes-Kaap. Hy is onlangs aangewys as die beste mediumskaal meester-suiwelboer van die Jaar by die 2025 Nasionale Meesters-suiwelboer toekennings. Ons gesels oor sy boerdery, die rol van suiwelboerdery as deel van landbou en die impak van bek-en-klouseer op suiwelboere.

Agriskoops - 3 Desember 2025 03.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Marius van der Merwe van FarmRanger oor veediefstal en wat boere kan doen om hulself teen hierdie misdaad te beskerm. Ons hoor meer oor die reis agter die skep van FarmRanger se GPS Vee Sekuriteitshalsbande en hoe dit boere help.

Agriskoops - 2 Desember 2025 02.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Janine Byleveld van Agri SA oor ʼn Whatsapp platform waarop boere en die publiek enige sprinkaanswerms wat hulle waarneem kan aanmeld. Dit geld ook vir ander waarnemings soos onder andere veldbrande. Janine gee ook waardevolle raad vir motoriste wat om te doen as hulle deur so ʼn swerm sprinkane ry.

Agriskoops - 1 Desember 2025 01.12.2025

Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder van Rovensa Next oor die aartappelblaarmyner, watse skade dit kan aanrig en wat die ekonomiese impak daarvan is. Sy vertel ons ook meer oor hoe boere hulle aartappelplante teen hierdie pes kan beskerm.

Agriskoops - 28 November 2025 28.11.2025

Ons gesels vandag verder oor die JSE se kommoditeitsmarkondersteuning aan landbouprodusente en -uitvoerders in Suid-Afrika.

Agriskoops - 27 November 2025 27.11.2025

Hallo, ek is Eddie Goldberg en jy is ingeskakel by Agriskoops, die middelpunt tussen die boer en die verbruiker. Vandag kyk ons eers na die landbounuus-hooftrekke en dan gesels met een van die wenners by vanjaar se Meestersuiwelboer-toekenningsgeleentheid.

Άκου το podcast Agriskoops (Afrikaans) στο Replaio

Ραδιόφωνο και podcast σε μία εφαρμογή - δωρεάν, χωρίς εγγραφή. Εγκατάστησέ την σήμερα και μη χάσεις την πρεμιέρα

Κατέβασέ το από το Google Play

Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS