Newskoop
Agriskoops (Afrikaans)
Agriskoops, aangebied deur Eddie Goldberg, fokus daagliks op die nuutste ontwikkelinge in die landbousektor – van plaas tot mark. Ons bring jou landbounuus en insiggewende onderhoude met produsente, boere, georganiseerde landbou en ander belangrike rolspelers in die landbousektor. Ons fokus op die uitdagings en geleenthede in die sektor met praktiese inligting, tendense en tegnologie wat die toekoms van boerdery vorm, maar gesels ook op grondvlak met die mense wat die hart van boerdery uitmaak. Luister gerus na Agriskoops – vir jou daaglikse oes van landboukennis.
Μην παραλείψεις να επισκεφτείς τη σελίδα του podcast και να στηρίξεις τον δημιουργό: rss.iono.fm
Δημιουργός
Newskoop
Κατηγορία
Ιστοσελίδα του podcast
Τελευταίο επεισόδιο
12 Οκτ 2026
Πού να ακούσεις;
Podcast στην εφαρμογή Replaio Radio Έρχεται σύντομαΤα podcast έρχονται σύντομα στην εφαρμογή. Εγκατάστησέ την τώρα και δες πρώτος μια εντελώς νέα προσέγγιση στα podcast
Επεισόδια
Agriskoops - 29 Junie 2026 29.06.2026 5:02
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. Hy vertel meer hoe sonkrag brandstofkostes kan teenwerk en plaasproduktiwiteit kan verhoog. Behalwe vir die vermindering van brandstofkoste hou sonkragstelsels ook ander voordele vir plase in.
Agriskoops - 26 Junie 2026 26.06.2026 5:13
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel meer oor fosfor, een van die belangrikste voedingselemente vir plante. Sy gee ʼn oorsig van Rovensa Next se biostimulant, Cosmoroot, hoe dit werk en ook hoe dit deur middel van proewe deeglik getoets is as ʼn ideale oplossing vir boere.
Agriskoops - 25 Junie 2026 25.06.2026 4:48
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besigheidsbestuurder vir Pioneer Seeds in Suid-Afrika, Jaco Snyman. Hy vertel meer oor Pioneer se 100 jaar viering en fokus op die pad vorentoe. Hy gee ook ʼn oorsig van spesifieke fokusareas by Pioneer vir die volgende plantseisoen.
Agriskoops - 24 Junie 2026 24.06.2026 4:06
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels verder oor Baytrac en gee ʼn oorsig van hulle standaard Baytrac opsporingspakket en hoe maatskappye gewoonlik hierdie opsporingstelsels gebruik.
Agriskoops - 23 Junie 2026 23.06.2026 5:29
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die Projekontwikkeling- en Projekbestuursleier by Candi Solar, Conrad Coertze. Hy gesels oor oor energie wat een van die grootste bedryfsrisiko’s in die landbou geword het, weens die stygende koste van kragvoorsiening en brandstof. Hy verduidelik hoe boere sonkrag sien as beskerming teen risiko, eerder as net ’n volhoubaarheidsprojek.
Agriskoops - 22 Junie 2026 22.06.2026 4:38
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Zietsman. Sy is die algemene bestuurder by die Suid-Afrikaanse Varkprodusente-organisasie, SAPPO. Sy gesels oor toekoms van varkproduksie in Suid-Afrika en hoe die bedryf meer volhoubaar word.
Agriskoops - 19 Junie 2026 19.06.2026 5:30
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel meer oor fosfor, een van die belangrikste voedingselemente vir plante. Sy gee ʼn oorsig van Rovensa Next se biostimulant, Cosmoroot en hoe dit werk om fosfor in die grond te verbeter.
Agriskoops - 18 Junie 2026 18.06.2026 5:57
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die besigheidsbestuurder vir Pioneer Seeds in Suid-Afrika, Jaco Snyman. Hy vertel meer oor Pioneer se 100 jaar viering hierdie jaar en gee ʼn oorsig van die betekenis en die invloed van die Pioneer “Long Look” filosofie en hoe dit hulle besluite, diens en strategie vorentoe beïnvloed.
Agriskoops - 17 Junie 2026 17.06.2026 3:34
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels verder oor Baytrac en gee ʼn oorsig waarom Baytrac veral in die landbousektor bekend is.
Agriskoops - 15 Junie 2026 15.06.2026 4:08
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Willie Kruger van Herholdt's Group. Hy gesels oor hernubare energie en gee ʼn oorsig van Sungrow, hoekom dit al hoe meer relevant is vir die Suid-Afrikaanse mark en watter voordele dit verbruikers bied.
Agriskoops - 12 Junie 2026 12.06.2026 6:02
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Karla Hüsselmann. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel meer oor fosfor, een van die belangrikste voedingselemente vir plante. Sy verduidelik hoekom dit veral ʼn probleem is met grond in Sub-Sahara Afrika en hoekom konvensionele fosfaat kunsmis nie altyd lei tot meer of beter fosfaat opname nie.
Agriskoops - 11 Junie 2026 11.06.2026 3:45
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels verder oor Baytrac en hoekom hulle anders is as die kompetisie. Sy verduidelik meer oor hulle “slim oplossings” en hoe dit spesifiek boere in hul bedrywighede kan help en beskerm.
Agriskoops - 10 Junie 2026 10.06.2026 4:01
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die stigter en eienaar van die maatskappy Plaasbestuurder.co.za, Vernon Hambrock. Hy deel vandag ʼn belangrike boodskap vir beide boere wat op soek is na werknemers en werknemers wat op soek is na geleenthede in die landbousektor.
Agriskoops - 9 Junie 2026 09.06.2026 3:23
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Junior Nel. Hy is die hoof van ingenieurswese by NuWater Systems. Hy gee ʼn oorsig hoe NuWater spesifiek boere help met hul watergehalte. Hy verduidelik wat is die voordeel van waterherwinning op ’n plaas en hoe hulle waterstelsels prakties kan werk vir elke boer.
Agriskoops - 8 Junie 2026 08.06.2026 5:20
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nico Barnard by Pannar Seed. Hy is ʼn Streekslandboukundige vir die sentrale streke van die land. Nico vertel meer oor mielieverbouing en wat nodig is om maksimum opbrengste te verseker. Hy bespreek die verskillende opbrengskomponente en ook die sogenaamde kritieke venster in mielieproduksie.
Agriskoops - 5 Junie 2026 05.06.2026 5:02
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Emile Jordaan van METOS SA. Hy gesels oor veranderende weerpatrone en die impak daarvan op landbou. Die weer raak al hoe meer onvoorspelbaar en dit beïnvloed alles van grondtoestande en infrastruktuur. Emile verduidelik hoe METOS SA produsente help om beter sigbaarheid te kry van wat op hulle plaas gebeur sodat hulle vroeër kan beplan en erge weerstoestande b...
Agriskoops - 4 Junie 2026 04.06.2026 4:16
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Lee Bester van die maatskappy DigitFMS. Hy vertel meer oor hulle oplossings vir die beskerming van infrastruktuur soos pompe, pype, toerusting, skure en opgaardamme.
Agriskoops - 3 Junie 2026 03.06.2026 5:55
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die direkteur bemarking en tegnies by die maatskappy World Focus Agri, At van Schalkwyk. Hy verduidelik die konsep Geintegreede Plantenergiebestuur en hoe World Focus Agri boere bystaan met die proses. Gesonde grond vorm die basis van ʼn goeie boerdery.
Agriskoops - 02 Junie 2026 02.06.2026 4:27
Op vandag se Agriskoops gesels ons met ʼn takvoorsitter by SABI, Franco van Niekerk. Hy vertel meer oor die koste en gebruik van energie in landbou. Hy verduidelik hoekom dit belangrik is om te let op die koste van energie by besproeiingstelsels en wat boere kan doen om op hul energieverbruik te bespaar.
Agriskoops - 01 Junie 2026 01.06.2026 4:26
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die stigter en eienaar van die maatskappy Plaasbestuurder.co.za, Vernon Hambrock. Hy vertel meer oor wie Plaasbestuurder is en hoe hulle prosesse boere help om die regte persoon vir die regte pos aan te stel. Hy verduidelik ook meer oor Plaasbestuurder se waarborg en waarom dit tot voordeel van boere is.
Agriskoops - 29 Mei 2026 29.05.2026 4:55
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Elsje Schreuder. Sy is deel van die tegniese- en bemarkingspan by Rovensa Next Sub-Sahara Afrika. Sy vertel meer van witvlieë op tamaties en Rovensa Next se produk Xterminator™. Die verduidelik hoe die produk teen witvlieë in Suid-Afrika getoets is, hoe dit effektief werk en waar produsente die produk kan kry.
Agriskoops - 28 Mei 2026 28.05.2026 5:55
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Flip de Bruyn van die maatskappy Infoled. Flip is ʼn senior verkoopskonsultant by die maatskappy wat veral fokus op landbou en kommersiële gebruik van sonkrag. Hy gesels vandag oor landbou en die kommersiële gebruik van sonkrag.
Agriskoops - 27 Mei 2026 27.05.2026 4:31
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die stigter en eienaar van die maatskappy Plaasbestuurder.co.za, Vernon Hambrock. Hy vertel meer oor wie Plaasbestuurder is en watter dienste hulle aan boere bied. Hy bespreek die belangrikheid daarvan om die regte persoon vir die regte pos aan te stel, wat spesifieke by jou plaas se kultuur en behoeftes inpas.
Agriskoops - 26 Mei 2026 26.05.2026 3:59
Op vandag se Agriskoops gesels ons met Nicolene Schoeman. Sy is die verkoopsbestuurder van Baytrac. Sy gesels verder oor Baytrac se kamera-opsies wat besighede kan help om hul voertuie en bestuurders beter te bestuur. Sy fokus hierdie week op hoe dit spesifiek boere kan help.
Agriskoops - 25 Mei 2026 25.05.2026 5:14
Op vandag se Agriskoops gesels ons met die bemarkingsdirekteur by die maatskappy ALLSOLAR, Nico Smit. He vertel meer oor die sonkragoplossings wat hulle bied vir huise en individuele huishoudings. Hy verduidelik hoekom sonkrag voordelig is, veral in die huidige klimaat van aanhoudende stygende energiekostes.
Παρόμοια podcast
Το Replaio δεν είναι εκδότης podcast - τα ονόματα των εκπομπών, τα εξώφυλλα και ο ήχος ανήκουν στους δημιουργούς τους και διανέμονται μέσω δημόσιων ροών RSS