Radio Pulpit

Vier Die Lewe

Vier Die Lewe is ‘n leefstylprogram op Radiokansel 657AM oor die Goeie Nuus van God se verlossing. Dit is ‘n inspuiting van hoop en vreugde vir die wat moeg en vol wanhoop is.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.radiopulpit.co.za

Autor

Radio Pulpit

Kategorie

Education

Podcast-Website

www.radiopulpit.co.za

Neueste Folge

11. Okt 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

Maryke Fourie 12.04.2026

Maryke deel haar hart oor twee gebroke huwelike, die lang pad van herstel en hoe om te leef in vergifnis. God se genade is in alles genoeg. Vier Die Lewe

Katryn Loots ( Episode 2 ) 05.04.2026

Ek en Katryn gesels verder oor haar pad na genesing fisies, emosioneel en geestelik, en hoe ons nie sonder die liggaam van Christus kan funksioneer nie. Skakel in vir hoop en inspirasie. Vier Die Lewe

Katryn Loots (Episode 1) 29.03.2026

Katryn kom gesels rou en eerlik oor haar geloofspad met 6 swangerskappe, `n miskraam, nageboorte depressie, MAAR wie sy is in Jesus, Wie Hy is, en hoe hy haar kom lei het na `n pad van genesing. Vier Die Lewe

Santjie du Preez** Skuilnaam (Episode 3) 22.03.2026

Wat `n voorreg om `n derde keer vir Santjie in die ateljee te he. Sy getuig oor hoe sy vir Jesus leer ken het as die Een wat vir haar intree by die Vader, haar Advokaat en hoe `n pad van heiligmaking lyk. Wat `n geseende gesprek tot eer van die Here. Die goeie werk wat Hy in ons begin, sal Hy ook voleindig. Vier Die Lewe

Santjie du Preez ** Skuilnaam (Episode 2) 15.03.2026

As jy wil weet wie jy is, ontdek die eienskappe van Jesus. Jy is gemaak in SY beeld. Ons gesels diep sake oor nuwe lewe en bevryding in Jesus Christus. Vier Die Lewe

Santjie du Preez ** skuilnaam (Episode 1) 08.03.2026

Rou en eerlike getuienis oor verkeerde alternatiewe verhoudings, die "ander vrou" in die affair, BUT GOD!! Die Here het vir Santjie kom uithaal uit haar diepste donkerte, en herstel in haar identiteit gebring soos net HY kan. Vier Die Lewe

Mart-Mari Kruger 22.02.2026

Mart-Mari kom deel haar eerlike getuienis oor vrees vir die dood, ou wonde en seer, `n miskraam en "Joy that comes in the morning and in your mourning". `n Getuienis tot eer van die enigste Lewende God, Yahweh. Vier Die Lewe

Riana Botha (Episode 2) 15.02.2026

In die tweede episode vertel Riana oor haar eie swangerskap en die uitdagings wat daarmee saamgekom het. Dan loop hulle `n pad van omtrent 4 jaar met hul seuntjie om uit te vind hoekom hy ten minste 3 meltdowns per dag het. Die Here is so getrou en bring dit wat in die donker is aan die lig. Nog `n verhaal van inspirasie. Vier Die Lewe

Riana Botha (Episode 1) 08.02.2026

Riana vertel van `n leeftyd waar sy hard probeer het om haar Pa se goedkeuring te kry, want hy wou so graag ook `n seuntjie gehad het. Die vyand het gedink hy kom steel haar identiteit, tot die Here ingryp deur `n boek - Captivating en `n droom wat haar lewe verander. Vier Die Lewe

Sandra Prinsloo 18.01.2026

Wat `n eerlike getuienis. Sandra vertel oor haar en Eduan se huwelik, die ontsettende uitdagings, en hoe die Here hulle huwelik heeltemal kom herstel het. Daar is altyd hoop!! Vier Die Lewe

Paulette van der Merwe (Episode 2) 07.12.2025

Paulette bemoedig ons verder deur haar getuienis. Dis `n seisoen van oor begin in baie areas van haar lewe, maar in wie se krag - self of in God se krag. Sy leer hoe om "distractions" minder te maak en nader aan die Here te leef. Sy vertel ook van `n seisoen van stilwees saam met HOM. Vier Die Lewe

Paulette van der Merwe 30.11.2025

Paulette is `n vrou wat leef in diepe afhanklikheid van die Here. Sy vertel van haar tyd in Zimbabwe, die krag van woorde, 12 jaar van hakkel. Sy is onbeskaamd eerlik oor haar pad met Hom. Vier Die Lewe

William Moyses 16.11.2025

After two years William is back in the studio with me. What a passionate follower of Jesus with a heart for the young men of South Africa. WE talk about the current situation regarding the youth, how they play a pivotal role to rebuild South Africa in their true identity and purpose. Vier Die Lewe

