RSG
RSG Landbou
'n Program vir boere dwarsoor die land.
Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za
Wo hören?
Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbarPodcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts
Folgen
RSG Landbou: Netwerkgeleenthede by drie universiteite 02.07.2026 24:14
2 Julie 2026: Studente, gegradueerdes en nagraadse studente het die geleentheid om eersdaags by drie Suid-Afrikaanse universiteite met rolspelers van die landbousakewêreld te praat. Marianne van der Laarse van Agrijob gee besonderhede. Ons praat met André van der Heyde oor die Boschoek Bonsmara en Vriende-produksieveiling op 17 Julie by Bela-Bela, en met Don McHardy van Reeba Red Booster Beef oor...
RSG Landbou: Implikasies van bek-en-klouseer-beheermaatreëls 01.07.2026 23:02
1 Julie 2026: Die minister van landbou, John Steenhuisen, het op 24 Junie die langverwagte beheermaatreëls vir die bestuur van bek-en-klouseer afgekondig ingevolge Artikel 9 van die Wet op Dieresiektes. Wat is die implikasies daarvan vir die landbousektor, veral vir beesvleisprodusente? Die impak van verhoogde koolstofdioksiedvlakke op weiding is in talle streke van Suid-Afrika duidelik sigbaar. D...
RSG Landbou: Ou en onbruikbare plaagdoders gratis verwyder 30.06.2026 24:53
30 Junie 2026: Produsente in Noordwes, Mpumalanga en Limpopo kan nou ou en onbruikbare plaagdoders gratis laat verwyder. CropLife SA se Program vir Produkverantwoordelikheid bied hierdie diens tot einde Julie vanjaar gratis aan. Dr. Gerhard Verdoorn verskaf meer besonderhede. Hoe herstel ’n sektor soos die wynbedryf van vloedskade, en hoe beplan hulle vir uitdagings soos die laer-alkohol-beweging,...
RSG Landbou: SA produseer meer as 50% van die wêreld se sybokhaar 29.06.2026 22:38
29 Junie 2026: Het jy geweet Suid-Afrika produseer meer as vyftig persent van die wêreld se sybokhaar? Sybokhaar SA het onlangs op Graaff-Reinet kongres gehou, en ons hoor waarom Suid-Afrikaners trots kan wees op dié bedryf. Inskrywings vir die jaarlikse Lewendehawe Registrerende Federasie en Santam se Stoetteler van die Jaar-kompetisie sluit op 17 Julie. Die hoofbeoordelaar, prof. Frikkie Neser,...
RSG Landbou: Morgan Steyn van De Grendel 27.06.2026 13:10
27 Junie 2026: Morgan Steyn, wynmaker by De Grendel, is ‘n jongman wat hom uitleef met behulp van tydvereerde tegnieke. Op 32 het landbou hom ‘n paspoort na die wêreld gegee. Al die internasionale uitnodigings wat hy kry, is ’n bewys van sy kundigheid.
RSG Landbou: Jack Human Bewaringslandbouweek 26.06.2026 22:33
26 Junie 2026: Jack Human word beskou as die pionier van bewaringslandbou in Suid-Afrika. Hy was 65 toe hy in 2015 ná ’n fratsongeluk op sy plaas oorlede is. Die Jack Human Bewaringslandbouweek word in Augustus aangebied. Professor Johann Strauss van die Wes-Kaapse Departement van Landbou en kenner op die gebied van volhoubare produksiestelsels en bewaringslandbou, vertel waarna produsente kan uit...
RSG Landbou: Boranbeeste; landbou-opleiding 25.06.2026 24:33
25 Junie 2026: Daar is tans 55 000 aktiewe geregistreerde Boranbeeste in Suid-Afrika. Gerrit Potgieter van die Boran-beestelersgenootskap van Suid-Afrika gesels oor die prestasie van dié ras, en van hulle nasionale veiling op 10 Julie in Pretoria. Shaun Welmans van Agri Skills Transfer verduidelik waarom praktiese opleiding so belangrik geword het in die moderne landboubedryf. Die plaagbeheer-oper...
RSG Landbou: Merino-boer van Victoria-Wes wen skeersel-kompetisie 24.06.2026 21:52
24 Junie 2026: ‘n Merino-boer van Victoria-Wes is as die nasionale wenner aangewys in vanjaar se skeersel-kompetisie. Dié bes-geklasseerde skeersel het ’n gemiddeld van 87,65% behaal. Ons hoor wat mede-eienaar, Hennie van Heerden, oor dié prestasie te sê het, en wat dit vir die wolbedryf beteken. Ons gesels met Gerhard van den Burgh van die Buro vir Voedsel- en Landboubeleid oor die rooivleisbedry...
RSG Landbou: Johan Prins, druiweboer van Goudini 23.06.2026 22:23
23 Junie 2026: Het jy al van die groep, Safaripakke, gehoor? Johan Prins is ‘n lid hiervan en ook ‘n druiweboer van Goudini. Hy praat oor sy boerdery en oor die doen en late van dié unieke groep. Tru-Cape vier vanjaar sy 25ste bestaansjaar. Roelf Pienaar verduidelik hoe dié peer- en appelprodusentebesigheid in 2001 gestalte gekry het. Ons hoor ook wat tydens die 32ste kongres van die Rooivleis-aba...
RSG Landbou: Die gebruik van houtvesel in die tekstielbedryf 22.06.2026 24:30
22 Junie 2026: Het jy geweet houtvesel word ook in die tekstielbedryf gebruik? Madelaine Fourie van Sappi Verve verduidelik wat dié proses behels, en watter rol naspeurbaarheid in hierdie bedryf speel. Die Rooivleis-abattoirvereniging het onlangs hulle kongres in Somerset-Wes aangebied. Ons gesels met ‘n Bonsmara-boer van die Vryburg-omgewing oor sy betrokkenheid by jonger kommersiële Bonsmara-boe...
RSG Landbou: Waar staan ons met bek-en-klouseer? 20.06.2026 14:16
20 Junie 2026: Jannie Strydom, die hoof van Agri Wes-Kaap doen ‘n bestekopname van die eerste helfte van 2026, en bring ons op hoogte van die huidige stand van sake met bek-en-klouseer.
RSG Landbou: Prinses Anne op pad na SA vir Statebond Landboukongres 19.06.2026 23:02
19 Junie 2026: Prinses Anne is eersdaags op pad na Suid-Afrika om die Statebond Landboukongres by te woon. Breyton Milford, die hoof van Agri Expo, verduidelik die waarde van die besoek en geleentheid vir plaaslike boere. Ons praat met dr. Chris de Brouwer’n veekundige, oor vleisbeesproduksiestelsels, aangeplante weidings en kuddegesondheid, veral bek-en-klouseer.
RSG Landbou: SA Jagters vra hof om die woord “dierewelstand” uit die NEMBA-wet te skrap 18.06.2026 23:23
18 Junie 2026: Die Suid-Afrikaanse Jagter- en Wildbewaringsvereniging (SA Jagters) het die Konstitusionele Hof gevra om ’n omstrede definisie van die woord “dierewelstand” uit die NEMBA-wet te skrap. Wat is die rede hiervoor? Ons vind ook uit waarom dit vir ‘n Bonsmara-stoetboer van die Kalahari nodig is om sy diere te selekteer vir sterk kloue. Ons gesels met Gert Olivier van die Bonka Bonsmara-s...
RSG Landbou: Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery? 17.06.2026 25:13
17 Junie 2026: Wat is die beginsels van ‘n goeie familieboerdery? Dit was een van die onderwerpe wat by die onlangse Bergrivier Besproeiing-boeredag bespreek is. Ons luister ook na Hendri Truter en die suksesverhaal van Deli-Co, ‘n vleis- en graan-familiebesigheid in Riebeeck Kasteel. Die emosionele impak van bek-en-klouseer op produsente en hulle families is enorm. Volgens dr. Shaun Morris van Oc...
RSG Landbou: Beesboer én papegaaiboer? 16.06.2026 24:58
16 Junie 2026: Het jy al gehoor van ‘n beesboer wat ook met papegaaie boer? Ellewee van Zyl en sy vrou, Ria, boer naby Upington met Santa Gertrudis-beeste. Hulle het tydens ‘n droogte besluit om ook ’n papegaaiboerdery te begin. Ons praat met Reno van Rooyen oor hulle Beefmaster-stoet, kommersiële kudde en voerkraal in die Kuruman-omgewing. Ons vind meer uit oor die werksaamhede van die Suidelike...
RSG Landbou: Is daar buitelandse burgers op jou plaas, en is hulle wettig? 15.06.2026 24:26
15 Junie 2026: Die Departement van Indiensneming en Arbeid beoog om 10 000 arbeidsinspekteurs aan te stel om nakoming van arbeid-en indiensnemingswetgewing te verseker. Is daar enige buitelandse burgers op jou plaas, en is jy seker hulle werkspermitte is wettig? Arbeidspesialis André Bloem verduidelik wat tans geldig is. Agri-Expo is met ’n toptoekenning vereer by die 2026 Wes-Kaapse Ekonomie-inno...
RSG Landbou: Agri-Expo kry toekenning vir bedryfsinnovasie 13.06.2026 13:30
13 Junie 2026: Agri-Expo is met ’n toptoekenning vir bedryfsinnovasie vereer by die 2026 Wes-Kaap Ekonomie-innovasietoekennings, aangebied deur die Kaapse Kamer van Koophandel en Nywerheid. Volgens Breyton Milford, hoofbestuurder van Agri-Expo, bevestig hierdie erkenning die organisasie se verbintenis om mededingendheid te bevorder deur innovasie, samewerking en volhoubare bedryfsontwikkeling.
RSG Landbou: Kunsmisvervaardiging; Valutabeheer en -bestuur 12.06.2026 22:23
12 Junie 2026: Louis Strydom van Omnia Nutriologie SA praat oor die voorsieningsketting van rou en verwerkte produkte in die vervaardiging van kunsmis, en verduidelik die uitdagings wat op die oomblik in dié verband bestaan. Torsten van Oort, ‘n internasionale digitale bemarkingsbestuurder by ‘n firma wat spesialiseer in oorgrensbetalings, praat oor valutabeheer en -bestuur.
RSG Landbou: Plantstres; Ankole-beeste 11.06.2026 25:10
11 Junie 2026: Stres by plante is ‘n aspek wat dikwels deur landbouers onderskat word. Ons gesels met Kenny Beeton van Nutrico oor faktore wat tot plantstres kan lei, en hy vertel van seewierekstrakte wat as ‘n moontlike oplossing kan dien. Ons praat ook oor die Ankole-beesras in Suid-Afrika. Het jy geweet daar is tans sowat 2 000 geregistreerde volbloeddiere in die land? Sareta Schütte gesels hie...
RSG Landbou: Die verbouing van pruimedante in SA 10.06.2026 22:45
10 Junie 2026: Die Internasionale Pruimedantevereniging se jaarkongres is in April in Italië gehou. Alhoewel Suid-Afrika slegs tussen 150 en 200 hektaar aanplant teenoor China se 62 000 hektaar, is ons vrugte van hoogstaande gehalte. Jacques Jordaan van die Inmaakvrugte-produsentevereniging het die geleentheid bygewoon. Gevalle van bek-en-klouseer neem toe in die Noord-Kaap. Deon Kriel van Noord-K...
RSG Landbou: Weskus-blomme van waarde vir veeprodusente 09.06.2026 23:19
9 Junie 2026: Christoph Thomet, ‘n wynbemarker van Switserland, vertel van die wyne wat hulle produseer, en deel sy indrukke oor Suid-Afrikaanse wyne en wyntoerisme. Yolandi Botha van Vinpro praat oor haar rol as ekonoom by dié produsente-organisasie. Heinrich Victor is terug met die jongste wolpryse. Het jy geweet die blomme op die Weskus wat jaarliks duisende toeriste trek, is ook vir veeproduse...
RSG Landbou: Wynbottels is ligter? 08.06.2026 25:12
8 Junie 2026: Het jy geweet die glasbottel wat deesdae vir wyn gebruik word, weeg minder as ‘n paar jaar gelede? Dis deel van die plaaslike wynbedryf se pogings om sy impak op die omgewing te verminder. Die derde wynberaad is onlangs in Stellenbosch gehou, en Rico Basson van South Africa Wine het daar met ons oor die stand van die bedryf gesels. Die stof het nog steeds nie gaan lê oor die onlangse...
RSG Landbou: Christi van den Heever en jeugskoue; Hommeltuie as vervoermiddel 06.06.2026 12:16
6 Junie 2026: Christi van den Heever is drie jaar gelede aangewys as Jongboer van die jaar in die Wes-Kaap. Hy boer vir Graaff Fruit as landgoedbestuurder op die plaas Rietfontein in die Koue Bokkeveld. Hy tree gereeld op as beoordelaar by jeugskoue. Arie van Ravenswaay van die Departement van Landbou ijn die Wes-Kaap verduidelik hoe hommeltuie as vervoermiddel ingespan word.
RSG Landbou: Rubberbome in Brasilië; Rooibos in die wêreld 05.06.2026 20:41
5 Junie 2026: Professor Stephanie Midgley, ‘n spesialis wetenskaplike in klimaatsverandering, praat oor landbou-aktiwiteite wat met rubberbome in Brasilië verband hou. Joe Swart, ‘n direkteur by die Suid-Afrikaanse Rooibosraad, verduidelik hoe rooibos aan internasionale markte voorgestel word. Wessel du Toit, professor in Wynkunde by die Departement Wingerd en Wynkunde aan die Universiteit Stellen...
RSG Landbou: Wildboerdery in Suid-Afrika 04.06.2026 22:23
4 Junie 2026: Het jy geweet wildboerdery in Suid-Afrika beslaan meer as 20 miljoen hektaar, en dié plase dra drie keer meer wild as nasionale- en ander wildparke in die land? Die Wildbedryf SA-stigting help wildboere in nood, ontwikkel die jeug, bied vaardigheidsontwikkeling en nog baie meer. Ons gesels met Sareta Schütte oor die werksaamhede van dié stigting. Die winter is hier - Johan van den Be...
Ähnliche Podcasts
Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet