RSG

Radioteater

Arts AF ↓ 388 Folgen

Teater van die verbeelding. Die dramas word in twee seisone uitgesaai: April tot Junie en Oktober tot Desember.

Besuch unbedingt die Website des Podcasts und unterstütze die Macher: www.rsg.co.za

Autor

RSG

Kategorie

Arts

Podcast-Website

www.rsg.co.za

Neueste Folge

25. Jun 2026

Wo hören?

Podcasts in der App Replaio Radio Bald verfügbar

Podcasts kommen bald in die App. Installiere sie jetzt und erlebe als Erster einen ganz neuen Blick auf Podcasts

Bei Google Play herunterladen Kostenlos installieren Android fast 10 Mio. Downloads · Bewertung 4,8 iOS bald

Folgen

TEERLING - DIE OPBLAASMATRASSIE deur PG du Plessis 01.11.2012

Die drama beeld die emosionele verhouding van ‘n kinderlose egpaar uit. Hy het uitgeboer en hulle beland noodgedwonge in karige omstandighede in ‘n losieshuis in die stad. Verwyte word links en regs uitgedeel.

JONAS deur Daleen Kruger 11.10.2012

Jonas is ’n mens-dier wat op ’n dag in die water by ’n ou walvisstasie verskyn en onder ’n klein vissersgemeenskap aan die Kaapse Weskus kom woon om hulle te waarsku dat hulle besig is om die visbronne uit te put. Boeta, verteenwoordiger van die totale vissersgemeenskap, glo dat die kwotastelsel teen hulle diskrimineer en hulle dwing om onwettig op te tree, deur byvoorbeeld in verbode broeigebiede...

BEHOORT deur Saartjie Botha 28.06.2012

Hierdie werk, ’n eerste radiodrama vir Botha, kyk met groot deernis na die bekende situasie in soveel Suid-Afrikaanse gesinne. Die du Toits se huishulp, wat reeds 35 jaar by hulle werk, word siek en die vader, moeder, seun en dogter raak intens bewus van hulle verhoudings met mekaar en met haar.

DIE HART VAN DIE SON deur Karel Schoeman 21.06.2012

Will Shakespeare sou nie roem verwerf as seevaarder, soos hy dikwels gedroom het nie. Jare van bittere teleurstelling berei hom voor vir die taak, om ‘die hart van die son’ te aanskou en om wat hy in sy grootste tragedies gesien het, aan sy medemens oor te dra. Ons leer hom nie ken as ’n figuur uit ’n geskiedenisboek nie, maar as werklike mens.

LA MUSICA deur Marguerite Duras 24.05.2012

Deon Lotz en Deidré Wolhuther vertolk die rolle van 'n geskeide paar wat mekaar in die hotel raakloop waar hulle jare gelede, net ná hulle huwelik tydelik gewoon het. In hierdie drama werk Duras weer eens met die tema van onvervulde liefde en Lotz en Wolhuther sorg vir besonder deurleefde vertolkings.

DIE HEKS deur C. Louis Leipoldt 10.05.2012

Die drama speel af in 1425 in die denkbeeldige Ahrweiler-kasteel in Wes-Duitsland teen die agtergrond van die wrede hekse vervolging van die 14e tot 18e eeu in Europa. In hierdie tyd is talle mense – hoofsaaklik vroue – tereggestel op die brandstapel weens sogenaamde heksery.

EEN SOMERSDAG deur Bettie Kemp 19.04.2012

Wat word van bekende TV-persoonlikhede wat nie meer op die skerm verskyn nie? Hoe pas hulle aan by die gewone lewe sonder die kollig? Of moet die vraag liewer wees: hoe pas die publiek daarby aan? Want dit blyk dat die glanslewe nie net die sterre nie, maar ook gehore konfronteer met die genadelose gang van die tyd. Dis geskryf deur iemand wat die TV-bedryf van binne ken en is opgedra aan die Brit...

DONKER ONDER DIE SUIDERKRUIS deur P J Haasbroek 29.12.2011

Die drama ontvou teen die agtergrond van die Mosambiekse eiland Inhaca. Die hoofkarakter is die see – aanloklik, maar onvoorspelbaar en gevaarliker as wat jy vermoed. Nes die verloop en uitkoms van die drama, wanneer die ontspanne karakters se lewens in ‘n nagmerrie verander.

DIE FEESMAAL deur Helena Hugo 25.12.2011

Adele het haar spyskaart uitgewerk en haar gastelys opgestel. Sy beplan die feesmaal van die jaar, want om die hele Kersseisoen net Anton se tande te tel, is glad nie vir haar ’n goeie vooruitsig nie. Maar toe verskyn Marie op die toneel en dit lyk of alles wil skeefloop.

IDEAAL deur Kotie Swart 01.12.2011

'n Postmodernistiese siening van Suid-Afrika oor die Chinese se jag op die blink klippies van Afrika. Dis 'n boeiende verhaal vertel van ‘n nuwe vorm van imperialisme met ‘n kinkel in die kabel.

21 MEI 2011 deur Jan J. F. Viljoen 24.11.2011

Marius is ‘n ouditeur wat vir post-traumatiese stres behandel word. ‘n Ruimtewese verskyn aan hom en sê hy moet ‘n lewensbelangrike boodskap aan die mensdom oordra. Die probleem is natuurlik niemand sal hom glo nie. Of is daar dalk tog iemand wat hy kan oortuig.

DIE VLOEDSTORIE deur Lancea Crafford 17.11.2011

Talle Suid-Afrikaners onthou nog die skokkende gebeure van 25 Januarie 1981 toe vloedwater die Karoodorp, Laingsburg, in puin gelê het. Die verhaal van lewensverlies en ontbering word vanuit die herinneringswêreld van een spesifieke gesin in die drama herbeleef.

DIE WOONKAMER deur Graham Greene 03.11.2011

Die woonkamer, in ‘n geheimsinnige huis van ‘n eens welvarende gesin in Londen, is die plek waar die radioteater afspeel. Daar’s tergende geheime wat ontvou in die drama van die bekroonde Britse skrywer Graham Greene. Volgens kenners van die skrywer se werk kan dit opgesom word as ‘n tragiese liefdesverhaal, gebasseer op sy eie vurige en dikwels gedoemde liefdesverhoudings.

Höre den Podcast Radioteater in Replaio

Radio und Podcasts in einer App - kostenlos und ohne Anmeldung. Installiere sie noch heute und verpasse den Start nicht

Bei Google Play herunterladen

Replaio ist kein Herausgeber von Podcasts; die Namen der Sendungen, Cover und Audioinhalte gehören ihren Autoren und werden über öffentliche RSS-Feeds verbreitet