Ursula Potgieter (Episode 2) 09.11.2025

Ursula se getuienis gaan verder oor die Here se absolute genade en getrouheid in haar lewe. Die Here seen haar met `n tweede man, na die afsterwe van Willie. Sy vertel ook oor haar arseen vergiftiging, groot uitdagings by Pampoenkraal, maar altyd die Here se genade. Vier Die Lewe

Ursula Potgieter (Episode 1 ) 02.11.2025

Ursula is `n formidabele vrou, geanker in die Here. En dis net HY wat haar kon deurdra nadat sy haar man, pa, broer en suster in `n paar jaar uitmekaar verloor het. En met dit alles saam `n groot suksesvolle boerdery moes hardloop. Wees gereed om geinspireer te wees. Vier Die Lewe

Lukas Nel - Soli Deo Gloria Bediening 26.10.2025

Van armoede, na groot rykdom, tot alles neerle. So vertel Lukas sy verhaal hoe die Here hom kom red het, en vandag stap hy en sy vrou `n pad van volle afhanklikheid van die Here is voltydse bediening. Vier Die Lewe

Tanya van der Merwe 19.10.2025

Tanya kom gee haar rou en egte getuienis van `n pad sonder Jesus, rebellie, trauma, en hoe sy die Here gevind het en haar lewe aan hom oorgegee het. Intussen stap sy `n swaar pad met haar gesondheid en hou sy en haar man vas aan die Here se beloftes. Vier Die Lewe

Alza Rautenbach 12.10.2025

Wat `n stralende vrou met `n passie om `n positiewe impak en verskil in mense se lewens te maak. Die uitdagings toe sy groot geword het, het haar gehelp om hard te werk en dankbaar te wees in alle omstandighede. Sy het Feed A Child begin, en dit het gegroei vanaf 300 etes na oor `n miljoen per jaar. Sy is `n ware inspirasie. Vier Die Lewe

Petri van Niekerk 05.10.2025

Petri van Nekerk se verhaal is een van kinder trauma, en die effek op haar lewe - `n gewonde siel. Wat daaruit vloei was slegte besluite, en hoe "infidility" -ontrouheid haar lewe en huwelik vernietig het. Sy het tot ware inkeer gekom, haar lewe aan die HERE oorgee, en loop vandag in vryheid en `n pragtige tekstiel bediening - Regtig Blessed. Vier Die Lewe

James Lehmann 28.09.2025

Dr Lehmann was gediagnoseer met breinkanker in 2018, BUT GOD, hy is genees en vandag nog steeds in remissie. Sy roeping en passie is om mense siektevry en gesond te kry. Hy is ook `n Wellness Councellor en het al met groot sukses mense behandel met tipe 2 Diabetes, artritis en outo immuun siektes. Prys die Here vir gesondheid en genesing. Vier Die Lewe

Liezel Theron 21.09.2025

Hierdie is `n getuienis wat jy nie wil mis nie. The Lord makes Beauty out of Ashes. Liezel se ouers se egskeiding was `n groot trauma in haar lewe wat gelei het tot baie verkeerde keuses in haar lewe, alternatiewe leefstyl, rook , drank. BUT GOD. Die Here het haar kom vrymaak en nuwe lewe gegee. Intussen was sy gediagnoseer met Lyme Disease, en sy vertel ook van die pad wat die Here nou met haar s...

Maryke Fischer 07.09.2025

`n Pragtige vrou met haar B.A in Business Admin, kom gesels oor haar verhouding met die HERE en haar betrokkenheid by Brave To Love bediening. Maryke het altyd geglo sy is te "wild" vir die Here en dat Hy eerder lief is vir die volgens haar "goodie two shoes". En een dag na `n radikale traumatiese gebeurtenis in haar lewe, kom openbaar die Here homself aan haar op `n vrouekamp en haar lewe was noo...

Lizelle Lotter 31.08.2025

Wat `n inspirerende getuienis van uitdagings, maar HOOP te midde van. Lizelle gesels oor haar gestremheid, vrae, haar roeping. Sy is al meer as 25 jaar betrokke in Pretoria-Wes met die woorde Care-Not-Cure as haar motivering. Vier Die Lewe

Magda Botha 24.08.2025

Inspirasie op inspirasie. Al is Magda permanent op suurstof, laat sy haar nie onder kry nie. Sy is betrokke in Pretoria Wes by die wees, die weduwee en die armes - God se Koninkryk. Luister na hierdie kragtige getuienis van hoop!! Vier Die Lewe

Jaun de Klerk 10.08.2025

Jaun kom gesels eerlik oor haar verhouding met die Here, en hoe dit eers regtig verdiep het na `n ernstige gesondheids-uitdaging - diagnose van Fase 4 Melanoom Kanker tydens lockdown. `n Pad van intense alleenheid, maar haar verhouding met die Here het verdiep en sy het haar ware identiteit in Hom ontdek. Vandag is sy al 3 jaar gesond. Alle eer aan die Here alleen. Vier Die Lewe

Höre den Podcast Vier Die Lewe in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet